Maroela Media
Podlitiek
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Podlitiek: Musk se Twitter-koop, Vryheidsdag onder stetoskoop 28.04.2022 32:50
Die Podlitiek-span wonder of dit nie soms ʼn bietjie makliker is om te kla as om al die vryhede wat ʼn mens wel mag opeis, dan nou op te eis nie. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Mkhize-skandaal, Gumede bou kraal en die MRK faal 14.04.2022 28:11
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Beleggers gelok, ANC gehok en Poskantoor voor stok 31.03.2022 31:38
In die week se episode word daar gesels oor Ramaphosa se pogings om beleggings te lok, die ANC se finansiële moeilikheid en die sukkelende Poskantoor. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Kuba-skenking gestop, ramptoestand flop en Makhosi Khoza uitgeskop 24.03.2022 31:46
In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor AfriForum se hofoorwinning rakende ‘n skenking aan Kuba, die jongste ramptoestandmaatreëls en ActionSA wat Makhosi Khoza se lidmaatskap opgeskort het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: ‘n Ramp sonder stop, petrolpryse gaan op 17.03.2022 33:22
Podlitiek is terug en die week word daar gesels oor die herhaalde verlenging van die ramptoetstand, die geweldige toename in brandstofpryse wat verwag word en die Menseregtekommissie se werksaamhede die afgelope weke. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek gesels met Ernst Roets 11.03.2022 1:01:05
Die Podlitiek-span besoek Ernst virtueel in sy huis vir ‘n uur lange onderhoud oor waar hy vandaan kom, hoe hy groot geword het, en waarom hy doen wat hy doen. Luister gerus na hierdie onderhoud om een van Suid-Afrika se voorste jong denkers van naderby te leer ken. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Taal in skole en spraak bedreig, sanksies teen Rusland styg 10.03.2022 35:13
In die week se episode #ontnonsens die span die Wysigingswet op Basiese Onderyws, die nuwe internetsensuurwet asook die jongste gebeure in die Rusland-Oekraïne-konflik. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: SA red Kuba weer, Malema geweer-verweer 03.03.2022 28:27
Podlitiek is terug en die week gesels die span oor Suid-Afrika se jongste lening aan Kuba en die hofsaak teen Julius Malema oor die afvuur van 'n aanvalsgeweer. Die derde deel van die Zondo-kommissie se verslag kom ook onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek gesels met Ian Cameron 24.02.2022 46:37
In hierdie onderhoudepisode van Podlitiek gesels Paul en Daniël met Ian Cameron van Action Society en firearms.co.za. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: EFF-haatspraak en Poetin wat oorlog maak 24.02.2022 42:13
In hierdie week se episode is Frederik, Daniël, Ernst en Paul agter die mikrofone, met twee stories op hul agenda: Die pas afgelope AfriForum/EFF-hofsaak en die afgelope weke se gebeure in Oekraïne. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: EFF-hofsaak; gaan Mpofu kraak en Rogan se vryheid van spraak 10.02.2022 35:06
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span adv. Dali Mpofu se optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter, AfriForum se hoofsaak teen die EFF en die herrie rondom Joe Rogan. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Nzimande se flaters en ramptoestand in troebel water 04.02.2022 35:40
In die week se episode van Podlitiek ontnonsens die span die minister van hoër onderwys se drogredenasies oor Afrikaans by Stellenbosch asook die hofaansoek om die nasionale ramptoestand tot 'n einde te bring. Die span bespreek ook die stadsaal van Queenstown wat onlangs afgebrand het en hoe ons die brande in Suid-Afrika moet blus. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Einde aan ramptoestand gevra; Ramaphosa vs. Sisulu 27.01.2022 36:19
In die week se episode van Podlitiek word drie stories onder die loep geneem: die einde van die ramptoestand, die woordestryd tussen president Cyril Ramaphosa en minister Lindiwe Sisulu en Bongani Baloyi se skuif weg van die DA na ActionSA. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Ramptoestand dalk beëindig, EFF nie rooskleurig en DNS agterstallig 20.01.2022 37:49
Die Podlitiek-span verwelkom ʼn nuwe aanbieder en gesels oor die nasionale ramptoestand wat nou afgeskaf moet word, asook die EFF wat restaurante besoek en DNS-toetse wat agterstallig is. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Sisulu verdeel, Novak wil speel 13.01.2022 32:39
In die week se episode van Podlitiek gesels die span oor die uitsprake wat minister Lindiwe Sisulu onlangs oor die regbank gemaak het, sowel as Novak Djokovic se verlengde stryd ten einde deel te kan neem aan die Australiese Ope van 2022. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: 2021 – ‘n Jaar in oorsig 13.12.2021 34:10
Vir een laaste keer in 2021 kom die Podlitiek-span bymekaar om die gebeure van die week en jaar te ontnonsens. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Verpligte entstof grief en Mbeki se brief 03.12.2021 32:48
In die week se episode van Podlitiek kom verpligte inentings en die brief wat oudpres. Thabo Mbeki aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC geskryf het onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Munisipale rade verrassings en koalisiepolitiek se toekoms 25.11.2021 35:27
Wat ‘n week in die Suid-Afrikaanse politiek. As jy, soos baie Suid-Afrikaners wonder wat op aarde aangaan in terme van koalisies, en wat die term minderheidsregering in die eerste plek beteken, dan is hierdie episode vir jou. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Beëindig die aandklokreël; partye deur EFF verveel 18.11.2021 23:37
In die week se episode van Podlitiek kom twee onderwerpe onder bespreking – litigasie vir die beëindiging van die aandklokreël en politieke partye wat skarrel om koalisies in sekere munisipaliteite te vorm. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Eskom uitdagings duur voort, politieke partye soek soort 11.11.2021 32:39
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die situasie wat tans by Eskom heers, asook die skep van koalisies na die afgelope munisipale verkiesing. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Munisipale verkiesings – alles en nog wat! 04.11.2021 38:13
Die week se episode van Podlitiek is daar nie die gebruiklike fokus op drie verskillende nuusstories nie, maar word daar eerder gefokus op die uitslae van die pas afgelope munisipale verkiesings. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Goeie munisipaliteite skaars en ANC-gyselaars 21.10.2021 30:26
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor koalisiemunisipaliteite, die krisis by die Breitburg-grenspos, die gyselaarsdrama wat hom by die St. George Hotel afgespeel het en universiteit wat inenting verpligtend wil maak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Lesufi van lotjie getik en De Ruyter en Eskom-terugblik 15.10.2021 30:42
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se jongste uitlatings oor Orania en word die situasie by Eskom en André de Ruyter se prestasie onder die loep geneem. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Wanbesteding en verkiesingsontleding 07.10.2021 36:18
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die R15 miljoen-sportveld in die Oos-Kaap, die bekendmaking van staatsamptenare se salarisse en die berugte DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Podlitiek: Beelde, beleide en beloftes 01.10.2021 33:16
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor 'n hernude beroep vir die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld, die Unisa-hofuitspraak en politieke partye se verkiesingsbeloftes. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.