RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 4 Augustus 2024 04.08.2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die uitdagings wat die Departement van Basiese Onderwys en die nuwe Minister van Onderwys tans in die gesig staar.

Ons en die onderwys 28 Julie 2024 28.07.2024

Johan van Lill praat met Nelmari Kemp, projekbestuurder by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, oor hulle Zoë-voorleesprojek. In hierdie projek stel die SBA lesers by skole aan om vir leerders voor te lees om sodoende lees- en taalvaardighede te ontwikkel.

Ons en onderwys 21 Julie 2024 21.07.2024

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van Fedsas en hoof van die Fedsas Sentrum vir Tegnologie, oor robotika en kodering, en wat skole alles nodig het om dit te implementeer.

Ons en die onderwys 14 Julie 2024 14.07.2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon en professor Mariette Reyneke oor die nuwe Minister van Onderwys. Hulle verduidelik wat die pligte van ‘n nasionale minister van onderwys is, en watter magte sy het om ‘n verskil te maak.

Ons en die onderwys 7 Julie 2024 07.07.2024

Johan van Lill praat met Maryke Bellingan en dr. Hanrie Bezuidenhout oor die Singapoer-benadering tot Wiskunde-onderrig. Wat hierdie benadering uniek maak, is die manier waarop konsepte stap-vir-stap op mekaar bou, van konkreet tot simbolies. Dit bevorder diepgaande begrip by leerders. Hulle praat ook oor die faktore wat 'n groot rol speel in Wiskunde-prestasie en -begrip.

Ons en die onderwys 30 Junie 2024 30.06.2024

Johan van Lill praat met dr. Rinda Blom, 'n speelterapeut, oor die rol wat speelterapie in onderwys speel. Wat is speelterapie? Wanneer kan onderwysers dit aanbeveel om kinders te ondersteun?

Ons en die onderwys 23 Junie 2024 23.06.2024

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, 'n skrywer en motiveringspreker, oor hoekom vakansies belangrik is vir onderwysers en leerders. Hoe laai ek my battery?

Ons en die onderwys 16 Junie 2024 16.06.2024

Johan van Lill praat met prof Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch se Departement Opvoedkunde en dr. Jaco Deacon van Fedsas oor Jeugdag. Wat beteken dit vir onderwys in die tyd waarin ons nou is? Hoe moet onderwysers oor Jeugdag dink?

Ons en die onderwys 9 Junie 2024 09.06.2024

Johan van Lill fokus op selfgerigte leer. Sy gaste is almal van die Eenheid vir Selfgerigte Leer aan die Noordwes-Universiteit se Departement Opvoedkunde. Hulle vertel ook meer van ‘n kongres wat in November  plaasvind wat op selfgerigte leer fokus.

Ons en die onderwys 2 Junie 2024 02.06.2024

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, 'n onderwyskonsultant en oud-skoolhoof,  oor die skoolhoof as ‘n rolmodel. Daar is 'n algemene verwagting by mense dat skoolhoofde rolmodelle behoort te wees, maar wat behels dit in praktiese terme?

Ons en die onderwys 26 Mei 2024 26.05.2024

Johan van Lill praat met dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, oor die verskillende variante van Afrikaans, en hoe onderwysers dit in die klaskamer kan hanteer. Hoe skep ek ‘n inklusiewe omgewing waar almal die vrymoedigheid het om hulle eie vorm van Afrikaans te praat?

Ons en die onderwys 19 Mei 2024 19.05.2024

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor hoe om kinders leesgereed te kry, en watter vaardighede nodig is vir aanvanglees.

Ons en die onderwys 12 Mei 2024 12.05.2024

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer van die Eenheid vir Selfgerigte Leer by die Departement Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit oor ’n interessante kunskompetisie vir leerders en studente met sterrekunde as tema.

Ons en die onderwys 5 Mei 2024 05.05.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak van huishoudelike geweld op leerders. Wat kan onderwysers doen om hierdie leerders te ondersteun?

Ons en die onderwys 28 April 2024 28.04.2024

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe oor die grondwet en opvoedkunde: Wat is ons grondwetlike regte op verskillende vlakke van opvoedkunde en onderwys?

Ons en die onderwys 21 April 2024 21.04.2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor oksitosien en sosiale leer. Hierdie hormoon versterk nie net ons emosionele bande nie, maar speel ook 'n kritiese rol in sosiale leerprosesse. Oksitosien kan ook positiewe sosiale gedrag in die klaskamer bevorder.

Ons en die onderwys 14 April 2024 14.04.2024

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 7 en 8, en hoe ouers, leerders en onderwysers die oorgang op die beste moontlike manier kan hanteer.

Ons en die onderwys 7 April 2024 07.04.2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor onderwyssake waarvan ons moet kennis neem, soos die nuutverkose beheerliggame, sport- en kultuuraktiwiteite in die tweede kwartaal, en die Bela-wetgewing.

Ons en die onderwys 31 Maart 2024 31.03.2024

Johan van Lill praat prof Ignatius Gous oor meertaligheid en moedertaalonderwys. Hoe moet ons hieroor dink binne die konteks van Suid-Afrika?

Ons en die onderwys 24 Maart 2024 24.03.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesonheidsprobleme wat in skole voorkom, en hoe onderwysers dit kan hanteer. Hoe ondersteun ek die algemene welstand van my leerders?

Ons en die onderwys 17 Maart 2024 17.03.2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van FEDSAS, oor die opleidingsgeleenthede wat beskikbaar is vir die nuutverkose skoolbeheerliggaamslede. Vanjaar is baie van hierdie geleenthede aanlyn beskikbaar, wat dit makliker maak vir lede om hulle opleiding te ontvang.

Ons en die onderwys 10 Maart 2024 10.03.2024

Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, 'n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sowel sielkunde as kriminologie, oor die belangrikheid van opleiding vir onderwysers in kindersielkunde.

Ons en die onderwys 3 Maart 2024 03.03.2024

Johan van Lill praat met Juane van der Merwe en Constanze van der Walt oor die praktiese aspekte van die beheerliggaamsverkiesings wat tans in skole aan die gang is. Constanze gee praktiese wenke om die verkiesings glad te laat verloop.

Ons en die onderwys 25 Februarie 2024 25.02.2024

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van Fedsas, oor kunsmatige intelligensie in die onderwys. Hy het met baie skole, onderwysers en leerders hieroor gepraat. Hy praat ook oor internasionale navosingsresultate wat beskikbaar is ná een jaar van die gebruik daarvan deur skole, ouers en leerders.

Ons en die onderwys 18 Februarie 2024 18.02.2024

Johan van Lill praat met dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, en dr. Mvula Yoyo, direksielid van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, oor die belangrikheid van moedertaalonderwys. Wêreld Moedertaaldag word op 21 Februarie gevier.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.