RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
14 Dec 2014 14.12.2014 27:17
Rand en sent 14 Oktober 2014
14 Dec 2014 14.12.2014 27:17
Moet jy eiendomme koop om te verhuur, of moet jy eerder jou geld in 'n eiendomsfonds stort om vir jou 'n inkomste te verseker wanneer jy aftree? Helen Ueckermann praat met dr. Koos du Toit van die P3 Beleggersklub oor hoe jy kan geld maak uit huureiendomme.
7 Dec 2014 07.12.2014 23:56
Rand en sent 7 Desember 2014
7 Dec 2014 06.12.2014 23:56
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde skryf spesifikasies vir die vervaardiging van produkte, onder meer om die publiek te beskerm. Hulle is ook internasionaal doenig, wat dit weer makliker maak om oor grense heen produkte te vervaardig en te verkoop. Helen Ueckermann praat met Gerrie Kriek van die SABS as deel van haar reeks oor die Departement van Handel en Nywerheid.
30 Nov 2014 30.11.2014 26:22
Rand en sent 30 November 2014
30 Nov 2014 29.11.2014 26:22
Die Departement van Handel en Nywerheid se Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies sien om na Suid-Afrikaners se gesondheid, veiligheid en omgewing, deur seker te maak dat produkte aan sekere minimum spesifikasies voldoen.
23 Nov 2014 23.11.2014 22:55
Rand en sent 23 November 2014
23 Nov 2014 23.11.2014 22:55
Die Departement van Handel en Nywerheid se aansporingskema vir ontluikende swart filmmakers het nuwe riglyne bekend gestel. Helen Ueckermann praat hieroor met Franscois Truter, hoofdirekteur: Beleggingsdienste van die aansporingskema.
16 Nov 2014 16.11.2014 27:23
Rand en sent 16 November 2014
16 Nov 2014 15.11.2014 27:23
TROTS SUID-AFRIKAANS moedig ons aan om plaaslik vervaardigde produkte te koop en plaaslike maatskappye, organisasies, produkte en dienste te bevorder. Daardeur help ons werk skep en kan ons die ekonomie 'n lekker hupstoot gee. Helen praat hieroor met Dalene du Preez van TROTS SUID-AFRIKAANS.
9 Nov 2014 09.11.2014 24:13
Rand en sent 9 November 2014
9 Nov 2014 08.11.2014 24:13
Die kommissaris van die Nasionale Verbruikerskommissie kuier in die Rand en Sent-ateljee. Jy het 8 basiese verbruikersregte – weet jy wat hulle is? Wat doen jy as jy deur 'n diensverskaffer te na gekom word? Ons kyk ook na hoe jy kan gaan aanklop by die Nasionale Verbruikerskommissie, en jou eie verantwoordelikhede as verbruiker.
2 Nov 2014 02.11.2014 23:09
Rand en sent 2 November 2014
2 Nov 2014 02.11.2014 23:09
Hoe registreer jou jou eie onderneming? Wat kos dit? Kan jy dit aanlyn doen? En hoe besluit jy op 'n gepaste naam vir jou onderneming en 'n webtuiste? Helen Ueckermann praat hieroor met Lucinda Steenkamp van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, en met Eben Esterhuyse van Esterhuyse, Dawson en Genote.
26 Oct 2014 26.10.2014 25:26
Rand en sent 26 Oktober 2014
26 Oct 2014 26.10.2014 25:26
Die Nasionale Kredietreguleerder se mandaat is om te verseker dat die Nasionale Kredietwet in stand gehou word, en dat krediet nie toegeken word aan mense wat dit nie kan bekostig om skuld aan te gaan nie.
19 Oct 2014 19.10.2014 26:44
Rand en sent 19 Oktober 2014
19 Oct 2014 18.10.2014 26:44
Drankregulasies en -lisensies kan 'n restauranteur, drankhandelaar of –verspreider grys hare gee. Helen Ueckermann praat met Dirk Aspeling van die Departement van Handel en Nywerheid oor die fyner punte van die Nasionale Drankwet en die verkryging van 'n dranklisensie, asook die maatskaplike verantwoordelikheid van drankhandelaars en –verspreiders teenoor die publiek.
12 Oct 2014 12.10.2014 24:43
Rand en sent 12 Oktober 2014
12 Oct 2014 11.10.2014 24:43
As jy daarvan droom om jou produkte of dienste uit te voer na die uithoeke van die wêreld, kan die Departement van Handel en Nywerheid jou beste vriend wees. Helen Ueckermann praat met Corne du Plessis, die departement se adjunkdirekteur: handelsdelegasies, oor hoe die uitvoerbemarking- en beleggingshulpskema vir jou as uitvoerder, of voornemende uitvoerder, tot voordeel kan strek. Drie uitvoerder...
5 Oct 2014 05.10.2014 27:26
Rand en sent 5 Oktober 2014
5 Oct 2014 04.10.2014 27:26
Die Departement van Handel en Nywerheid bied finansiële ondersteuning aan ondernemings om ʼn groter rol in die ekonomie te kan speel en mededingendheid te bevorder.
28 Sep 2014 28.09.2014 27:06
Rand en sent 28 September 2014
28 Sep 2014 27.09.2014 27:06
Helen Ueckermann praat met Nico Coetzee van PPS Investments oor die verskil tussen spaar en belê, die koste van beide en hoe om genoeg geld bemekaar te maak vir jou oudag. Heelwat luisteraars het ook navraag gedoen oor Sharemax en Pickvest. Die vryskut-sakejoernalis Adri van Zyl vertel hoe sake staan, en wat jou kans is om jou beleggingsgeld terug te kry.
21 Sep 2014 21.09.2014 20:44
Rand en sent 21 September 2014
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.