RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 6 April 2020 06.04.2020 23:32
Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Hofaansoeke van 'n lesbiese paartjie wat albei as moeders erken wil word, en 'n kind wat 'n pa se "belofte" op WhatsApp om sy Lotto wengeld te deel, wil afdwing. Die regte van 'n outistiese kind om 'n gidshond aan te hou. Mag 'n pa sy ander kinders se skoolgelde ook betaal uit die trustfonds van sy parapleegdogter? Is dit raadsaam...
Regsake 30 Maart 2020 30.03.2020 24:21
Rina Gunter kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy spesialiseer in immateriële goederereg. Dit sluit onder andere in die beskerming van patente en die skeppings van skrywers, asook modelle en handelsmerke. Wat is die vereistes vir registrasie van 'n patent? Rina gesels ook oor wie aanspraak kan maak op 'n nuwe uitvindsel wat jy by jou werk gedoen het.
Regsake 23 Maart 2020 23.03.2020 27:58
Hugo Pienaar, 'n arbeidsregspesialis, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending van Regsake.
Regsake 16 Maart 2020 16.03.2020 25:31
Igna Klynsmith verduidelik die regsreëls oor verhuring en deposito's, en wat jou te doen staan as iemand wat jou geld geskuld het, oorlede is, maar jy versuim het om dit van sy boedel te eis. Kan jy dit van 'n erfgenaam verhaal? Igna beantwoord ook 'n ongewone vraag van 'n luisteraar wat beweer hy het sy vriendin se huis aan die brand gesteek omdat iemand hom met die hulp van die duiwel getoor het...
Regsake 9 Maart 2020 09.03.2020 23:25
Igna Klynsmith gesels verder oor skuldhersiening vir individue. Ander onderwerpe wat bespreek word, sluit in die besoekregte van pa's van buite-egtelike kinders; die regsposisie van vrouens in poligame gewoontereghuwelike; en wanneer die howe sal afwyk van die gebruiklike reël dat die verloorder in 'n hofsaak die wenner se regskoste moet betaal.
Regsake 2 Maart 2020 02.03.2020 23:46
Soms verskil naasbestaandes oor die oorledene se begrafnisreëlings, of wie die draers moet wees, maar wie se besluit is dit? Wat behels sakeredding vir besighede, en watter magte en bevoegdhede het die persoon wat as sakeredder aangestel word? Hoe verskil dit van skuldhersiening vir individue?
Regsake 24 Februarie 2020 24.02.2020 24:26
Is 'n man gebonde aan sy belofte om vir sy vrou 'n motorfiets te koop? Is kredietwetgewing van toepassing op skikkingsooreenkomste? Wanneer moet albei gades getroud in gemeenskap van goed, kontrakte onderteken? Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor gewapende betogers, en dispute tussen deeltiteleienaars en hulle beheerliggame.
Regsake 17 Februarie 2020 17.02.2020 24:19
Igna Kynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Die gebruik van vuurwapens op kleinhoewes; vervolgsieke mense wat oor alles wil "prosedeer"; 'n munisipaliteit se plig om skade deur vloedwater te verhoed; veranderings in die hantering van eise teen die staat se pensioenfonds, en wanneer kan 'n ma haar kind se van verander sonder die biologiese pa se toetstemming?
Regsake 10 Februarie 2020 10.02.2020 26:14
Rina Gunter sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor onregmatige mededinging, handelsmerke en patente.
Regsake 3 Februarie 2020 03.02.2020 23:59
Wanneer is 'n mens verplig om 'n misdaad te rapporteer? Hoe kan jy jou kriminele rekord weer skoon kry? Wanneer moet die minister toestemming gee vir prospektering en mynbou-aktiwiteite? Igna Klynsmith bespreek ook sterftevoordele uit pensioenfondse.
Regsake 27 Januarie 2020 27.01.2020 23:36
Igna Klynsmith bespreek 'n dominee se kwelling oor 'n drankwinkel wat langs sy kerk wil open. Wat behels die wetgewing oor die verkoop van tweedehandse goedere, en is dit effektief om bedrog te bekamp? Igna verduidelik ook die belang daarvan om kinders se menings te hoor in hofgedinge tussen hulle ouers oor hulle toesig.
Regsake 20 Januarie 2020 20.01.2020 24:01
Wanneer is jy verplig om jou huiswerker vir werkloosheidsversekering te registreer? Wie betaal eksekuteursfooie as daar 'n kontanttekort in die boedel is? Is dit nalatig van onderwysers om kinders in die klas sonder toesig te laat? Igna Klynsmith bspreek ook hofsake oor 'n student wat van 'n bewegende trein afgespring het, en die straf van 'n pa, wat sy seun vir 'n rower aangesien en hom doodgeski...
Regsake 13 Januarie 2020 13.01.2020 25:47
Wat het die onlangse Appèlhofsaak verander aan die definisie van haatspraak? Is dit skending van kopiereg as jy net 'n paar sekondes van iemand anders se liedjie gebruik? Wanneer sal jy aanspreeklik wees as jou werker in die uitvoering van sy pligte deur weerlig getref word? Igna Klynsmith bespreek ook die straf van iemand wat 'n rob geslaan het, en wat oorlas in die burgerreg behels.
Regsake 6 Januarie 2020 06.01.2020 24:00
Wanneer haar man onverwags te sterwe kom, word die weduwee dikwels uitgebuit in die emosionele tydperk van rou wat daarop volg. Igna Klynsmith gee praktiese wenke waarvoor om op die uitkyk te wees. Hy verduidelik ook wat die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid beteken, en bespreek 'n paar regsaspekte ten opsigte van die afdanking van huiswerkers.
Regsake 30.12.2019 24:22
Ouer mense skei soms om met 'n veel jonger bokkie te trou - dikwels in gemeenskap van goeder - maar meestal staan hulle gou weer in die skeihof. Kry die jong bokkie noodwendig die helfte van die gemeenskaplike boedel? Igna Klynsmith bespreek ook die probleemareas ten opsigte van kwotasies, en die aanspreeklikheid van kinders vir hulle bejaarde ouers se mediese koste.
Regsake 23.12.2019 23:50
Is daar 'n wedersydse onderhoudsplig tussen 'n paartjie wat saamwoon? Wat mag jy aftrek van jou huiswerker se vergoeding? Wat is nodig om laster te bewys, en wat is die verwere daarteen? Daar bestaan geen formaliteite om Krugerrande te koop nie. Kan 'n mens dus die waarde van jou boedel verklein en boedelbelasting spaar deur Krugerrande te koop?
Regsake 15.12.2019 25:37
Kan ouers wat op grond van hulle geloof lyfstraf op hul kinders by die huis toepas, vervolg word? Wat gebeur as iemand wat onderhoud betaal, sterf en 'n trust erf sy hele boedel? Watter opsies het 'n ongetroude swanger vrou ten opsigte van die koste van haar swangerskap as die pa weier om iets by te dra totdat vaderskaptoetse gedoen is?
Regsake 09.12.2019 26:57
As jy geld van 'n ryloper aanvaar, kom dit nie daarop neer dat jy 'n ongelisensieerde taxi teen vergoeding bedryf nie? Wie erf as iemand wat in gemeenskap van goed getroud is, sonder 'n testament sterf? Is vakbondleiers aanspreeklik vir skade wat hulle lede tydens betogings aanrig? En het jy geweet die bose Ma Baker het regtig geleef?
Regsake 02.12.2019 23:30
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet iemand wat aan strafbare manslag skuldig bevind is, swaarder gestraf word as drie mense in 'n ongeluk gesterf het teenoor net een? Wie is aanspreeklik as iemand in 'n winkelsentrum beseer word weens die nalatigheid van veiligheid- of skoonmaakpersoneel? Is werknemers geregtig op bonusse en verhogings, en is 'n stapelaar 'n motorvo...
Regsake 25.11.2019 22:51
Wat gebeur met jou aandele in 'n privaatmaatskappy wanneer jy te sterwe kom? Wat is die invloed van sakeredding op regsaksies en borge? Wie is aanspreeklik vir skade of beserings wat op skoolgronde opgedoen word? En watter wetgewing is van toepassing op vonnisse, wat vir verkragting opgelê word?
Regsake 18.11.2019 24:54
Trou jy binnekort? Igna Klynsmith verduidelik die aanwasbedeling en watter bates daarvan uitgesluit sal wees. Hy werp ook lig op aktuariële berekeninge oor die verlies aan inkomste, en bespreek twee hofsake teen makelaars oor beleggings in Sharemax.
Regsake 11.11.2019 23:50
Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor die erf van vuurwapens; die implikasies daarvan om as getuie te teken; die gevolge van insolvensie van 'n langtermynhuurder vir die verhuurder; en wat om te doen as jou kontrak nie 'n kansellasieklousule bevat nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die hersiening van staatstenders.
Regsake 04.11.2019 23:08
Word die eksekuteursgelde van 3,5% op die volle gemeenskaplike boedel bereken, of net op die oorledene se helfte? Wat is die verskil tussen crimen injuria en strafregtelike laster? Kan net 'n prokureur 'n boedel by die meester aanmeld? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor heraanstelling ná onregverdige ontslag, en konsepwetgewing oor die akkreditasie van kursusse.
Regsake 28.10.2019 25:05
Igna Klynsmith gesels oor die dokumentasie wat nodig is om wildsvleis te vervoer; hofsake wat 'n motorhandelaar beveel het om 'n verbruiker se geld wat sy vir 'n nuwe motor betaal het, terug te gee; die tersydestelling van die Seriti-kommissie se bevindings; en 'n man wat tronk toe gestuur is omdat hy sy ek wederregtelik van sy mediese fonds verwyder het.
Regsake 21.10.2019 25:40
Kan 'n skuldeiser self die oorlede skuldenaar se boedel aanmeld as niemand dit doen nie? Word nuwe howe geskep om aan die toenemende vraag te voldoen? Ander regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, handel oor die koop van eiendom op afbetaling sonder 'n banklening; die regte van plaaswerkers om hulle familie te begrawe op die plaas waar hulle lewenslank werk; en die jongste hofsaak oo...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.