RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 12 Januarie 2015 12.01.2015

Prof. Elmien du Plessis, 'n spesialis op die gebied van Gewoontereg en Tradisionele Reg is die ateljeegas.

Regsake 5 Januarie 2015 05.01.2015

Igna Klynsmith verduidelik die voor- en nadele daarvan om vakansie-eiendom in jou eie naam, of in 'n trust te koop. Hy bespreek ook 'n hofsaak waarin beslis is dat slegs geregistreerde bouers vergoeding mag ontvang. As jou besigheid swaar trek, moet jy ook luister hoe werk ondernemingsreddingsverrigtinge wat kan verhoed dat jou besigheid gelikwideer word.

Regsake 29 Desember 2014 29.12.2014

Igna Klynsmith kyk terug op 2014 se opspraakwekkendste hofsaak, en na strenger SEB-maatreëls wat in 2015 ingestel sal word.

Regsake 22 Desember 2014 22.12.2014

Igna Klynsmith gee 'n uiteensetting van hoe die reg van toepassing op Moslemhuwelike ontwikkel het. Hy verduidelik ook hoe gesinsverantwoordelikheidsverlof werk, en of 'n trust 'n onafhanklike trustee moet hê.

Regsake 15 Desember 2014 15.12.2014

Wanneer iemand egbreuk gepleeg het met jou man of vrou, kon jy histories 'n hele paar regsaksies teen daardie persoon instel. Igna Klynsmith bespreek watter van hierdie aksies vandag nog bestaan en watter in onbruik verval het.

Regsake 8 Desember 2014 08.12.2014

Igna Klynsmith gesels oor bystand tot selfmoord. Hy sit uiteen hoe verskillende lande se regstelsels dit hanteer, en bespreek die jongste tendense.

Regsake 1 Desember 2014 01.12.2014

Diereregkenner Jane Marston gesels oor die magte van die DBV; die lyding van plaasdiere; diere as peste op plase; en aanvalle deur honde.

Regsake 24 November 2014 24.11.2014

Jane Marston is 'n kenner van dierereg. Sy vertel wat om te doen as 'n vreemde hond of kat by jou aankom; die reëls van toepassing op diereskoue; en die etiese en regsaspekte van geblikte jag.

Regsake 17 November 2014 17.11.2014

Igna Klynsmith verduidelik watter dokumente nodig is om 'n boedel aan te meld vir bereddering. Hy antwoord ook 'n luisteraar se navraag oor hoekom die Griekwastad-tiener so 'n "ligte" vonnis gekry het, en bespreek 'n hofsaak waarin 'n regter kritiek uitspreek oor hoe die balju op sy relaas van betekening soms na mense verwys.

Regsake 10 November 2014 10.11.2014

Igna Klynsmith vertel van 'n interessante hofsaak tussen BMW en Verimark oor motorpolitoer. Hy bespreek ook die gevare van handeldryf met 'n trust, eise vir skade opgedoen a.g.v. slagggate, en permanente aanhegtings by vaste eiendom.

Regsake 3 November 2014 03.11.2014

Hoe word gelde betaalbaar aan SAMRO bereken vir musiek wat gespeel is? Wat is die vereistes om nuwe huurgeld te bereken as 'n huurkontrak verleng word? Kan hofstukke nog in Afrikaans ingedien word? Hoe gereeld moet begunstigdes op polisse hersien word?

Regsake 27 Oktober 2014 27.10.2014

Igna Klynsmith verduidelik die verskille tussen voorkeur- en gewone aandele, en bespreek wie aanspreeklik is vir skade veroorsaak deur 'n waterlek in 'n woonstelgebou. Hy verduidelik ook aan die hand van 'n hofsaak hoekom dit so belangrik in die strafreg is dat 'n beskuldigde die voordeel van die twyfel moet kry.

Regsake 20 Oktober 2014 20.10.2014

Rina Gunter gesels oor die registrasie van handelsmerke, industriële modelle en outeursreg. Hoe beskerm jy jou outeursreg op 'n liedjie of gedig wat jy geskryf het?

Regsake 13 Oktober 2014 13.10.2014

Patenteprokureur Rina Gunter gee raad aan uitvinders oor hoe om die regte op jou patente te beskerm en geld daaruit te maak. Sy gesels ook oor bekende Suid-Afrikaanse uitvindsels waarop ons met reg trots kan wees.

Regsake 6 Oktober 2014 06.10.2014

Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy voel jy word seksueel by die werk geteister. Hy gesels ook oor probleme met vakansieklubs en tyddeelskemas, en verduidelik hoe werk skuldlose aanspreeklikheid ten opsigte van defektiewe produkte.

Regsake 29 September 2014 29.09.2014

'n Patentprokureur, Rina Gunter, vertel waaraan 'n uitvindsel moet voldoen om as patent geregistreer te kan word en watter stappe 'n mens moet volg as jy iets as nuwe patent wil registreer.

Regsake 22 September 2014 22.09.2014

As deel van Erfenismaand kyk Igna Klynsmith na die geskiedenis van Suid-Afrika se regstelsel en wat ons van ander regstelsels geërf het. Tot watter mate het die tradisonele reg ons regserfenis beïnvloed?

Regsake 15 September 2014 15.09.2014

Igna Klynsmith gee inligting oor testamenteweek van 15 tot 20 September. Hy bespreek ook die vertroulikheid van karakterverwysings deur werkgewers en die prosedure om trustees wat nie wil bedank nie, te vervang. Hy verduidelik ook hoe die publiek se geld in 'n prokureur se trustrekening beskerm word, en wys op die risiko om die verkoper van vaste eiendom voor registrasie te betaal.

Regsake 8 September 2014 08.09.2014

Rina Gunther, 'n prokureur wat spesialiseer in patentreg en outeursreg, beantwoord luisetraarsvrae.

Regsake 1 September 2014 01.09.2014

Wat kan 'n vrou doen as haar voormalige man, wat beheer en toesig oor die kinders het, hom erg wangedra? Kan 'n man wat onderhoud vir sy kinders betaal daarop aandring dat hulle ma kwitansies voorlê as bewys waarop sy die onderhoudsgeld spandeer? Wat is die regsgevolge as die huurder of verhuurder van 'n woonstel gesekwestreer word?

Regsake 25 Augustus 2014 25.08.2014

Igna Klynsmith verduidelik hoekom daar geen lastereise voortspruit uit al die beledigings wat parlementariërs mekaar toesnou nie. Na aanleiding van die Tansnet pensionarisse wat toestemming gekry het om 'n klasaksie teen die pensioenfonds in te stel, verduidelik hy die vereistes waaraan sulke aksies moet voldoen.

Regsake 18 Augustus 2014 18.08.2014

Regsake kry baie navrae van kinders wat terminaal siek ouers uit hulle lyding wil verlos. Igna Klynsmith bespreek genadedood en die verskillende kategorieë van bystand tot selfdood. Hy verwys ook na die Dignitas Kliniek in Switserkand wat hulp verleen aan mense wat wil sterf.

26 Mar 2012 26.03.2012

Onderwys- en skoolaangeleenthede wat die howe moes hanteer, word bespreek soos ‘n saak waar ‘n skool verklaar het dat hulle nie nog plek het om leerlinge in te neem nie. Hofsake rondom die Hoërskool Ermelo en die Rivonia Primary School word bespreek.

19 Mar 2012 19.03.2012

Die geskiedenis en verloop van die Konstitusionele Hof word bespreek asook die hofsaak tussen die Citizen-koerant en Robert McBride nadat hulle hom 'n moordenaar genoem het.

12 Mar 2012 12.03.2012

Indien jy toelaat dat meer as een eiendomsagent jou aan dieselfde huis voorstel, is jy kommissie aan almal verskuldig. En, SAPD-lede moet hulle eie sakke skud as hulle bullebaktaktiek op Jan Publiek toepas.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.