RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 26.09.2016 25:28
Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels verder met Bertie Grobbelaar oor die berekening van 'n eis vir onderhoud; die prosedure om 'n klagte te lê vir agterstallige onderhoud en die moontlikheid om agterstallige bedrag van die onderhoudspligtige se pensioenfonds te verhaal.
Regsake 19.09.2016 25:36
Bertie Grobbelaar is 'n prokureur wat spesialiseer in familiereg. Hy bespreek verskeie regsaspekte van onderhoudsverpligtinge.
Regsake 12.09.2016 23:58
Annelise Botha vertel meer oor die regsaspekte ten opsigte van surrogaatmoederskap en kunsmatige inseminasie.
Regsake 05.09.2016 23:19
Igna Kynsmith bespreek twee interessante hofsake. Die een handel oor mikro-uitleners en beslaglegging op skuldenaars se salarisse. Die ander baan die weg vir 'n groepsgeding ten opsigte van eise wat spruit uit silikose en tuberkulose wat mynwerkers opgedoen het.
Regsake 29.08.2016 24:23
Igna Klynsmith verduidelik hoe die In Duplum-reël werk ten opsigte van rente en uitgawes om skuld te verhaal. Hy gesels ook oor die wederkerige plig van mense in 'n saamwoonverhouding, en bespreek 'n hofsaak waarin die toestand van grensdrade 'n plaaseienaar duur te staan gekom het.
Regsake 22.08.2016 24:51
Volker Kruger gesels oor regskwessies waaroor boere gereeld navraag doen.
Regsake 15.08.2016 24:45
Igna Klynsmith bespreek 'n ingrypende nuwe wet met swaar strawwe vir kabeldiefstal. Hy verduidelik ook wat 'n minderheidsaandeelhouer in 'n privaatmaatskappy kan doen as hy voel die ander aandeelhouers boelie hom. En hy gesels oor 'n eis vir meganiese probleme teen 'n handelaar van gebruikte motors.
Regsake 08.08.2016 24:27
Arbeidsregkenner Hugo Pienaar gesels oor die Wet op Gelyke Indiensneming, diskriminasie in die werkplek en gelyke betaling vir gelyke werk.
Regsake 01.08.2016 24:58
Igna Klynsmith bespreek die belangrikheid van vroegtydige en behoorlike boedelbeplanning saam met die opstel van jou testament, om seker te maak jou erfgename erf wel volgens jou wense. Hy verduidelik ook nuwe wetgewing oor mediasie in die landdroshof.
Regsake 25.07.2016 24:21
Bertie Grobbelaar is 'n prokureur wat spesialiseer in egskeidingsake. Hy en Igna Klynsmith beantwoord luisteraars se vrae oor hierdie onderwerp.
Regsake 18.07.2016 25:52
Advokaat Johan du Toit kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy was vir 12 jaar verbonde aan die internasionale strafhof in Den Haag en gesels oor die hof se bestaansreg, werksaamhede en prosedures.
Regsake 11.07.2016 25:59
Igna Klynsmith praat oor verskeie uiteenlopende regskwessies soos die proses om 'n nuwe maatskappy te stig, die invloed van 'n beskuldigde se minderjarige kind op haar vonnis, en die alter ego beginsel ten opsigte van trusts. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor 'n bank se aanspreeklikheid teenoor 'n maatskappy wie se bestuurder ongemagtigde onttrekkings gemaak het.
Regsake 04.07.2016 24:57
Ná die jongste hofuitspraak oor Nkandla was daar heelwat terugvoer van luisteraars oor die samestelling van die regbank. Igna Klynsmith bespreek dit met Ian Wessels. Hy gesels ook oor jou kredietstatus as stadige betaler of swak betaler en hoe om jou naam van die swartlys verwyder te kry. Laastens bespreek hy die praktyk van lugdienste om toenemend meer kaartjies te verkoop as waarvoor daar sitple...
Regsake 27.06.2016 22:03
Annelise Botha praat oor die regsaspekte van surrogaatmoederskap.
Regsake 19.06.2016 23:44
Conrad Weiss kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor verskeie aspekte van mediese nalatigheid. Het jy geweet dit is moontlik om 'n eis in te stel teen 'n nalatige dokter of hospitaal sonder enige koste aan jou kant?
Regsake 13.06.2016 24:46
Igna Klynsmith verduidelik aan Ian Wessels wanneer 'n ouer van sy kind onderhoud kan eis, en hoe "normale aftree-ouderdom" bepaal word. Hy beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die afwyk van kwotasies, en gesels oor die effek van vrywarings wat dikwels onderaan e-posse verskyn.
Regsake 06.06.2016 25:30
Arbeidsregkenner Hugo Pienaar kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee om te gesels oor hierdie gebied van die reg wat beide werknemers en werkgewers dikwels laat struikel.
Regsake 30.05.2016 25:01
Igna Kynsmith beantwoord 'n vraag van Ian Wessels oor die toelaatbaarhied van selfoonfoto's en videos as getuienis in die hof. Hy verduidelik ook wanneer jou bestuurderslisensie opgeskort móet word vir 'n spoedoortreding, en wat moratore rente is. Dan deel hy ook ongewone voorbeelde van diefstal.
Regsake 23.05.2016 26:17
Arbeidsregkenner Johan Botes gesels verder met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor aspekte van die Arbeidsreg, soos wanneer mag 'n werkgewer jou vorige kriminele oortredings in ag neem voor hy jou aanstel. En hoe werk handelsbeperkings wat 'n werknemer verhoed om ná bedanking sy eie besigheid te begin? Hy bespreek ook 'n hofsaak wat die grense van seksuele teistering wyer trek as wat baie mense bese...
Regsake 16.05.2016 25:43
'n Arbeidsregspesialis, Johan Botes, verduidelik wanneer jou werkgewer betrokke kan raak, selfs as jy jou oor 'n naweek in jou vrye tyd wangedra. Hy gesels ook oor werknemers wat hulle bes doen, maar steeds net nie werksdoelwitte kan haal nie.
Regsake 09.05.2016 25:07
Mediese nalatigheid is 'n kwessie wat al hoe meer ter sprake kom. Is dokters meer nalatig as in die verlede, of stel pasiënte bloot makliker eise in? 'n Kenner kuier in die ateljee by Igna Klynsmith en Ian Wessels om vrae hieroor te beantwoord.
Regsake 01.05.2016 25:16
Ian Wessels gesels breedvoerig met Igna Klynsmith oor die vasstelling van borg en die oplê van gepaste vonnisse. Wat moet 'n hof alles in ag neem by die bepaling van 'n gepaste straf en waarteen moet gewaak word?
Regsake 25.04.2016 24:20
Luisteraars se vrae oor die uitleg van algemene klousules in testamente en die beskerming van haar erfporsie as 'n weduwee weer trou, word beantwoord. Die invloed van die Internasionale Privaatreg op transaksies met mense in ander lande word ook bespreek.
Regsake 18.04.2016 26:00
Christo Oosthuizen kuier weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy gesels oor die invloed van die Wet op die Verdeling van Landbougrond op die verkoop van vaste eiendom, asook oor opskortende voorwaardes, hereregte en oordragskoste.
Regsake 11.04.2016 25:50
Christo Oosthuizen kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee. Hy spesialiseer in die oordrag van vaste eiendom en bespreek die funksies van almal wat betrokke is by die proses - van die eiendomsagent tot by finale oordrag in die nuwe eienaar se naam.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.