Karin van Oostrum

Oolfant se potgooi

Education AF ↓ 69 episodes

Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: oolfantpotgooi.buzzsprout.com

Author

Karin van Oostrum

Category

Education

Latest episode

Aug 26, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Dit pootjie die meeste ma's in hulle sukses 09.06.2021

Hierdie week wil ek praat oor die een ding wat ek sien die meeste tuisskoolma’s pootjie om suksesvol met tuisonderrig te wees. Dis nie ʼn gebrek aan kennis of vaardigheid nie. Ook nie aan inligting nie. Ook nie aan dissipline of wilskrag nie. Dis eintlik iets waarmee alle mense sukkel. Die uwe inkluis. Maar laat ek vir jou sê as jy hierdie een ding bemeester gaan tuisonderwys spesifiek en die lewe...

5 Maniere om jou kinders met hulle emosies te help 02.06.2021

ʼn Jong Afrikaanse vriendin wat ek hier in Amerika het, het nou die dag die oulikste ding denkbaar met haar sesjarige seuntjie gedoen. Ek wil dit graag met jou deel, want ek dink wat sy gedoen het, was briljant en kan enige ma help. Sy het twee woelige seuntjies. Sulke blondekoppies wat nooit vir ʼn oomblik stilsit nie. Die ouer boetie is nou ses en hy teken verskriklik goed. Die jonger enetjie is v...

Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder. 19.05.2021

H ierdie week in die potgooi praat ek met tuisskoolma, Stephané Burger oor die Amerikaanse hoërskooldiploma as ʼn matriekopsie vir SA tuisskolers. Daar was ʼn paar heerlike verrassings wat in die onderhoud opgeduik het. Soos dat ʼn tuisgeskoolde kind wat die Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het, toelating gekry het vir Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria, een van die studierigtings m...

“Ek kry nie ’n roetine met my kinders gevestig nie” 12.05.2021

Hierdie week deel ek graag weer met jou die raad wat ek vir ʼn moedelose tuisskoolma gegee het. Sy het gekla dat sy sukkel om ʼn tuisskoolroetine te vestig. As ek so na die e-posse kyk wat by my opdaag weet ek sy is nie die enigste een wat probleme daarmee het nie. Daarom het ek gedink om dit met almal te deel. Miskien is jou situasie nie presies dieselfde as hierdie tuisskoolma sʼn nie, maar jy sal...

Gee jou kind die gawe van geestesgesondheid 05.05.2021

“Intelligensie bepaal maar 15% van jou kind se uiteindelike lewensukses,” sê veteraantuisskoolma en leefgids Lindi Potgieter. So baie keer fokus ons as tuisskolers meestal op akademiese mylpale vir ons kinders en skeep soms hulle emosionele intelligensie af. In hierdie potgooiepisode praat Lindi hoe jy self jou kind se leefgids of “life coach” kan word. Sy haal ʼn paar interessante sienings op oor...

SA tuisskoler slaan internskap by top animasieateljee los 28.04.2021

Hierdie week is ek baie opgewonde om groot nuus met jou te deel. My dogter, Annamaria het ʼn internskap losgestaan by die bekende animasie-ateljee Pixar. Maklik was dit nie aldag nie. Hier teen die middel van haar opleidingstyd was Annamaria so moedeloos en oortuig dat sy nie goed genoeg is nie. Dit was ongelooflik om te sien hoe sy haarself afgerig het om haar kop reg te kry. Sy moes bly uitsortee...

Spraakterapeut pak terugvertel so aan 14.04.2021

Hierdie week wil ek vir jou nog idees en insigte oor terugvertelling deel. Dalk wonder jy hoekom ek so opgepluk is met terugvertel. Laat ek gou vir jou ʼn paar van die voordele noem. 1. As mens praat oor die opvoedkundige voordele daarvan, gaan al die liggies aan wat ons weet van hoe ons kinders se breine werk, hoe leer plaasvind en hoe hulle ʼn kennissisteem vir hulleself bou. Terugvertel kry regme...

Terugvertel: ’n kragtige pyl in jou tuisskoolkoker 07.04.2021

Een van die sleutels waarmee Charlotte Mason reken kinders toekomsdeure vir hulself oopsluit is deur terug te vertel van wat hulle so pas gelees of geleer het. As kinders terugvertel druk hulle in hulle eie woorde uit wat hulle ingeneem en verstaan het. Terugvertel laat jou kinders beter onthou en beter begryp. Boonop leer hulle so om hulle gedagtes te orden. Terugvertel is ʼn kragtige pyl in jou t...

Die oumagrootjie van tuisonderwys 31.03.2021

Is jy lus om jou kinders se onderwys heeltemal anders aan te pak as wat jy op skool gedoen het? Kom ek stel jou dan voor aan iemand wat onderwyswêreld van haar tyd se aannames en gebruike omgekeer het. Haar naam was Charlotte Mason.  In hierdie potgooiepisode stel laat ek jou kennis maak met haar bekendste idees. Mag dit vir jou hope inspirasie bied. Skryf hier in vir oolfant se gratis aanlyn kurs...

"Die nutteloosste inligting wat ek ooit vir my kinders kon leer" 24.03.2021

Vandag wil ek met jou praat oor die vraag hoekom ons sekere dinge vir ons kinders leer. As ma’s eers besef hulle kan vir hulle kinders leer net wat hulle wil, is dit interessant dat hulle hul begin afvra, maar wat is die nut van sekere kennis. Is dit ooit nodig? Een ma het haarself afgevra wat is die nut van leer oor woordsoorte soos naamwoorde en werkwoorde. Kry binne-in hierdie gratis kursus toe...

Met vlieënde vaandels na tuisskoolsukses 17.03.2021

Tuisonderwys het 5 ooreenkomste met 'n vliegtuigrit. Dit gaan jou help om ʼn duidelike prentjie in jou kop te kry waaraan jy kan dink as jy weer begin twyfel oor jou sukses met tuisonderrig. Hier is die vyf punte: 1. Hou kontak met die toring 2. Dien ʼn vlugplan in 3. ʼn Vliegtuig het net twee dinge nodig om aan te hou vlieg 4. ʼn Vliegtuig is 90% van die tyd van koers af 5. Sit eerste jou eie su...

Die belangrikste ding om jou kinders te leer 10.03.2021

Ek wil vandag graag met jou praat oor die belangrikheid om jou kinders goed te leer skryf.  Al hoe meer mense begin besef dat om hulle vlot op papier te kan uitdruk belangriker is as om eindelose sinne van lydend na bedrywend te verander. Of om lyste en lyste idiome en verkleinwoorde uit hulle koppe te leer. Vir verreweg die meeste mense is al die soorte bywoorde wat mens kry by die een oor in en...

"My kind sukkel so met lees" 02.03.2021

Die Leer Lees met Tippie reeks is sommer baie gewild onder tuisskolers. Daarom is dit vir my ʼn groot voorreg om hierdie week met Reinette Lombard te gesels, een van die “ma’s” van Tippie. Die ander “ma” is Reinette se eie ma, José Palmer. Ek was baie bly om te hoor die Tippie boekies het glad nie ʼn graadfokus nie. Dit maak dit natuurlik ook baie maklik vir tweedetaalsprekers om Afrikaans deur Tipp...

Praat lekker uit die vuis uit 24.02.2021

Vandag wil ek vir jou vertel van ʼn oulike aktiwiteit wat jy met jou kinders kan doen. Die aktiwiteit pas my fyn want hy kry sommer ʼn klomp regmerkies. Dit gaan jou niks kos nie. En dit vat nie baie tyd nie.  Verder bied dit hope pret.  Maar amper die belangrikste: hierdie aktiwiteit het geweldige groot voordele met baie leer wat vir jou kinders kan plaasvind. Lekker luister. 

“Ek voel so sonder hoop en vol trane” 17.02.2021

In hierdie episode gesels ek oor ʼn paar e-posse wat ek en ʼn tuisskoolma onlangs vir mekaar geskryf het. Uit hierdie korrespondensie kan jy vyf lesse leer wat tuisonderwys baie makliker vir jou kan maak. 1.       Maak jou emosies los van jou kind se prestasie 2.       Hou rekening met jou kind se ouderdom 3.       Jou kind se houding teenoor leer is van kardinale belang 4.       Vergeet die ewige g...

Sit speel-speel die geniet terug in leer 10.02.2021

Vandag praat ons oor woorde en woordspeletjies. Sanet du Toit van Pretoria is my gas. Ek en Sanet het in 2017 kennis gemaak toe sy my vertel het van die teëltjies vir ʼn woordboubordspeletjie wat sy maak.  Verlede jaar het alles vir haar verander toe 'n SA bordspeletjievervaardiger haar genader het om ʼn volwaardige bordspeletjie te begin ontwikkel.  Ons gesels oor speletjies en entrepreneurska...

Maak dinge pasklaar vir jou kind 09.02.2021

In hierdie week se potgooi-episode gesels ek en Janet Kieswetter land en sand oor hoe om jou kinders te leer lees. Janet is ʼn tuisskoolma met vyf meisiekinders. Sy het (of is besig) om hulle al vyf met sukses te leer lees. En sy het oulike, kreatiewe planne wat dinge vir jou makliker kan maak. Vind hier meer uit oor Janet se produkte: https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/

Voorlees is 'n geskenk wat hou en hou 08.02.2021

Hierdie week op die oolfant potgooi praat ek met tuisskoolma, Hannekie Verwoerd. Sy is ook ʼn bedrewe en begeesterde taal- en spraakterapeut. As ons twee praat, raak ons altyd ʼn bietjie meegevoer oor Afrikaanse boeke. So, wees gewaarsku. Hannekie verduidelik in hierdie onderhoud van ʼn nuwe voordeel van voorlees waaraan sy onlangs gedink het.

Nie net een regte manier om te tuisskool nie 06.02.2021

Daar is nie net een regte manier om te tuisskool nie.  Daar is baie van hulle. Die belangrike is dat jy jou eie roete vind.

Listen to the Oolfant se potgooi podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.