RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 14.10.2019

Igna Klynsmith gee raad aan 'n vrou wat wil seker maak dat haar kinders die huis erf, en nie haar man se tweede vrou nie, as sy voor hom te sterwe kom. Hy bespreek ook 'n nuwe wet wat bepaal dat kommissie net aan eiendomsagente betaal mag word as hulle behoorlik geregistreer is. Igna waarsku ook mense wat al hoe makliker uiting gee aan padwoede sonder om die risiko's wat hulle loop, behoorlik te b...

Regsake 07.10.2019

Igna Klynsmith bespreek wyd uiteenlopende regsvrae en hofsake met Ian Wessels. Hy gee inligting oor 'n nuwe ombud vir banke, en gee raad aan 'n vrou wie se eks-man gesê het die opbrengs op sy uitkeerpolis gaan steeds na haar toe. Hofsake wat bespreek word, is een oor grondeise op Hilton College se perseel; hoe R120-miljoen van belastingbetalers se geld deur 'n staatsdepartement verkwis is; en een...

Regsake 30.09.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae: Is die gemeenskaplike boedel gebonde as die een gade alleen borg teken? Wanneer kan iemand met Downsindroom 'n geldige testament verly? Is 'n skool geregtig om 'n leerder, wie se skoolgeld agterstallig is, uit te sluit van skoolaktiwiteite? Wat kan ek doen as skuldeisers my pla vir rekeninge wat ek nie verskuldig is nie? Igna gesels ook oor onregmatig...

Regsake 22.09.2019

Daar was onlangs baie oproepe om die doodstraf weer in te stel omdat mense glo dit sal as afkrikmiddel vir misdaad dien, maar is die aanname korrek? Igna Klynsmith kyk na statistiek uit ander lande waar die doodstraf heringestel is. Hy bespreek ook 'n hofsaak tussen 'n bejaarde se kinders oor die koste van sy aftree-oord, en gee syfers oor egskeiding. In een provinsie skei baie meer mense as in al...

Regsake 16.09.2019

Igna Klynsmith verduidelik wat geografiese aanwysers is, en bespreek BTW op agentekommissie. Hy gee ook raad vir paartjies wat saamwoon, en bespreek 'n hofsaak van Trevor Manuel teen die EFF, asook een van die "daggapaartjie" wat aansoek gedoen het om 'n hofsaak op hulle webwerf uit te saai.

Regsake 09.09.2019

Igna Klynsmith gesels oor die pligte van die eienaars van dagsorgsentrums vir kinders, mynregte op grond waarop inheemse stamme woon, en die vrywaring van aanspreeklikheid vir beserings opgedoen op 'n "bootcamp."

Regsake 02.09.2019

Kan 'n prokureur van die rol geskrap word a.g.v. oneerlikheid met sy eie egskeiding? Is die wet op die wysiging van burgerskap terugwerkend van krag? Kan daar kopiereg wees op danspassies? 'n Luisteraar vra hoekom regslui die hof se tyd mors deur mense te verdedig wat hulle mos weet skuldig is.

Regsake 26.08.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Mag afskrifte van elektroniese dokumente as ware afskrifte gesertifiseer word? Is daar 'n verskil in die kworum wat benodig word as lede van 'n deeltitelkompleks besluite moet neem oor luukse en nie-luukse verbeterings? Wie betaal vir die regskoste van presidente se hofsake? Igna gesels ook oor die kwessie van mense wat by sosiale gele...

Regsake 19.08.2019

Riëtte Oosthuizen beantwoord die volgende vrae oor onderhoud: Tot op watter ouderdom is 'n kind geregtig op onderhoud? Hoe kan die onderhoudsbedrag verhoog of verlaag word? Hoe kan betaling van 'n onderhoudsbevel afgedwing word? Is daar raad as die een ouer die kinders onbehoorlik teen die ander een beinvloed? Wat is die effek daarvan as 'n vrou wat onderhoud ontvang, in 'n saamwoonverhouding betr...

Regsake 12.08.2019

Riëtte Oosthuizen spesialiseer in egskeidings en onderhoud. Sy sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith en beantwoord onder die volgende vrae: Waar begin 'n mens om onderhoud te eis as jy nie 'n prokureur kan bekostig nie? Hoe word redelike en billike onderhoud bepaal? Sy bespreek ook 'n hofsaak wat dit moeiliker sal maak om bates weg te steek.

Regsake 05.08.2019

'n Vrou vertel hoe 'n man se troubeloftes haar oortuig het om haar huis en motor te verkoop. Was sy net naief, of watter regsmiddels is tot haar beskikking? Igna Klynsmith beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe 'n mens kan uitvind wie die eksekuteur van 'n boedel is, en bespreek 'n hofsaak oor die toets om te bepaal of 'n huwelik ingevolge die gewoontereg geldig is.

Regsake 29.07.2019

Igna Klynsmith beantwoord die volgende regsvrae van luisteraars: Is 'n eiendomsagent wat nie 'n getrouheidsfondssertifikaat het nie, geregtig op kommissie? Rus daar enige verpligting op die eienaars van aftreeoorde om aktiwiteite vir inwoners te reël? Kan 'n mens na jou troue nog 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit? Wanneer kan deeltiteleienaars self die hof nader sonder om die beheerliggaam daarin...

Regsake 22.07.2019

Riette Oosthuizen sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending. Sy beantwoord luisteraars se regsvrae oor egskeiding en onderhoud.

Regsake 15.07.2019

Die volgende regsvrae word beantwoord: Watter buitengewone magte het die SAID om verskuldigde belasting in te vorder? Wie is verantwooordelik vir die instandhoudingskoste van 'n huis wat aan 'n vruggebruik onderworpe is? Hoe kan 'n bejaarde erflater sy volwasse kinders gelyk laat erf waar daar verskeie eiendomme in die boedel is?

Regsake 08.07.2019

Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor Suid Afrikaanse burgers se reg op konsulêre bystand in die buiteland, die geldigheid van elektroniese handtekeninge, en die verskil tussen 'n "warranty" en 'n "guarantee." Hy bespreek ook vergoeding vir grondonteiening en spesifiek of die ontwikkelingspotensiaal van die grond in ag geneem moet word.

Regsake 01.07.2019

Is jou huwelik geldig as jy op die strand trou? Wat behels die misdaad van verberging van 'n geboorte en wat is die straf daarvoor? Wat stel 'n kworum daar by vergaderings van die lede of trustees van 'n deeltitelkompleks, en hoe kan besluite wat sonder 'n kworum geneem is deurgevoer word?

Regsake 24.06.2019

Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae. Wanneer kan 'n werker wat tydelik deur 'n arbeidsmakelaar by 'n werkgewer geplaas is aanspraak maak op status as permanente werknemer? 'n Gewese prostituut wil weet hoekom word die mans wat hulle dienste gebruik nooit vervolg nie. Igna vertel ook van 'n kattegeveg in 'n deeltitelkompleks wat in die hof beland het.

Regsake 16.06.2019

Igna Kynsmith praat met Ian Wessels oor die onlangse bevinding van die MRK dat sekere uitlatings van Julius Malema nie haatspraak was nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor botsings tussen iemand se geloof en sy werksure, en beantwoord twee vrae oor buite-egtelike kinders. Wanneer kan die ma die kind se van verander sonder die pa se toestemming, en wanneer is 'n oupa verantwoordelik vir die onderhoud...

Regsake 10.06.2019

Igna Klynsmith bespreek 'n wetswysiging oor ouerskapverlof vir mans, asook 'n paar uiteenlopende hofsake oor spoedbeperkings binne deeltitelkomplekse; ouers se wangedrag by skolesport; minimumvonnisse vir bedrog, en lasterlike opmerkings. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor wanneer 'n trust eindig.

Regsake 03.06.2019

Sal jou versekering 'n eis na 'n motorongeluk uitbetaal as jou bestuurderslisensiekaart na vyf jaar verval het? Wat is 'n weduwee se regte op onderhoud uit haar oorlede man se boedel? Wat gebeur met 'n erfporsie wat iemand toeval terwyl hy insolvent is? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak om politieke partye te dwing om hulle finansieringsbronne bekend te maak.

Regsake 27.05.2019

Kan iemand summier afgedank word weens rassistiese opmerkings? Mag 'n pastoor jou met insekdoder bespuit? Wat is die effek van 'n mondelinge bedanking uit jou pos? Wat behels jou verpligting om afloopwater vanaf 'n hoërliggende erf op jou erf te ontvang? Wanneer sal jy skenkingsbelasting moet betaal op 'n rentevrye lening aan jou kinders?

Regsake 20.05.2019

Wat is die jurisdiksie van die Hof vir Klein Eise? Wat is die maksimum rentekoers wat jy jou vriend mag vra op 'n lening? Wat is die effek van die onlangse hofsaak van gay lidmate teen die NG Kerk? Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin boere die magte van die Waardeerder-Generaal betwis.

Regsake 13.05.2019

Igna Klynsmith en Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae: Moet 'n pa steeds betaal vir sy seun se universiteitsfooie nadat hy slegs drie vakke in twee jaar kon slaag? Wat behels 'n nuwe wetsontwerp oor die Padongelukkefonds? Hoe kan 'n man sy ouma se aandeel in 'n huis, wat hulle saam besit, teen minder as markwaarde koop? Is 'n afskrif goed genoeg as ek my huis se titelakte verloor het?

Regsake 06.05.2019

Igna Klynsmith bespreek hofsake waar die volgende ter sprake was: Ooreenkomste met spermskenkers; of daar in die kontraktereg plek is vir die begrip ubuntu; aanpreeklikheid vir skade veroorsaak deur 'n botsing met jou diere op 'n openbare pad; en 'n egskeidingseis as gevolg van te min seks.

Regsake 29.04.2019

Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak oor die verdeling van bates ná die verbrokkeling van 'n langtermyn saamblyverhouding. Hy verduidelik ook die regte en verpligtinge van die pa van 'n buite-egtelike kind. Wat is die relevansie daarvan of hy onderhoud betaal of nie?

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.