RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 6 Maart 2022 06.03.2022

Johan van Lill praat met prof. Elza Mentz van die Noordwes-Universiteit oor die impak van selfgerigte leer op onderwys. Byron Bunt en Deon van Tonder vertel van die gebruik van digitale tegnologie om formatiewe assessering te doen, na aanleiding van ‘n navorsingsprojek wat hulle by die Noordwes-Universiteit gedoen het.

Ons en die onderwys 27 Februarie 2022 27.02.2022

Johan van Lill kyk na die fasilitering van vervlegde leer (blended learning) en hoe dit in 'n selfgerigte leer-konteks aangepak kan word.

Ons en die onderwys 20 Februarie 2022 20.02.2022

Johan van Lill praat met Sally Langerman en Lynette du Toit oor die “curiosity approach” tot voorskoolse onderwys. Dis ‘n benadering wat wêreldwyd al hoe meer posvat, en Curro Rosen Castle doen dit al vir die afgelope drie jaar met hulle een- tot vyfjariges.

Ons en die onderwys 13 Februarie 2022 13.02.2022

Johan van Lill praat met dr. Corné Kruger en prof Jako Olivier, albei van die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit, oor die omgekeerde klaskamer (flipped classroom) ter ondersteuning van metakognitiewe vaardighede vir selfgerigte leer.

Ons en die onderwys 6 Februarie 2022 06.02.2022

Johan van Lill kyk na die gebruik van kooperatiewe leer in ‘n digitale omgewing, waar die leerders dit met die hulp van tegnologie doen, en hoe dit selfgerigte leer by leerders kan ontwikkel. Sy gaste is Roxanne Bailey en Sukie van Zyl, albei verbonde aan die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit.

Ons en die onderwys 30 Januarie 2022 30.01.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat die Dunning-Kruger-effek speel om leerders voor te berei om suksesvol en gelukkig in die wêreld te leef met die regte kennis en wysheid.

Ons en die onderwys 23 Januarie 2022 23.01.2022

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, dr. Chris Klopper en prof. Michael le Cordeur, oor wat die uitdagings is wanneer leerders se taal van onderrig verskil van hulle huistaal.

Ons en die onderwys 16 Januarie 2022 16.01.2022

Johan van Lill hoor by twee onderwyskundiges, Charlotte Fourie en Hildegard Brummer, of tegnologie werklik 'n positiewe impak op leerders se ontwikkeling het. Hulle kyk krities na die gebruik van tegnologie in die klaskamer en vir leer.

Ons en die onderwys 9 Januarie 2022 09.01.2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, skrywer en motiveringspreker, oor hoe om inspirasie te kry vir die 2022-onderwysjaar. Hoe maak ek van hierdie jaar 'n goeie onderwysjaar in my klas, my skool en my gemeenskap?

Ons en die onderwys 2 Januarie 2022 02.01.2022

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reyneke en Landi Slatter oor die 2022 onderwysjaar wat voorlê. Die onderwyskundiges gee ‘n oorsig van die dinge waarvan ons moet kennis neem in die jaar wat voorlê.

Ons en die onderwys 26 Desember 2021 26.12.2021

Johan van Lill reflekteer saam met Jaco Deacon, prof. Mariette Reyneke en Landi Slatter oor die 2021-onderwysjaar. Wat was problematies? Waaroor kan ons onsself op die skouer klop? Wat was die interessante dinge wat in wêreld van onderwys gebeur het die afgelope jaar?

Ons en die onderwys 19 Desember 2021 19.12.2021

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, Marietjie le Roux en Maryna Besseling, oor inklusiewe onderwys en hoe aanpassings vir leeruitdagings werk. Wat is ouers en leerders se regte, en hoe moet skole dit hanteer?

Ons en die onderwys 12 Desember 2021 12.12.2021

Johan van Lill praat met Maryna Besseling, betrokke by die SAOU se professionele dienste, en dr. Melody de Jager, ‘n ontwikkelingskenner, oor hoe om leerders se kreatiwiteit te stimuleer en te ontwikkel.

Ons en die onderwys 5 Desember 2021 05.12.2021

Johan van Lill praat met dr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, oor die beplande nuwe geskiedeniskurrikulum wat die Departement van Basiese Onderwys in skole ‘n verpligte vak wil maak. Waar trek die proses, en wat is die implikasies vir skole en onderwys?

Ons en die onderwys 28 November 2021 28.11.2021

Johan van Lill praat met dr. Louis Swanepoel van die SAOU en dr. Jaco Deacon van Fedsas oor hoe om geld te spaar by jou skool en ekstra fondse te genereer.

Ons en die onderwys 21 November 2021 21.11.2021

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en Neal Petersen van die Noordwes-Universiteit oor virtuele uitstappies, en hoe skole dit suksesvol kan aanpak.

Ons en die onderwys 14 November 2021 14.11.2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat uitvoerende funksies in leer en ontwikkeling van leerders speel. Hoe kan selfinsig, fokus en prioritisering by kinders ontwikkel word om hulle te help om beter te leer?

Ons en die onderwys 7 November 2021 07.11.2021

Johan van Lill  het by die vierde Internasionele Kongres oor Selfgerigte Leer met van die aanbieders gepraat oor hulle navorsing wat op onderwysers en onderwysleiers van toepassing is.

Ons en die onderwys 31 Oktober 2021 31.10.2021

Johan van Lill praat met Alice Holland en Maadje Krige van die De La Bat Skool op Worcester oor hoe 'n dowe kind se klas en lesse verskil van 'n siende kind s’n.

Ons en die onderwys 24 Oktober 2021 24.10.2021

Johan van Lill praat met prof. Elsa Mentz en dr. Dorothy Laubscher oor die vierde Internasionale Selfgerigte Leer-konferensie, wat deur die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit aangebied word.

Ons en die onderwys 17 Oktober 2021 17.10.2021

Johan van Lill praat met Illöise de Goede en Chantelle Bruten van die Pionierskool op Worcester oor hoe klaskamers vir siggestremdes lyk, en watter aanpassings gemaak word om leerders te onderrig.

Ons en die Onderwys 10 Oktober 2021 10.10.2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor onderwys wat lewens verander. Wat is die struikelblokke wat leerders verhinder om hulle potensiaal te bereik?

Ons en die onderwys 3 Oktober 2021 03.10.2021

Johan van Lill praat met twee arbeidsterapeute, Elize Janse van Rensburg en Chané Potgieter, oor hoe om kinders met ADHD in die klaskamer te ondersteun.

Ons en die onderwys 26 September 2021 26.09.2021

Johan van Lill praat met Riaan van den Berg, bestuurder van Fedsas se Sentrum van Tegnologie, oor die gebruik van tegnologie in die onderwys. Hoe hou ek my skool toekomsgereed wat betref die gebruik van tegnologie?

Ons en die onderwys 19 September 2021 19.09.2021

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige en pedagoog, oor leerverlies en wat onderwysers kan doen om leeragterstande wat as gevolg van leerverlies ontstaan, te kan voorkom.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.