RSG

Regsake

Society AF ↓ 651 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 04.04.2016

Johan Botes is 'n kenner op die gebied van asrbeidsreg. Werkgewers en werknemers kan by hom kers opsteek oor verskeie kwessies in die werkplek.

Regsake 04.04.2016

Johan Botes is 'n kenner op die gebied van asrbeidsreg. Werkgewers en werknemers kan by hom kers opsteek oor verskeie kwessies in die werkplek.

Regsake 27.03.2016

Igna Klynsmith bespreek Jesus se verhoor met Ian Wessels. Wat was die relevante regsbeginsels, en tot watter mate is dit nagekom?

Regsake 20.03.2016

Igna Klynsmith praat oor kraamverlof vir 'n man in 'n gay huwelik; 'n lastereis teen 'n winkel omdat 'n vrou se handsak deursoek is vir gesteelde items; algemene terminologie in versekeringspolisse; en kommersiële mediasie. 'n Hofsaak oor bouwerk wat 'n erf se grense oorskry, word ook bespreek.

Regsake 14.03.2016

Igna Klynsmith vertel wat om te doen as jy getroud is, maar volgens Binnelandse Sake is jou eggenoot geskei. Hy bespreek ook 'n hofsaak waarin 'n man wat sy tweede vrou se kinders wettig aangeneem het, vra dat hy daarvan vrygestel word. 'n Vraag wat vir baie luisteraars relevant sal wees is of jy Outsurance moet laat weet van voorvalle waarvoor jy nie eis nie om jou Outbonus te beskerm.

Regsake 07.03.2016

Igna Klynsmith vertel van 'n hofsaak in Engeland waar 'n vrou as surrogaatmoeder haar eie dogter se eierselle wil gebruik. Hy bespreek ook die vonnisse wat in die Krion-bedrogsaak opgelê is, en die administratiewe pligte van trustees. Hy verduidelik ook die gevare daarvan om meer as R500 000 aan iemand te leen. Wanneer is so 'n lening onafdwingbaar?

Regsake 29.02.2016

Igna Klynsmith praat oor 'n nuwe wetsontwerp om kabeldiefstal te beperk; jou openbaarmakingsplig teenoor versekeraars; en die vereistes van die kredietwet oor bekostigbaarheid van nuwe krediet. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor 'n spoedboete in 'n meenthuiskompleks.

Regsake 22.02.2016

Igna Klynsmith verduidelik hoe die president van sy amp onthef kan word. Hy bespreek ook wetgewing oor teistering op sosiale media, en gesels na aanleiding van die drankverbod destyds in die VSA, oor die kanse op sukses van wetgewing om die verkoop en adverteer van alkohol te beperk.

Regsake 15.02.2016

Igna Klynsmith wy die grootste deel van die program aan 'n bespreking oor wanneer 'n mens in selfverdediging of noodweer mag optree. Hy beantwoord ook die vraag of 'n weduwee wat finansieel deur haar kinders gehelp word, steeds 'n onderhoudseis teen haar oorlede man se boedel het.

Regsake 08.02.2016

Gert Nel is 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukkefonds. Hy vertel hoe die beoogde wysigings die publiek sal raak. Die program bevat skokkende statistiek.

Regsake 01.02.2016

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor beperkings op die uitsaai van parlementêre verrigtinge; onderversekering op jou motor en huisinhoud; en hoe gemaak met verlore aandelesertifikate. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die uitvoering van 'n rassistiese bepaling in 'n testament.

Regsake 25.01.2016

Wanneer mag iemand op privaatgrond begrawe word? Is die wetgewing oor die afdwing van onderhoudsbevele teen pensioenfondse ook op uittree-annuïteite van toepassing? Watter invloed het dit op 'n gesamentlike huisverband as die een gade sterf? Is 'n pasiënt verantwoordelik vir hospitaaluitgawes as haar man se mediese fonds uitgeput is? Igna vertel ook van 'n hofsaak oor babas wat by geboorte omgerui...

Regsake 18.01.2016

Gert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae.

Regsake 11.01.2016

Gert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae.

Regsake 04.01.2016

Igna Kynsmith gesels met Ian Wessels oor die onlangse uitbreiding van ontoerekeningsvatbaarheid as verweer. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die beslaglegging op 'n man wat nog nie afgetree het nie se pensioen vir agterstallige onderhoud, en wat dit beteken om van bed en tafel geskei te wees. Is dit vandag nog relevant?

Regsake 28.12.2015

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor klagtes oor vakansieklubs, of 'n mens jou motor se hoofligte moet aanskakel as jy in die dag reis, en die toename in eise vir mediese nalatigheid. Ian deel ook 'n bietjie humor uit die boek wat hy tans aan die skryf is.

Regsake 21.12.2015

Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek borgtog wat die polisie aan jou kan toestaan na arrestasie, en wat om te doen wanneer jy in 'n ongeluk betrokke was. Igna bespreek ook 'n hofsaak oor die kwessie of die regering verplig is om gevolg te gee aan bevindings van die openbare beskermer.

Regsake 14.12.2015

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Onlangse hofsake oor gesinsgeweld en die beskerming waarop slagoffers geregtig is; swaar strawwe wat opgelê is aan 'n boer wat toegelaat het dat broodbome op sy plaas uitgehaal word; en die afdwingbaarheid van kontrakte wat strydig is met die openbare belang.

Regsake 07.12.2015

Ian Wessels en Igma Klynsmith gesels oor die sanger Jub Jub Maarohanye se appèl teen sy skuldigbevinding aan moord, waarin belangrike bevindings oor dolus eventualis (opset by moontlikheidsbewussyn) gemaak is. Hulle bespreek ook wanneer die wetgewing wat verbruikers beskerm, ook op huurders van toepassing is; of die munisipaliteit jou krag kan afsny as die vorige eienaar van jou huis hulle nog gel...

Regsake 30.11.2015

Igna Klynsmith beantwoord luisteraars en agente se vra oor agentekommissie.

Regsake 23.11.2015

Igna klynsmith het goeie nuus vir lede van die staatsdiens se pensioenfonds. Hy verduidelik ook die beginsels ter sprake om ontslae te raak van 'n trustee waarin jy vertroue verloor het, en bespreek die staat se appèl teen J. Arthur Brown se vonnis in die veelbesproke Fidentia-saak.

Regsake 16.11.2015

Na aan leiding van die RSG Kunstefees gesels Igna Klynsmith breedvoerig oor outeursreg. Hy bespreek ook die vraag watter misdade verjaar sodat die beskuldigde nie meer daarvoor aangekla kan word nie, en wat uitgesluit is van die aanwasbedeling.

Regsake 09.11.2015

Igna Klynsmith bespreek 'n paar onlangse hofuitsprake. Dit handel oor mediese nalatigheid by 'n staatshospitaal; of 'n prokureur persoonlik aanspreeklik is vir 'n onherroepelike waarborg wat hy namens sy kliënt gee; en wanneer 'n vermoedelik geestesongestelde persoon gearresteer kan word om te verhoed dat hy 'n misdaad pleeg.

Regsake 2 November 2015 02.11.2015

Regsake 2 November 2015

Regsake 26 Oktober 2015 26.10.2015

Regsake 26 Oktober 2015

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.