RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 28 Augustus 2022 28.08.2022

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn oor hoe om te weet wanneer leerders die waarheid praat of nie. Wanneer daar ‘n probleemsituasie ontstaan, en jy moet uitvind wie ‘n leuen vertel, kan dit ingewikkeld raak. Lizette Volkwyn is een van die min menslike leuenverklikkers in die wêreld, en sy spesialiseer daarin om mense te help om by die waarheid uit te kom.

Ons en die onderwys 21 Augustus 2022 21.08.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor die belangrikheid van akademiese vaardighede, en wat onderwysers kan doen om hierdie vaardighede by leerders te ontwikkel.

Ons en die onderwys 14 Augustus 2022 14.08.2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor sy program, Dissipline begin by die huis, wat vanjaar 10 jaar oud is. Hy praat oor die sewe boustene van dissipline wat onderwyers kan help om leiding aan ouers te gee vir wie dissipline ‘n uitdaging tuis is.

Ons en die onderwys 7 Augustus 2022 07.08.2022

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, 'n onderwyseres by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor leesontwikkeling en leesprobleme by leerders. Wat kan onderwysers en ouers doen om te help?

Ons en die onderwys 31 Julie 2022 31.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor leer, aanlyn-leer en aanhou leer. Daar word verwys na die werk van die wêreldkenner op die gebied van Mind, Brain and Education van die Harvard Graduate School of Eduction, prof. Tracey Tokuhama-Espinosa.

Ons en die onderwys 24 Julie 2022 24.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, oor ‘n kurrikulum vir die 21ste eeu. Suid-Afrika staan by ‘n kruispad. Om van hier af sukses te behaal, het ons ‘n skoolleerplan nodig wat die ongelykhede van die verlede aanpak, en kinders kan toerus met waardes, kennis en vaardighede vir die 21ste eeu.

Ons en die onderwys 17 Julie 2022 17.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor leerders se besluitnemingsvermoë. Hoe berei ons leerders voor om komplekse besluite te kan neem?

Ons en die onderwys 10 Julie 2022 10.07.2022

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe belangrik dit is om die leerders wat voor jou is, in alle opsigte te ken. Klasse is groot en daar is baie uitdagings vir onderwysers om elke leerder ten volle met hulle sterk punte en uitdagings te verstaan.

Ons en die onderwys 3 Julie 2022 03.07.2022

Johan van Lill praat met onderwyseres en fasehoof, Alicia Roods, oor die uitdagings om in ‘n leerondersteuningsklaskamer skool te hou.

Ons en die onderwys 26 Junie 2022 26.06.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en skrywer, oor die veelvlakkigheid van multigraadonderwys, en hoe dit ook in ‘n gewone klaskamer van hulp kan wees.

Ons en die onderwys 19 Junie 2022 19.06.2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor hoe ons ons kinders kan voorberei om die lewe te bemeester. Maslow se hierargie van behoeftes is een van die dinge wat ‘n rol kan speel.

Ons en die onderwys 12 Junie 2022 12.06.2022

Johan van Lill praat met die argitek en internasionale konsultant vir die ontwerp van skole, De Waal Ritter, oor groen en omgewingsvriendelike skole. Is daar groen skole in Suid-Afrika? Wat behels die ontwerp van sulke skole?

Ons en die onderwys 5 Junie 2022 05.06.2022

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, adjunkhoof by Laerskool Simonsberg, oor die uitdagings wat grondslagfase-onderwysers in die klaskamer beleef.

Ons en die onderwys 29 Mei 2022 29.05.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en onderwyskundige, oor die vak geskiedenis, hoe ons oor die verlede moet dink, en hoe geskiedenis in skole aangebied behoort te word.

Ons en die onderwys 22 Mei 2022 22.05.2022

Johan van Lill praat met Magriet Groenewald, 'n kenner van sosiale media, oor jy jou leerders slim maak met hulle slimfone. Dis ‘n groot bekommernis dat leerders nie altyd besef wat die impak van die internet en sosiale media op hulle lewe is nie. Wat kan ek as onderwyser hieraan doen?

Ons en die onderwys 15 Mei 2022 15.05.2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoekom werkloosheid onder die jeug steeds so hoog is. Watter rol moet onderwys daarin speel om dit te verbeter?

Ons en die onderwys 8 Mei 2022 08.05.2022

Johan van Lill praat met proff. Mariette en Roelf Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor die impak van trauma in skole. Wat is trauma, en hoe behoort dit deel te vorm van die skool se beleid en kultuur? Baie keer dink onderwysers dat as hulle skree en baklei, dan is die leerders still en luister, wat nie die waarheid is nie. Die kinders is dan in vrees , en kan niks inneem.

Ons en die onderwys 1 Mei 2022 01.05.2022

Johan van Lill met praat Ronel van Dijk, 'n onderwyser by Paarlskool vir neuraal gestremde leerders in Brackenfell, oor hoe die pandemie hulle skool en aktiwiteite beïnvloed het. Sy vertel van die kreatiewe planne wat hulle gemaak het om steeds die beste onderrig moontlik vir hulle leerders te gee.

Ons en die onderwys 24 April 2022 24.04.2022

Johan van Lill praat met Hennie Mentz, ‘n legende in onderwys vir leerders met leerhindernisse en tans skoolhoof van ‘n assisted learning-skool in Durbanville. Ons gesels oor die verskil tussen hoofstroom, LSEN en assisted learning. Laasgenoemde is ‘n inklusiewe model wat steeds as ‘n vorm van hoofstroomonderwys beskou word.

Ons en die onderwys 17 April 2022 17.04.2022

Johan van Lill praat met prof. Mariette Reyneke en prof. Roelf Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor regstellende of herstellende dissipline waar die fokus nie op straf is nie, maar eerder op wat die invloed van een leerder se gedrag op ‘n ander is. Boelies het dikwels onderliggende probleme wat daartoe lei dat hulle ander kinders boelie, en dit moet ook aangespreek word, want om die b...

Ons en die onderwys 10 April 2022 10.04.2022

Johan van Lill praat met Juané van der Merwe van Fedsas en prof. Mariette Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor hoe onderwysers konflik, aanranding en dreigemente in die klaskamer moet hanteer. Wat is die wetlike aspek, veral as leerders video's van voorvalle maak en dit op sosiale media versprei.

Ons en die onderwys 3 April 2022 03.04.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe tradisionele onderwys die konsep van sukses teenoor mislukkig (dat jy of reg of verkeerd is) by leerders gevestig het. Opvoedkundiges is dit eens dat jy uit jou foute moet leer.

Ons en die onderwys 27 Maart 2022 27.03.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige en historikus, oor multi-graadskole. Bestaan sulke skole nog in Suid-Afrika, en hoe kry ‘n onderwyser dit reg om meer as een graad op ‘n slag in een klaskamer te onderrig?

Ons en die onderwys 20 Maart 2022 20.03.2022

Johan van Lill praat met Monique Strydom en Lizel van Eeden van die nie-regeringsorganisasie, Matla a Bana, oor die veiligheid van leerders. Hulle fokus op wat om te doen as ‘n leerder inligting deel wat te doen het met enige vorm van geweld by die huis of skool. Hoe werk die prosedures om dit te hanteer en aan te meld? Wat moet alles in ‘n skool so protokol hieroor verskyn.

Ons en die onderwys 13 Maart 2022 13.03.2022

Johan van Lill praat met Juané van der Merwe oor die administratiewe regte en funksies van vroeë kinderontwikkeling wat skuif na die Departement van Basiese Onderwys. Wat hou die migrasie vir preprimêre skole in? Wat is die implikasies van Graad R wat verpligtend word? Hoe raak dit die vereiste kwalifikasies van Graad R-opvoeders?

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.