RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
24 Jun 2012 24.06.2012 25:50
Elke jaar misluk daar in Suid-Afrika talle skemas wat aan beleggers buitengewone opbrengste belowe – meestal goed verdoeselde piramiedeskemas waarin beleggers honderde miljoene rande verloor. Te veel mense het al die slagoffers geword van pragtige beloftes en uiteindelik niks oorgehou van hulle swaarverdiende spaargeld nie. Helen Ueckermann praat met André Prakke, forensiese rekenmeester wat al ta...
17 Jun 2012 17.06.2012 27:58
As die skuldskoen druk, soos in soveel Suid-Afrikaanse huise die geval is in hierdie moeilike ekonomiese tye, moet daar plan gemaak word. Helen Ueckermann gesels met Hein Kruger van Kruger Internasionaal oor hoe ’n mens die skuldmonster aan bande kan lê.
10 Jun 2012 10.06.2012 23:40
Om geld in jou beursie te sit, is soos om fiks en gesond te word – daar is nie ʼn kitsplan nie, maar dit verg ʼn leefstylverandering na die korrekte finansiële leefwyse wat jou in staat sal stel om jou doel te bereik. Helen Ueckerman gesels met die ekonoom Dawie Roodt, direkteur van die Efficient-groep. Hoe kan ʼn lewenslange geldplan verseker dat jy jou drome sal bewaarheid en jou finansiële doelwit...
3 Jun 2012 03.06.2012 20:54
As die ondenkbare gebeur en jou geliefdes bly alleen agter, wil ’n mens sien dat hulle goed versorg is. Die opstel van ʼn geldige testament is die aangewese manier om dit te doen. Helen Ueckerman gesels met Franscois van Gijsen, ’n direkteur van die finansiëledienstefirma, Finlac. Hoe kan ’n mens verseker dat daar geld is vir jou kinders om te gaan studeer, dat jou lewensmaat die mas kan opkom sond...
27 May 2012 27.05.2012 20:10
Ivor Price praat met die finansiële kenner, Henry van Deventer, oor die vyf dinge dinge wat jy móét weet alvorens jy ’n besluit oor ’n finansiële produk neem.
20 May 2012 20.05.2012 24:11
Ivor Price praat met Henry van Deventer, die hoof van sakeontwikkeling by Acsis in Johannesburg. Hy het finansiële raad vir paartjies wat oorweeg om te trou.
13 May 2012 13.05.2012 22:36
Ivor Price praat met Kem Westdyk en Japie de Villiers oor finansiële beplanning vir aftrede. Kem is verbonde aan Summit Financial Services en Japie kon gemaklik aftree omdat hy vroeg in sy lewe die regte besluite geneem het.
6 May 2012 06.05.2012 18:09
Ivor Price praat met Friedl Kreuser en Lorna McPherson oor die pad na finansiële gesondheid. Die jongste navorsing wys dat tot 40% van die krediet-aktiewe bevolking meer skuld het as wat hulle kan bekostig.
29 Apr 2012 29.04.2012 22:04
Ivor Price praat met Kem Westdyk van Summit Garnishee Solutions oor die besoldigingsbeslaggingsbevel, beter bekend as garnishee orders. Dit is wanneer ’n kredietverskaffer, met die hof se toestemming, skuld van jou lone of salaris verhaal.
29 Apr 2012 29.04.2012 21:38
Ivor Price praat met Kem Westdyk van Summit Garnishee Solutions oor die besoldigingsbeslaggingsbevel, beter bekend as garnishee orders. Dit is wanneer ’n kredietverskaffer, met die hof se toestemming, skuld van jou lone of salaris verhaal.
22 Apr 2012 22.04.2012 23:56
Ivor Price vind meer uit oor skuldberading.
15 Apr 2012 15.04.2012 25:30
Finansië geletterdheid.
25 Mar 2012 25.03.2012 26:01
Kenners gee raad oor persoonlike geldsake.
18 Mar 2012 18.03.2012 26:39
Geldsake en konflik rondom finansies word deur talle kenners beskryf as een van die vernaamste redes waarom huwelike misluk. Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n vryskutskrywer in die veld van persoonlike finansies, oor geld en verhoudings. Hoe kan ‘n mens geldsake op ‘n gesonde manier hanteer en die verskille in die hantering en bestuur van geld oorkom?
11 Mar 2012 11.03.2012 22:26
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor mikroleners, geldskieters, die Nasionale Kredietwet en wat gebeur wanneer ‘n mens op die sogenaamde swartlys geplaas word.
4 Mar 2012 04.03.2012 20:04
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor spaar en beleggings. Die program bied ‘n waardevolle oorsig van basiese beginsels wat vroeër in die reeks bespreek is.
26 Feb 2012 26.02.2012 24:52
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor testamente en boedelbeplanning. Wat gebeur as ‘n mens nie ‘n testament het nie en tot sterwe kom?
19 Feb 2012 19.02.2012 20:15
Kobus Burger gesels verder met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor lewensversekering, ongevalleversekering en begrafnispolisse.
12 Feb 2012 12.02.2012 24:37
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die verskillende soorte versekering wat beskikbaar is.
5 Feb 2012 05.02.2012 23:35
Met studiegeld wat jaarliks verhoog, word dit al hoe duurder vir jong mense om hulle studies aan tersiêre instellings voort te sit. En enigiemand anders wat sy of haar horisonne wil verbreed en verder wil studeer, sit met hierdie dilemma. Kobus Burger praat met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor studielenings en hoe om daarvoor aansoek te doen.
29 Jan 2012 29.01.2012 23:53
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die moets en moenies van krediet. Hoe kan ‘n mens jou geldelike situasie ten beste bestuur, al moet jy geld leen? Coetzee verskaf ook ‘n reeks maklike stappe wat enigeen kan volg om sy of haar kredietrekord te verbeter.
22 Jan 2012 22.01.2012 26:59
Wat beteken dit as iemand by ‘n kredietburo op die sogenaamde swartlys geplaas word? Hoe kan ‘n mens dit voorkom? Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor kredietburo’s en hoe om seker te maak dat jy ‘n goeie kredietrekord behou, al moet jy soms geld leen of skuld aangaan.
15 Jan 2012 15.01.2012 24:12
Sedert Desember verlede jaar het Suid-Afrikaners se hulpversoeke oor hulle skuld verdubbel. Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor chroniese skuld en hoe verbruikers hulle skuldlas kan verlig.
8 Jan 2012 08.01.2012 22:10
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor hoe ‘n kredietkaart werk en hoe verbruikers dit verantwoordelik kan gebruik.
1 Jan 2012 01.01.2012 23:00
Hoe bepaal ek my finansiële doelwitte vir die nuwe jaar? En hoe kan ‘n mens 2012 op ‘n stewiger finansiële voet aanpak? Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n joernalis wat spesialiseer in persoonlike finansies. Ueckerman verskaf ‘n reeks praktiese wenke hoe een en almal geld kan bespaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.