RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 20 Julie 2020 20.07.2020 23:20
Watter gelde mag 'n reisagentskap terughou as jou toer as gevolg van die Coranavirus gekanseleer is? Igna beantwoord nog vrae oor sakeredding, en bespreek ook 'n hofaansoek deur 'n munisipaliteit om een van sy eie aanstellings ter syde te stel. Mag jy 'n huis wat jy geërf het, verkoop voordat die boedel afgehandel is? Wat is jou opsies as dit kom by die bewoording van opsies?
Regsake 13 Julie 2020 12.07.2020 25:12
Igna Klynsmith gesels oor belangebotsings in die korporatiewe wêreld na aanleiding van die voortslepende sage tussen Old Mutual en sy bestuurshoof, asook die regulering van plaasskole. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die verdeling van bates as 'n saamwoonverhouding eindig, en kyk na die verskille tussen prokureurs en advokate.
Regsake 6 Julie 2020 05.07.2020 25:50
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die volgende regsake: 'n Hofaansoek dat onafhanklike kandidate ook in nasionale verkiesings mag staan. Wat is die beste manier om 'n studiefonds te skep? Watter proses moet gevolg word om plekname te verander? Hoe word jou bates verdeel as jy sonder 'n testament sterf? En 'n hofsaak wat demonstreer hoe moedswillig mense kan raak as hulle huwelik begin verb...
Regsake 29 Junie 2020 28.06.2020 23:51
Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wetgewing oor diskriminasie teen gestremdes en outistiese kinders; 'n Appèlhofuitspraak oor die reg op toegang tot inligting wat deur die Reserwebank gehou word; die vereistes vir 'n boer om fonteinwater op sy plaas te bottel en te verkoop; en praktiese raad oor begunstigdebenoemings van pensioen- en polisvoordele.
Regsake 22 Junie 2020 21.06.2020 25:37
Waarom word 'n dwelmhandelaar nie aangekla van poging tot moord nie? Wat is jou opsies as jou huisverband afbetaal is? Probleme met 'n testamentêre trust wat bepaal dat vyf van die erflater se eiendomme aan die trust oorgedra moet word, maar dit is nooit gedoen nie. Wetgewing oor kwelsugtige litigante, en wat bewys moet word as jy wil eis vir beserings in 'n winkel opgedoen.
Regsake 15 Junie 2020 14.06.2020 25:21
Igna Klynsmith bespreek die volgende sake met Ian Wessels - 'n "Slim" prokureur waar slim sy baas vang. Mag jou werkgewer jou salaris verminder as jy van die huis af werk? Die slaggate as jy self 'n testament wil opstel. Huwelike buite gemeenskap van goed gesluit voor die aanwasbedeling, en die bevriesing van die langslewende se bankrekeninge as 'n gade getroud in gemeenskap van goed, sterf. Uitga...
Regsake 8 Junie 2020 08.06.2020 25:10
Wanneer kan iemand wat die Covid-19-virus versprei regtelik aanspreeklik wees? Hoe werk BTW op huurkontrakte wat voor die inwerkingstelling daarvan gesluit is? Moet bejaardes wat weer trou, dit in- of buite gemeenskap van goed doen? Wie kies die oordragprokureur by die verkoop van vaste eiendom? En kan 'n man wat ses jaar saam met 'n vrou woon, aanspraak maak op 'n deel van haar pensioen?
Regsake 1 Junie 2020 01.06.2020 22:55
Hierdieprogram sal veral van belang wees vir eiendomsagente en eienaars van vaste eiendom. Aspekte van die Verbruikersbeskermingswet wat van toepassing is op alleenmandate, verhurings, die betaling van kommissie en SEB kategorieë word bespreek.
Regsake 25 Mei 2020 25.05.2020 23:46
Igna Klynsmith nooi jou om regter te speel. Wat sal jou uitspraak wees op verskeie moeilike vrae oor die coronavirus? Hy bespreek ook wat aan 'n werknemer verduidelik moet word voordat sy dissiplinêre verhoor kan begin; wie werkloosheidsversekering mag eis, en wanneer 'n werkgewer aanspreeklik is vir wandade wat sy werknemer pleeg - selfs al is hy nie aan diens nie.
Regsake 18 Mei 2020 18.05.2020 23:33
Wat is die beste roete vir 'n pa van drie kinders wat R250 000 aan een behoeftige kind wil gee, maar ook die ander twee gelyk wil behandel? Wat moet jou testament insluit as jy nie wil hê 'n insolvente erfgenaam moet sy erfporsie verloor nie? Wanneer kan jy 'n interdik teen gesinsgeweld kry? Mag verhuringsagente kommissie op 'n deposito soek? Wat is die verskil tussen 'n eiendomsagent en iemand wa...
Regsake 11 Mei 2020 11.05.2020 25:17
Wat is betaalbaar as 'n huurder in 'n ouetehuis sterf sonder om 'n maand kennis te gee? Watter plan kan 'n boer maak as hy 'n deel van 'n plaas gekoop het, maar daar is net een transportakte? Kan die bestuur van 'n deeltitelskema jou verhoed om jou eenheid op Airbnb te vehuur? As 'n getroude paartjie skei, maar later weer as lewensmaats saamwoon en die man kom te sterwe, het die vrou 'n reg op sy...
Regsake 4 Mei 2020 04.05.2020 23:15
Die regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, sluit in: Mag 'n bank wat as eksekuteur aangestel is, weier om 'n boedel te beredder as dit te klein is, of skuld wat reeds verjaar het van die boedel verhaal? Wat is die beste manier om geld aan minderjarige kinders te bemaak, en die vereistes vir 'n opsie om 'n gedeelte van 'n plaas te koop?
Regsake 27 April 2020 27.04.2020 24:59
Hugo Pienaar sluit weer aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om verder te gesels oor die arbeidsreg. Hy verduidelik werknemers se regte ten opsigte van afdankings, wangedrag, dissiplinêre verhore en konstruktiewe ontslag.
Regsake 20 April 2020 20.04.2020 23:54
Arbeidsregspesialis Hugo Pienaar praatcoor die uitdaging van werkloosheid, die rol van vakbonde, stakings en skade wat gereeld daartydens aangerig word, en die bevriesing van salarisse in moeilike ekonomiese tye.
Regsake 13 April 2020 12.04.2020 24:50
Regter Neels Claassen, skrywer van die artikel oor die regsaspekte van Jesus se verhoor wat Regsake voorheen aangebied het, kuier in die ateljee. Hy gesels oor sy lewe as 'n regter, en gee 'n mening oor die volgende kwessies: Kan 'n regter werklik objektief wees, of oordeel hy ook maar uit sy eie perpektief soos ons almal? Is Afrikaans steeds lewensvatbaar as amptelike hoftaal? Hoe effektief is di...
Regsake 6 April 2020 06.04.2020 23:32
Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Hofaansoeke van 'n lesbiese paartjie wat albei as moeders erken wil word, en 'n kind wat 'n pa se "belofte" op WhatsApp om sy Lotto wengeld te deel, wil afdwing. Die regte van 'n outistiese kind om 'n gidshond aan te hou. Mag 'n pa sy ander kinders se skoolgelde ook betaal uit die trustfonds van sy parapleegdogter? Is dit raadsaam...
Regsake 30 Maart 2020 30.03.2020 24:21
Rina Gunter kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy spesialiseer in immateriële goederereg. Dit sluit onder andere in die beskerming van patente en die skeppings van skrywers, asook modelle en handelsmerke. Wat is die vereistes vir registrasie van 'n patent? Rina gesels ook oor wie aanspraak kan maak op 'n nuwe uitvindsel wat jy by jou werk gedoen het.
Regsake 23 Maart 2020 23.03.2020 27:58
Hugo Pienaar, 'n arbeidsregspesialis, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending van Regsake.
Regsake 16 Maart 2020 16.03.2020 25:31
Igna Klynsmith verduidelik die regsreëls oor verhuring en deposito's, en wat jou te doen staan as iemand wat jou geld geskuld het, oorlede is, maar jy versuim het om dit van sy boedel te eis. Kan jy dit van 'n erfgenaam verhaal? Igna beantwoord ook 'n ongewone vraag van 'n luisteraar wat beweer hy het sy vriendin se huis aan die brand gesteek omdat iemand hom met die hulp van die duiwel getoor het...
Regsake 9 Maart 2020 09.03.2020 23:25
Igna Klynsmith gesels verder oor skuldhersiening vir individue. Ander onderwerpe wat bespreek word, sluit in die besoekregte van pa's van buite-egtelike kinders; die regsposisie van vrouens in poligame gewoontereghuwelike; en wanneer die howe sal afwyk van die gebruiklike reël dat die verloorder in 'n hofsaak die wenner se regskoste moet betaal.
Regsake 2 Maart 2020 02.03.2020 23:46
Soms verskil naasbestaandes oor die oorledene se begrafnisreëlings, of wie die draers moet wees, maar wie se besluit is dit? Wat behels sakeredding vir besighede, en watter magte en bevoegdhede het die persoon wat as sakeredder aangestel word? Hoe verskil dit van skuldhersiening vir individue?
Regsake 24 Februarie 2020 24.02.2020 24:26
Is 'n man gebonde aan sy belofte om vir sy vrou 'n motorfiets te koop? Is kredietwetgewing van toepassing op skikkingsooreenkomste? Wanneer moet albei gades getroud in gemeenskap van goed, kontrakte onderteken? Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor gewapende betogers, en dispute tussen deeltiteleienaars en hulle beheerliggame.
Regsake 17 Februarie 2020 17.02.2020 24:19
Igna Kynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Die gebruik van vuurwapens op kleinhoewes; vervolgsieke mense wat oor alles wil "prosedeer"; 'n munisipaliteit se plig om skade deur vloedwater te verhoed; veranderings in die hantering van eise teen die staat se pensioenfonds, en wanneer kan 'n ma haar kind se van verander sonder die biologiese pa se toetstemming?
Regsake 10 Februarie 2020 10.02.2020 26:14
Rina Gunter sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor onregmatige mededinging, handelsmerke en patente.
Regsake 3 Februarie 2020 03.02.2020 23:59
Wanneer is 'n mens verplig om 'n misdaad te rapporteer? Hoe kan jy jou kriminele rekord weer skoon kry? Wanneer moet die minister toestemming gee vir prospektering en mynbou-aktiwiteite? Igna Klynsmith bespreek ook sterftevoordele uit pensioenfondse.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.