Maroela Media
Podlitiek
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Podlitiek: Cyril getuig, onteiening swyg, Engels groei ruig 25.03.2021 33:28
In hierdie week se Podlitiek-podsending oorweeg die paneel drie belangrike stories wat tans in die nuussiklus rond vloei. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Koning dood, studente-nood en OB dalk uitgestoot 18.03.2021 39:49
Podlitiek bespreek hierdie week die afsterwe van koning Goodwill Zwelithini, die protesoptogte op universiteitskampusse landwyd, en die hangende vrae oor die Openbare Beskermer, Busisisiwe Mkwebane. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Bewyse, bewerings en taalbeserings 11.03.2021 37:53
Hierdie week word die ondersoek na Eskom-hoof Andre de Ruyter se beweerde rassisme bespreek, prins Harry en sy vrou Meghan se skokonthullings kom onder die loep en laastens kom die taalwoelings in koshuise in Stellenbosch aan die beurt. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Vlak 1, beursies kreun en entstoftog kry privaatsteun 04.03.2021 32:03
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste vlak 1-inperking, die begrotingsrede en die implikasies vir die gebruiker, en die privaatsektor se betrokkenheid by die land se entstofprogram. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: ‘n Bietjie Podlitieke-filosofie 25.02.2021 36:09
Met die treurmare van ‘n begroting wat deur die nasionale tesourie voorgehou is, oorweeg Podlitiek waarheen die land in die langtermyn op pad is, en op pad wil wees. Daar is ook ‘n interessante punt om te maak rakende sentrale beheer. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Zuma speel vuil, staatsrede laat ons huil 18.02.2021 39:17
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor oudpres. Jacob Zuma se weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn, pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede en Eskom se 15%-tariefverhoging. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Oor entstowwe verleë en Zuma drink tee 11.02.2021 28:37
In die week se aflewering van Podlitiek word daar gekyk na die aanskaffing van entstowwe, die nuwe minimumloon en Julius Malema en Jacob Zuma se teepartytjie. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Dokters kry dalk vrede-prys, Zuma met gebalde vuis 04.02.2021 37:16
Die week gesels die Podlitiek-span oor die regering wat die Kubaanse gesondheidsorgwerkers vir die Nobelprys vir vrede wil benoem, oudpres. Jacob Zuma en die Zondo-kommissie asook onteiening sonder vergoeding. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Skole gesluit, ligte steeds uit en Pfizer se spyt 21.01.2021 34:59
Hierdie week gesels die Podlitiek-span oor skole wat eers later open, Eskom wat weer beurtkrag toepas en die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om voldoende entstowwe te bekom. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof? 14.01.2021 30:35
Hierdie week word daar geloer na die stand van verkiesings in Suid-Afrika, gevolg deur vrae oor die Covid-19 entstof se aankope, en ‘n internasionale storie wat so bietjie kyk na die impak van die huidige onsekerheid in die VSA. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: ‘n (Mal) Jaar in oorsig 09.12.2020 43:57
In die week se episode gee die Podlitiek-span ‘n oorsig van die jaar en die koronavirus, pres. Cyril Ramaphosa se prestasie en die Amerikaanse verkiesing kom onder meer onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Coligny-2 vry, vraestelle wat uitgly en verkiesingswet-gesukkelry 04.12.2020 37:46
In hierdie week se episode kom die vrylating van die sogenaamde Coligny-2 aan die beurt, ondersoek na matriekvraestelle wat uitlek word gedoen en die nuwe verkiesingswetgewing word ontleed. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Brackenfell-brekers en Ace se asbesmoles 12.11.2020 39:17
In die week se episode van Podlitiek kom die gebeure by Hoërskool Brackenfell en die lasbrief vir Ace Magashule onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Mmusi se brief en mense wat oor rassisme lieg 30.10.2020 38:48
In die week se episode van Podlitiek kom Mmusi Maimane se brief aan wit Suid-Afrikaners onder die loep. Die span bespreek ook die saak waar twee polisiebeamptes onlangs gevonnis is vir vals klagte van rassisme en die boemerang-tema van grond onteiening sonder vergoeding weer na vore. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Hertzogvillebrande en vermorste Covid-rande 23.10.2020 41:38
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die gebeure in Senekal en Hertzogville. Daar word ook gepraat oor Covid-19-fondse wat vermors is, gesteel is, of sommer net verdwyn het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Die Brendin Horner-optog en Vrystaat se asbesbedrog 08.10.2020 41:27
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die moord op Brendin Horner en die gebeure by die Senekal-landdroshof waar sy vermeende moordenaars verskyn het. Die Vrystaatse asbesbedrog kom ook onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Debatsvenyn, werke kwyn en dié besighede gaan dalk verdwyn 01.10.2020 37:45
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die debat tussen Donald Trump en Joe Biden, die werkloosheidsyfers en die Gautengse premier se voorstel vir spesiale ekonomiese sones. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Braaivleis, Bheki en die Boere 23.09.2020 28:05
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor onlangse uitlatings deur polisieminister Bheki Cele, die betekenis van Erfenisdag en laastens die afsterwe van die Amerikaanse regter Ruth Bader Ginsburg en wat dit beteken so kort voor die Amerikaanse verkiesing. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Vrede, vlugte en burgerlike teenwigte 18.09.2020 39:47
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor voorgeskrewe bates, die ANC se vlug na Zimbabwe en Bahrein en Israel se nuwe bande. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Clicks se hare waai, ekonomie afgemaai en DA maak 'n draai 10.09.2020 41:35
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die hare wat waai weens Clicks se advertensie, die DA se afgelope beleidskongres en die ekonomiese krisis. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Plaasgewelddebat, DA en ANC vonke spat, KSA rassegat 03.09.2020 39:34
In ‘n besige nuusweek word die parlementêre debat oor plaasmoorde, die bedanking van die DA se hoof in Gauteng, die ANC se NUK-vergadering, en Krieket Suid-Afrika bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: VSA verkiesing – Trump-loesing of Biden-verwoesting? 25.08.2020 1:03:27
Met die Amerikaanse verkiesing so ’n bietjie meer as twee maande weg, voer die Podlitiek-span ’n analitiese gesprek rakende die kanse en toestand van beide kandidate, asook beide partye wat aan hierdie verkiesing van 3 November gaan deelneem. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Bokke wil nie kniel, die inperking verniel en korrupsie laat steeds wiel 20.08.2020 35:30
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: #VoetsekANC, gewere praat teë en Wes-Kaap sê nee 13.08.2020 33:05
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die hutsmerk #VoetsekANC op sosiale media, persoonlike vuurwapenbesit en die Wes-Kaap wat sy stem dik gemaak het oor die drankverbod. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Bankkaarte, raskaarte en spyskaarte 29.07.2020 38:10
In die week se episode praat die Podlitiek-span oor Suid-Afrika se finansiële posisie, Mark Fish se uitlatings en restaurante wat so swaar kry. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.