RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 29.10.2018

Retief von Wielligh sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor deeltitelskemas te beantwoord.

Regsake 22.10.2018

Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels met Johan Botes oor die geldigheid van aanstellings op 'n proeftydperk, en fluitjieblasers. Daar is ook raad oor waar om aan te klop as jy probleme het met vakansieklubs wat op 'n puntestelsel werk. Hulle bespreek ook die vraag of eienaars van twee wooneenhede op dieselfde erf, aan al die vereistes van 'n deeltitelkompleks moet voldoen.

Regsake 15.10.2018

Ons het só baie vrae oor die Arbeidsreg gekry, dat nog 'n program daaraan bestee word. Arbeidsregkenner Johan Botes gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor konstruktiewe ontslag en stakings. Wanneer kan jy eis vir skade wat stakers aangerig het, en wanneer mag 'n werkgewer stakers afdank?

Regsake 08.10.2018

Die Arbeidsreg is vir baie luisteraars relevant. Johan Botes sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vra te beantwoord oor seksuele teistering by die werk, en of 'n werkgewer verplig is om die beste kandidaat vir die pos aan te stel.

Regsake 01.10.2018

Waldette Grey sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor skuldinvordering, skuldberading en verwante kwessies te beantwoord.

Regsake 23.09.2018

Johan Botes sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor die arbeidsreg te beantwoord. Wanneer kom dit neer op diskriminasie as jou werkgewer iemand met soortgelyke kwalifikasies, vaardighede en ondervinding as joune teen 'n groter salaris aanstel? Geewoonlik verbied 'n handelsbeperkingsooreenkoms jou om binne 'n sekere tyd soortgelyke werk as by jou huidige werkgewer vir...

Regsake 17.09.2018

Graeme Polson kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die wetgewing en regulasies wat op banke van toepassing is. Hoe effektief is dit om die publiek te beskerm, en wat is die rol van die Reserwebank?

Regsake 10.09.2018

Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om regstreeks luisteraars se vrae oor testamente en boedelbeplanning te beantwoord. Hy sal ook inligting gee oor testamenteweek, waartydens deelnemende prokureurs gratis 'n basiese testament vir luisteraars sal opstel.

Regsake 03.09.2018

Graeme Polson, 'n kenner van mineraleregte, gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor verskeie aspekte van sy vakgebied, soos myne se verpligtinge tot rehabilitasie van die grond waarop daar gemyn is.

Regsake 27.08.2018

Hoe word die aanwas bereken by die ontbinding van huwelike waarop dit van toepassing was? Tot watter mate moet jy sonde met die bure verdra? Kan jy iets waardevols wat jy opgetel het hou, of wanneer kom dit neer op diefstal? Wanneer kan 'n minderheidsaandeelhouer namens die maatskappy optree?

Regsake 20.08.2018

Wanneer kan klagtes op webwerwe soos Hello Peter op laster neerkom? Mag selfoondiensverskaffers jou gekoopte data laat verval? Kan goedbedoelde "raad" van SASSA amptenare op bedrog neerkom? Hoe kan jy jou huweliksbedeling na jou troue verander? Daar is ook raad oor belastinggeskille met die SAID.

Regsake 13.08.2018

Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, praat oor verskeie aspekte met betrekking tot alkohol op die skoolterrein, en of skoliere getoets mag word vir verbode middels. Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor die aanstelling van tradisionele leiers, 'n skool se aanspreeklikheid vir beserings van kinders, en die ondertekeiningsvereistes van testamente...

Regsake 06.08.2018

'n Kenner van arbeidsreg, Johan Botes, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vra oor hierdie gebied van die regte te beantwoord.

Regsake 30.07.2018

Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hulle bespreek hofsake oor vrye godsdiensbeoefening in skole, en die aanspreeklikheid vir die betaling van skoolgelde waar die skolier se ouers vervreem is.

Regsake 23.07.2018

Graeme Polson sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending. Hy spesialiseer in bankreg en kommersiële reg, en sal luisteraars se vrae hieroor beantwoord.

Regsake 16.07.2018

Wat beteken 'n mens se swygreg teenoor die polisie, of in die hof? Hoe is die definisie van verkragting onlangs uitgebrei om sodomie in te sluit? Wat is die funksie van die Reserwebank? Igna Kynsmith bespreek ook twee hofsake oor 'n eis van meer as R6 miljoen teen die eienaar van 'n volstruis, en 'n eis teen 'n hospitaal nadat 'n tweejarige seuntjie uit 'n bed geval het.

Regsake 09.07.2018

Wanneer kan 'n beskuldigde 'n staatsgetuie word in ruil daarvoor dat hy nie verder vervolg word nie? Hoe werk die reël dat 'n mens nie twee keer vir dieselfde oortreding vervolg kan word nie? Hoekom was dit nie van toepassing in die onlangse Mombergsaak nie? Ian en Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin drie getroude mans, wat geslagsveranderings ondergaan het, vra vir 'n aangepaste geboortesertifika...

Regsake 02.07.2018

Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwesssies met Ian Wessels. Is dobbelwinste en Lotto-wengeld belasbaar? Mag jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf uithuur? Aan watter vereistes moet ekstra ligte op jou voertuig voldoen? Die gevare daarvan om jou testament as HVK aan te wend word bespreek, asook 'n hofsaak oor aanspreeklikheid toe 'n dogtertjie breinskade opgedoen het nadat sy in 'n s...

Regsake 25.06.2018

Paul Colditz, die bestuurshoof van FEDSAS kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith. FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van skoolbeheerliggame.

Regsake 18.06.2018

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak van 'n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto's van haar te versprei. Hulle bespreek ook die verpligting om binne 'n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings; wanneer 'n gevangene vir parool in aanmerking kom; en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers.

Regsake 11.06.2018

Frikkie Pretorius is sowel 'n boer as as 'n prokureur. Hy kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regskwessies wat veral boere raak. Aanspreeklikheid vir skade aangerig deur veldbrande of jou diere op die pad; wat om te doen as plakkers jou grond probeer beset; die herstel van swak paaie; en oorbeweiding word bespreek.

Regsake 04.06.2018

Wynanda Coetzee kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy is die prokureur wat namens die Transnet pensionarisse opgetree het in die klasaksie oor hulle pensioenvoordele. Igna beantwoord ook die vraag of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou.

Regsake 28.05.2018

Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by '...

Regsake 21.05.2018

Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor ongerymdhede by die toekenning van tenders; die beskerming van beleggers wat op grond van kenners se advies beleggings maak; die vereistes om iemand in jou testament 'n bewoningsreg te gee, en swaarder strawwe vir kabeldiewe.

Regsake 14.05.2018

Twee kenners van regsaspekte wat veral boere raak, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Tydens hierdie regstreekse uitsending sal Frikkie Pretorius en Daan van Straaten onder andere belastingwenke gee en boere se vrae beantwoord.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.