RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 22.05.2017 23:51
Igna Kynsmith bespreek die Romeins-Hollandse regsbeginsel dat die bloedige hand nie mag erf nie, buite-egtelike pa's se toegangsregte om hulle kinders te besoek, en absurde wetgewing regoor die wêreld.
Regsake 15.05.2017 23:03
Igna Klynsmith gesels oor die oorskryding van spoedgrense wat deur die beheerliggame van meenthuiskomplekse vasgestel word; eise vir beserings opgedoen in 'n ongeluk as passasier in 'n gholfkarretjie; en 'n hofsaak oor billike vergoeding vir 'n deel van 'n plaas, wat aan plaaswerkers toegeken is vir bewoning en weiding van hulle vee.
Regsake 08.05.2017 26:03
Die regskwessies wat Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek, sluit in die beskerming wat jy geniet wanneer jy 'n tweedehandse motor koop; of familietrusts vandag nog 'n plek het; en die geldigheid van voorwaardelike bemakings in testamente.
Regsake 30.04.2017 24:05
Igna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n omstrede nuwe wetsontwerp oor die regulering van die besit van landbougrond, en nuwe wetgewing oor Deelititelskemas wat op 1 Januarie in werking getree het.
Regsake 24.04.2017 25:05
Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels oor die regsposisie wanneer een ouer ná egskeiding saam met die minderjarige kinders oorsee wil verhuis. Ander regskwessies wat bespreek word, is wanneer 'n oupa en ouma aanspreeklik is vir die onderhoud van 'n kleinkind; skenkingskontrakte; en 'n nuwe wet oor eienaarskap van wild wat uit 'n kamp ontsnap.
Regsake 16.04.2017 22:40
Op Paasmaandag wyk ons af van die gewone prosedure. Igna Klynsmith bespreek die regsgeldigheid van Jesus se verhoor. Het Hy 'n regverdige verhoor gehad volgens die regsbeginsels van die tyd?
Regsake 10.04.2017 25:18
Soos gewoonlik is Igna Klynsmith Ian Wessels se gas om luisteraars se regsvrae te beantwoord. Hy gesels onder andere oor wetgewing wat swaarder vonnisse vir sekere kategorieë van verkragting verpligtend maak; wysings in die wetgewing oor werkloosheidsversekering; betwiste vaderskap; belastering tydens 'n dissiplinêre verhoor, en rehabilitasie na insolvensie.
Regsake 03.04.2017 26:15
Na aanleiding van talle navrae wat Ian Wessels ontvang het, word die kontakbesonderhede weer gegee vir mense met klagtes oor vakansieklubs. Igna Klynsmith gee terugvoer oor die uitvinder van "please call me", wat sy saak teen Vodacom gewen het, asook 'n regsmening oor geldige vuurwapenlisensies. Hy verduidelik ook hoe die aanwas bereken word ná egskeiding.
Regsake 27.03.2017 26:30
Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van 'n hofsaak, wat onparlementêre gedrag behels, asook die doel en werking van die nuwe Kommissie vir Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor kinders wat reeds nege jaar dieselfde bedrag huurgeld betaal om in hulle ma se huis te woon; of rente betaal moet word saam met die terugbetaling van 'n huurder se deposito;...
Regsake 20.03.2017 23:19
Sakkie Smit en Charl Ackerman kuier vir oulaas saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regsaspekte wat motoriste raak. Wanneer aanvaar die hof dit as vanselfsprekend dat jy nalatig was, en hoe werk die verdeling van skadevergoeding as beide bestuurders deels verantwoordelik was vir 'n botsing?
Regsake 13.03.2017 24:41
Sakkie Smit gesels oor aspekte van die strafreg wat spesifiek op motoriste van toepassing is, soos wanneer 'n bestuurder in hegtenis geneem mag word, en op sy motor beslag gelê kan word.
Regsake 06.03.2017 24:59
Charl Ackerman sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die siviele reg wat spesifiek van belang is vir motoriste. As jy ná 'n ongeluk skadevergoeding wil eis, wat moet jy alles saamneem as jy 'n prokureur gaan sien? Charl bespreek ook die aanspreeklikheid vir ongelukke wat deur diere veroorsaak word, sowel as die padreëls wat fietsryers moet gehoorsaam.
Regsake 27.02.2017 25:46
Igna Klynsmith bespreek hofsake oor 'n mediese fonds se weiering om 'n eis uit te betaal, en die omstandighede waaronder 'n trustee ontslaan kan word. Is broedertwis tussen twee trustees voldoende? Igna verduidelik ook wat digitale bates behels, en hoe om 'n oorledene se sosialemediaprofiel te sluit.
Regsake 20.02.2017 22:50
Moet ' n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer word om geldig te wees? Wat skryf wetgewing voor oor swembadbeveiliging? Is 'n werkgewer aanspreeklik as sy werknemer iemand by die werk seksueel molesteer? Wat is jou regte as iemand jou vakansiehuis se uitsig toebou?
Regsake 13.02.2017 22:55
Sakkie Smit sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor regsake wat veral motoriste raak. Bestuurders neem dit nie altyd ernstig op nie, maar enige verkeersoortreding is ook 'n strafbare misdryf.
Regsake 06.02.2017 25:12
Igna Klynsmith verduidelik die regte van huurders as die verhuurder die krag laat afsny, en gesels ook oor plakkers op jou eiendom. Verder bespreek hy die talle verpligtinge van verskaffers van myntoerusting ten opsigte van die veiligheid van mynwerkers.
Regsake 30.01.2017 24:50
Igna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n hofsaak oor die uitvindsel van "Please call me"-boodskappe waar skynbare magtiging ter sprake gekom het. Hulle gesels ook oor spesiale heffings by deeltitelkomplekse, aan wie boorgatwater behoort, en wysigings aan die Wet op Kredietooreenkomste.
Regsake 23.01.2017 24:25
Igna Klynsmith bespreek verskeie regskwessies soos kabeldiefstal, ontgroening, die grondwetlike reg van kinders tot basiese onderwys, gemeenregtelike huwelike, en 'n hofsaak oor 'n vrou se versuim om 'n afspraak met die gesinsadvokaat te maak.
Regsake 16.01.2017 24:58
Igna Klynsmith gesels breedvoerig oor volmag om iemandse sake te behartig, soos ouer mense dikwels aan hulle kinders gee. Hy bespreek ook oorskrydings op jou eiendom in terme van die burereg, en praat op versoek van luisteraars weer oor vakansieklubs en die ombudsman vir deeltitel-eiendomme.
Regsake 09.01.2017 23:41
Igna Klynsmith bespreek 'n paar hofsake oor die omstandighede waaronder vroue, getroud in gemeenskap van goed, by die beëindiging van die huwelik nie die helfte van die gemeenskaplike boedel gekry het nie. Hy raak ook die kwessie aan van vroue wat sonder betaling hulle mans ondersteun om 'n besigheid op te bou.
Regsake 01.01.2017 26:20
Igna Kynsmith en Ian Wessels gesels in ligter trant, en deel 'n paar van RSG-luisteraars se staaltjies wat opgeneem is in Genade EdeLAGbare! Igna bespreek ook van die afgelope jaar se hofsake wat nuwe reg geskep of bevestig het.
Regsake 25.12.2016 22:03
Igna Klynsmith vertel hoe maklik mense bedrog pleeg teenoor die Inkomstediens, en die gevolge daarvan. Hy gee ook voorbeelde van swaar vonnisse wat opgelê is as afskrikmiddel teen soortgelyke misdade. 'n Moeder moes selfs twee jaar tronk toe gaan omdat sy haar dogter nie teen haar man se seksuele molestering beskerm het nie.
Regsake 19.12.2016 23:26
Dis vakansietyd, en Igna Klynsmith deel 'n paar hofsake oor nalatigheid ten opsigte van die veiligheid van kinders. Hy bespreek ook 'n saak oor die vraag of daar van die Padongelukkrfonds geëis kan word vir beserings wat 'n ongebore baba in 'n motorongeluk opgedoen het.
Regsake 12.12.2016 24:52
Igna Klynsmith bespreek die verweer dat 'n beskuldige nie kan onthou wat gebeur het nie, en daarom nie opset kon gehad het om die misdryf te pleeg nie; die verkoop van bates waarop iemand lewensreg het uit 'n trust; en 'n hofsaak waarin 'n regter deur die Appèlhof in die bek geruk is oor haar minagtende opmerkings teenoor 'n advokaat.
Regsake 05.12.2016 24:29
Igna Klynsmith gesels oor probleme met vakansieklubs, grootouers se reg op 'n persoonlike verhouding met hulle kleinkinders, en die beëindiging van huiswerkers se dienste.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.