Maroela Media

Podlitiek

News AF ↓ 150 episodes

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Dec 11, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Podlitiek: Regering kry bloedneus, staatsverval gevrees, geen Britse Kersfees 23.09.2021

In hierdie week se Podlitiek-episode gesels die span oor die omstrede toerismefonds wat onwettig verklaar is en Unisa se taalbeleid wat ongrondwetlik is. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Politieke moord, Cyril met Zuma vrylating akkoord, Merkel se laaste woord 16.09.2021

In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die afgelope naweek se politieke moorde in KwaZulu-Natal, pres. Cyril Ramaphosa wat glo die groen lig gegee het vir mediese parool vir oudpres. Jacob Zuma en laastens die komende verkiesing in Duitsland. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Zuma vry, Verkiesingskommissie gly, Guinee stry 09.09.2021

In hierdie week se Podlitiek-episode is Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, en hulle bespreek onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Sjina-spioen in parlement, ANC se wen-kanse geskend, staat verplig dalk om in te ent 03.09.2021

In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die gerugte dat 'n ANC-LP 'n spioen vir China is, die ANC se hantering van die komende munisipale verkiesing en die toenemende druk om inentings verpligtend te maak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Werkloosheid, verkiesingstyd en VSA uit Afghanistan uit 26.08.2021

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste werkloosheidskoers, die munisipale verkiesing en die jongste gebeure in Afghanistan. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Cyril verbaas, privaatkrag oplaas, Afghanistan se nuwe baas 19.08.2021

In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor pres. Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie, die nuwe drempel vir kragopwekking en die Taliban se oorname in Afghanistan. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Zuma opgeneem, kabinet-probleem en medaljewenners vervreem 12.08.2021

Die stories wat die week onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Mkhize-skandaal, onteiening dalk finaal en vir Rassie lojaal? 05.08.2021

In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die skandaal rondom Zweli Mkhize, die jongste rakende die onteieningswet en Wêreldrugby se klag teen Rassie Erasmus. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Rasklag, Olimpiese sportdrag en vertraagde stemdag 29.07.2021

In die week se episode gesels Paul Maritz en Ernst van Zyl oor drie nuusgebeure wat hierdie week hul aandag getrek het, spesifiek die reuserasklag wat Solidariteit gister by die VN se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie ingedien het, die treurmare van die EFF se kant af jeens die Olimpiese span se kleredrag, en die amptelike kennisgewing dat die verkiesing uitgestel is. Podletiek op...

Podlitiek: Februarie-verkiesing en reaksie op plundering 22.07.2021

In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor die voorstel dat die verkiesing uitgestel word, die verskillende reaksies op die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal en hoe Suid-Afrikaners hulself staatsbestand kan maak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Brand Suid-Afrika? 15.07.2021

In die week se episode bespreek Daniël Eloff en Ernst van Zyl die nuusstorie wat die koerantopskrifte oorheers, naamlik die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Jacob Zuma verhuis, Ernst Roets op reis en ANC gekys 08.07.2021

In die week se Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die jongste gebeure rondom oudpres. Jacob Zuma, Ernst Roets se reis na die VSA en die ANC se verhouding met China. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: SA ingeperk, Zuma opgesluit, sportsterre uitgesmyt 01.07.2021

In die week se weergawe van Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die vlak 4-inperking, die aankondiging dat oudpresident Jacob Zuma moet tronk toe, en die ontipiese vanne in die Britse- en Ierse Leeus-spanne. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Gewere, geneeshere en onteieningsvoëls van eenderse vere 24.06.2021

In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, die regering se powere pogings tot die plasing van dokters en die jongste besluite rakende onteiening sonder vergoeding. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Luister president Cyril Ramaphosa Podlitiek? 17.06.2021

Met die ANC en veral President Cyril Ramaphosa wat in die afgelope week skynbaar ‘n paar besluite geneem het wat teen hul beginsels ingaan, wonder die Podlitiek-span of die groot kokkedore aan die sogenaamde stuur van Suid-Afrika dalk van tyd tot tyd op hul podsending inskakel. Vernaamlik in terme van die nuus oor die SAL en Eskom wat in die afgelope week bekendgestel is. Podletiek op Maroela Medi...

Podlitiek: LP’s kry ‘swaar’, Clover vlug-gevaar 10.06.2021

Podlitiek is terug en die week is Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, met drie stories en meegaande analises wat jou as luisteraar aan die dink en aan die praat sal kry. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk en Malema haat nog sterk 03.06.2021

Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur - maar hierdie is nie normale omstandighede nie. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Staat wil jou wapens kom haal, Mkhize-tenderskandaal 27.05.2021

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die nuutste korrupsieskandaal waar by Zweli Mkhize, minister van gesondheid, betrek word. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: NGV-malheid en Poskantoor-skokbeleid 20.05.2021

In die episode is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die stuur van sake, en hulle ondersoek die nuutste oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), sowel as die Poskantoor wat vir homself ‘n monopolie op pakkies onder 1kg wil skep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Die Ace-sage, aanspreeklike amptenare, valse rassisme-skade 13.05.2021

In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rondom Ace Magashule, die kwessie van water en sanitasie in Koster en die saak van twee polisiebeamptes wat ontslaan is weens valse klagtes van rassisme. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Modise-saak faal, ANC-werkers nie betaal, borgtog in Mkhondo-moordverhaal 06.05.2021

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die saak van Thandi Modise wat van dieremishandeling aangekla is, ANC-werkers wat nie betaal word nie en die Piet Retief-hofsaak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Toerismefonds gevries, almal vir Kubane vies en Zille-boek nuus 29.04.2021

In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die hofuitspraak rakende die rassistiese toerismefonds, die Kubaanse ingenieurs wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het en voormalige DA-leier Helen Zille se nuwe boek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Toerismefonds-grief, chaos in Piet Retief, nóg Kubane ingevlieg 22.04.2021

In hierdie episode van Podlitiek is Ernst van Zyl en Paul Maritz in gesprek. Die onderwerpe wat ter sprake kom, is die chaos wat in Piet Retief plaasgevind het, die teleurstellende stand van die toerismehulpfonds en die nuus dat nog Kubane ingevlieg is om Suid-Afrika te kom “help”. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: SEB raak rof, ANC-kaders teiken hof en Mkhize staak entstof 15.04.2021

In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste rakende swart ekonomiese bemagtiging, die onlangse beslissing rakende John Hlophe en Suid-Afrika wat die toediening van die J&J-enstof tydelik gestaak het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Verkiesings moet gebeur, ivermektien goedgekeur en petrolprys klim weer 08.04.2021

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor vanjaar se munisipale verkiesing, die hofsaak oor ivermektien en die petrolprys wat 'n rekordvlak bereik het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.