RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 11 Februarie 2024 11.02.2024 25:39
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor die verhouding tussen die beheerliggaam en die skoolhoof. Hoe kan skole hierdie verhouding ten beste onderhou om die skool en die gemeenskap te dien.
Ons en die onderwys 4 Februarie 2024 04.02.2024 24:12
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon en dr. Juane van der Merwe van FEDSAS oor die beheerliggaamsverkiesing wat in Maart in alle openbare skole moet plaasvind.
Ons en die onderwys 28 Januarie 2024 28.01.2024 22:37
Johan van Lill praat met. prof Hercules Nieuwoudt oor bekwame wiskunde-onderrig in die 4de nywerheidsrewolusie.
Ons en die onderwys 21 Januarie 2024 21.01.2024 25:00
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux oor strategieë oor hoe om die onderwysjaar met mening aan te pak en dit ‘n besondere jaar te maak vir jouself en vir jou leerders.
Ons en die onderwys 14 Januarie 2024 14.01.2024 25:11
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen, oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, oor tipiese begin van die jaar dinge wat skoolhoofde moet hanteer en ook hoe om die onderwyspersoneel te motiveer vir die jaar wat voorlê.
Ons en die onderwys 7 Januarie 2024 07.01.2024 26:16
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met drie gaste oor wat vir ons voorlê in die 2024 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe kyk bietjie in hulle kristalballe en deel met ons waarvoor hulle opgewonde is en waaroor hulle bekommerd is oor die jaar wat voorlê.
Ons en die onderwys 31 Desember 2023 31.12.2023 27:34
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met gaste oor die hoogtepunte en laagtepunte in die 2023 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe gesels oor wat reg en verkeerd geloop het in 2023.
Ons en die onderwys 24 Desember 2023 24.12.2023 23:12
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Riaan van den Bergh, adjunk uitvoerende hoof van FEDSAS, oor die 2024 skoolbeheerliggaamverkiesing. Wie kan daaraan deelneem en hoe werk die proses.
Ons en die onderwys 17 Desember 2023 17.12.2023 25:43
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met dr Jurie Joubert, bekende historikus en onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 3 en 4 en Graad 7 en 8. Hoekom is dit so kompleks en hoe moet onderwysers dit hanteer?
Ons en die onderwys 10 Desember 2023 10.12.2023 21:59
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux wat vir ons wenke gee oor hoe om die onderwysjaar op ‘n emosionele en geestelike vlak af te sluit. Hoe reflekteer ek op die onderwysjaar wat verby is.
Ons en die onderwys 3 Desember 2023 03.12.2023 20:29
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen oor al die dinge wat aan die einde van die skooljaar afgehandel moet word voordat die skool sluit vir die somervakansie.
Ons en die onderwys 26 November 2023 26.11.2023 24:02
Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen, verbonde aan die Departement Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, oor die gebruik van mikrolesse vir die opleiding van STEM-onderwysers in 'n virtuele realiteitsklaskamer.
Ons en die onderwys 19 November 2023 19.11.2023 25:12
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe onderwysleiers ouerverwagtinge kan bestuur. Hoe kan die verhouding tussen die ouers en die skool gesond en konstruktief bestuur word?
Ons en die onderwys 12 November 2023 12.11.2023 23:42
Johan van Lill praat met dr. Celia Booyse oor onderrigstrategieë met die brein in gedagte. Hulle kyk na die belangrikheid van taal in leer, uitvoerende funksies en waartoe dit leerders in staat kan stel.
Ons en die onderwys 5 November 2023 05.11.2023 21:59
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die BELA-wetgewing, wat gemeenskappe kan doen om die matrieks met hulle eksamen te ondersteun, en waar die proses is met aansoeke vir onderwysstudente by universiteite.
Ons en die onderwys 29 Oktober 2023 29.10.2023 20:12
Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor geletterdheid, en fokus op die voor-die-lees-fase wat onderwysers as ‘n strategie kan gebruik by die onderrig van lees.
Ons en die onderwys 22 Oktober 2023 22.10.2023 21:13
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor hoe om kritiese denkvaardighede by leerders te ontwikkel.
Ons en die onderwys 15 Oktober 2023 15.10.2023 22:54
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor kommunikasie en onderwysleierskap. Hoe kan onderwysleiers suksesvol kommunikeer sodat dinge glad kan verloop in die skool en skoolgemeenskap?
Ons en die onderwys 8 Oktober 2023 08.10.2023 22:35
Johan van Lill praat met Susan Burgess, 'n onderwyskundige, oor speelgebaseerde leer in voorskoolse onderrig. Hoekom is speel so belangrik vir die ontwikkeling van jonger leerders?
Ons en die onderwys 1 Oktober 2023 01.10.2023 22:16
Johan van Lill praat met professor Jean Greyling oor kodering. Hoekom is kodering belangrik vir leerders? Hoe kan skole, wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie, dit aanpak?
Ons en die onderwys 24 September 2023 24.09.2023 21:13
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer oor poppedialoog as onderrigleerstrategie in die wiskunde- en wetenskapklaskamer. Hoe kan poppespel gebruik word om wiskunde en wetenskap te onderrig?
Ons en die onderwys 17 September 2023 17.09.2023 20:08
Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor onderrig en ontwikkeling van leesbegrip. Hoe ontwikkel ’n mens leesbegrip? Is dit iets waarmee ouers kan help?
Ons en die onderwys 10 September 2023 10.09.2023 20:34
Johan van Lill praat met onderwyskundige Jannie van der Westhuizen oor wat die kernopdrag van skole is, en waarmee hulle besig behoort te wees.
Ons en die onderwys 3 September 2023 03.09.2023 21:05
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor die BELA-wetgewing wat tans baie in die nuus is. Wat moet ouers, onderwysers en skole hiervan weet? Wat gebeur nou verder?
Ons en die onderwys 27 Augustus 2023 27.08.2023 19:20
Johan van Lill praat met Marieta Nel oor begripstoetse, visuele en ouditiewe tekste en opsommings. Hoe kan onderwysers dit meer suksesvol in die klaskamer aanpak met die leerders sodat hulle dit eendag met sukses in die matriekvraestel kan doen?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.