RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 21.04.2019 24:51
Regter Neels Claassen het aan die hand van hedendaagse regsbeginsels 'n artikel geskryf met die titel: 'n Perspektief op Jesus se opstanding - feit of fabel? Igna Klynsmith het dit in Afrikaans vertaal, en deel dit met luisteraars op Paasmaandag.
Regsake 15.04.2019 26:56
Die adjunkminister van Justisie, John Jeffery, sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending.
Regsake 08.04.2019 26:30
Ian Wessels en Igna Klynmith gesels oor die volgende regsvrae: Gebruik prokureurs onnodig "regstaal" wat moeilik verstaanbaar is? Is daar wetgewing oor die verstaanbaarheid van kontrakte? Kan die langslewende gade eksekuteur wees van die eerssterwende se boedel? Moet 'n boedel altyd aangemeld word? Mag skuldeisers van 'n oorlede eggenoot betaling van sy weduwee eis?
Regsake 01.04.2019 24:51
Regsake is geen grap nie. Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor wat dit beteken om laterale ondersteuning aan jou buurman te bied, asook hofsake oor sonde met jou buurman se bome. Dan wil 'n 17-jarige erfgenaam ook weet wanneer sy die geld kan kry wat in 'n trust vir haar gehou word.
Regsake 25.03.2019 25:57
Advokaat Anton Alberts sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor tyddeelskemas te beantwoord.
Regsake 18.03.2019 25:40
Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek die volgende vrae van luisteraars: As wild vanuit 'n reservaat op my plaas beland, mag ek dit hou? Wat is die regte van werkers wanneer 'n besigheid as lopende saak verkoop word? Wanneer moet 'n kurator aangestel word om iemand in hofverrigtinge by te staan? Wat gebeur wanneer die tradisionele reg bots met wetgewing?
Regsake 11.03.2019 23:30
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet jou werkgewer jou verhuisingskoste dek as hy jou verplaas? Wat is die regte van kinders wat hulle ouerhuis wil verlaat om by iemand anders te gaan woon? Wanneer kom 'n testamentêre trust tot stand? Moet die Opperraad ingevolge die tradisionele reg met die gemeenskap konsulteer oor belangrike besluite?
Regsake 04.03.2019 22:59
Igna Kynsmith bespreek 'n paar hofsake met Ian Wessels. Dink jy vyf jaar tronkstraf is 'n gepaste vonnis vir iemand wat drie daggaplantjies op sy stoep gekweek het? Dit was 'n hele paar dekades gelede. En wanneer is 'n mens aanspreeklik as jou hond iemand byt?
Regsake 25.02.2019 26:01
Adv. Johan du Toit van die Nasionale Vervolgingsgesag sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te praat oor Suid-Afrika se uitleweringsooreenkomste met ander lande.
Regsake 18.02.2019 25:35
Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat is die verskil tussen 'n skikking en 'n hofbevel? 'n Private ledewysiging in die parlement oor vaderskapverlof. Hoe raak dit jou vakansieverlof as jy weens omstandighede buite jou beheer nie by die werk kan kom nie? En hoe kan jy iemand aanstel om namens jou jou geldsake te hanteer?
Regsake 11.02.2019 23:51
'n Hoenderhaan in die beskuldigdebank? Historiese hofsake oor die eienaarskap van perde in oorlogstyd. 'n Vrou se reg op pensioenfondsvoordele as haar man die kinders as begunstigdes benoem het. En mag of moet 'n mens op die skouer van die pad ry om verbysteek makliker te maak?
Regsake 04.02.2019 25:08
Die era van professionele sport het gelei tot nuwe vertakkings van die reg om verskeie aspekte daarvan te reguleer. Sportregkenner Bertie Grobbelaar sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor verskeie aspekte van sportreg, en die bestuur van sportstadions.
Regsake 28.01.2019 25:01
Kan die uitlating "Sê vir daardie swartman hy moet nou dadelik die motor verwyder!" lei tot afdanking op grond van rassisme? Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak hieroor met Ian Wessels. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor probleme met werkers wat gereeld op Maandae en Vrydae siekteverlof neem, en of die eienaar of vruggebruiker verantwoordelik is vir die betaal van munisipale heffings.
Regsake 21.01.2019 26:09
In die laaste program oor deeltitelskemas gesels Retief von Wiellich met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor die verpligte registrasie van deeltitelskemas by die ombudsman, en 'n alternatiewe manier om geskille en dispute tussen inwoners en die bestuur op te los. Wat is inwoners se regte ten opsigte van die verkryging van inligting oor besluite, en is besoekers verplig om hul ID-dokument of bestuurd...
Regsake 14.01.2019 24:08
Retief von Wiellich sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te praat oor die verpligtinge van die beheerliggame van deeltitelskemas, asook die finansiële bestuur, heffings en instandhouding van 'n deeltitelkompleks.
Regsake 07.01.2019 24:49
Dis nie net in Suid Afrika waar wrede moorde gepleeg word nie. Igna Klynsmith vertel van die gruwelike "vleimoorde" wat in die vroeë 1960's buite Manchester in Engeland plaasgevind het. Tot vandag toe is al die kinders wat verdwyn het, nog nie gevind nie. Hy deel ook humor uit die regswêreld.
Regsake 31.12.2018 25:32
Ian Wessels en Igna Klynsmith sluit die jaar af met 'n mengsel van humoristiese bydraes van ander juriste en geweld. As jy gedink het grumoorde vind net in Suid-Afrika plaas, moet jy na hierdie program luister. Twee Nieu-Seelandse dogters nooi hulle ma vir 'n piekniek en slaan haar dan 49 keer met 'n baksteen teen die kop - en dit in die goeie ou dae!
Regsake 24.12.2018 24:22
Igna Klynsmith bespreek sowel Christus se verhoor as diere se reg op goeie versorging. Veral in Desember word troeteldiere dikwels aan hulle eie lot oorgelaat. Hy beantwoord ook 'n gevangene se brief oor sy reg tot appèl omdat die hof nie sy berou ná sy bekering genoegsaam in ag geneem het nie.
Regsake 16.12.2018 25:00
Igna Klynsmith verskaf 'n webadres waar die kontakbesonderhede van elke ombudsman gekry kan word. Hy bespreek ook die proses van grondonteiening sonder vergoeding, en gee perspektief op die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die wettige besit van dagga. Dit is minder ingrypend as wat die gemiddelde lid van die publiek dink.
Regsake 10.12.2018 24:16
Waldette Grey gesels verder met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor skuldinvordering. Sy bespreek die volgende begrippe: skuldberading, vrywillige boedeloorgawe, besigheidsredding en wat dit beteken om onder administrasie geplaas te word. Waldette verduidelik ook hoe dit moontlik is dat 'n klein bedraggie aanvanklike skuld so drasties kan toeneem, en hoe om jou naam van die swartlys af te verwyder.
Regsake 03.12.2018 25:42
Waldette Grey gesels oor verskeie aspekte van die skuldinvorderingsproses, soos wie die skuld mag invorder, wanneer dit te oud is om steeds in te vorder, en wanneer rente op die agterstallige bedrag gehef mag word.
Regsake 26.11.2018 25:46
Volker Kruger sluit vir oulaas by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor die kommersiële reg te beantwoord. Hoe werk die voetstootsklousule by vaste eiendom? Kan 'n munisipaliteit agterstallige skuld van 'n vorige huiseienaar, van die nuwe eienaar verhaal? Wat gebeur as die verkoper sterf voordat eiendomsoordrag kon plaasvind? Kan 'n munisipaliteit agterstallige eiendomsbelasting van die ei...
Regsake 19.11.2018 24:46
Volker Kruger sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor kommersiële reg te beantwoord. Hoe werk die "huur gaat voor koop" beginsel by die langtermyn huur van 'n plaas? Watter skuldeiser kry voorkeur - 'n verhuurder of die houer van 'n notariële verband oor roerende goed? Hoe kan vinnig stygende munisipale koste, wat deel van die prys vorm, in 'n langtermyn huurkontrak gereguleer...
Regsake 12.11.2018 25:10
Volker Kruger is vir die volgende paar weke hier om vrae te beantwoord oor boedels en testamente. Vandag behandel hy die volgende: Hoe werk die aanwasbedeling by die opstel van 'n testament? Wie moet boedelbelasting betaal, en wat is die boedelbelastingvoordele van 'n trust? Kan jy in jou testament iemand aanwys om jou as trustee op te volg? Mag 'n bank wat as eksekuteur aangewys is toe jy jou tes...
Regsake 05.11.2018 25:31
Boedelspesialis Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan en beantwoord die volgende vrae: Het die eksekuteur 'n plig om erfgename op hoogte te hou oor hoe die beredderingsproses vorder? Wat is die regte van buite-egtelike en aangenome kinders om intestaat te erf? Wat gebeur met die gemeenskaplike bates wanneer iemand wat in gemeenskap van goed getroud was, sterf? Wat is die geldigh...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.