RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 13.11.2017

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Skade en beserings veroorsaak deur grassnyers wat klippe opskiet; besit van gesteelde goedere wat jy op 'n straathoek gekoop het; direkteure se regte en of 'n direkteur gedwing kan word om sy aandele te verkoop; en die risiko's verbonde aan die oorneem van voertuigpaaiemente.

Regsake 06.11.2017

Igna Klynsmith verduidelik hoe om 'n prokureur, wat namens jou optree, te vervang. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe om 'n ou skuldigbevinding van jou misdaadrekord te laat verwyder, en bespreek 'n onlangse hofsaak oor die rook van dagga in jou privaatwoning.

Regsake 30.10.2017

Llewellyn Curlewis sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vrae oor strafreg en vonnisoplegging te beantwoord.

Regsake 23.10.2017

Wat is die verskil tussen die invordering van skuld wat reeds verjaar het en onder die Kredietwet val, of nie? Wat moet 'n langslewende gade wat buite gemeenskap van goed getroud was, bewys om onderhoud teen die boedel te kan eis? Moet 'n eis vir toekomstige mediese uitgawes teen 'n provinsiale hospitaal in kontant uitbetaal word, of kan die regering 'n onderneming gee om dit te doen soos dit in d...

Regsake 16.10.2017

Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae met Igna Klynsmith. Dit sluit in die hoë risiko om 'n bedelaar by 'n verkeerslig raak te ry; wat gebeur as 'n erflater se jongste testament nie gevind kan word nie; wat is die volgorde van eise teen die boedel van 'n man wat buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud was, en wat is die verskil tussen 'n lewende testament en 'n "Do Not R...

Regsake 09.10.2017

Igna Klynsmith vertel van 'n hofsaak waarin bevind is dat 'n kandidaat nie geskik is om as prokureur te praktiseer nie. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die koste van skuldinvordering en die in duplum reël, wie verantwoordelik is vir die betaling van 'n ambulansrekening wat die mediese fonds nooit ontvang het nie, en 'n gholfspeler wat sy voorgee manipuleer.

Regsake 02.10.2017

Derek de Beer kuier vir oulaas by Ian Wessels en Igna Klynsmith om die reeks gesprekke oor insolvensie af te sluit. Hy praat onder andere oor die moontlikheid dat skuldeisers geld sal moet inbetaal in plaas van om iets terug te kry uit die insolvente boedel. Hy bespreek ook die vereistes en gevolge van rehabilitasie van die insolvent.

Regsake 24.09.2017

Die insolvensieregspesialis, Derek de Beer, sit sy gesprek met Ian Wessels en Igna Klynsmith voort. Hy verduidelik wat dade van insolvensie is, asook die gevolge van sekwestrasie, die pligte en bevoegdhede van 'n kurator en die volgorde waarin skuldeisers uit die insolvente boedel betaal word.

Regsake 18.09.2017

Derek De Beer kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om hulle vrae te beantwoord oor kuratorskap, insolvensie en likwidasie.

Regsake 11.09.2017

Igna Klynsmith bespreek die onlangse hofsaak oor godsdiens in skole, asook die reg van 'n selfde geslag lewensmaat om sonder enige huweliksformaliteite en sonder 'n testament te erf as gade. Hy verduidelik ook wanneer 'n direkteur ontslaan kan word, en gee meer besonderhede oor testamenteweek van 11 tot 15 September.

Regsake 04.09.2017

Igna Klynsmith gesels oor die omstandighede waaronder jy aanspreeklik gehou kan word as jou hond iemand byt, en kyk na 'n hofsaak oor jou reg op moedertaalonderrig aan universiteite. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor 'n werknemer wat ná 'n selfdoodpoging, geskend en met verminderde spraakvermoë sy werk wil hervat.

Regsake 28.08.2017

Sluit 'n bybetaling ten opsigte van 'n versekeringseis enige verdere eise uit? Is 'n bepaling in 'n huweliksvoorwaardekontrak, waarin afstand gedoen word van toekomstige eise vir onderhoud, geldig? Kan jy in 'n huweliksvoorwaardekontrak sekere bates, wat tydens die huwelik verkry word, uitsluit van die aanwasbedeling? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor onregverdige mededinging, en 'n wet w...

Regsake 21.08.2017

Igna Klynsmith vertel van die komende testamenteweek, waartydens jy gratis 'n testament kan laat opstel. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die vereistes vir wettige nommerplate, die koste van navrae aan 'n prokureur, en skuldamnestie.

Regsake 14.08.2017

Igna Klynsmith gesels aan die hand van verskeie onlangse hofsake, oor testamente wat ongeldig verklaar is. Hy kyk na die besparing van boedelbelasting deur sommige van jou bates aan jou kinders te skenk terwyl jy nog leef, en spotprente wat 'n kras boodskap oordra. En as jy 'n hommeltuig wil aanskaf, moet jy beslis luister.

Regsake 07.08.2017

Wanneer kan jy aanspreeklik wees vir beserings wat 'n tuindienstewerker op jou erf opdoen? Tot watter mate mag 'n hof skuldverligting toestaan op 'n agterstallige verband? Kan teenstrydeige bepalings in 'n voorhuwelikse kontrak daartoe lei dat jy binne gemeenskap van goed getroud is? Watter strafmaatreëls bestaan vir beheerliggame van deeltitelkomplekse? Wat is die verskillende tydperke wat geld v...

Regsake 31.07.2017

Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag of hy jare na 'n motorongeluk nog van sy versekering kan eis nadat hy nie vir dronkbestuur vervolg is nie. Hy bespreek ook 'n paar interessante regsvrae: Is dit diefstal as 'n werkgewer nie afgetrekte PAYE- en BTW-heffings aan SARS oorbetaal nie? Kan daar beslag gelê word op iemand, wat agterstallig is met onderhoudsbetalings, se pensioen en vaste e...

Regsake 24.07.2017

Hoe verskil verkragting van ander seksuele misdrywe, ten opsigte van die tydperk wanneer die beskuldigde nog vervolg kan word? Hoe werk die privilegie tussen 'n prokureur en sy kliënt, en mag 'n mens weier om vrae te beantwoord tydens 'n insolvensie-ondervraging?

Regsake 17.07.2017

Igna Klynsmith bespreek 'n paar interessante hofsake met Ian Wessels. In die Ooskaap het die hof 'n munisipale bestuurder persoonlik aanspreeklik gehou vir die koste van 'n aansoek deur die belastingbetalersvereniging om dienslewering af te dwing. 'n Ouma wonder hoe haar kleinseun skuldig bevind kon word aan die misdrywe tydens 'n betoging as hy net saamgestap het.

Regsake 10.07.2017

Igna Klynsmith bespreek luisteraars se vrae met Ian Wessels. Hoe gemaak as jou baas se vrou jou probeer afpers na 'n kantoorfunksie? Wanneer kan 'n munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verkragting op hulle eiendom? Moet 'n eiendomsagentskap 'n geldige getrouheidsfondssertifikaat hê om kommissie te kan ontvang? En kan iemand weens heksery teenoor sy werkgewer ontslaan word, selfs al glo hy ni...

Regsake 03.07.2017

Richard Spoor kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy is betrokke by 'n eis vir skadevergoeding teen myneienaars namens mynwerkers wat silikose opgedoen het weens jare se werk in myne.

Regsake 26.06.2017

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor interessante hofsake. Is 'n eenmalige insident genoeg om as teistering te klassifiseer onder die Wet op Teistering, en kan iemand wat eiendomsreg op 'n huis het en daarin woon, uitgesit word? 'n Regter se uitlatiangs oor diskriminasie teenoor vissers in Langebaan word ook bespreek.

Regsake 19.06.2017

Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van hofsake wanneer 'n huiseienaarsvereniging of beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks, 'n inwoner wat gereeld die gedragsreëls oortree kan uitsit. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verbeurdverklaring van 'n eggenoot se 50% aandeel in die gemeenskaplike boedel, en gee praktiese raad wat die bereddering van 'n boedel kan bespoedig.

Regsake 12.06.2017

Igna Klynsmith en Ian Wessels gesels oor die regsreël dat die "bloedige hand" nie mag erf nie, en oor die regte van biologiese pa's van buite-egtelike kinders. Igna deel ook 'n klompie ongewone regsreëls uit die verlede wat vandag absurd klink.

Regsake 05.06.2017

Die tiende Wêreld-Baljudag vind plaas op 8 Junie. Petro Roodt is die balju vir Bloemfontein-Oos en ook voorsitter van die Baljuraad se Getrouheidswaarborgfonds. Sy praat oor die rol en funksies van 'n balju, hoe 'n balju vergoed word, en op watter bates van 'n skuldenaar nie beslag gelê mag word nie.

Regsake 29.05.2017

Richard Spoor kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee. Hy is 'n prokureur wat spesialiseer in klaskasies. Dit beteken dat 'n groep eisers (soos bv. pensioenarisse van dieselfde pensioenfonds) se individuele eise saamgevoeg word in een hofsaak.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.