RSG

Regsake

Society AF ↓ 651 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 27 Januarie 2020 27.01.2020

Igna Klynsmith bespreek 'n dominee se kwelling oor 'n drankwinkel wat langs sy kerk wil open. Wat behels die wetgewing oor die verkoop van tweedehandse goedere, en is dit effektief om bedrog te bekamp? Igna verduidelik ook die belang daarvan om kinders se menings te hoor in hofgedinge tussen hulle ouers oor hulle toesig.

Regsake 20 Januarie 2020 20.01.2020

Wanneer is jy verplig om jou huiswerker vir werkloosheidsversekering te registreer? Wie betaal eksekuteursfooie as daar 'n kontanttekort in die boedel is? Is dit nalatig van onderwysers om kinders in die klas sonder toesig te laat? Igna Klynsmith bspreek ook hofsake oor 'n student wat van 'n bewegende trein afgespring het, en die straf van 'n pa, wat sy seun vir 'n rower aangesien en hom doodgeski...

Regsake 13 Januarie 2020 13.01.2020

Wat het die onlangse Appèlhofsaak verander aan die definisie van haatspraak? Is dit skending van kopiereg as jy net 'n paar sekondes van iemand anders se liedjie gebruik? Wanneer sal jy aanspreeklik wees as jou werker in die uitvoering van sy pligte deur weerlig getref word? Igna Klynsmith bespreek ook die straf van iemand wat 'n rob geslaan het, en wat oorlas in die burgerreg behels.

Regsake 6 Januarie 2020 06.01.2020

Wanneer haar man onverwags te sterwe kom, word die weduwee dikwels uitgebuit in die emosionele tydperk van rou wat daarop volg. Igna Klynsmith gee praktiese wenke waarvoor om op die uitkyk te wees. Hy verduidelik ook wat die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid beteken, en bespreek 'n paar regsaspekte ten opsigte van die afdanking van huiswerkers.

Regsake 30.12.2019

Ouer mense skei soms om met 'n veel jonger bokkie te trou - dikwels in gemeenskap van goeder - maar meestal staan hulle gou weer in die skeihof. Kry die jong bokkie noodwendig die helfte van die gemeenskaplike boedel? Igna Klynsmith bespreek ook die probleemareas ten opsigte van kwotasies, en die aanspreeklikheid van kinders vir hulle bejaarde ouers se mediese koste.

Regsake 23.12.2019

Is daar 'n wedersydse onderhoudsplig tussen 'n paartjie wat saamwoon? Wat mag jy aftrek van jou huiswerker se vergoeding? Wat is nodig om laster te bewys, en wat is die verwere daarteen? Daar bestaan geen formaliteite om Krugerrande te koop nie. Kan 'n mens dus die waarde van jou boedel verklein en boedelbelasting spaar deur Krugerrande te koop?

Regsake 15.12.2019

Kan ouers wat op grond van hulle geloof lyfstraf op hul kinders by die huis toepas, vervolg word? Wat gebeur as iemand wat onderhoud betaal, sterf en 'n trust erf sy hele boedel? Watter opsies het 'n ongetroude swanger vrou ten opsigte van die koste van haar swangerskap as die pa weier om iets by te dra totdat vaderskaptoetse gedoen is?

Regsake 09.12.2019

As jy geld van 'n ryloper aanvaar, kom dit nie daarop neer dat jy 'n ongelisensieerde taxi teen vergoeding bedryf nie? Wie erf as iemand wat in gemeenskap van goed getroud is, sonder 'n testament sterf? Is vakbondleiers aanspreeklik vir skade wat hulle lede tydens betogings aanrig? En het jy geweet die bose Ma Baker het regtig geleef?

Regsake 02.12.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet iemand wat aan strafbare manslag skuldig bevind is, swaarder gestraf word as drie mense in 'n ongeluk gesterf het teenoor net een? Wie is aanspreeklik as iemand in 'n winkelsentrum beseer word weens die nalatigheid van veiligheid- of skoonmaakpersoneel? Is werknemers geregtig op bonusse en verhogings, en is 'n stapelaar 'n motorvo...

Regsake 25.11.2019

Wat gebeur met jou aandele in 'n privaatmaatskappy wanneer jy te sterwe kom? Wat is die invloed van sakeredding op regsaksies en borge? Wie is aanspreeklik vir skade of beserings wat op skoolgronde opgedoen word? En watter wetgewing is van toepassing op vonnisse, wat vir verkragting opgelê word?

Regsake 18.11.2019

Trou jy binnekort? Igna Klynsmith verduidelik die aanwasbedeling en watter bates daarvan uitgesluit sal wees. Hy werp ook lig op aktuariële berekeninge oor die verlies aan inkomste, en bespreek twee hofsake teen makelaars oor beleggings in Sharemax.

Regsake 11.11.2019

Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor die erf van vuurwapens; die implikasies daarvan om as getuie te teken; die gevolge van insolvensie van 'n langtermynhuurder vir die verhuurder; en wat om te doen as jou kontrak nie 'n kansellasieklousule bevat nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die hersiening van staatstenders.

Regsake 04.11.2019

Word die eksekuteursgelde van 3,5% op die volle gemeenskaplike boedel bereken, of net op die oorledene se helfte? Wat is die verskil tussen crimen injuria en strafregtelike laster? Kan net 'n prokureur 'n boedel by die meester aanmeld? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor heraanstelling ná onregverdige ontslag, en konsepwetgewing oor die akkreditasie van kursusse.

Regsake 28.10.2019

Igna Klynsmith gesels oor die dokumentasie wat nodig is om wildsvleis te vervoer; hofsake wat 'n motorhandelaar beveel het om 'n verbruiker se geld wat sy vir 'n nuwe motor betaal het, terug te gee; die tersydestelling van die Seriti-kommissie se bevindings; en 'n man wat tronk toe gestuur is omdat hy sy ek wederregtelik van sy mediese fonds verwyder het.

Regsake 21.10.2019

Kan 'n skuldeiser self die oorlede skuldenaar se boedel aanmeld as niemand dit doen nie? Word nuwe howe geskep om aan die toenemende vraag te voldoen? Ander regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, handel oor die koop van eiendom op afbetaling sonder 'n banklening; die regte van plaaswerkers om hulle familie te begrawe op die plaas waar hulle lewenslank werk; en die jongste hofsaak oo...

Regsake 14.10.2019

Igna Klynsmith gee raad aan 'n vrou wat wil seker maak dat haar kinders die huis erf, en nie haar man se tweede vrou nie, as sy voor hom te sterwe kom. Hy bespreek ook 'n nuwe wet wat bepaal dat kommissie net aan eiendomsagente betaal mag word as hulle behoorlik geregistreer is. Igna waarsku ook mense wat al hoe makliker uiting gee aan padwoede sonder om die risiko's wat hulle loop, behoorlik te b...

Regsake 07.10.2019

Igna Klynsmith bespreek wyd uiteenlopende regsvrae en hofsake met Ian Wessels. Hy gee inligting oor 'n nuwe ombud vir banke, en gee raad aan 'n vrou wie se eks-man gesê het die opbrengs op sy uitkeerpolis gaan steeds na haar toe. Hofsake wat bespreek word, is een oor grondeise op Hilton College se perseel; hoe R120-miljoen van belastingbetalers se geld deur 'n staatsdepartement verkwis is; en een...

Regsake 30.09.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae: Is die gemeenskaplike boedel gebonde as die een gade alleen borg teken? Wanneer kan iemand met Downsindroom 'n geldige testament verly? Is 'n skool geregtig om 'n leerder, wie se skoolgeld agterstallig is, uit te sluit van skoolaktiwiteite? Wat kan ek doen as skuldeisers my pla vir rekeninge wat ek nie verskuldig is nie? Igna gesels ook oor onregmatig...

Regsake 22.09.2019

Daar was onlangs baie oproepe om die doodstraf weer in te stel omdat mense glo dit sal as afkrikmiddel vir misdaad dien, maar is die aanname korrek? Igna Klynsmith kyk na statistiek uit ander lande waar die doodstraf heringestel is. Hy bespreek ook 'n hofsaak tussen 'n bejaarde se kinders oor die koste van sy aftree-oord, en gee syfers oor egskeiding. In een provinsie skei baie meer mense as in al...

Regsake 16.09.2019

Igna Klynsmith verduidelik wat geografiese aanwysers is, en bespreek BTW op agentekommissie. Hy gee ook raad vir paartjies wat saamwoon, en bespreek 'n hofsaak van Trevor Manuel teen die EFF, asook een van die "daggapaartjie" wat aansoek gedoen het om 'n hofsaak op hulle webwerf uit te saai.

Regsake 09.09.2019

Igna Klynsmith gesels oor die pligte van die eienaars van dagsorgsentrums vir kinders, mynregte op grond waarop inheemse stamme woon, en die vrywaring van aanspreeklikheid vir beserings opgedoen op 'n "bootcamp."

Regsake 02.09.2019

Kan 'n prokureur van die rol geskrap word a.g.v. oneerlikheid met sy eie egskeiding? Is die wet op die wysiging van burgerskap terugwerkend van krag? Kan daar kopiereg wees op danspassies? 'n Luisteraar vra hoekom regslui die hof se tyd mors deur mense te verdedig wat hulle mos weet skuldig is.

Regsake 26.08.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Mag afskrifte van elektroniese dokumente as ware afskrifte gesertifiseer word? Is daar 'n verskil in die kworum wat benodig word as lede van 'n deeltitelkompleks besluite moet neem oor luukse en nie-luukse verbeterings? Wie betaal vir die regskoste van presidente se hofsake? Igna gesels ook oor die kwessie van mense wat by sosiale gele...

Regsake 19.08.2019

Riëtte Oosthuizen beantwoord die volgende vrae oor onderhoud: Tot op watter ouderdom is 'n kind geregtig op onderhoud? Hoe kan die onderhoudsbedrag verhoog of verlaag word? Hoe kan betaling van 'n onderhoudsbevel afgedwing word? Is daar raad as die een ouer die kinders onbehoorlik teen die ander een beinvloed? Wat is die effek daarvan as 'n vrou wat onderhoud ontvang, in 'n saamwoonverhouding betr...

Regsake 12.08.2019

Riëtte Oosthuizen spesialiseer in egskeidings en onderhoud. Sy sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith en beantwoord onder die volgende vrae: Waar begin 'n mens om onderhoud te eis as jy nie 'n prokureur kan bekostig nie? Hoe word redelike en billike onderhoud bepaal? Sy bespreek ook 'n hofsaak wat dit moeiliker sal maak om bates weg te steek.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.