RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 712 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 28 Mei 2023 28.05.2023

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n vakspesialis vire wetenskap en robotika by die Skole-ondersteuningsentrum, oor kunsmatige intelligensie en spesifiek ChatGPT se impak op onderwys.

Ons en die onderwys 21 Mei 2023 21.05.2023

Johan van Lill praat met Maritha Fouche, ‘n privaat maatskaplike werker, oor holistiese sosio-emosionele assesserings. Dis ‘n assessering wat die oorsake van gedrag en emosionele probleme by kinders kan identifiseer.

Ons en die onderwys 14 Mei 2023 14.05.2023

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, hoof van grondslagfase by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor ouerbetrokkenheid. Wat is die positiewe en negatiewe aspekte van ouerbetrokkenheid by die skool en kinders?

Ons en die onderwys 7 Mei 2023 07.05.2023

Johan van Lill praat met twee argitekte oor hoe waardes in skole lyk. Hoe kan ‘n mens kernwaardes in skole vestig?

Ons en die onderwys 30 April 2023 30.04.2023

Hoe lyk die ideale skoolgebou? Johan van Lill praat met twee argitekte wat spesialiseer in die ontwerp van skole. Tradisionele klaskamers word nou leerruimtes wat nie meer noodwendig uit vier mure hoef te bestaan nie.

Ons en die onderwys 23 April 2023 21.04.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor onderwysmentorskap. Hoe kan skole nuwe onderwysers ondersteun om hulle beroep ten volle toegerus te begin?

Ons en die onderwys 16 April 2023 16.04.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Christine Koudstaal oor outisme en inklusiewe onderwys. April is nasionale outismemaand, en ons fokus op die uitdagings vir onderwysers om kinders met outisme in hulle klasse te laat floreer.

Ons en die onderwys 9 April 2023 09.04.2023

Johan van Lill met praat met onderwyskundige dr. Jurie Joubert oor hoe skole kan baat by multigraadonderwys. Vir baie jare is dit gesien as ‘n mindere onderwysaanbieding, maar navorsing dui daarop dat leerders groot baat kan vind daarby.

Ons en die onderwys 2 April 2023 02.04.2023

Johan van Lill praat met Ester Nel, 'n onderwyser en onderwysleier by Leeuwenhof Akademie, oor hoe om gehalte in my skool te verseker. Watter rol kan ‘n vakhoof daarin speel?

Ons en die onderwys 26 Maart 2023 26.03.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwyskonsultant Johan Bezuidenhout oor die gebruik van die BOLKE-metode as ‘n bestuursintrument in skole. Hoe kan skole hulle aktiwiteite beter beplan en bestuur met die hulp van hierdie metode?

Ons en die onderwys 19 Maart 2023 19.03.2023

Johan van Lill praat met twee onderwyskenners oor kuberboelie in skole. Sy gaste is Leandie Brasdler en advokaat Phyllis Vorster. Hoe erg is die probleem, veral in Suid-Afrika se skole? Watter tipe aktiwiteite kan gesien word as kuberboelie?

Ons en die onderwys 12 Maart 2023 12.03.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwysleier Martie Heystek oor hoe onderwysers goeie menseverhoudinge kan handhaaf.

Ons en die onderwys 5 Maart 2023 05.03.2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor die skoolhoof as gemeenskapsleier en bestuurder van mense. Wat behels die rol van die skoolhoof in ons moderne samelewing?

Ons en die onderwys 26 Februarie 2023 26.02.2023

Johan van Lill praat met Johan Bezuidenhout, 'n afgetrede skoolhoof en onderwyskonsultant, oor onderwys wat gerig is op die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld by leerders.

Ons en die onderwys 19 Februarie 2023 19.02.2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch oor die kommer oor 'n tekort aan onderwysers, voorskoolse onderwys, die verkiesing van die beheerliggame, en die invloed wwat ChatGPT op toetse en eksamens kan hê. 

Ons en die onderwys 12 Februarie 2023 12.02.2023

Johan van Lill praat met Daan Potgieter, 'n onderwyskundige, oor wat dit behels om ‘n onderwyser te wees in die hoërskool. Wat moet jy weet as jy die onderwysprofessie wil betree, of pas met jou onderwysloopbaan begin het?

Ons en die onderwys 5 Februarie 2023 05.02.2023

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor wat dit behels om ‘n onderwyser te wees in voorskoolse en laerskool onderwys. Wat moet jy weet as jy die onderwysprofessie wil betree, of pas met jou onderwysloopbaan begin het.

Ons en die onderwys 29 Januarie 2023 29.01.2023

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk-Luttig, 'n onderwyskundige, oor hoe ‘n onderwyser kop hou en balans kan hê in die jaar wat voorlê. Hoe behou ek my vreugde as ‘n onderwyser?

Ons en die onderwys 22 Januarie 2023 22.01.2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor wat onderwysleiers moet weet van selfdood onder leerders. Wat is die growwe en sagte tekens waarvoor mens moet uitkyk, en hoe moet skole dit hanteer wanneer daar ‘n selfdoodpoging was?

Ons en die onderwys 15 Januarie 2023 15.01.2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor skolastiese evaluerings. Wanneer is dit nodig en wat behels die proses om leeruitdagings te diagnoseer?

Ons en die onderwys 8 Januarie 2023 08.01.2023

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe om ‘n fokus vir jou onderwysjaar te hê, en waarop om te fokus om die uitdagings van die jaar in die skool en klaskamer te oorkom.

Ons en die onderwys 1 Januarie 2023 01.01.2023

Johan van Lill praat met drie onderwyskenners oor die onderwysjaar wat voorlê. Wat is die uitdagings vir die jaar wat kom? Die deelnemers is dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reynecke en prof. Michael le Cordeur.

Ons en die onderwys 18 Desember 2022 18.12.2022

Johan van Lill praat met drie onderwyskenners oor die afgelope jaar se onderwysgebeure. Wat het reggeloop en wat het verkeerd geloop? Die deelnemers is Dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reynecke en prof. Michael le Cordeur.

Ons en die onderwys 11 Desember 2022 11.12.2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe om op ‘n persoonlike vlak op jou onderwysjaar te reflekteer en die jaar af te sluit. Ons kyk terug na die doelwitte wat ons aan die begin van die jaar gestel het om hierdie uitdagende onderwysjaar suksesvol te maak.

Ons en die onderwys 4 Desember 2022 04.12.2022

Johan van Lill praat met Jenny Bridgeman van die Overberg Onderwysdistrik in die Wes-Kaap oor wat ouers se rol is in hulle kinders se skool. Waarvoor moet ouers verantwoordelikheid neem? Hoe betrokke moet jy by jou kind se skool wees?

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.