RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 28.11.2016

Die boek wat Ian Wessels saamgestel het uit luisteraars se bydraes oor humor en die hof, "Genade EdeLAGbare!", word amptelik bekendgestel tydens 'n regstreekse uitsending by die CNA in die Irene Village Mall in Centurion.

Regsake 21.11.2016

Igna Klynsmith vertel meer van die gelykheidshowe se rol in vryheid van spraak, en verduidelik die magte van die pas aangestelde ombudsman vir deeltitelskemas. En Ian Wessels gee meer inligting oor die bekendstelling van "Genade EdeLAGbare!" - die boek wat hy saamgstel het uit luisteraars se bydraes oor humor en die hof.

Regsake 14.11.2016

Met jaareindfunksies aan die orde van die dag, gesels Igna Klynsmith oor die gevolge van alkoholmisbruik by werksfunksies. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verswarende omstandighede vir wetstoepassers, en gee raad aan 'n luisteraar wie se man besig is om die gemeenskaplike boedel te verkwis.

Regsake 07.11.2016

Igna Klynsmith bespreek die koste om 'n huis op jou naam geregistreer te kry. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of pleegouers onderhoud kan eis van die kind se biologiese ouers, en gee raad aan iemand wat valslik van verkragting beskuldig word.

Regsake 31.10.2016

Daar was soveel vrae oor die geskiktheid van trusts om die belange van minderjarige erfgename te beskerm, en die pligte en bevoegdhede van trustees, dat Volker Kruger weer oor hierdie onderwerp praat.

Regsake 24.10.2016

Die reeks programme oor regskwessies wat veral boere raak, gaan voort met Volker Kruger wat Igna Klynsmith en Ian Wessels se vrae beantwoord oor verskillende opsies in testamente om die belange van die langslewende gade en kinders te beskerm en ook boedelbelasting te bespaar. Hulle gesels ook oor die wenslikheid van alleenmandate wanneer eiendom verkoop word.

Regsake 17.10.2016

Volker Kruger gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor regskwessies wat veral boere raak, soos grondeise en onteiening, die skep van woonerwe op 'n plaas, servitute, en die vraag of 'n boer wat 'n plaas koop, die huidige werkers ook moet oorneem.

Regsake 10.10.2016

Volker Kruger sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om antwoorde te gee op die algemene vrae oor eiendomstransaksies en boedelbeplanning wat veral boere dikwels vra.

Regsake 10.10.2016

Volker Kruger sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om antwoorde te gee op die algemene vrae oor eiendomstransaksies en boedelbeplanning wat veral boere dikwels vra.

Regsake 03.10.2016

Bertie Grobbelaar spesialiseer onder andere in sportreg, en gesels oor die moontlike aanspreeklikheid van skole se afrigters en beheerliggame ten opsigte van beserings wat kinders in skolesport opdoen. En Igna Klynsmith vertel van twee onlangse hofsake oor die perke van jou reg tot privaatheid, en die bewyslas om besit van ammunisie te bewys.

Regsake 26.09.2016

Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels verder met Bertie Grobbelaar oor die berekening van 'n eis vir onderhoud; die prosedure om 'n klagte te lê vir agterstallige onderhoud en die moontlikheid om agterstallige bedrag van die onderhoudspligtige se pensioenfonds te verhaal.

Regsake 19.09.2016

Bertie Grobbelaar is 'n prokureur wat spesialiseer in familiereg. Hy bespreek verskeie regsaspekte van onderhoudsverpligtinge.

Regsake 12.09.2016

Annelise Botha vertel meer oor die regsaspekte ten opsigte van surrogaatmoederskap en kunsmatige inseminasie.

Regsake 05.09.2016

Igna Kynsmith bespreek twee interessante hofsake. Die een handel oor mikro-uitleners en beslaglegging op skuldenaars se salarisse. Die ander baan die weg vir 'n groepsgeding ten opsigte van eise wat spruit uit silikose en tuberkulose wat mynwerkers opgedoen het.

Regsake 29.08.2016

Igna Klynsmith verduidelik hoe die In Duplum-reël werk ten opsigte van rente en uitgawes om skuld te verhaal. Hy gesels ook oor die wederkerige plig van mense in 'n saamwoonverhouding, en bespreek 'n hofsaak waarin die toestand van grensdrade 'n plaaseienaar duur te staan gekom het.

Regsake 22.08.2016

Volker Kruger gesels oor regskwessies waaroor boere gereeld navraag doen.

Regsake 15.08.2016

Igna Klynsmith bespreek 'n ingrypende nuwe wet met swaar strawwe vir kabeldiefstal. Hy verduidelik ook wat 'n minderheidsaandeelhouer in 'n privaatmaatskappy kan doen as hy voel die ander aandeelhouers boelie hom. En hy gesels oor 'n eis vir meganiese probleme teen 'n handelaar van gebruikte motors.

Regsake 08.08.2016

Arbeidsregkenner Hugo Pienaar gesels oor die Wet op Gelyke Indiensneming, diskriminasie in die werkplek en gelyke betaling vir gelyke werk.

Regsake 01.08.2016

Igna Klynsmith bespreek die belangrikheid van vroegtydige en behoorlike boedelbeplanning saam met die opstel van jou testament, om seker te maak jou erfgename erf wel volgens jou wense. Hy verduidelik ook nuwe wetgewing oor mediasie in die landdroshof.

Regsake 25.07.2016

Bertie Grobbelaar is 'n prokureur wat spesialiseer in egskeidingsake. Hy en Igna Klynsmith beantwoord luisteraars se vrae oor hierdie onderwerp.

Regsake 18.07.2016

Advokaat Johan du Toit kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy was vir 12 jaar verbonde aan die internasionale strafhof in Den Haag en gesels oor die hof se bestaansreg, werksaamhede en prosedures.

Regsake 11.07.2016

Igna Klynsmith praat oor verskeie uiteenlopende regskwessies soos die proses om 'n nuwe maatskappy te stig, die invloed van 'n beskuldigde se minderjarige kind op haar vonnis, en die alter ego beginsel ten opsigte van trusts. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor 'n bank se aanspreeklikheid teenoor 'n maatskappy wie se bestuurder ongemagtigde onttrekkings gemaak het.

Regsake 04.07.2016

Ná die jongste hofuitspraak oor Nkandla was daar heelwat terugvoer van luisteraars oor die samestelling van die regbank. Igna Klynsmith bespreek dit met Ian Wessels. Hy gesels ook oor jou kredietstatus as stadige betaler of swak betaler en hoe om jou naam van die swartlys verwyder te kry. Laastens bespreek hy die praktyk van lugdienste om toenemend meer kaartjies te verkoop as waarvoor daar sitple...

Regsake 27.06.2016

Annelise Botha praat oor die regsaspekte van surrogaatmoederskap.

Regsake 19.06.2016

Conrad Weiss kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor verskeie aspekte van mediese nalatigheid. Het jy geweet dit is moontlik om 'n eis in te stel teen 'n nalatige dokter of hospitaal sonder enige koste aan jou kant?

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.