RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 13.06.2016

Igna Klynsmith verduidelik aan Ian Wessels wanneer 'n ouer van sy kind onderhoud kan eis, en hoe "normale aftree-ouderdom" bepaal word. Hy beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die afwyk van kwotasies, en gesels oor die effek van vrywarings wat dikwels onderaan e-posse verskyn.

Regsake 06.06.2016

Arbeidsregkenner Hugo Pienaar kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee om te gesels oor hierdie gebied van die reg wat beide werknemers en werkgewers dikwels laat struikel.

Regsake 30.05.2016

Igna Kynsmith beantwoord 'n vraag van Ian Wessels oor die toelaatbaarhied van selfoonfoto's en videos as getuienis in die hof. Hy verduidelik ook wanneer jou bestuurderslisensie opgeskort móet word vir 'n spoedoortreding, en wat moratore rente is. Dan deel hy ook ongewone voorbeelde van diefstal.

Regsake 23.05.2016

Arbeidsregkenner Johan Botes gesels verder met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor aspekte van die Arbeidsreg, soos wanneer mag 'n werkgewer jou vorige kriminele oortredings in ag neem voor hy jou aanstel. En hoe werk handelsbeperkings wat 'n werknemer verhoed om ná bedanking sy eie besigheid te begin? Hy bespreek ook 'n hofsaak wat die grense van seksuele teistering wyer trek as wat baie mense bese...

Regsake 16.05.2016

'n Arbeidsregspesialis, Johan Botes, verduidelik wanneer jou werkgewer betrokke kan raak, selfs as jy jou oor 'n naweek in jou vrye tyd wangedra. Hy gesels ook oor werknemers wat hulle bes doen, maar steeds net nie werksdoelwitte kan haal nie.

Regsake 09.05.2016

Mediese nalatigheid is 'n kwessie wat al hoe meer ter sprake kom. Is dokters meer nalatig as in die verlede, of stel pasiënte bloot makliker eise in? 'n Kenner kuier in die ateljee by Igna Klynsmith en Ian Wessels om vrae hieroor te beantwoord.

Regsake 01.05.2016

Ian Wessels gesels breedvoerig met Igna Klynsmith oor die vasstelling van borg en die oplê van gepaste vonnisse. Wat moet 'n hof alles in ag neem by die bepaling van 'n gepaste straf en waarteen moet gewaak word?

Regsake 25.04.2016

Luisteraars se vrae oor die uitleg van algemene klousules in testamente en die beskerming van haar erfporsie as 'n weduwee weer trou, word beantwoord. Die invloed van die Internasionale Privaatreg op transaksies met mense in ander lande word ook bespreek.

Regsake 18.04.2016

Christo Oosthuizen kuier weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy gesels oor die invloed van die Wet op die Verdeling van Landbougrond op die verkoop van vaste eiendom, asook oor opskortende voorwaardes, hereregte en oordragskoste.

Regsake 11.04.2016

Christo Oosthuizen kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee. Hy spesialiseer in die oordrag van vaste eiendom en bespreek die funksies van almal wat betrokke is by die proses - van die eiendomsagent tot by finale oordrag in die nuwe eienaar se naam.

Regsake 04.04.2016

Johan Botes is 'n kenner op die gebied van asrbeidsreg. Werkgewers en werknemers kan by hom kers opsteek oor verskeie kwessies in die werkplek.

Regsake 04.04.2016

Johan Botes is 'n kenner op die gebied van asrbeidsreg. Werkgewers en werknemers kan by hom kers opsteek oor verskeie kwessies in die werkplek.

Regsake 27.03.2016

Igna Klynsmith bespreek Jesus se verhoor met Ian Wessels. Wat was die relevante regsbeginsels, en tot watter mate is dit nagekom?

Regsake 20.03.2016

Igna Klynsmith praat oor kraamverlof vir 'n man in 'n gay huwelik; 'n lastereis teen 'n winkel omdat 'n vrou se handsak deursoek is vir gesteelde items; algemene terminologie in versekeringspolisse; en kommersiële mediasie. 'n Hofsaak oor bouwerk wat 'n erf se grense oorskry, word ook bespreek.

Regsake 14.03.2016

Igna Klynsmith vertel wat om te doen as jy getroud is, maar volgens Binnelandse Sake is jou eggenoot geskei. Hy bespreek ook 'n hofsaak waarin 'n man wat sy tweede vrou se kinders wettig aangeneem het, vra dat hy daarvan vrygestel word. 'n Vraag wat vir baie luisteraars relevant sal wees is of jy Outsurance moet laat weet van voorvalle waarvoor jy nie eis nie om jou Outbonus te beskerm.

Regsake 07.03.2016

Igna Klynsmith vertel van 'n hofsaak in Engeland waar 'n vrou as surrogaatmoeder haar eie dogter se eierselle wil gebruik. Hy bespreek ook die vonnisse wat in die Krion-bedrogsaak opgelê is, en die administratiewe pligte van trustees. Hy verduidelik ook die gevare daarvan om meer as R500 000 aan iemand te leen. Wanneer is so 'n lening onafdwingbaar?

Regsake 29.02.2016

Igna Klynsmith praat oor 'n nuwe wetsontwerp om kabeldiefstal te beperk; jou openbaarmakingsplig teenoor versekeraars; en die vereistes van die kredietwet oor bekostigbaarheid van nuwe krediet. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor 'n spoedboete in 'n meenthuiskompleks.

Regsake 22.02.2016

Igna Klynsmith verduidelik hoe die president van sy amp onthef kan word. Hy bespreek ook wetgewing oor teistering op sosiale media, en gesels na aanleiding van die drankverbod destyds in die VSA, oor die kanse op sukses van wetgewing om die verkoop en adverteer van alkohol te beperk.

Regsake 15.02.2016

Igna Klynsmith wy die grootste deel van die program aan 'n bespreking oor wanneer 'n mens in selfverdediging of noodweer mag optree. Hy beantwoord ook die vraag of 'n weduwee wat finansieel deur haar kinders gehelp word, steeds 'n onderhoudseis teen haar oorlede man se boedel het.

Regsake 08.02.2016

Gert Nel is 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukkefonds. Hy vertel hoe die beoogde wysigings die publiek sal raak. Die program bevat skokkende statistiek.

Regsake 01.02.2016

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor beperkings op die uitsaai van parlementêre verrigtinge; onderversekering op jou motor en huisinhoud; en hoe gemaak met verlore aandelesertifikate. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die uitvoering van 'n rassistiese bepaling in 'n testament.

Regsake 25.01.2016

Wanneer mag iemand op privaatgrond begrawe word? Is die wetgewing oor die afdwing van onderhoudsbevele teen pensioenfondse ook op uittree-annuïteite van toepassing? Watter invloed het dit op 'n gesamentlike huisverband as die een gade sterf? Is 'n pasiënt verantwoordelik vir hospitaaluitgawes as haar man se mediese fonds uitgeput is? Igna vertel ook van 'n hofsaak oor babas wat by geboorte omgerui...

Regsake 18.01.2016

Gert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae.

Regsake 11.01.2016

Gert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae.

Regsake 04.01.2016

Igna Kynsmith gesels met Ian Wessels oor die onlangse uitbreiding van ontoerekeningsvatbaarheid as verweer. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die beslaglegging op 'n man wat nog nie afgetree het nie se pensioen vir agterstallige onderhoud, en wat dit beteken om van bed en tafel geskei te wees. Is dit vandag nog relevant?

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.