Karin van Oostrum

Oolfant se potgooi

Education AF ↓ 69 episodes

Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: oolfantpotgooi.buzzsprout.com

Author

Karin van Oostrum

Category

Education

Latest episode

Aug 26, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Reis sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika 01.12.2021

Hierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel. Die boek is in...

'n Makliker manier om te tuisskool 25.11.2021

Is jy moedeloos omdat jou kinders so oorwerk is? Breek jou hart as hulle moeg-moeg aangeslof kom om hulle werk te doen? Sê jy vir jouself dis nie wat jy in gedagte gehad het toe jy begin tuisskool het nie? As jy maar net die moed kon kry om jou eie leerplan saam te stel? Maar hoe doen jy dit? En hoe maak jy seker jy dek al die belangrike goed in jou onderwysplan? Bemagtig jouself! Spring volgende...

Die lekkerte van jou eie leerplan 17.11.2021

In hierdie week se potgooi-episode wil ek graag met jou vyf hoofredes deel waarom mens ʼn eklektiese benadering in tuisonderrig sal wil volg. ʼn Eklektiese benadering verwys na iemand wat haar idees, styl en smaak uit ʼn wye verskeidenheid bronne kry. Letterlik beteken die woord om uit te soek of te kies. As ons dit terugtrek na tuisonderwys beteken dit jy doen jou eie ding en stel jou eie leerplan s...

Wennerwenke vir Wiskunde 10.11.2021

Wiskunde is die een vak wat vir tuisskoolma’s nogal angs en spanning kan skep. Vir hierdie potgooiepisode deel ek graag van die beste insig en raad wat ek onlangs by tuisskoolma Lizelle Rademeyer oor Wiskunde gekry het. Lizelle se raad oor Wiskunde kan mens maar met ʼn geruste hart volg. Haar eie drie kinders is die beste getuigskrif dat sy weet wat sy doen. Sy laat haar drie jaarliks deelneem aan...

Hoekom prenteboeke vir jou kinders lees en koop? 03.11.2021

Jenny Nel is mal oor boeke. Geen wonder dat sy daarom ʼn boekwinkel Little Books bestuur en bedryf nie. Hierdie week in die potgooi vertel sy in die mooiste Afrikaans (sy is eintlik Engels) van al die voordele en wonders wat vir kinders in prenteboeke opgesluit is. Ons het veral oor storieboeke gepraat en Jenny het daarin geslaag om talle verskuilde voordele van prenteboeke en die groot rol wat hul...

Só skep jy ideale tuisskooldae 27.10.2021

Hoe langer ma’s gewoonlik tuisskool, hoe meer besef hulle tuisonderrig is waarlik ontwerperonderwys wat hulle kan aanpas tot dit PRESIES by hulle en hul kinders se behoeftes aanpas.  En dis waaroor ek in hierdie week se potgooiepisode met jou praat — hoe skep jy jou eie ideale tuisskooldae. “Ideale tuisskooldag” is te vaag. Wat jy moet doen, is om vir jouself uit te werk wat al die dinge is om die...

Hoe sien jy na jouself om, ma? 20.10.2021

Dit gebeur so maklik dat selfversorging by die deur uitwaai, veral wanneer jy ʼn ma is.  Dis so maklik om verlore te raak tussen menswees, geliefde vir jou lewensmaat wees, ma wees, dalk nog professioneel met werk ook te wees. Dis so maklik om alles vir almal te wees dat jy later nie meer weet wie jy self is nie. Lindi Potgieter, veteraantuisskoolma nes ek, en ook ʼn life coach nes ek, praat hierdie...

Skitterplanne vir minder skermtyd 13.10.2021

Ons weet almal ons kinders behoort minder tyd op skerms deur te bring. Dit sluit rekenaars, tablette en selfone in.  Maar hoe doen mens dit?  En hoe doen jy dit sonder ʼn geveg?  Ek dink nie dis realisties om ons kinders heeltemal weg te hou van alle skerms af nie. In hierdie week se potgooi praat ek oor maniere waarop ons ons kinders se skermtyd beter kan bestuur. Jy gaan onder meer hoor: Van die...

So leer jy 'n Afrikataal aan 06.10.2021

Marie-Louise Botha is nou regtig wat mens ʼn poliglot sal noem. As jy nie weet wat beteken nie, dis iemand wat baie tale ken. Die woord kom van die Griekse woord poli wat baie beteken en glotta wat tong beteken. Sy praat Afrikaans, Sotho, Sepedi, Tswana, Zoeloe en Engels. Laasgenoemde net vir selfverdediging, lag sy. Verder ken sy ook Nederlands. Russies kon sy op ʼn stadium ook praat, maar het dit...

Hoekom voorlees nie genoeg is nie 29.09.2021

In hierdie week se potgooi het ek vir jou heerlike interessante navorsing oor hoe mense tale aanleer.  Dit gaan jou baie help met al die vrae wat so baie tuisskoolma’s oor taalkeuses het, soos watter taal moet ek gebruik as ek tuisskool en wanneer mens met ʼn tweede taal begin. Jy gaan onder andere hoor wat: jong sebravinkies jou oor die aanleer van taal kan leer in Broca en in Wernicke se gebied g...

"Hou dit net eenvoudig" - tweedegenerasietuisskoler 22.09.2021

Hierdie week gesels ek op die potgooi met Jana Bornman, ʼn tweedegenerasietuisskoler. Wat die meeste opval is haar kalme rustigheid. Omdat sy self die hele die tuisskoolreis voltooi het, is dit so duidelik dat sy weet as mens net rustig voortgaan met jou taak, alles uiteindelik reg sal uitwerk. Jana se ma was destyds, voor 1994, in ʼn hofsaak gewikkel, toe sy haar kinders wou tuisskool. Sy het die h...

"My kind verstaan nie wat hy lees nie" 15.09.2021

Die meeste ma’s besef dat om met begrip te kan lees ʼn sleutelvaardigheid vir hulle kinders se akademiese en beroepsukses is. Een van die maniere waarmee tuisskoolma’s probeer om hulle kinders se leesbegrip te verbeter, is deur vir hulle begripstoetse te laat doen. Maar om jou kind net begripstoetse te laat doen, is amper soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn do...

Oolfant gesels met skrywer Jaco Jacobs 08.09.2021

Jaco Jacobs het al amper 200 boeke geskryf. Sy eie gunsteling onder die boeke wat hy al geskryf het, is ʼn rympiesboek genaamd Moenie hierdie boek eet nie .  Dis die boek wat hom weer aan die hardloop gekry het. Terwyl hy so gehardloop het, het hy sy idees vir die 366 rympies (een vir elke dag + ʼn spaar een vir skrikkeljaar) gekry. So baie het hy gehardloop dat hy fiks genoeg geword het om die Comr...

Neem die 5 groot besluite van tuisonderwys met selfvertroue 30.08.2021

As iemand tuisonderwys vir die eerste keer ontdek, kan dit oorweldigend voel om uit te sorteer hoe alles werk. Ek weet, ek was ook daar. In hierdie episode wil ek dinge vir jou makliker maak deur vir jou te wys daar is eintlik net 5 groot besluite wat jy moet neem as jy wil tuisskool. Ek was waar jy nou is. Bang ek gaan ʼn groot flop van tuisonderwys maak, bang ek gaan my kinders se toekoms vir alt...

Haal die vrees uit leer lees 26.08.2021

As daar een ding is wat tuisskoolma’s dikwels angstig maak, is dit wanneer hulle hul kinders moet leer lees. Hulle weet hoe belangrik hierdie vaardigheid is en hulle is so bang hulle gaan alles opduiwel as kinders nie goed kan lees nie. Dit was ook waar van my. Daarom was die fliek Lien se lankstaanskoene nogal ontstellend. Om te dink dis moontlik vir ʼn gewone mens om by ʼn robot as ʼn bedelaar te e...

So gebruik jy oolfant se kursusse in die Amerikaanse hoërskooldiploma 17.08.2021

Hierdie is ʼn bonusepisode. Al hoe meer en meer ma’s wat ʼn eklektiese tuisskoolbenadering volg, dink daaraan om die Amerikaanse hoërskooldiploma te gebruik vir ʼn matriek.  Maar nou wonder hierdie ma’s wat doen mens vir Afrikaans op hierdie roete.  In hierdie episode gee ek graag vir jou ʼn paar maniere waarop jy oolfant se kursusse gebruik in die verwerwing van ʼn Amerikaanse hoërskooldiploma. Die Am...

Dié 5 bobaaswenke laat jou kind makliker leer 11.08.2021

Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak?  Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra.  Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, ouditief, lees en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet h...

Hoekom jou kinders MOET speel 04.08.2021

In hierdie week se potgooiepisode praat ek nie soseer oor sosialisering nie, maar oor speel. Kom vind uit hoe en hoekom kinders speel.  Jy gaan hoor van die man wat uitgevind het rotte lag, hoe belangrik dit is dat pa’s hulle kinders so hoog in die lug gooi (al wil die ma se hart gaan staan) en die ware rede waarom ons vir ons kinders goeie sportmanskap leer. As jy wil hoor hoekom spel so belangri...

"My tuisskoollewe met 'n outistiese seun" 28.07.2021

Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help o...

Kinders by dosyne 21.07.2021

Ons het almal nogal ʼn rowwe tydjie agter die rug. Die pandemie ry ons steeds. En die onrus in die land wat toe boonop uitgebreek het, het ons almal taamlik vuisvoos op moed-verloor-se-vlakte. Daarom het ek dit goed gedink om van die inspirerendste onderhoude wat ek al gevoer het weer met jou op die potgooi te deel. Die een wat vandag aan die beurt kom het ek in 2018 met Tina van Deventer gevoer. T...

Tatta toetse en koebaai eksamens 14.07.2021

Ek wil hierdie week die bangmaak-vraag wat alle tuisskolers een of ander tyd hulleself afvra, help beantwoord. Veral die van ons wat in die laerskooltyd ons eie ding doen. En daardie vraag klink gewoonlik so: hoe weet ek my kind is op standaard? Maar wat die ouer eintlik vra, is: hoe kan ek seker maak my kind leer die regte dinge op die regte tyd en kry die werk regtig onder die knie? In hierdie w...

Unieke leerkans vir tuisskooltieners: leer sweef 07.07.2021

Johan Pretorius, tuisskoolpa van die Kaap, gesels in hierdie week se potgooiepisode oor sweeftuie en sweefvlieg.  Sweefvlieg is ʼn wonderlike sport vir ʼn tiener wat enigsins in vlieg belangstel. Daar is net soveel lesse, ook emosionele lesse, en vaardighede te leer. Jou kind kan taamlik vroeg al met hierdie leersame sport begin. ʼn Mens moet minstens 14 jaar oud  wees om ʼn leerlinglisensie vir ʼn swe...

So maak jy matriek in Afrikaans sonder CAPS 30.06.2021

Ek het hierdie week ʼn heerlike gesprek gehad met Annerine Wenhold oor matriekopsies vir tuisskolers. Die Wenholds het die Amerikaanse hoërskooldiploma vir hulle matriekseun gekies en Annerine praat oor haar ervaring daarmee. Kom hoor onder andere: 1.       Hoe maklik dit is om die papierwerk af te handel sodat jou kind toelating tot die universiteit kan kry 2.       Presies watter dokumente jou ki...

Het jou kind taalprobleme? Hier’s ʼn plan 23.06.2021

Om jou kind se taalvermoë sterk te maak, moet jy net met jou kind praat, so verduidelik taal- en spraakterapeut Lize van Merwe. Lize, self ʼn tuisskoolma, voel baie sterk daaroor om ma’s te bemagtig om hulle kinders self te leer. As spraak- en taalterapeut het dit haar gepla dat sy net 45 minute per week met ʼn kind deurbring om taalagterstande te probeer uitwis, maar dan het die kind verder geen ty...

Die beste manier om tyd saam met jou kind te spandeer 16.06.2021

Die wintervakansie is op hande. ʼn Heerlike tyd om weg te raak in lekker stories en goeie boeke. Daarom het ek dit goed gedink om weer hierdie week in die potgooi die onderhoud met Hannekie Verwoerd, spraak- en taalterapeut met jou te deel. Die onderhoud is al drie jaar oud, en meer as 4000 mense het op YouTube daarna gekyk. Hannekie deel soveel insig en wysheid en kennis oor taalverwerwing in daar...

Listen to the Oolfant se potgooi podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.