RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 07.05.2018 24:36
Wat kan 'n meisie doen wat verbaal deur 'n priester geteister word omdat sy die betrokke kerk verlaat het? Het 'n minderjarige meisie haar ouers se toestemming nodig om 'n aborsie te ondergaan? Wat moet 'n mens in gedagte hou voor jy 'n kontrak vir lidmaatskap van 'n gimnasium aangaan? Is dit ongrondwetlik as nuwe boedelbelastingwetgewing terugwerkend van krag is?
Regsake 29.04.2018 24:18
Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwessies met Ian Wessels. Het ouers die reg om hulle minderjarige kinders se selfoonboodskappe en inskrywings op sosiale media te lees? As jy aanspreeklik is vir herstelwerk aan iemand se motor, maar dit word gesteel voordat dit herstel kon word, is jy dan nog aanspreeklik? Wat behels wetgewing oor lugbesoedeling en die manupulering van aandelepryse?
Regsake 23.04.2018 24:39
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor moontlike eise as gevolg van listeriose, en gee raad aan mense wat vrees dat hulle grond beset mag word. Hulle bespreek ook 'n paar hofsake oor kitsverhore wat plaasvind enkele ure ná die arrestasie van die beskuldigde. Is dit billike verhore, en hoe raak die uistprake die mobiele verkeershowe wat soms in spitstye langs openbare paaie gehou word?
Regsake 16.04.2018 23:05
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak waarin 'n boer skadevergoeding geëis het van 'n handelaar wat sy trekker nie betyds versien en aan hom terugbesorg het nie. 'n Luisteraar se vraag oor skade wat aangerig word tydens betogings word beantwoord; asook op wie die bewyslas rus in dispute oor foutiewe munisipale watermeters.
Regsake 09.04.2018 23:53
Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Oortree kerke en skole wat vir fondsinsameling wyn opveil die Drankwet of dalk die Loterywet met sommige van hulle kompetisies? Blaffende of aggressiewe honde is ook gereeld 'n probleem. Onlangs moes 'n honde eienaar R750 skadevergoeding betaal. Wat is eienaars se verpligtinge?
Regsake 01.04.2018 25:25
Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Soos dikwels is onderhoud weer ter sprake. Tot wanneer moet die pa onderhoud betaal as die onderhoudsbevel dit nie aandui nie? Kan 'n ma 'n kind inskryf by 'n universiteit sonder om die pa te sê, en dan universiteitsgelde en reiskoste van hom eis? Daar is ook 'n vraag oor die belastingimplikasies as jy 'n tuinwoonstel van tyd tot tyd...
Regsake 26.03.2018 24:45
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die regte van moeders wat borsvoed by die werk, en nuwe wetgewing om ontduikers van onderhoud vas te vat. Hulle bespreek ook onlangse hofsake oor vryheid van spraak en godsdiensbeoefening in openbare skole.
Regsake 19.03.2018 22:11
Igna Klynsmith is weer saam met Ian Wessels in die ateljee en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die pligte van trustees. Hy bepreek ook onlangse hofsake oor 'n man aan wie vergoeding van R2.7 miljoen toegeken is nadat hy in die polisieselle aangerand en verkrag is; watter hulp beskikbaar is vir minderheidsaandeelhouers wat geboelie word; asook die pligte van operateurs van waterglybane om kind...
Regsake 12.03.2018 25:53
Igna Klynsmith verduidelik saam met Ian Wessels die verskil tussen daders, mededaders, medepligtiges en begunstigdes, en gesels ook oor die risiko's van kriptogeld soos Bitcoin. Igna bespreek twee onlangse hofsake. Een gaan oor 'n eis van skadevergoeding teen 'n buurman op wie se plaas 'n brand ontstaan het wat na ander plase versprei het. Die ander een handel oor die aanspreeklikheid van 'n staat...
Regsake 05.03.2018 25:21
Igna Klynsmith bespreek met Ian Wessels wanneer 'n kontrak op skrif moet wees om geldig te wees, asook die verskille tussen vrywillige boedeloorgawe, skuldberading en skuldredding. Hy gesels ook oor 'n hofsaak waarin twee gay lewensmaats die hof gevra het om 'n surrogaatooreenkoms te bekragtig. Een van hulle wou egter nie hê die kind moet weet van sy seksuele oriëntasie nie. Hoe het dit die uitspr...
Regsake 26.02.2018 24:59
As jou eis teen iemand in die hof slaag, maar hy appelleer teen die uitspraak, kan jy op betaling aanspraak maak voordat die appèl afgehandel is? Wanneer mag hofverrigtinge op TV uitgesaai word? Kan iemand wat op jou eiendom woon en weier om te trek, hom beroep op die reg tot voldoende behuising volgens die Grondwet?
Regsake 26.02.2018 24:59
As jou eis teen iemand in die hof slaag, maar hy appelleer teen die uitspraak, kan jy op betaling aanspraak maak voordat die appèl afgehandel is? Wanneer mag hofverrigtinge op TV uitgesaai word? Kan iemand wat op jou eiendom woon en weier om te trek, hom beroep op die reg tot voldoende behuising volgens die Grondwet?
Regsake 19.02.2018 23:30
Wat val onder die sogenaamde "wear and tear" waaroor daar dikwels in huurkontrakte 'n klousule is? Wat kan eisers teen 'n boedel doen as die eksekuteur sloer met die afhandeling? Indien iemand betaal vir munisipale dienste op twee eiendomme, kan betalings gedoen ten opsigte van die een eiendom deur die munisipaliteit gebruik word vir die ander een?
Regsake 12.02.2018 25:29
Advokaat David du Plessis sluit weer aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy spesialiseer in musiekregte, en bespreek die algemeenste vrae oor die vestiging en beskerming van komponiste en uitvoerende kunstenaars se regte op hulle werk.
Regsake 05.02.2018 26:30
Igna Klynsmith bespreek aan die hand van onlangse hofsake, die volgende regsvrae met Ian Wessels: Hoe moet die gesamentlike aanspreeklikheid van geskeide ouers vir hulle kinders se skoolgelde geïnterpreteer word? Die berekening van toekomstige mediese uitgawes wat ontstaan uit 'n eis vir nalatigheid. Die staat se plig om openbare plaaspaaie in stand te hou, en die belang van 'n volledige ooreenkom...
Regsake 29.01.2018 25:44
Verskeie regsvrae word deur Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek. Dit sluit in 'n hofsaak oor die reg op toegang tot openbare inligting, en een oor die volle kapitaalwinsbelasting wat op die verkoop van 'n huis betaal is, maar toe ontvang die verkoper net die helfte van die koopprys. Ander vrae wat beantwoord word, is of 'n vrou toestemming aan haar eksman kan gee om op te hou onderhoud betaal;...
Regsake 22.01.2018 24:50
Die volgende vrae van luisteraars word deur Igna Klynsmith en Ian Wessels bespreek: Is ek verplig om dit aan te meld as ek vermoed 'n kind word mishandel? Het 'n spermdonateur enige ouerlike regte ten opsigte van die betrokke kind? Wat kan 'n geskeide man doen as hy toegang tot sy kinders geweier word? Kan 'n privaatskool op jou huis beslag lê vir onbetaalde skoolgeld? Wanneer kwalifiseer 'n mens...
Regsake 15.01.2018 26:04
Igna Klynsmith bespreek hofuitsprake oor 'n restaurant se harde musiek. en 'n skoolhoof wat vir 'n leerder gesê het hy praat nie met gays nie. Die volgende vrae van luisteraars word ook beantwoord: Verval jou bestuurslisensie ook as jou lisensiekaart na vyf jaar verval? Tot watter mate is die definisie van verkragting deur onlangse wetgewing uitgebrei? Hoekom kry maatskappye tydens stakings 'n int...
Regsake 08.01.2018 24:27
Advokaat David du Plessis is 'n voormalige hoof van die SA Musiekuitvoeringsregte-assosiasie (SAMPRA). Hy beantwoord vrae oor wanneer 'n mens moet betaal vir die gebruik van musiek by openbare geleenthede.
Regsake 31.12.2017 25:21
Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor konsepwetgewing om werksoekers, wat oor hulle kwalifikasies lieg, vas te vat. Igna gee ook statistiek oor egskeidings na aanleiding van 'n luisteraar se vraag of 'n prokureur verplig is om sy kliënte te waarsku oor die gevare van die huwelik. Hulle bespreek ook die kwessie wanneer 'n fetus as 'n mens beskou word, en eise vir skade opgedoen a.g.v. slaggate...
Regsake 18.12.2017 24:43
Llewellyn Curlewis beantwoord vrae oor die riglyne vir 'n suksesvolle appèl, wetgewing oor statutêre verkragting, die besoekregte van 'n pa wat nie onderhoud betaal nie, en wanneer jy iemand mag skiet wat onregmatig toegang tot jou huis verkry het.
Regsake 11.12.2017 25:38
Llewellyn Curlewis kuier weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith om hulle vrae te beantwoord oor regskwessies, wat spesifiek vir motoriste van belang is wat die hierdie vakansie die pad gaan vat.
Regsake 04.12.2017 25:48
Strafregkenner Llewellyn Curlewis bespreek verskeie strafregkwessies wat motoriste raak, soos wat kan gebeur as jy nie jou boetekaartjies betaal nie.
Regsake 27.11.2017 26:12
Strafregkenner Llewellyn Curlewis kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vrae te beantwoord. Hulle bespreek private vervolgings; of daar 'n verpligting op die publiek rus om misdaad aan te meld; of staatskaping nie op hoogverraad neerkom nie; tot watter mate jy hulp moet verleen aan die polisie; uitstelboetes en die bedrag van borg; en onder watter omstandighede 'n hofsaak na afs...
Regsake 20.11.2017 21:51
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Is 'n skoolreël geldig wat meisies verplig om die skool te verlaat as hulle swanger raak? Kan jy van die Padongelukkefonds eis as net jou eie voertuig in 'n botsing betrokke was waarin jy ernstig beseer is? Wanneer is die handel in resnosterhorings wettig? Moet jy as kredietverskaffer registreer as jy eenmalig krediet van meer as R500...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.