fr

Karin van Oostrum

Oolfant se potgooi

Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : oolfantpotgooi.buzzsprout.com

Auteur

Karin van Oostrum

Catégorie

Education

Dernier épisode

26 août 2024

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Gee jou Kind 'n Hupstoot deur Voorlees! 26.08.2024

Bekommerd oor jou kind se taal? Of sommer net lus om ’n baie aangename gewoonte saam met jou kind te vorm?   Kom hoor wat is al die ongelooflike voordele van voorlees en dat dit ’n ongeëwenaarde manier is om jou kind se verbeelding en kreatiwiteit vlerke te gee.  Ons gesels oor WAT om te lees, en wat lewende boeke nou eintlik is. Ons gesels ook oor HOE om voor te lees en wat terugvertel en onderdo...

'n Hegte gesin deel STORIES! 28.06.2024

’n Hegte gesin deel stories!  Akademie is maar een klein deeltjie van die lewe. Dis die ander deel wat jou kinders gaan onthou lank nadat hulle klaar is met skool, die dinge wat julle gesin saam gedoen het en onbreekbare bande tussen julle laat ontstaan het.   Kom luister hoe jy jou kind se nuuskierigheid oor waar hy én jy vandaan kom kan gebruik om hom stewig in sy geskiedenis te anker, en om hom...

Laat hulle SPEEL! 13.12.2023

Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie...  Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is,   hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet s...

Hou hulle vas! 26.07.2023

Hou hulle vas!  Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang? Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is,...

‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys 03.04.2023

In hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele! Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie.  Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervel...

Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan! 22.11.2022

Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak?    In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling")  eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak.   Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewy...

Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys? 05.11.2022

Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid? In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal.  Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur...

Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug? 08.10.2022

In hierdie episode beantwoord ek twee vrae wat ek dikwels kry:  ·        Hoe haal ek my kind uit die skool, en  ·        Hoe sit ek my kind terug in die skool (as ek moet) Al is jou kind klaar uit die skool, en jy beplan miskien om jou kind so nimmer as te nooit weer in die skool te sit nie, is daar gedurig iemand wat mens teëkom wat radeloos is oor hierdie twee vrae. Stuur dit gerus aan. Ek verte...

Oolfant kry 'n nuwe baas 27.07.2022

Oolfant het van 1 Augustus ʼn nuwe baas. En dis niemand anders nie as Karin van Oostrum van Pestalozzi Trust faam.  Luister in hierdie episode: ·       na al die planne wat Karin met oolfant het ·       hoekom sy besluit het om oolfant te koop ·       hoe haar liefde vir Afrikaans haar ook na die liefde van haar lewe gelei het Kry hier meer inligting oor die oolfant kursusse: https://tuisskool-in-a...

Vir tye wanneer jy net so moeg is 13.07.2022

“Ek vind myself verby gedaan,” so skryf ʼn uitgeputte ma onlangs vir my. Sy vertel van die twee keer wat hulle in die laaste jaar getrek het. Van die nuwe baba. En dat die blote gedagte om nuwe Wiskunde konsepte aan haar negejarige en sewejarige te verduidelik oorweldigend voel.  En dan vra sy moedeloos: “Wat stel jy voor vir die tye van die lewe wat Mamma net moeg is?” As jy so ʼn mamma is wat vand...

Drie anderster vaardighede om jou kind te leer 29.06.2022

In hierdie episode deel ek graag met jou drie anderster vaardighede deel wat ek dink elke liewe tuisgeskoolde kind moet hê. En ek gebruik stories om dit vir jou te verduidelik. So, hierdie episode is 'n lekker ene om saam met jou kinders te luister. Kom hoor die storie van die rooftog in die klaskamer. En die een van die seuntjie wat met die ketel gespeel het. En die een van die vrou wat nie...

“My tuisskool was 'n flop” 15.06.2022

ʼn Tuisskoolma het so ʼn week of wat gelede uitgereik omdat sy ontsteld was. Sy het haar kind formeel laat evalueer, omdat haar veertienjarige daarop aandring om terug te gaan skool toe. En die uitslae wat beroerd.  Ek was ook al daar. Daar was ʼn geleentheid toe my seun Johannes ook omtrent so veertien was en ons besluite oor hoërskool moes begin neem het. Ek het hom laat evalueer deur ʼn opvoedkundi...

Kry so selfvertroue in tuisonderwys 01.06.2022

As mens tuisskool, smag jy so baie keer na daardie “ek weet presies wat ek doen” gevoel. Die selfvertroue, die vaste wete dat jy op die regte pad is. In hierdie potgooi wil ek vir jou die vier stappe gee wat jou uiteindelik gaan lei tot by “ek weet presies wat ek doen as tuisskoler.” Die groot probleem vir die meeste van ons, is dat ons daardie gevoel op die verkeerde tydstip verwag. Vir hierdie e...

Moet ek oorskakel na Engels as voertaal? 18.05.2022

ʼn Vraag wat ek nogal dikwels kry is die een oor die taal van onderrig.  Of om die vraag meer spesifiek te stel: moet ek oorskakel Engels toe. In hierdie potgooiepisode deel ek graag met jou twee vrae oor voertaal en my antwoorde daarop. Dit kan jou dalk ook help as jy met hierdie kwessie spook.  Maar daar is ook wenke as jou kinders voel hulle is nie goed genoeg voel nie.  En hoe jy as ma makliker...

Kry so jou energie terug 04.05.2022

As ʼn ma het jy baie ysters in die vuur.  Kos en klere van jou gesin.  Hulle gesondheid, hulle hele welstand.  ʼn Huishouding wat jy flink probeer bestuur.  En as jy ʼn tuisskoolma is raak jou werklading nog groter. Die kinders se hele leerplan, om hulle self te leer lees en skryf of seker te maak hulle doen die werk as julle ʼn voorgeskrewe kurrikulum gebruik.  En talle tuisskoolma’s het baie keer no...

6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen 20.04.2022

Wat moet ek met my voorskoolse kind doen, vra elke ma haarself af as haar kind naby skoolgaande ouderdom kom. Hoe weet ek ek doen genoeg? Doen ek te veel? Hoe stimuleer ek my kind sonder om hom of haar moeg te maak vir leer?   In hierdie week se potgooi deel ek graag met jou die antwoord op die vraag: watter ses dinge moet jy met jou sesjarige doen?  Maar daardie titel is net gekies omdat dit ʼn le...

Gaan dit in die eksamen wees? 07.04.2022

Die bemarkingskenner Seth Godin, wat beslis ook ʼn bietjie van filosoof is, het laat in 2021 in een van sy e-posse gepraat oor die gevaar om altyd te vra: gaan dit in die eksamen wees? Daardie vraag veroorsaak dat ons kinders nie regtig leer nie. Hulle leer net om eksamens deur te kom. Dis iets wat ons as tuisskolers taamlik frustreer. En ek dink dis een van die hoofredes waarom baie van ons beslui...

Hoekom bietjie werk elke dag so goed werk 24.03.2022

Jy weet nou al ek ʼn groot voorstander is van die leuse bietjie werk plus elke dag.  In hierdie week se potgooi wil ek vir jou drie redes gee waarom ek so baie van hierdie leuse hou. En dan wil ek met jou ʼn baie interessante storie deel wat duidelik vir jou gaan wys hoekom dit werk.

Jy kan kies hoe jy wil voel 08.03.2022

Emosie IS hoe ons hierdie fisiese lewe in ons lywe ervaar. Daarom is gevoelens nooit verkeerd nie, maar ʼn noodsaaklike deel van ons aardse bestaan.   ʼn Lewe sonder emosie sal taamlik saai wees.   Die probleme met ons gevoelens kom in as ons sekere emosies uit gewoonte ervaar en nie eens agterkom hoe ons hulle self met ons eie gedagtes skep nie. Voeg dan nog verder die skuld en skaamte oor negatiew...

Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier 23.02.2022

Collette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak. Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is.   “Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kin...

Pen en papier steeds die beste manier 09.02.2022

In hierdie week se potgooi dink ek na of dit enigsins nog nodig is dat ons ons kinders met pen en papier moet laat skryf. Wees oopkop saam met my en kom ons kom saam agter die kap van die byl oor die redes waarom ons steeds ons kinders op papier moet laat skryf. Vind onder andere uit: van die drie groot voordele wat neerskryf inhou hoe jy ʼn praktiese kind makliker aan die skryf kan kry hoe jy jou...

Die waarde van taalontwikkeling? Legio! 26.01.2022

Hoekom is dit so ʼn goeie belegging van jou tyd om soveel aandag aan taalontwikkeling te gee? Die voordele van goeie taalvaardighede is legio. Soos dat jou kind: makliker leer lees vinniger vlot leer lees beter leesbegrip het vinniger kan lees minder foute maak wanneer hulle lees makliker kan memoriseer verduidelikings kan volg (dink byvoorbeeld aan wiskunde...) die hoofgedagte van ʼn stuk skryfwerk...

“Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink” 19.01.2022

“Ons het die hele wêreld daarbuite. Dis soos hierdie buffet waarvan jy kan afeet. Gaan soek die disse wat jy van hou en wat jou opgewonde maak.” Aan die woord is tuisskoolma, Lizelle Rademeyer. En hierbo is haar gedagtes oor die vryheid wat tuisonderwys mens bied. Sy het drie kinders en is nou regtig ʼn Wiskunde-entoesias. In hierdie week se potgooiepisode praat ons Wiskunde Olimpiades en hoekom Li...

Hoe om sonder 'n bokskurrikulum te tuisskool 13.01.2022

In hierdie episode gaan jy leer hoe om sonder ʼn bokskurrikulum te tuisskool selfs al het jy nie ʼn idee waar om te begin nie. Kom vind uit wat die drie geheime oor onderwys is wat jou vir altyd anders na tuisskool sal laat kyk.  Leer ook van ʼn eenvoudige 4-pilaar-raamwerk wat jy kan gebruik om seker te maak jy bly op koers as ʼn eklektiese tuisskoler. Vir meer inligting oor die oolfant spesiale aanb...

Gesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisskoolsukses 08.12.2021

Vir hierdie heel laaste potgooiepisode van 2021 is dit vir my baie lekker om met ʼn gesoute tuisskoolma te gesels en al haar raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak met jou te deel. Ek gesels met Willemien Kruger, die skepper van Omvattend Afrikaans. Sy het drie kinders en het met elkeen van hulle ʼn ander matriekroete geloop. Haar dogter, wat nou 21 jaar oud is, het uitmuntend met Cambri...

Écoute le podcast Oolfant se potgooi sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics