RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 5 Julie 2020 05.07.2020 20:26
Johan van Lill vind meer uit oor e-sport, gamification en rekenaarspeletjie-gebaseerde onderwys, na aanleiding van 'n e-sport-toernooi wat die Curro-skole onlangs gehou het.
Ons en die onderwys 28 Junie 2020 28.06.2020 19:49
Johan van Lill vind by skole uit hoe dit by hulle gaan, en watter planne hulle gemaak het met die Covid-regulasies.
Ons en die onderwys 21 Junie 2020 20.06.2020 22:20
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer oor die rol wat inheemse kennis in wetenskaponderrig speel, en hoe selfgerigte leerbeginsels kan put uit die oordrag van inheemse kennis van geslag tot geslag. Ons vind ook meer uit van die Noordwes-Univiersiteit se Onderwysers sonder Grense-projek waar onderwysers mekaar kan help om nuut te dink oor onderwys en opleiding.
Ons en die onderwys 14 Junie 2020 13.06.2020 22:58
Daar word deesdae dikwels gesê dat die toekoms nie meer is wat dit was nie. Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat kinders oor die toekoms dink, en hoe onderwysers daarop moet reageer?
Ons en die onderwys 7 Junie 2020 06.06.2020 21:43
Johan van Lill praat met prof. Jako Olivier oor mikroleer en hoe dit met selfgerigte leer skakel. Hulle gee wenke oor hoe jy jou aanlyn-videos vir jou leerders meer trefkrag kan gee deur mikro-leerbeginsels toe te pas.
Ons en die onderwys 31 Mei 2020 30.05.2020 21:52
Johan van Lill praat met dr. Roxanne Bailey, dr. Marisa Verster en prof. Christo van der Westhuizen van die Eenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit oor hoe mens die isolasie uit leer by die huis kan haal en hoe om groepwerk en samewerking tussen leerders te bevorder. Hulle gee raad oor hoe jy die kurrikulum kan voltooi met die beperkte tyd wat daar is. Daar word ook gekyk na die...
Ons en die onderwys 24 Mei 2020 23.05.2020 24:16
Johan van Lill praat met prof. Charlene du Toit-Brits, dr. Deon van Tonder en dr. Anitia Lubbe van die Eenheid vir Selfgerigte Leer aan die Noordwes-Universiteit oor die verskil tussen selfstudie en selfgerigte leer. Hoe kan ouers skole ondersteun om 'n leeromgewing te skep wat lewenslange leer bevorder, en wat is hulle rol met assessering?
Ons en die onderwys 17 Mei 2020 17.05.2020 22:30
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe ek my onderwyspad vind in hierdie onseker tye. en hoe ek as onderwyser vals nuus met my leerders moet hanteer.
Ons en die onderwys 10 Mei 2020 09.05.2020 21:21
Johan van Lill praat met Ronald Balie van die Principals Academy Trust oor die emosionele versorging van skoolhoofde en onderwysleiers in die tyd waarin skole weer moet oopmaak.
Ons en die onderwys 3 Mei 2020 02.05.2020 20:53
Johan van Lill praat met Paul Colditz en Johane van der Merwe oor die kompleksiteit en uitdagings van onderwysleierskap in hierdie tye. Hulle gesels ook oor al die regsuitdagings wat skoolhoofde in gedagte moet hou.
Ons en die onderwys 26 April 2020 25.04.2020 23:15
Johan van Lill praat met Magdaleen de Kock, 'n onderwyser, oor haar ervaring van aanlyn klasgee. Waar pas pen en papier in by digitale leer? Sy gee ook wenke oor hoe sy haar kollegas oplei en ondersteun, en watter hulpbronne sy in haar lesse gebruik.
Ons en die onderwys 19 April 2020 19.04.2020 43:30
Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, en Alta Greeff, 'n onderwyskundige, oor die dinge waaroor ouers en versorgers en kinders bekommerd is in die grendeltyd van COVID19. Wat is jou vrese, en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?
Ons en die onderwys 12 April 2020 11.04.2020 22:47
Johan van Lill praat met Jaco Deacon van Fedsas en Willem du Buisson, die hoof van Hoërskool Sand du Plessis, oor hoe die tyd by die huis leerders en onderwys in die toekoms sal beïnvloed. Ouers word nou meer blootgestel aan die kurrikulum wat in skole gedoen word. Watter uitwerking sal dit hê op hoe mense oor onderwys dink en daarvan verwag?
Ons en die onderwys 5 April 2020 04.04.2020 21:49
Johan van Lill praat met Magdaleen de Kock, 'n onderwyser, oor haar ervaring van aanlyn klasgee. Waar pas pen en papier in by digitale leer? Sy gee ook wenke oor hoe sy haar kollegas oplei en ondersteun, en watter hulpbronne sy in haar lesse gebruik.
Ons en die onderwys 29 Maart 2020 29.03.2020 21:31
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe onderwysers die veranderinge kan hanteer wat deur die pandemie veroorsaak is. Skole moes hierdie week weer heropen het na die vakansie, en nou is almal by hulle huise en onderwys moet voortgaan.
Ons en die onderwys 22 Maart 2020 21.03.2020 17:29
Johann van Lill praat met prof. Ignatius Gouws oor leer, en waaroor dit eintlik gaan in die drie vlakke van leer.
Ons en die onderwys 15 Maart 2020 14.03.2020 20:00
Johan van Lill praat met David Jantjies oor hoe skole met ouers kan gesels oor die belangrikheid van huistaal wanneer kinders leer. Ouers dring baie keer aan dat 'n kind in 'n ander taal as sy of haar moedertaal onderrig ontvang, en besef nie altyd die nagevolge van hierdie besluit nie.
Ons en die onderwys 8 Maart 2020 07.03.2020 19:12
Johan van Lill praat met Hennie de Wet, bestuurshoof van die Rapport Onderwysfonds, oor watter behoefte daar aan onderwysers is na aanleiding van navorsing wat hulle gedoen het oor wat nodig is in die onderwysprofessie om aan die vereistes van goeie onderrig en leer te voldoen.
Ons en die onderwys 1 Maart 2020 01.03.2020 22:13
Tegniese onderwys is een van die steunpilare waarop Suid-Afrika se ekonomie en vooruitgang berus. Johan van Lill praat met 'n groep onderwyskundiges oor die werk wat die Nasionale Assosiasie vir Skole van Tegnologie doen om tegniese onderwys te bevorder, ondersteun en ontwikkel.
Ons en die onderwys 23 Februarie 2020 23.02.2020 1:28:19
Regstreekse uitsending van die Afrikaanse Onderwysnetwerk en RSG se onderwyssimposium oor moedertaalonderrig,
Ons en die onderwys 16 Februarie 2020 15.02.2020 23:30
Leerder se veiligheid tydens skooluitstappies was onlangs in die nuus nadat 'n leerder verdrink het. Johan van Lill prata met 'n skoolhoof en 'n onderwyser oor die moets en moenies van uitstappies met leerders. Wat is al die aspekte waaraan skole moet dink om nie net die leerders se veiligheid te verseker nie, maar ook om die meeste opvoedkundige waarde uit die geleentheid te put?
Ons en die onderwys 9 Februarie 2020 08.02.2020 23:10
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon van Fedsas oor onderwyswetgewing. Daar is verskillende wette wat die regte van kinders beskerm, en ouers, versorgers en onderwysers is nie altyd seker hoe die wette met mekaar skakel nie, en hoe dit toegepas behoort te word nie.
Ons en die onderwys 2 Februarie 2020 01.02.2020 21:46
Johan van Lill kyk na geestesgesondheid in onderwys en opvoeding. Hoe kan leerders en studente, wat byvoorbeeld bipolêre gemoedsteuring het, ondersteun en bygestaan word? En watter rol speel opvoeders en dosente in hierdie proses? Die gaste is van die CPUT-kampus op Wellington wat 'n projek begin het om die stigmas oor geestesgesondheid aan te pak.
Ons en die onderwys 26 Januarie 2020 25.01.2020 21:42
Johan van Lill is by die British Educational Training and Technology Show in London, en gesels met internasionale kenners en Riaan Vlok, hoof van tegnologie by die Curro Skole-groep, oor die jongste tegnologiese ontwikkelinge en tendense vir die klaskamer. Waarvan moet ons as Suid-Afrikaners kennis neem, en watter tegnologie word nou wêreldwyd in klaskamers gebruik.
Ons en die onderwys 19 Januarie 2020 18.01.2020 21:19
Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges oor die rol wat tegnologie kan speel om leer te ondersteun. Deesdae lees mens al hoe meer dat tegnologie nie die klaskamer moet oorheers nie, maar onderwys sal ook soveel armer wees as dit weggelaat word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.