RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 11.02.2019 23:51
'n Hoenderhaan in die beskuldigdebank? Historiese hofsake oor die eienaarskap van perde in oorlogstyd. 'n Vrou se reg op pensioenfondsvoordele as haar man die kinders as begunstigdes benoem het. En mag of moet 'n mens op die skouer van die pad ry om verbysteek makliker te maak?
Regsake 04.02.2019 25:08
Die era van professionele sport het gelei tot nuwe vertakkings van die reg om verskeie aspekte daarvan te reguleer. Sportregkenner Bertie Grobbelaar sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor verskeie aspekte van sportreg, en die bestuur van sportstadions.
Regsake 28.01.2019 25:01
Kan die uitlating "Sê vir daardie swartman hy moet nou dadelik die motor verwyder!" lei tot afdanking op grond van rassisme? Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak hieroor met Ian Wessels. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor probleme met werkers wat gereeld op Maandae en Vrydae siekteverlof neem, en of die eienaar of vruggebruiker verantwoordelik is vir die betaal van munisipale heffings.
Regsake 21.01.2019 26:09
In die laaste program oor deeltitelskemas gesels Retief von Wiellich met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor die verpligte registrasie van deeltitelskemas by die ombudsman, en 'n alternatiewe manier om geskille en dispute tussen inwoners en die bestuur op te los. Wat is inwoners se regte ten opsigte van die verkryging van inligting oor besluite, en is besoekers verplig om hul ID-dokument of bestuurd...
Regsake 14.01.2019 24:08
Retief von Wiellich sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te praat oor die verpligtinge van die beheerliggame van deeltitelskemas, asook die finansiële bestuur, heffings en instandhouding van 'n deeltitelkompleks.
Regsake 07.01.2019 24:49
Dis nie net in Suid Afrika waar wrede moorde gepleeg word nie. Igna Klynsmith vertel van die gruwelike "vleimoorde" wat in die vroeë 1960's buite Manchester in Engeland plaasgevind het. Tot vandag toe is al die kinders wat verdwyn het, nog nie gevind nie. Hy deel ook humor uit die regswêreld.
Regsake 31.12.2018 25:32
Ian Wessels en Igna Klynsmith sluit die jaar af met 'n mengsel van humoristiese bydraes van ander juriste en geweld. As jy gedink het grumoorde vind net in Suid-Afrika plaas, moet jy na hierdie program luister. Twee Nieu-Seelandse dogters nooi hulle ma vir 'n piekniek en slaan haar dan 49 keer met 'n baksteen teen die kop - en dit in die goeie ou dae!
Regsake 24.12.2018 24:22
Igna Klynsmith bespreek sowel Christus se verhoor as diere se reg op goeie versorging. Veral in Desember word troeteldiere dikwels aan hulle eie lot oorgelaat. Hy beantwoord ook 'n gevangene se brief oor sy reg tot appèl omdat die hof nie sy berou ná sy bekering genoegsaam in ag geneem het nie.
Regsake 16.12.2018 25:00
Igna Klynsmith verskaf 'n webadres waar die kontakbesonderhede van elke ombudsman gekry kan word. Hy bespreek ook die proses van grondonteiening sonder vergoeding, en gee perspektief op die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die wettige besit van dagga. Dit is minder ingrypend as wat die gemiddelde lid van die publiek dink.
Regsake 10.12.2018 24:16
Waldette Grey gesels verder met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor skuldinvordering. Sy bespreek die volgende begrippe: skuldberading, vrywillige boedeloorgawe, besigheidsredding en wat dit beteken om onder administrasie geplaas te word. Waldette verduidelik ook hoe dit moontlik is dat 'n klein bedraggie aanvanklike skuld so drasties kan toeneem, en hoe om jou naam van die swartlys af te verwyder.
Regsake 03.12.2018 25:42
Waldette Grey gesels oor verskeie aspekte van die skuldinvorderingsproses, soos wie die skuld mag invorder, wanneer dit te oud is om steeds in te vorder, en wanneer rente op die agterstallige bedrag gehef mag word.
Regsake 26.11.2018 25:46
Volker Kruger sluit vir oulaas by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor die kommersiële reg te beantwoord. Hoe werk die voetstootsklousule by vaste eiendom? Kan 'n munisipaliteit agterstallige skuld van 'n vorige huiseienaar, van die nuwe eienaar verhaal? Wat gebeur as die verkoper sterf voordat eiendomsoordrag kon plaasvind? Kan 'n munisipaliteit agterstallige eiendomsbelasting van die ei...
Regsake 19.11.2018 24:46
Volker Kruger sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor kommersiële reg te beantwoord. Hoe werk die "huur gaat voor koop" beginsel by die langtermyn huur van 'n plaas? Watter skuldeiser kry voorkeur - 'n verhuurder of die houer van 'n notariële verband oor roerende goed? Hoe kan vinnig stygende munisipale koste, wat deel van die prys vorm, in 'n langtermyn huurkontrak gereguleer...
Regsake 12.11.2018 25:10
Volker Kruger is vir die volgende paar weke hier om vrae te beantwoord oor boedels en testamente. Vandag behandel hy die volgende: Hoe werk die aanwasbedeling by die opstel van 'n testament? Wie moet boedelbelasting betaal, en wat is die boedelbelastingvoordele van 'n trust? Kan jy in jou testament iemand aanwys om jou as trustee op te volg? Mag 'n bank wat as eksekuteur aangewys is toe jy jou tes...
Regsake 05.11.2018 25:31
Boedelspesialis Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan en beantwoord die volgende vrae: Het die eksekuteur 'n plig om erfgename op hoogte te hou oor hoe die beredderingsproses vorder? Wat is die regte van buite-egtelike en aangenome kinders om intestaat te erf? Wat gebeur met die gemeenskaplike bates wanneer iemand wat in gemeenskap van goed getroud was, sterf? Wat is die geldigh...
Regsake 29.10.2018 25:44
Retief von Wielligh sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor deeltitelskemas te beantwoord.
Regsake 22.10.2018 24:52
Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels met Johan Botes oor die geldigheid van aanstellings op 'n proeftydperk, en fluitjieblasers. Daar is ook raad oor waar om aan te klop as jy probleme het met vakansieklubs wat op 'n puntestelsel werk. Hulle bespreek ook die vraag of eienaars van twee wooneenhede op dieselfde erf, aan al die vereistes van 'n deeltitelkompleks moet voldoen.
Regsake 15.10.2018 23:39
Ons het só baie vrae oor die Arbeidsreg gekry, dat nog 'n program daaraan bestee word. Arbeidsregkenner Johan Botes gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor konstruktiewe ontslag en stakings. Wanneer kan jy eis vir skade wat stakers aangerig het, en wanneer mag 'n werkgewer stakers afdank?
Regsake 08.10.2018 24:14
Die Arbeidsreg is vir baie luisteraars relevant. Johan Botes sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vra te beantwoord oor seksuele teistering by die werk, en of 'n werkgewer verplig is om die beste kandidaat vir die pos aan te stel.
Regsake 01.10.2018 23:07
Waldette Grey sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor skuldinvordering, skuldberading en verwante kwessies te beantwoord.
Regsake 23.09.2018 25:32
Johan Botes sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor die arbeidsreg te beantwoord. Wanneer kom dit neer op diskriminasie as jou werkgewer iemand met soortgelyke kwalifikasies, vaardighede en ondervinding as joune teen 'n groter salaris aanstel? Geewoonlik verbied 'n handelsbeperkingsooreenkoms jou om binne 'n sekere tyd soortgelyke werk as by jou huidige werkgewer vir...
Regsake 17.09.2018 24:46
Graeme Polson kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die wetgewing en regulasies wat op banke van toepassing is. Hoe effektief is dit om die publiek te beskerm, en wat is die rol van die Reserwebank?
Regsake 10.09.2018 25:30
Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om regstreeks luisteraars se vrae oor testamente en boedelbeplanning te beantwoord. Hy sal ook inligting gee oor testamenteweek, waartydens deelnemende prokureurs gratis 'n basiese testament vir luisteraars sal opstel.
Regsake 03.09.2018 25:23
Graeme Polson, 'n kenner van mineraleregte, gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor verskeie aspekte van sy vakgebied, soos myne se verpligtinge tot rehabilitasie van die grond waarop daar gemyn is.
Regsake 27.08.2018 24:57
Hoe word die aanwas bereken by die ontbinding van huwelike waarop dit van toepassing was? Tot watter mate moet jy sonde met die bure verdra? Kan jy iets waardevols wat jy opgetel het hou, of wanneer kom dit neer op diefstal? Wanneer kan 'n minderheidsaandeelhouer namens die maatskappy optree?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.