RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 21 Maart 2021 21.03.2021 21:59
Johan van Lill praat met Danie van Wyk van die DAK Netwerk, Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad, teoloog, skrywer en antropoloog Willa Boezak, en David Jantjies van die Moedertaalprojek, oor hoe onderwysers moet dink oor onderrig in Afrikaans. Hoe berei ek my leerders voor om situasies te hanteer wanneer hulle nie kan of mag kommunikeer in hulle moedertaal nie?
Ons en die onderwys 14 Maart 2021 14.03.2021 23:52
Johan van Lill praat met Julian Jansen, joernalis en oudonderwyser, oor die uitdagings wat skole en gemeenskappe beleef oor die groot hoeveelheid kinders wat sonder pa’s grootword.
Ons en die onderwys 7 Maart 2021 07.03.2021 21:30
Johan van Lill praat met onderwyskundige Daan Potgieter, bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, oor wat hulle alles beplan vir die jaar wat voorlê. Hulle gesels onder andere oor ‘n lees- en wiskundeprojek, onderwysleierskap en moedertaalonderwys.
Ons en die onderwys 28 Februarie 2021 28.02.2021 24:45
Johan van Lill praat met Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie van die Skoleondersteuningsentrum, oor die ondersteuning wat skole benodig veral in aanlyn-scenarios.
Ons en die onderwys 21 Februarie 2021 21.02.2021 22:23
Johan van Lill praat met dr. Francois Naude oor die vaardighede waarop onderwysers nou in skole moet fokus om kinders gereed te maak vir die toekoms.
Ons en die onderwys 14 Februarie 2021 14.02.2021 23:27
Johan van Lill praat verder met Paul Colditz en Jaco Deacon oor die driejaarlikse beheerliggaamsverkiesings by skole. Hulle fokus op die verkiesing en hoe die proses moet verloop.
Ons en die onderwys 7 Februarie 2021 07.02.2021 22:51
Johan van Lill praat met Paul Colditz en Jaco Deacon oor die driejaarlikse beheerliggaamsverkiesing wat in Maart en April in alle openbare skole plaasvind. Wat is die rol van die beheerliggaam in ‘n skool se funksionering, en wie kan daarop dien?
Ons en die onderwys 31 Januarie 2021 31.01.2021 20:42
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe jy jou brein skerp kan hou, en wat die beste manier is om die brein te laat rus.
Ons en die onderwys 24 Januarie 2021 24.01.2021 22:15
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor ‘n mens die brein nuwe dinge aanleer. In die tyd waarin ons leef, moet ons amper elke dag ‘n nuwe truuk aanleer om vir leerders skool te hou, en dit plaas ons brein onder erge druk.
Ons en die onderwys 17 Januarie 2021 17.01.2021 23:21
Johan van Lill praat met onderwyskundige Susan van den Heever oor die uitdagings van groot klasse, en gee wenke oor hoe onderwysers dit kan hanteer.
Ons en die onderwys 10 Januarie 2021 10.01.2021 22:52
Johan van Lill praat met onderwyskundige en wiskundeskrywer, Marese Oberholzer, oor die belangrikheid van praktiese wiskunde in die klaskamer.
Ons en die onderwys 3 Januarie 2021 03.01.2021 20:25
Johan van Lill fokus op die uitdagings wat in 2021 in die onderwys voorlê. Onderwyskenners dr. Paul Colditz en Riana Vos verduidelik waarop daar vanjaar gefokus moet word.
Ons en die onderwys 27 Desember 2020 27.12.2020 19:42
Johan van Lill kyk na wat in 2020 in die onderwys gebeur het saam met onderwyskenners dr. Paul Colditz en Riana Vos.
Ons en die onderwys 20 Desember 2020 20.12.2020 18:58
Johan van Lill praat met dr. Deon Oerson hoe onderwysers die balans tussen skool, familie en gemeenskap kan kry. Hy gee wenke oor hoe om die verwagtinge van elke rolspeler te bestuur om veral uitbranding te voorkom.
Ons en die onderwys 13 Desember 2020 13.12.2020 21:39
Johan van Lill praat met Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk oor hoekom moedertaalonderwys steeds ‘n debat is wat wyd en syd gevoer word?
Ons en die onderwys 4 Desember 2020 06.12.2020 23:15
Johan van Lill fokus op die verskille en ooreenskomste tussen leerruimtes en klaskamers. Hy praat hieroor met De Waal Ritter, ‘n argitek en spesialis met die ontwerp van skole en leerruimtes.
Ons en die onderwys 29 November 2020 29.11.2020 21:56
Johan van Lill kyk na die professionele ontwikkeling van onderwysers. Hy praat met Alet Nienaber en Petrus Jacobs oor kursusse wat onderwysers kan doen om hulleself beter te bekwaam, en om lewenslange leerders te wees.
Ons en die onderwys 22 November 2020 22.11.2020 20:23
Johan van Lill fokus op ondersoekgebaseerde leer. Hy hoor by Herman Matthee, ‘n kurrikulumkundige, wat dit behels en hoe dit in ‘n klasopset gebruik kan word.
Ons en die onderwys 15 November 2020 15.11.2020 20:23
Johan van Lill fokus op hoe onderwyers hierdie moeilike onderwysjaar kan maak werk. Petrus Jacobs, 'n onderwyskundige en opleier van onderwysers, gee wenke en vertel hoe hy as opleier uitdagings moes oorkom.
Ons en die onderwys 8 November 2020 08.11.2020 21:52
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor die uitdagings vir onderwysers om deur die laaste paar weke van die kwartaal te kom ná die uitdagende jaar wat ons tot dusver beleef. Hulle gee vyf wenke oor hoe om deur al die nasienwerk wat voorlê, te kom.
Ons en die onderwys 1 November 2020 01.11.2020 22:11
Johan van Lill hoor hoe kernwaardes kan bydra tot die kultuur van ‘n skool. Hy praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor hoe skole kernwaardes by leerders kan vestig.
Ons en die onderwys 25 Oktober 2020 25.10.2020 23:29
Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum, oor leerders se vakkeuses, en die rol wat onderwysers hierin kan speel.
Ons en die onderwys 18 Oktober 2020 18.10.2020 20:06
Dis Nasionale Voeding- en Obesiteitsweek. Johan van Lill praat met prof. Lisanne du Plessis en Liezel Engelbrecht, dieetkundiges, oor wat skole kan doen om obesiteit onder leerders te verminder of te hanteer.
Ons en die onderwys 11 Oktober 2020 11.10.2020 22:23
Dis Nasionale Voeding- en Obesiteitsweek. Johan van Lill praat met prof. Lisanne du Plessis en Liezel Engelbrecht, dieetkundiges, oor wat skole kan doen om 'n gesonde skoolomgewing te skep, en hoekom dit nodig is dat skole ook op goeie voeding fokus.
Ons en die onderwys 4 Oktober 2020 04.10.2020 20:54
Johan van Lill praat met Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, oor vanjaar se eksamen- en promosie-vereistes wat onlangs deur die Departement van Basiese Onderwys bekend gemaak is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.