RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 26 Januarie 2025 26.01.2025 20:23
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en Christina Watson oor die belangrikheid van inheemse kennis, en hoe dit prakties met kurrikulumtemas geïntegreer kan word. Via Afrika Uitgewers het besluit om hulle 75ste bestaansjaar op ’n besondere manier te vier, deur ’n boek oor inheemse kennis vir onderwysers uit te gee.
Ons en die onderwys 19 Januarie 2025 19.01.2025 19:25
Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n deeltydse dosent in natuurwetenskappe en tegnologie by Akademia en ook ’n onderwyskonsultant, oor kodering en robotika. Die gesprek fokus op wat kodering en robotika behels, en hoe die Departement van Onderwys beplan om dit in Suid-Afrikaanse skole te implementeer.
Ons en die onderwys 12 Januarie 2025 12.01.2025 18:06
Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Daar wag vir almal ’n unieke onderwysjaar, en Jannie deel waardevolle wenke oor hoe om die nuwe onderwysjaar op ’n persoonlike vlak suksesvol aan te pak.
Ons en die onderwys 5 Januarie 2025 05.01.2025 20:50
Soos elke jaar hierdie tyd, word daar in kristalballe gekyk en gepraat oor wat moontlik in die 2025-onderwysjaar voorlê. Die gesprek fokus op waaroor daar opgewonde gevoel word, waarna uitgesien word, wat hierdie jaar beter gedoen kan word, en watter uitdagings moontlik in die pad lê. Johan van Lill se gaste is dr. Juane van der Merwe, adjunk-uitvoerende hoof van Fedsas en werksaam in hulle regsaf...
Ons en die onderwys 29 Desember 2024 29.12.2024 19:43
Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe, adjunkbestuurshoof van Fedsas, en prof. Erica D. Spangenberg, professor in wiskunde-onderwys aan die Universiteit van Johannesburg, oor wat in 2024 gewerk het, wat nie so effektief was nie, wat verbeter kon word, en watter interessante insigte opgeduik het.
Ons en die onderwys 22 Desember 2024 22.12.2024 19:51
Johan van Lill kyk na 2024 se uitdagings in die onderwys. Dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van Fedsas, en prof. Mariette Reyneke van die fakulteit regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat, deel hulle waarnemings en insigte.
Ons en die onderwys 15 Desember 2024 15.12.2024 20:28
Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasie-spreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Ons het almal ’n unieke onderwysjaar beleef, en Jannie gaan ons help om op ’n persoonlike vlak te reflekteer en terug te kyk na die jaar wat verby is.
Ons en die onderwys 8 Desember 2024 08.12.2024 21:28
Johan van Lill praat met oud-skoolhoof en onderwyskonsultant Johan Bezuidenhout oor hoe om dankie te sê en erkenning te gee aan jou onderwysers vir ’n jaar van harde werk. Goeie leierskap vereis dat skoolleiers opregte erkenning en waardering aan hulle personeel toon vir die ekstra myl wat hulle stap.
Ons en die onderwys 1 Desember 2024 01.12.2024 19:48
Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n onderwyskonsultant, oor kunsmatige intelligensie in die onderwys. Is dit 'n ramp of 'n reddingsboei?
Ons en die onderwys 24 November 2024 24.11.2024 20:02
Johan van Lill praat met Alta Greeff, 'n onderwyskundige, oor die unieke waarde van onafhanklike skole teenoor goed funksionerende openbare skole. Is die hoër koste werklik die moeite werd? Hoe vergelyk dit wat betref die gehalte van onderrig en opvoeding?
Ons en die onderwys 17 November 2024 17.11.2024 20:01
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir onderrig en leer in die faulteit opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, oor wat leerders ná die matriekeksamen kan verwag; die impak van interne eksamens in skole; vakkeuses vir leerders wat na ’n nuwe fase beweeg; die min tyd wat oor is vir die konstultasies oor die BELA-wetgewing; en dat hy aangewys is as voorsitter van di...
Ons en die onderwys 10 November 2024 10.11.2024 19:49
Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n deeltydse dosent in natuurwetenskappe en tegnologie by Akademia, oor die belangrikheid van integrasie oor vakke heen. Hoekom is dit belangrik dat vakke soos Wiskunde, Natuurwetenskappe, Robotika, Tegnologie en Tale nie in isolasie en in silo's aangebied moet word nie?
Ons en die onderwys 3 November 2024 03.11.2024 18:40
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die uiters sensitiewe kwessie van hoe skole die ervaring van dood en verlies in die skoolgemeenskap moet hanteer.
Ons en die onderwys 27 Oktober 2024 27.10.2024 20:22
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en onderwyskundige, oor die belangrikheid van leesvaardighede en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Hoekom is daar soveel leerders wat in die hoërskool kom en nie met begrip kan lees nie? Wat kan ons daaraan doen?
Ons en die onderwys 20 Oktober 2024 20.10.2024 21:22
Johan van Lill praat met onderwyskenner Alta Greeff oor wat innovasie in die onderwysomgewing beteken. Wat is die kernuitdagings wat onderwys in Suid-Afrika en internasionaal so duur maak?
Ons en die onderwys 13 Oktober 2024 13.10.2024 22:21
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe om ‘n skool waarin alles vlot verloop en wat goed presteer, na die volgende vlak van uitnemendheid te neem.
Ons en die onderwys 6 Oktober 2024 06.10.2024 21:01
Johan van Lill praat met Daan Potgieter oor Wêreld-Onderwysersdag, en die rol wat onderwysers in die samelewing speel.
Ons en die onderwys 29 September 2024 29.09.2024 19:48
Johan van Lill praat verder met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor onlangse verslae oor Graad R onderwys waarvan ons moet kennis neem. BELA het ‘n groot impak op Graad R onderwys, en daarom is dit nodig om die regte fokus te plaas op wat in daardie graad moet gebeur.
Ons en die onderwys 22 September 2024 22.09.2024 20:29
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch oor wat tans in die nuus is oor onderwys en opleiding, waarvan ons moet kennis neem.
Ons en die onderwys 15 September 2024 15.09.2024 20:46
Johan van Lill praat verder met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en opvoedkundige, oor hoe om die verband tussen kennis en die waarheid aan leerders te verduidelik. Kennis is nie net iets wat aangeleer word nie, maar ook verstaan en toegepas moet word.
Ons en die onderwys 8 September 2024 08.09.2024 18:28
Johan van Lill hoor by dr. Jurie Joubert, historikus en opvoedkundige, of algemene kennis nog belangrik is vir kinders in ‘n wêreld waar hulle alles kan opsoek op hulle telefoon wat hulle die hele tyd by hulle het.
Ons en die onderwys 1 September 2024 01.09.2024 20:05
Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe, adjunkhoof van Fedsas, en Miranda Cussons, 'n forensiese maatskaplike werker, oor watter inligting ouers oor hulle kind se geskiedenis (en soms reputasie) vir ‘n skool moet gee. Hoeveel van jou kind moet jy aan ‘n skool onthul?
Ons en die onderwys 25 Augustus 2024 25.08.2024 20:16
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor harde dinkwerk in die klaskamer. Almal weet dat jy jou soms moeg kan dink. Hoe kan mens met denke dinkwerk makliker maak?
Ons en die onderwys 18 Augustus 2024 18.08.2024 23:05
Johan van Lill praat met dr. Louis Swanepoel, president van die SAOU, oor hoe om ‘n skool vir jou kind te kies. Wat is die belangrikste aspekte wanneer jy hierdie keuse maak vir jou kind se toekoms?
Ons en die onderwys 11 Augustus 2024 11.08.2024 19:32
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, dr. Juane van die Merwe en Reggie Govender oor rassisme in skole. Hulle praat oor wat skoolhoofde, onderwysers en ouers moet doen wanneer sulke voorvalle gerapporteer word sodat korrek hanteer word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.