RSG

Regsake

Society AF ↓ 651 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 3 November 2014 03.11.2014

Hoe word gelde betaalbaar aan SAMRO bereken vir musiek wat gespeel is? Wat is die vereistes om nuwe huurgeld te bereken as 'n huurkontrak verleng word? Kan hofstukke nog in Afrikaans ingedien word? Hoe gereeld moet begunstigdes op polisse hersien word?

Regsake 27 Oktober 2014 27.10.2014

Igna Klynsmith verduidelik die verskille tussen voorkeur- en gewone aandele, en bespreek wie aanspreeklik is vir skade veroorsaak deur 'n waterlek in 'n woonstelgebou. Hy verduidelik ook aan die hand van 'n hofsaak hoekom dit so belangrik in die strafreg is dat 'n beskuldigde die voordeel van die twyfel moet kry.

Regsake 20 Oktober 2014 20.10.2014

Rina Gunter gesels oor die registrasie van handelsmerke, industriële modelle en outeursreg. Hoe beskerm jy jou outeursreg op 'n liedjie of gedig wat jy geskryf het?

Regsake 13 Oktober 2014 13.10.2014

Patenteprokureur Rina Gunter gee raad aan uitvinders oor hoe om die regte op jou patente te beskerm en geld daaruit te maak. Sy gesels ook oor bekende Suid-Afrikaanse uitvindsels waarop ons met reg trots kan wees.

Regsake 6 Oktober 2014 06.10.2014

Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy voel jy word seksueel by die werk geteister. Hy gesels ook oor probleme met vakansieklubs en tyddeelskemas, en verduidelik hoe werk skuldlose aanspreeklikheid ten opsigte van defektiewe produkte.

Regsake 29 September 2014 29.09.2014

'n Patentprokureur, Rina Gunter, vertel waaraan 'n uitvindsel moet voldoen om as patent geregistreer te kan word en watter stappe 'n mens moet volg as jy iets as nuwe patent wil registreer.

Regsake 22 September 2014 22.09.2014

As deel van Erfenismaand kyk Igna Klynsmith na die geskiedenis van Suid-Afrika se regstelsel en wat ons van ander regstelsels geërf het. Tot watter mate het die tradisonele reg ons regserfenis beïnvloed?

Regsake 15 September 2014 15.09.2014

Igna Klynsmith gee inligting oor testamenteweek van 15 tot 20 September. Hy bespreek ook die vertroulikheid van karakterverwysings deur werkgewers en die prosedure om trustees wat nie wil bedank nie, te vervang. Hy verduidelik ook hoe die publiek se geld in 'n prokureur se trustrekening beskerm word, en wys op die risiko om die verkoper van vaste eiendom voor registrasie te betaal.

Regsake 8 September 2014 08.09.2014

Rina Gunther, 'n prokureur wat spesialiseer in patentreg en outeursreg, beantwoord luisetraarsvrae.

Regsake 1 September 2014 01.09.2014

Wat kan 'n vrou doen as haar voormalige man, wat beheer en toesig oor die kinders het, hom erg wangedra? Kan 'n man wat onderhoud vir sy kinders betaal daarop aandring dat hulle ma kwitansies voorlê as bewys waarop sy die onderhoudsgeld spandeer? Wat is die regsgevolge as die huurder of verhuurder van 'n woonstel gesekwestreer word?

Regsake 25 Augustus 2014 25.08.2014

Igna Klynsmith verduidelik hoekom daar geen lastereise voortspruit uit al die beledigings wat parlementariërs mekaar toesnou nie. Na aanleiding van die Tansnet pensionarisse wat toestemming gekry het om 'n klasaksie teen die pensioenfonds in te stel, verduidelik hy die vereistes waaraan sulke aksies moet voldoen.

Regsake 18 Augustus 2014 18.08.2014

Regsake kry baie navrae van kinders wat terminaal siek ouers uit hulle lyding wil verlos. Igna Klynsmith bespreek genadedood en die verskillende kategorieë van bystand tot selfdood. Hy verwys ook na die Dignitas Kliniek in Switserkand wat hulp verleen aan mense wat wil sterf.

26 Mar 2012 26.03.2012

Onderwys- en skoolaangeleenthede wat die howe moes hanteer, word bespreek soos ‘n saak waar ‘n skool verklaar het dat hulle nie nog plek het om leerlinge in te neem nie. Hofsake rondom die Hoërskool Ermelo en die Rivonia Primary School word bespreek.

19 Mar 2012 19.03.2012

Die geskiedenis en verloop van die Konstitusionele Hof word bespreek asook die hofsaak tussen die Citizen-koerant en Robert McBride nadat hulle hom 'n moordenaar genoem het.

12 Mar 2012 12.03.2012

Indien jy toelaat dat meer as een eiendomsagent jou aan dieselfde huis voorstel, is jy kommissie aan almal verskuldig. En, SAPD-lede moet hulle eie sakke skud as hulle bullebaktaktiek op Jan Publiek toepas.

5 Mar 2012 05.03.2012

Prof. Francois Venter, dekaan van die regsfakulteit aan die Noordwes Universiteit, verduidelik ons grondwetlike regte.

27 Feb 2012 27.02.2012

Kan ‘n staatsinstansie belaster word? Getroude homoseksuele paartjies mag wettiglik in ‘n hof skei. En, maak seker dat jy vee van ‘n wettige eienaar koop.

6 Feb 2012 06.02.2012

Wanneer betaal jy BTW en wanneer hereregte? Hoe raak die nuwe verbruikerswet die voetstootsklousule? Waarna kyk die hof voor ‘n man of vrou onderhoud toegestaan word ná ‘n egskeiding?

16 Jan 2012 16.01.2012

Volker Kruger bespreek die belangrikheid daarvan om voogde vir jou kinders te benoem in jou testament, die proses om ‘n eksekuteur aan te stel, wat gebeur as ‘n testament nie opgespoor kan word nie, en of ‘n erfgenaam skuld kan erf?

2 Jan 2012 02.01.2012

Belangrike wenke vir die opstel van ’n testament, boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en die koste van ’n trust, word bespreek.

19 Dec 2011 19.12.2011

Verskeie aspekte van deeltitelskemas word bespreek. Die bepalings van die gedragsreëls en hoe die kompleks bestuur moet word, is een van die besprekingspunte.

5 Dec 2011 05.12.2011

Die eiendomsprokureur Jody van Broekhuizen praat oor tyddeelskemas en hoekom die heffings elke jaar met ‘n aansienlike bedrag styg.

28 Nov 2011 28.11.2011

Hoe skuldig is jy indien jy op bevel van jou meerdere ‘n opdrag uitgevoer het? Die term handeling op bevel word bespreek met verwysing na hofuitsprake in soortgelyke gevalle.

21 Nov 2011 21.11.2011

Igna Klynsmith bespreek interessante hofsake.

14 Nov 2011 14.11.2011

‘n Ma verloor seggenskap oor haar kind omdat sy oorbeskermend is. Ken die die nuwe verbruikerswet – dit kan tot jou voordeel strek. En wees baie versigtig hoe jy in die hof optree - plaas beslis ‘n wag voor jou mond!

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.