Maroela Media

Podlitiek

News AF ↓ 150 episodes

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Dec 11, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Podlitiek: Familie-wynplase op pad na hof, gelykheid by Unisa byt in die stof 22.07.2020

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek en ontleed Ernst van Zyl en Paul Maritz twee van die week se mees prominente nuusstories. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Stank vir drank 17.07.2020

Die Podlitiek-span wonder hoe lank die burgery van ons republiek nog soos kinders hanteer sal word, met hierdie infantilisme wat ’n punt van dieper analise word. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Demokrasie ingeperk, Mogoeng staan sterk en suksesvolle hofwerk 08.07.2020

In die week se episode bespreek hulle eers die demokrasie wat tans bedreig word, dan die uitsprake en optrede van hoofregter Mogoeng Mogoeng en laastens ‘n opsomming van die belangrikste hofsake die afgelope ruk. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Taxi’s vol, koffers leeg en plaasmoorde is haat pleeg 01.07.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die taxibedryf se besluit om hul voertuie vol te laai en oor provinsiale grense te reis, minister Tito Mboweni se noodbegroting en die DA se versoek dat plaasmoorde as ʼn haatmisdaad verklaar word. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Cecil val weer, Lesufi wil beheer en taxi-reis gekeer 25.06.2020

Hierdie week kom die val van Cecil John Rhodes se standbeeld in Oxford, Panyaza Lesufi se opmerkings oor Orania en taxi-stakings onder die loep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: De Vos wil erfreg laat vervaag, word verkiesings dalk vertraag? 18.06.2020

Vandag se Podlitiek-gesprek begin by 'n bespreking van die impak wat die Covid-19-pandemie op munisipale verkiesings in Suid-Afrika kan hê omdat partye soos die ANC en EFF ten gunste van ’n uitgestelde verkiesing is Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Die ongrondwetlike en irrasionele inperking 12.06.2020

In hierdie spesiale episode van Podlitiek gesels Daniël Eloff met Martin van Staden (Vryemarkstigting) en Daniel du Plessis (Sakeliga) oor die reeks hofsake oor die Covid-19-ramptoestand se inperkingsregulasies. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Die president se kleure wys, #BLM in SA tuis, Mmusi hou homself wys 11.06.2020

Vandeesweek, in hul tweede direkte uitsending, bespreek die Podlitiek-span ten eerste die onlangse video deur pres. Cyril Ramaphosa, wat alle wit Suid-Afrikaners aanmoedig om hand in eie boesem te steek as dit kom by rassisme. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Malema wil ekonomie skaad, Shaik vrygelaat en protes in VSA 03.06.2020

Omdat die Podlitiek-span beter is met analise as met metafore, besluit hulle om hierdie week in te zoem op Julius Malema se opmerkings oor die ekonomie, Schabir Shaik se vrylating, en die protes wat die VSA tans ruk. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Ramaphosa sê nie veel, en matrieks weer op pad na die meul 27.05.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor pres. Ramaphosa se aankondiging oor vlak 3, skole wat weer begin oopmaak en die weermag en polisie se optrede tydens die afsonderingstydperk. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: SAL-sakeredding flop, dr. Gray opsy geskop en Covid-litigasie hoop op 20.05.2020

In ’n kort en kragtige episode kyk hulle na drie stories: Hoe SAL se sakereddingproses een kolossale mislukking blyk te wees, hoe gesaghebbende kenners se menings rakende Covid-19 opsy geskuif word, en hoe litigasie rakende die pandemie in Suid-Afrika besig is om op te hoop. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Gareth praat hard, kleredragreëls benard en Obamagate-ondersoek op pad 14.05.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Gareth Cliff se harde woorde, die regering se pedantiese reëls oor kleredrag en ‘Obamagate’. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Velkleur bly maatstaf en honger wag in die pad af 06.05.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die onlangse hofuitspraak waar beslis is dat ras tóg ’n maatstaf mag wees by die toedeling van hulp aan dreigende hongersnood, en hulle spoel die mond uit oor teenkanting teen aanlynklasse. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Groeiende misdaad, negatiewe prys per vat en alternatiewe tot inperkingstaat 22.04.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die toename in seker soorte misdaad, die olieprys se ongekende laagtepunt en daar word gepraat oor pres. Cyril Ramaphosa se opsies rakende die afsonderingstydperk. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Kwarantyn uitgerek, nog onnodige besteding oopgevlek en Sanders onttrek 15.04.2020

Die week gesels die Podlitiek-span oor die afsonderingstydperk wat verleng is, beweerde bedrog tydens die Covid-19-pandemie en Bernie Sanders wat die handdoek ingegooi het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Cele wil dop verbied, hoe lank nog in grendelstaatgebied? 08.04.2020

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die polisie se pedantiese maatreëls tydens die afsonderingstydperk, die regering wat geld by die Internasionale Monetêre Fonds wil leen en hulle bespiegel oor of die afsonderingstydperk verleng gaan word. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Polisie raak laf, MRK wil tannie straf en Moody’s gradeer af 01.04.2020

In die week se episode gesels die span oor gebeure tydens die afsonderingstydperk: beweerde vergrype deur die weermag en polisie, die Menseregtekommissie se optrede en Moody’s se besluit. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Korona hier en daar, kyk hoe die ANC en EFF liefde verklaar... 18.03.2020

In die week se episode gesels die span oor die nuwe koronavirus (Covid-19) en hoe die wêreld en Suid-Afrika daarop reageer en dan ook die broederliefde wat daar duidelik tussen die EFF se Julius Malema en die ANC se Fikile Mbalula is. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Habib dink hardop, Cradock bou self op 11.03.2020

In hierdie week se episode kyk die span na Adam Habib se Twitter opstel oor die #FeesMustFall-beweging, die verspreiding van die Koronavirus asook ‘n Oos-Kaapse dorp wat hand in eie boesem steek en die dorp laat herleef. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Ngobeni waai en Lana dink Cyril is fraai 05.03.2020

Die siklus van weeklikse nuus is in ʼn sekere sin te vergelyke met die lewenssirkel waarvan Mufasa vroegoggend vir Simba vertel in die Disney-treffer The Lion King juis omdat Podlitiek nog kon onthou hoe nuwe politieke verwikkelinge die nuussiklus geskud het, net om later ten volle weg te sink, en te verdrink in die ewig vollerwordende oseaan van nuus, menings, verwikkelings, en opinies. Podletiek...

Podlitiek: Pompeo se opmerkings ontwrig, Trump neem ‘n Indiese vlug 26.02.2020

In hierdie week se episode word daar gekyk na die uitsprake van die VSA se topdiplomaat, Mike Pompeo, oor Suid-Afrika se voorgenome plan om eiendomsregte die nek toe te dien en na die reaksies op oudpresident FW de Klerk se opmerkings oor apartheid. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Zille verlaat Twitter en FW laat verskeie bitter 20.02.2020

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span Helen Zille se besluit om haar van die sosiale mediaplatform Twitter te onttrek asook hoe ons na ons land se geskiedenis moet kyk na aanleiding van die afgelope week se debat oor die opmerkings deur FW de Klerk. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: 2020-Staatsrede onder die loep 14.02.2020

Die Podlitiek-span het die Staatsrede met ’n valkoog dopgehou, en lewer pittige kommentaar op president Cyril Ramaphosa se planne – of tekort aan planne – vir die komende jaar, asook die groot bohaai wat met die EFF se uitstappery gepaard gegaan het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Winde wys polisiemag, SAL weer betrag en ʼn toekoms sonder krag 12.02.2020

Podlitiek gesels vandeesweek oor Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, se nuwe polisiemag, Gwede Mantashe se uitlatings oor die SAL en Cosatu se voorstel dat pensioenfondse aangewend word om Eskom se skuld te delg. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: 30 jaar ná FW praat en Maimane en Steenhuisen vir mekaar kwaad 05.02.2020

Podlitiek gesels vandeesweek oor Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, wat vir John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, as “Judas” beskryf het, asook hoe FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word dertig jaar later en die ondersoek na Neill Aggett se dood vier dekades gelede, en hoe jongmense met ons land se geskiedenis moet omgaan. Podletiek op Maroela Media · Podletiek...

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.