RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 12 September 2021 12.09.2021

Johan van Lill hoor by prof. Ignatius Gous of dit nog belangrik is vir leerders om te memoriseer, en watter rol  memorisering in die leerproses speel.

Ons en die onderwys 5 September 2021 05.09.2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die pandemie en gepaardgaande grendeltye wat baie onderrigtyd verlore laat gaan het. Is dit moontlik om al die leerinhoud te dek in die verkorte leertye? Watter strategieë kan onderwysers in die klas aanwend om leerders te ondersteun?

Ons en die onderwys 29 Augustus 2021 29.08.2021

Johan van Lill praat met Daan Potgieter en Wilna van Rooyen van die AON oor die impak van Covid-19 op die onderwyslandskap die afgelope 18 maande. Hulle gee ook terugvoer van besoeke wat hulle aan skole gedoen het.

Ons en die onderwys 22 Augustus 2021 22.08.2021

Johan van Lill praat met Reinette Lombard en Jose Palmer oor die belangrikheid van lees, leesvaardighede en lees met begrip. Watter rol speel voorlees, saamlees en sensoriese ervarings in leerders se geletterdheidsontwikkeling?

Ons en die onderwys 15 Augustus 2021 15.08.2021

Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum, en Celeste Labuschagne, ‘n Wolkskooldosent en wetenskapvakspesialis, oor hoe eksamens en spesifiek gestandaardiseerde eksamens gebruik kan word deur skole om hulle eie standaarde te bepaal, om seker te maak leerders bereik hulle volle akademiese potensiaal.

Ons en die onderwys 8 Augustus 2021 08.08.2021

Johan van Lill kyk na die take wat onderwysers (veral laerskoolonderwysers) opgelê word wat nie op hulle pligstaat is nie, maar wat so deel is van hulle lang werksdae. Twee bedryfsielkundiges, Zahn van Niekerk en Susan Goosen, vertel van die navorsing wat hieroor gedoen is.

Ons en die onderwys 1 Augustus 2021 01.08.2021

Johan van Lill kyk na die uitdagings vir skole en waarop skole nou moet fokus noudat die leerders weer terugkeer skool toe. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van Fedsas, en Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, gee wenke en inligting.

Ons en die onderwys 25 Julie 2021 25.07.2021

Johan van Lill kyk na iets wat toenemend ‘n probleem word  - die groot aantal grondslagfase-leerders wat sukkel met lees, veral die Graad 2’s wat tydens die grendeltyd soveel kosbare onderrigtyd verloor het. Die gaste is Mariette van Zyl en Monica Opperman, en hulle gee raad oor hoe gemaak as my Graad 2 kind nie kan lees nie?

Ons en die onderwys 18 Julie 2021 18.07.2021

Johan van Lill kyk na die rol en verantwoordelikhede van skole wanneer daar voorvalle van substansafhanklikheid voorkom. As jy dit vermoed, mag jy ‘n dwelmurine toets laat doen sonder die ouers se toestemming? Watter prosedures moet jy volg? Die kenners wat saam praat is Tia Gruenenfelder en Francette Bedford.

Ons en die onderwys 11 Julie 2021 11.07.2021

Johan van Lill praat met Paul Colditz wat later vanjaar die tuig neerlê as die uitvoerende hoof van Fedsas. Hy het diep spore in die onderwys getrap, en was betrokke by vele veranderinge in dié veld. Sy bydrae tot onderwyswetgewing en die rol en funksies van beheerliggame in openbare skole sal nog vir jare hom tot eer strek.

Ons en die onderwys 4 Julie 2021 04.07.2021

Johan van Lill praat met Mariesa Candiotes, 'n onderwyskundige by die Skole Ondersteuningsentrum, en Hildegard Brummer, 'n dosent by die Wolkskool, oor hoe onderwysers dissipline in aanlynsituasies moet handhaaf. Hoe maak ek met leerders wat nie gepaste gedrag handhaaf wanneer ek aanlyn skoolgee nie?

Ons en die onderwys 27 Junie 2021 27.06.2021

Johan van Lill praat met Mariesa Candiotes, 'n onderwyskundige by die Skole Ondersteuningsentrum, en Hildegard Brummer, 'n dosent by die Wolkskool, oor hoe onderwysers dissipline in aanlynsituasies moet handhaaf. Hoe maak ek met leerders wat nie gepaste gedrag handhaaf wanneer ek aanlyn skoolgee nie?

Ons en die onderwys 20 Junie 2021 20.06.2021

Johan van Lill kyk na selfgerigte leer en ‘n kongres hieroor wat later vanjaar plaasvind. Sy gaste is prof. Jako Olivier, dr. Sukie van Zyl en dr. Dorothy Laubsher, almal van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer.

Ons en die onderwys 13 Junie 2021 13.06.2021

Johan van Lill hoor hoe om leerders, onderwysers en onderwysleiers te help om te oorleef, groei en floreer, en die rol wat professionele ontwikkeling hierin kan speel. Sy gaste is dr. Francois Naude, 'n onderwyskundige, en prof. Josef de Beer van die Noordwes-Universiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer.

Ons en die onderwys 6 Junie 2021 06.06.2021

Johan van Lill kyk na onderwysmentorskap. Wat is die praktiese uitdagings om dit in 'n skool te laat werk? Sy gaste is dr. Francois Naude, ‘n onderwyskundige, en prof. Josef de Beer van die Noordwes Universiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer.

Ons en die onderwys 30 Mei 2021 30.05.2021

Johan van Lill praat met Melissa Bekker en Alicia Bestbier, opvoedkundige sielkundiges, oor hoe om groepwerk en samewerking in die klaskamer te bevorder.

Ons en die onderwys 23 Mei 2021 23.05.2021

Johan van Lill met Jaco Kruger en Erika Lion-Cachet, onderwysleiers van SAHETI Skool in Johannesburg, oor leierskapsuitdagings in skole binne die konteks van die wêreld waarin ons tans leef, en hoe die nuwe normaal leierskap in skole beïnvloed.

Ons en die onderwys 16 Mei 2021 16.05.2021

Johan van Lill praat met Mariesa Candiotes, 'n onderwyskundige by die Skole Ondersteuningsentrum, en Marne Pedro, ‘n onderwyser, oor hoe om kreatiewe angs in die klaskamer te hanteer en hoe om nuuskierigheid by leerders te bevorder.

Ons en die onderwys 9 Mei 2021 09.05.2021

Johan van Lill praat met Charlotte Fourie, ’n dosent in inligtingstegnologie by die Wolkskool, en prof. Jean Greyling van die Nelson Mandela Universiteit oor die voorgestelde kurrikulum vir kodering en robotika.

Ons en die onderwys 2 Mei 2021 02.05.2021

Johan van Lill praat met Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, en Wilna van Rooyen, 'n voorskoolse onderwyskundige, oor die belangrike aspekte waarop gefokus moet word in vroeë kinderontwikkeling.

Ons en die onderwys 25 April 2021 25.04.2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Tanya van der Walt en Natalie Pretorius, oor wenke vir onderwysers en onderwysleiers om beter na hulle self te kyk, en wat die uithouvermoë behels om konstante verandering te hanteer.

Ons en die onderwys 18 April 2021 18.04.2021

Johan van Lill praat met De Waal Ritter en Lauren Clarke, kenners van skoolgeboue en leerruimtes, oor hoe funksionele leerruimtes van die toekoms lyk, en wat jy in jou skool kan doen om ruimtes te optimaliseer.

Ons en die onderwys 11 April 2021 11.04.2021

Johan van Lill praat met Sukie van Zyl van die Noordwes-Universiteit se Eenheid vir Selfgerigte Leer oor hoe onderwysers leerders kan bemagtig om verantwoordelikheid vir hulle eie leerproses te neem. Verwagtinge speel ‘n belangrike rol, en opvoeders en ouers moet ‘n kopskuif maak dat sekere vaardighede eintlik belangriker is as akademiese prestasie.

Ons en die onderwys 4 April 2021 04.04.2021

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en prof. Neal Petersen van Noordwes-Universiteit se eenheid vir selfgerigte leer oor die rol wat inheemse kennis in selfgerigte leer speel. Daar word tans heelwat geargumenteer dat tradisionele houers van inheemse kennis as goeie selfgerigte leerders beskou kan word, en inheemse kennis sou ook baie goed kon inpas by die Suid-Afrikaanse kurrikulum.

Ons en die onderwys 28 Maart 2021 28.03.2021

Johan van Lill kyk na kritiese denke by kinders. Sy gaste is drie kenners wat al diep spore in die joernalistiek getrap het, Ingrid Jones, Marenet Jordaan en George Claassen. Hulle gesels oor hoe onderwysers leerders kan help om meer krities om te gaan met wat hulle sien, hoor en beleef in die media.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.