RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 28 September 2020 28.09.2020

Minder as 10% van alle aangemelde verkragtings loop uit op 'n skuldigbevinding. Igna Klynsmith bespreek 'n onlangse wetsontwerp wat gemik is op die bystand aan slagoffers. Hy beantwoord ook die volgende vrae: Kwalifiseer sekswerkers vir regeringshulp tydens die Covid-19-pandemie? Wat kan jy doen as jou huis se titelakte jou verbied om 'n besigheid tuis te bedryf? Is leuenverklikkertoetse toelaatba...

Regsake 21 September 2020 21.09.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende onderwerpe: Die beoogde wysiging van die maksimum toegelate bloedalkoholvlak vir voertuigbestuurders. Die invloed van stereotipes by verhore van seksuele oortredings. Wie mag besluit oor 'n oorledene se begrafnisreëlings? Moet howe die Padongelukkefonds se gebrek aan geld in ag neem by die bepaling van die bedrag wat aan slagoffers toegeken word. Hoe werk notar...

Regsake 14 September 2020 14.09.2020

Die regsbeginsels wanneer daar teen 'n hofuitspraak appèl aangeteken word, word bespreek, asook 'n geveg oor 'n eksotiese kat wat in die hof gaan draai het. Wat is die gevolge as jy in Duitsland jou middelvinger vir 'n spoedkamera wys? Daar is praktiese raad vir alleenlopers wat niemand het om ná hulle dood hulle woonplek op te pak nie. En ons kyk na onlangse hofsake oor die onwilligheid van die p...

Regsake 7 September 2020 07.09.2020

'n Oorwinning vir Derek Hanekom teen Jacob Zuma in die Konstitusionele Hof. Kan 'n mens eis teen 'n reisagentskap in likwidasie en teen jou reisversekering? Wanneer kan jy 'n motorbotsing aanlyn rapporteer in plaas van by die polisie? Wanneer verval ou verkeersboetes? Igna Klynsmith gee ook raad oor jou testament as jy bates in twee lande het.

Regsake 31 Augustus 2020 31.08.2020

Mag jy, of moet jy, jou motor se hoofligte bedags aanskakel? Wat gebeur as die prokureurspraktyk wat as jou eksekuteur aangestel, is ten tyde van jou dood nie meer bestaan nie? Daar is ook inligting oor die bemaking van vuurwapens, voetstootsklousules in kontrakte, en wie kwalifiseer vir ouderdomspensioen.

Regsake 24 Augustus 2020 24.08.2020

Baie mense werk tans van die huis af. Hoe raak dit die uitgawes wat jy van belasting kan aftrek? Igna Klynsmith bespreek ook die regsbeskerming wat die publiek geniet teen "ongewenste elemente" in vleisprodukte, en bepalings in dienskontrakte wat jou verhoed om ná diensverlating met jou huidige werkgewer mee te ding of by sy mededingers te gaan werk.

Regsake 17 Augustus 2020 17.08.2020

Watter wetgewing is van toepassing op die betaling van munisipale belasting en heffings? Kan 'n testament se geldigheid herstel word as net een getuie dit onderteken het? Hoe raak onafgehandelde grondeise die eienaars se beskikkingsreg oor daardie grond? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak teen die Openbare Beskermer waarin kostebevele teen individuele staatsamptenare behandel word.

Regsake 10 Augustus 2020 09.08.2020

Hoe kan 'n prokureur wat verbied is om verder te praktiseer hertoegelaat word? Kan dit regsgevolge hê as 'n handelaar 'n item te goedkoop verkoop? Wanneer kan 'n werknemer wat 'n opdrag verkeerd verstaan as gevolg van 'n swak verbinding tydens 'n internetvergadering, aanspreeklik gehou word? Het wangedrag deur 'n huweliksmaat 'n invloed op die verdeling van die gemeenskaplike boedel ná egskeiding?...

Regsake 3 Augustus 2020 03.08.2020

Hoe wyd strek die bevoegdhede en diskresie van die trustees van trusts, en wanneer kan hulle ontslaan word? Igna Klynsmith verduidelik ook die wetgewing wat van toepassing is op telefoonbemarkers, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor wat gebeur as 'n testament bepaal dat twee seuns in gelyke dele moet erf, maar die een sterf voor die erflater.

Regsake 27 Julie 2020 27.07.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat jy moet bewys om te slaag met 'n eis teen verpleegpersoneel vir nalatigheid? Is jy verplig om op te tree wanneer 'n misdaad in jou teenwoordigheid gepleeg word? Mag jou mediese fonds sonder jou toestemming inligting met jou werkgewer deel? 'n Hofsaak met goeie nuus vir mense wat sukkel met voortslepende grondeise.

Regsake 20 Julie 2020 20.07.2020

Watter gelde mag 'n reisagentskap terughou as jou toer as gevolg van die Coranavirus gekanseleer is? Igna beantwoord nog vrae oor sakeredding, en bespreek ook 'n hofaansoek deur 'n munisipaliteit om een van sy eie aanstellings ter syde te stel. Mag jy 'n huis wat jy geërf het, verkoop voordat die boedel afgehandel is? Wat is jou opsies as dit kom by die bewoording van opsies?

Regsake 13 Julie 2020 12.07.2020

Igna Klynsmith gesels oor belangebotsings in die korporatiewe wêreld na aanleiding van die voortslepende sage tussen Old Mutual en sy bestuurshoof, asook die regulering van plaasskole. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die verdeling van bates as 'n saamwoonverhouding eindig, en kyk na die verskille tussen prokureurs en advokate.

Regsake 6 Julie 2020 05.07.2020

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die volgende regsake: 'n Hofaansoek dat onafhanklike kandidate ook in nasionale verkiesings mag staan. Wat is die beste manier om 'n studiefonds te skep? Watter proses moet gevolg word om plekname te verander? Hoe word jou bates verdeel as jy sonder 'n testament sterf? En 'n hofsaak wat demonstreer hoe moedswillig mense kan raak as hulle huwelik begin verb...

Regsake 29 Junie 2020 28.06.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wetgewing oor diskriminasie teen gestremdes en outistiese kinders; 'n Appèlhofuitspraak oor die reg op toegang tot inligting wat deur die Reserwebank gehou word; die vereistes vir 'n boer om fonteinwater op sy plaas te bottel en te verkoop; en praktiese raad oor begunstigdebenoemings van pensioen- en polisvoordele.

Regsake 22 Junie 2020 21.06.2020

Waarom word 'n dwelmhandelaar nie aangekla van poging tot moord nie? Wat is jou opsies as jou huisverband afbetaal is? Probleme met 'n testamentêre trust wat bepaal dat vyf van die erflater se eiendomme aan die trust oorgedra moet word, maar dit is nooit gedoen nie. Wetgewing oor kwelsugtige litigante, en wat bewys moet word as jy wil eis vir beserings in 'n winkel opgedoen.

Regsake 15 Junie 2020 14.06.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende sake met Ian Wessels - 'n "Slim" prokureur waar slim sy baas vang. Mag jou werkgewer jou salaris verminder as jy van die huis af werk? Die slaggate as jy self 'n testament wil opstel. Huwelike buite gemeenskap van goed gesluit voor die aanwasbedeling, en die bevriesing van die langslewende se bankrekeninge as 'n gade getroud in gemeenskap van goed, sterf. Uitga...

Regsake 8 Junie 2020 08.06.2020

Wanneer kan iemand wat die Covid-19-virus versprei regtelik aanspreeklik wees? Hoe werk BTW op huurkontrakte wat voor die inwerkingstelling daarvan gesluit is? Moet bejaardes wat weer trou, dit in- of buite gemeenskap van goed doen? Wie kies die oordragprokureur by die verkoop van vaste eiendom? En kan 'n man wat ses jaar saam met 'n vrou woon, aanspraak maak op 'n deel van haar pensioen?

Regsake 1 Junie 2020 01.06.2020

Hierdieprogram sal veral van belang wees vir eiendomsagente en eienaars van vaste eiendom. Aspekte van die Verbruikersbeskermingswet wat van toepassing is op alleenmandate, verhurings, die betaling van kommissie en SEB kategorieë word bespreek.

Regsake 25 Mei 2020 25.05.2020

Igna Klynsmith nooi jou om regter te speel. Wat sal jou uitspraak wees op verskeie moeilike vrae oor die coronavirus? Hy bespreek ook wat aan 'n werknemer verduidelik moet word voordat sy dissiplinêre verhoor kan begin; wie werkloosheidsversekering mag eis, en wanneer 'n werkgewer aanspreeklik is vir wandade wat sy werknemer pleeg - selfs al is hy nie aan diens nie.

Regsake 18 Mei 2020 18.05.2020

Wat is die beste roete vir 'n pa van drie kinders wat R250 000 aan een behoeftige kind wil gee, maar ook die ander twee gelyk wil behandel? Wat moet jou testament insluit as jy nie wil hê 'n insolvente erfgenaam moet sy erfporsie verloor nie? Wanneer kan jy 'n interdik teen gesinsgeweld kry? Mag verhuringsagente kommissie op 'n deposito soek? Wat is die verskil tussen 'n eiendomsagent en iemand wa...

Regsake 11 Mei 2020 11.05.2020

Wat is betaalbaar as 'n huurder in 'n ouetehuis sterf sonder om 'n maand kennis te gee? Watter plan kan 'n boer maak as hy 'n deel van 'n plaas gekoop het, maar daar is net een transportakte? Kan die bestuur van 'n deeltitelskema jou verhoed om jou eenheid op Airbnb te vehuur? As 'n getroude paartjie skei, maar later weer as lewensmaats saamwoon en die man kom te sterwe, het die vrou 'n reg op sy...

Regsake 4 Mei 2020 04.05.2020

Die regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, sluit in: Mag 'n bank wat as eksekuteur aangestel is, weier om 'n boedel te beredder as dit te klein is, of skuld wat reeds verjaar het van die boedel verhaal? Wat is die beste manier om geld aan minderjarige kinders te bemaak, en die vereistes vir 'n opsie om 'n gedeelte van 'n plaas te koop?

Regsake 27 April 2020 27.04.2020

Hugo Pienaar sluit weer aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om verder te gesels oor die arbeidsreg. Hy verduidelik werknemers se regte ten opsigte van afdankings, wangedrag, dissiplinêre verhore en konstruktiewe ontslag.

Regsake 20 April 2020 20.04.2020

Arbeidsregspesialis Hugo Pienaar praatcoor die uitdaging van werkloosheid, die rol van vakbonde, stakings en skade wat gereeld daartydens aangerig word, en die bevriesing van salarisse in moeilike ekonomiese tye.

Regsake 13 April 2020 12.04.2020

Regter Neels Claassen, skrywer van die artikel oor die regsaspekte van Jesus se verhoor wat Regsake voorheen aangebied het, kuier in die ateljee. Hy gesels oor sy lewe as 'n regter, en gee 'n mening oor die volgende kwessies: Kan 'n regter werklik objektief wees, of oordeel hy ook maar uit sy eie perpektief soos ons almal? Is Afrikaans steeds lewensvatbaar as amptelike hoftaal? Hoe effektief is di...

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.