RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 27 Desember 2020 27.12.2020 19:42
Johan van Lill kyk na wat in 2020 in die onderwys gebeur het saam met onderwyskenners dr. Paul Colditz en Riana Vos.
Ons en die onderwys 20 Desember 2020 20.12.2020 18:58
Johan van Lill praat met dr. Deon Oerson hoe onderwysers die balans tussen skool, familie en gemeenskap kan kry. Hy gee wenke oor hoe om die verwagtinge van elke rolspeler te bestuur om veral uitbranding te voorkom.
Ons en die onderwys 13 Desember 2020 13.12.2020 21:39
Johan van Lill praat met Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk oor hoekom moedertaalonderwys steeds ‘n debat is wat wyd en syd gevoer word?
Ons en die onderwys 4 Desember 2020 06.12.2020 23:15
Johan van Lill fokus op die verskille en ooreenskomste tussen leerruimtes en klaskamers. Hy praat hieroor met De Waal Ritter, ‘n argitek en spesialis met die ontwerp van skole en leerruimtes.
Ons en die onderwys 29 November 2020 29.11.2020 21:56
Johan van Lill kyk na die professionele ontwikkeling van onderwysers. Hy praat met Alet Nienaber en Petrus Jacobs oor kursusse wat onderwysers kan doen om hulleself beter te bekwaam, en om lewenslange leerders te wees.
Ons en die onderwys 22 November 2020 22.11.2020 20:23
Johan van Lill fokus op ondersoekgebaseerde leer. Hy hoor by Herman Matthee, ‘n kurrikulumkundige, wat dit behels en hoe dit in ‘n klasopset gebruik kan word.
Ons en die onderwys 15 November 2020 15.11.2020 20:23
Johan van Lill fokus op hoe onderwyers hierdie moeilike onderwysjaar kan maak werk. Petrus Jacobs, 'n onderwyskundige en opleier van onderwysers, gee wenke en vertel hoe hy as opleier uitdagings moes oorkom.
Ons en die onderwys 8 November 2020 08.11.2020 21:52
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor die uitdagings vir onderwysers om deur die laaste paar weke van die kwartaal te kom ná die uitdagende jaar wat ons tot dusver beleef. Hulle gee vyf wenke oor hoe om deur al die nasienwerk wat voorlê, te kom.
Ons en die onderwys 1 November 2020 01.11.2020 22:11
Johan van Lill hoor hoe kernwaardes kan bydra tot die kultuur van ‘n skool. Hy praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor hoe skole kernwaardes by leerders kan vestig.
Ons en die onderwys 25 Oktober 2020 25.10.2020 23:29
Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum, oor leerders se vakkeuses, en die rol wat onderwysers hierin kan speel.
Ons en die onderwys 18 Oktober 2020 18.10.2020 20:06
Dis Nasionale Voeding- en Obesiteitsweek. Johan van Lill praat met prof. Lisanne du Plessis en Liezel Engelbrecht, dieetkundiges, oor wat skole kan doen om obesiteit onder leerders te verminder of te hanteer.
Ons en die onderwys 11 Oktober 2020 11.10.2020 22:23
Dis Nasionale Voeding- en Obesiteitsweek. Johan van Lill praat met prof. Lisanne du Plessis en Liezel Engelbrecht, dieetkundiges, oor wat skole kan doen om 'n gesonde skoolomgewing te skep, en hoekom dit nodig is dat skole ook op goeie voeding fokus.
Ons en die onderwys 4 Oktober 2020 04.10.2020 20:54
Johan van Lill praat met Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, oor vanjaar se eksamen- en promosie-vereistes wat onlangs deur die Departement van Basiese Onderwys bekend gemaak is.
Ons en die onderwys 27 September 2002 27.09.2020 22:15
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor sensoriese integrasie. Hoekom is dit belangrik dat onderwysers hiervan moet kennis neem, en hoe beïnvloed dit kinders se leer en ontwikkeling.
Ons en die onderwys 20 September 2020 20.09.2020 22:06
Johan van Lill praat met onderwyskundige dr. Lettie Horn oor die rol wat perseptuele ontwikkeling speel in kinders se ontwikkeling, en hoe voorskoolse onderwysers kinders beter vir formele skool kan voorberei.
Ons en die onderwys 13 September 2020 13.09.2020 24:04
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Leanda Otto oor die leeruitdagings wat kinders in die klaskamer ervaar, en wat ons in plek moet hê om die leerder te ondersteun.
Ons en die onderwys 6 September 2020 06.09.2020 23:03
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, 'n skrywer, oor onderwysers hierdie onseker tye waar dit voel asof niks weer gaan wees soos dit was nie, te kan hanteer.
Ons en die onderwys 30 Augustus 2020 30.08.2020 21:37
Johan van Lill praat met Marthinus Visser oor waar naskoolse opleiding deesdae by leerders se ontwikkeling inpas, en watter rol onderwysers hierin speel. Hulle kyk ook na die toekoms van naskoolse opleiding en die opsies wat bestaan.
Ons en die onderwys 23 Augustus 2020 23.08.2020 22:15
Johan van Lill neem saam met Paul Colditz en Maryna Besseling bestekopname van die onderwysjaar tot dusver. Wat is die belangrike dinge waarvan ons moet kennis neem, en waarop moet skole en ouers fokus?
Ons en die onderwys 16 Augustus 2020 16.08.2020 19:57
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor nuuskierigheid, en hoe onderwysers leergierigheid – of anders gestel, inligting-versamelingsgedrag - by leerders kan ontwikkel.
Ons en die onderwys 9 Augustus 2020 09.08.2020 27:19
Johan van Lill praat met Riaan Vlok, hoof van tegnologie by die Curro Groep, oor hoe skole 'n holistiese benadering kan volg om tegnologie in die klaskamer te beplan. Wat is die dinge wat in ag geneem moet word as internettoegang vir leerders gegee word, en hoe kan voorkom word dat die netwerk te stadig is vir leerders om elektroniese leer werklik te benut, want 'n vinnige duur lyn is nie altyd di...
Ons en die onderwys 2 Augustus 2020 02.08.2020 19:31
Johan van Lill praat met prof. Jako Olivier van die Noordwes-Universiteit oor meta-geletterdheid en die rol wat dit kan speel om kinders se vaardighede te verbeter om fopnuus uit te ken.
Ons en die onderwys 26 Julie 2020 25.07.2020 21:06
Johan van Lill praat met prof. Jako Olivier van die Noordwes-Universiteit oor die Unesco-leerstoelprogram. Die program fokus op multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne. Wat is dit, en hoe kan onderwys in Suid-Afrika hierby baat?
Ons en die onderwys 19 Julie 2020 19.07.2020 19:23
Johan van Lill praat met onderwyskundige, Alta Greeff, oor hoe skole medemenslikheid by leerders kan ontwikkel, en die rol wat bertekenisvolle leer kan speel in hierdie proses.
Ons en die onderwys 12 Julie 2020 11.07.2020 25:33
Johan van Lill vertel van TED-praatjies waarna onderwysers kan luister om hulle nie net te inspireer nie, maar ook te laat nadink oor waarop om te fokus.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.