RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 20 Augustus 2023 20.08.2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor hoe onderwysers oor Afrikaans moet dink. Maandag 14 Augustus was Taaldag. Wat is die stand van Afrikaans in skole?

Ons en die onderwys 13 Augustus 2023 13.08.2023

Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck oor die waarde wat teaterbesoeke vir leerders het. Hulle vertel hoekom dit belangrik is dat leerders hulle leesboekkarakters ook op ‘n verhoog beleef.

Ons en die onderwys 6 Augustus 2023 06.08.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor die verhouding tussen ouers en onderwysers. Wat is die dinge wat onderwysers graag wil hê ouers moet hoor en op ag slaan? Wat is die dinge wat ouers wil hê, onderwysers moet van kennis neem?

Ons en die onderwys 30 Julie 2023 30.07.2023

Johan van Lill praat met Riaan van der Bergh van Fedsas oor die 2024-skoolbeheerliggaamverkiesings.

Ons en die onderwys 23 Julie 2023 23.07.2023

Johan van Lill praat met Sors Joubert, 'n dosent in liggaamlike opvoeding, oor die rol wat liggaamlike opvoeding in skole speel. Tot watter mate is LO voordelig vir leerders, en wat gebeur tans in skole wat hierdie betref.

Ons en die onderwys 16 Julie 2023 16.07.2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die verhouding tussen die skool en die opvoedkundige sielkundige. Hoe kan daar ‘n beter en goeie samewerking wees tussen hierdie twee partye?

Ons en die onderwys 9 Julie 2023 09.07.2023

Johan van Lill praat met oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, Jannie van der Westhuizen, oor die uitdagings wat onderwysleiers tans in die gesig staar. Hoe kan skole hierdie oorkom?

Ons en die onderwys 2 Julie 2023 02.07.2023

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, historikus en onderwyskundige, oor die rol wat pedagogiek kan speel om skole meer effektief te maak. Hoe kan leerders se agterstande deur goeie pedagogiek aangespreek word?

Ons en die onderwys 25 Junie 2023 25.06.2023

Johan van Lill praat met Glen du Toit oor hoekom die gebruik van tegnologie in skole nog nie die onderwyskrisis kon oplos nie? Hoe vaar ons in vergelyking met ander lande wat dieselfde uitdagings as ons het?

Ons en die onderwys 18 Junie 2023 18.06.2023

Johan van Lill praat met Tertia du Plessis, ‘n onderwyskundige, oor die geletterdheidskrisis in skole. Wat kan skole doen om die geletterdheidsuitdagings aan te pak?

Ons en die onderwys 11 Junie 2023 11.06.2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om te onderrig en te leer om beter te verstaan, langer te onthou en meer te kan doen daarmee.

Ons en die onderwys 4 Junie 2023 04.06.2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die lae geletterdheidsvlakke, aanlynaansoeke vir toelating tot skole, en die aansoekproses by universiteite vir toelating en finansiële hulp.

Ons en die onderwys 28 Mei 2023 28.05.2023

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n vakspesialis vire wetenskap en robotika by die Skole-ondersteuningsentrum, oor kunsmatige intelligensie en spesifiek ChatGPT se impak op onderwys.

Ons en die onderwys 21 Mei 2023 21.05.2023

Johan van Lill praat met Maritha Fouche, ‘n privaat maatskaplike werker, oor holistiese sosio-emosionele assesserings. Dis ‘n assessering wat die oorsake van gedrag en emosionele probleme by kinders kan identifiseer.

Ons en die onderwys 14 Mei 2023 14.05.2023

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, hoof van grondslagfase by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor ouerbetrokkenheid. Wat is die positiewe en negatiewe aspekte van ouerbetrokkenheid by die skool en kinders?

Ons en die onderwys 7 Mei 2023 07.05.2023

Johan van Lill praat met twee argitekte oor hoe waardes in skole lyk. Hoe kan ‘n mens kernwaardes in skole vestig?

Ons en die onderwys 30 April 2023 30.04.2023

Hoe lyk die ideale skoolgebou? Johan van Lill praat met twee argitekte wat spesialiseer in die ontwerp van skole. Tradisionele klaskamers word nou leerruimtes wat nie meer noodwendig uit vier mure hoef te bestaan nie.

Ons en die onderwys 23 April 2023 21.04.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor onderwysmentorskap. Hoe kan skole nuwe onderwysers ondersteun om hulle beroep ten volle toegerus te begin?

Ons en die onderwys 16 April 2023 16.04.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Christine Koudstaal oor outisme en inklusiewe onderwys. April is nasionale outismemaand, en ons fokus op die uitdagings vir onderwysers om kinders met outisme in hulle klasse te laat floreer.

Ons en die onderwys 9 April 2023 09.04.2023

Johan van Lill met praat met onderwyskundige dr. Jurie Joubert oor hoe skole kan baat by multigraadonderwys. Vir baie jare is dit gesien as ‘n mindere onderwysaanbieding, maar navorsing dui daarop dat leerders groot baat kan vind daarby.

Ons en die onderwys 2 April 2023 02.04.2023

Johan van Lill praat met Ester Nel, 'n onderwyser en onderwysleier by Leeuwenhof Akademie, oor hoe om gehalte in my skool te verseker. Watter rol kan ‘n vakhoof daarin speel?

Ons en die onderwys 26 Maart 2023 26.03.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwyskonsultant Johan Bezuidenhout oor die gebruik van die BOLKE-metode as ‘n bestuursintrument in skole. Hoe kan skole hulle aktiwiteite beter beplan en bestuur met die hulp van hierdie metode?

Ons en die onderwys 19 Maart 2023 19.03.2023

Johan van Lill praat met twee onderwyskenners oor kuberboelie in skole. Sy gaste is Leandie Brasdler en advokaat Phyllis Vorster. Hoe erg is die probleem, veral in Suid-Afrika se skole? Watter tipe aktiwiteite kan gesien word as kuberboelie?

Ons en die onderwys 12 Maart 2023 12.03.2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwysleier Martie Heystek oor hoe onderwysers goeie menseverhoudinge kan handhaaf.

Ons en die onderwys 5 Maart 2023 05.03.2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor die skoolhoof as gemeenskapsleier en bestuurder van mense. Wat behels die rol van die skoolhoof in ons moderne samelewing?

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.