RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 13.03.2017 24:41
Sakkie Smit gesels oor aspekte van die strafreg wat spesifiek op motoriste van toepassing is, soos wanneer 'n bestuurder in hegtenis geneem mag word, en op sy motor beslag gelê kan word.
Regsake 06.03.2017 24:59
Charl Ackerman sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die siviele reg wat spesifiek van belang is vir motoriste. As jy ná 'n ongeluk skadevergoeding wil eis, wat moet jy alles saamneem as jy 'n prokureur gaan sien? Charl bespreek ook die aanspreeklikheid vir ongelukke wat deur diere veroorsaak word, sowel as die padreëls wat fietsryers moet gehoorsaam.
Regsake 27.02.2017 25:46
Igna Klynsmith bespreek hofsake oor 'n mediese fonds se weiering om 'n eis uit te betaal, en die omstandighede waaronder 'n trustee ontslaan kan word. Is broedertwis tussen twee trustees voldoende? Igna verduidelik ook wat digitale bates behels, en hoe om 'n oorledene se sosialemediaprofiel te sluit.
Regsake 20.02.2017 22:50
Moet ' n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer word om geldig te wees? Wat skryf wetgewing voor oor swembadbeveiliging? Is 'n werkgewer aanspreeklik as sy werknemer iemand by die werk seksueel molesteer? Wat is jou regte as iemand jou vakansiehuis se uitsig toebou?
Regsake 13.02.2017 22:55
Sakkie Smit sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor regsake wat veral motoriste raak. Bestuurders neem dit nie altyd ernstig op nie, maar enige verkeersoortreding is ook 'n strafbare misdryf.
Regsake 06.02.2017 25:12
Igna Klynsmith verduidelik die regte van huurders as die verhuurder die krag laat afsny, en gesels ook oor plakkers op jou eiendom. Verder bespreek hy die talle verpligtinge van verskaffers van myntoerusting ten opsigte van die veiligheid van mynwerkers.
Regsake 30.01.2017 24:50
Igna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n hofsaak oor die uitvindsel van "Please call me"-boodskappe waar skynbare magtiging ter sprake gekom het. Hulle gesels ook oor spesiale heffings by deeltitelkomplekse, aan wie boorgatwater behoort, en wysigings aan die Wet op Kredietooreenkomste.
Regsake 23.01.2017 24:25
Igna Klynsmith bespreek verskeie regskwessies soos kabeldiefstal, ontgroening, die grondwetlike reg van kinders tot basiese onderwys, gemeenregtelike huwelike, en 'n hofsaak oor 'n vrou se versuim om 'n afspraak met die gesinsadvokaat te maak.
Regsake 16.01.2017 24:58
Igna Klynsmith gesels breedvoerig oor volmag om iemandse sake te behartig, soos ouer mense dikwels aan hulle kinders gee. Hy bespreek ook oorskrydings op jou eiendom in terme van die burereg, en praat op versoek van luisteraars weer oor vakansieklubs en die ombudsman vir deeltitel-eiendomme.
Regsake 09.01.2017 23:41
Igna Klynsmith bespreek 'n paar hofsake oor die omstandighede waaronder vroue, getroud in gemeenskap van goed, by die beëindiging van die huwelik nie die helfte van die gemeenskaplike boedel gekry het nie. Hy raak ook die kwessie aan van vroue wat sonder betaling hulle mans ondersteun om 'n besigheid op te bou.
Regsake 01.01.2017 26:20
Igna Kynsmith en Ian Wessels gesels in ligter trant, en deel 'n paar van RSG-luisteraars se staaltjies wat opgeneem is in Genade EdeLAGbare! Igna bespreek ook van die afgelope jaar se hofsake wat nuwe reg geskep of bevestig het.
Regsake 25.12.2016 22:03
Igna Klynsmith vertel hoe maklik mense bedrog pleeg teenoor die Inkomstediens, en die gevolge daarvan. Hy gee ook voorbeelde van swaar vonnisse wat opgelê is as afskrikmiddel teen soortgelyke misdade. 'n Moeder moes selfs twee jaar tronk toe gaan omdat sy haar dogter nie teen haar man se seksuele molestering beskerm het nie.
Regsake 19.12.2016 23:26
Dis vakansietyd, en Igna Klynsmith deel 'n paar hofsake oor nalatigheid ten opsigte van die veiligheid van kinders. Hy bespreek ook 'n saak oor die vraag of daar van die Padongelukkrfonds geëis kan word vir beserings wat 'n ongebore baba in 'n motorongeluk opgedoen het.
Regsake 12.12.2016 24:52
Igna Klynsmith bespreek die verweer dat 'n beskuldige nie kan onthou wat gebeur het nie, en daarom nie opset kon gehad het om die misdryf te pleeg nie; die verkoop van bates waarop iemand lewensreg het uit 'n trust; en 'n hofsaak waarin 'n regter deur die Appèlhof in die bek geruk is oor haar minagtende opmerkings teenoor 'n advokaat.
Regsake 05.12.2016 24:29
Igna Klynsmith gesels oor probleme met vakansieklubs, grootouers se reg op 'n persoonlike verhouding met hulle kleinkinders, en die beëindiging van huiswerkers se dienste.
Regsake 28.11.2016 40:07
Die boek wat Ian Wessels saamgestel het uit luisteraars se bydraes oor humor en die hof, "Genade EdeLAGbare!", word amptelik bekendgestel tydens 'n regstreekse uitsending by die CNA in die Irene Village Mall in Centurion.
Regsake 21.11.2016 23:32
Igna Klynsmith vertel meer van die gelykheidshowe se rol in vryheid van spraak, en verduidelik die magte van die pas aangestelde ombudsman vir deeltitelskemas. En Ian Wessels gee meer inligting oor die bekendstelling van "Genade EdeLAGbare!" - die boek wat hy saamgstel het uit luisteraars se bydraes oor humor en die hof.
Regsake 14.11.2016 23:10
Met jaareindfunksies aan die orde van die dag, gesels Igna Klynsmith oor die gevolge van alkoholmisbruik by werksfunksies. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verswarende omstandighede vir wetstoepassers, en gee raad aan 'n luisteraar wie se man besig is om die gemeenskaplike boedel te verkwis.
Regsake 07.11.2016 24:10
Igna Klynsmith bespreek die koste om 'n huis op jou naam geregistreer te kry. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of pleegouers onderhoud kan eis van die kind se biologiese ouers, en gee raad aan iemand wat valslik van verkragting beskuldig word.
Regsake 31.10.2016 20:39
Daar was soveel vrae oor die geskiktheid van trusts om die belange van minderjarige erfgename te beskerm, en die pligte en bevoegdhede van trustees, dat Volker Kruger weer oor hierdie onderwerp praat.
Regsake 24.10.2016 24:29
Die reeks programme oor regskwessies wat veral boere raak, gaan voort met Volker Kruger wat Igna Klynsmith en Ian Wessels se vrae beantwoord oor verskillende opsies in testamente om die belange van die langslewende gade en kinders te beskerm en ook boedelbelasting te bespaar. Hulle gesels ook oor die wenslikheid van alleenmandate wanneer eiendom verkoop word.
Regsake 17.10.2016 25:02
Volker Kruger gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor regskwessies wat veral boere raak, soos grondeise en onteiening, die skep van woonerwe op 'n plaas, servitute, en die vraag of 'n boer wat 'n plaas koop, die huidige werkers ook moet oorneem.
Regsake 10.10.2016 25:14
Volker Kruger sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om antwoorde te gee op die algemene vrae oor eiendomstransaksies en boedelbeplanning wat veral boere dikwels vra.
Regsake 10.10.2016 25:14
Volker Kruger sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om antwoorde te gee op die algemene vrae oor eiendomstransaksies en boedelbeplanning wat veral boere dikwels vra.
Regsake 03.10.2016 26:29
Bertie Grobbelaar spesialiseer onder andere in sportreg, en gesels oor die moontlike aanspreeklikheid van skole se afrigters en beheerliggame ten opsigte van beserings wat kinders in skolesport opdoen. En Igna Klynsmith vertel van twee onlangse hofsake oor die perke van jou reg tot privaatheid, en die bewyslas om besit van ammunisie te bewys.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.