RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 20 Julie 2025 20.07.2025

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, 'n onderwyskundige en onderwyskonsultant, oor die belangrikheid van opvoeder- en personeelwelstand. In ’n tyd waar onderwysers toenemend gebuk gaan onder druk, uitbranding en emosionele uitputting, vra ons: Hoe gaan dit werklik met ons onderwysers?

Ons en die onderwys 13 Julie 2025 13.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n akademikus en onderrigkenner, oor wat sal gebeur wanneer elke onderwyser weet hóé om lees te verbeter. “Wanneer lees plaasvind, word daardie individu se brein vir altyd verander,” sê hy. As 75% van Graad 4’s nie met begrip kan lees nie, is dit nie net ’n statistiek nie – dis ’n krisis wat elke vak, fase en kind raak.

Ons en die onderwys 6 Julie 2025 06.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor hoekom leesvermoë die sleutel tot leer is. As jy nie kan lees nie, kan jy nie leer nie, sê hy. Om beter te verstaan, móét jy beter lees – en daarom moet elke leerder se leesvermoë doelbewus ontwikkel word.

Ons en die onderwys 29 Junie 2025 29.06.2025

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van FEDSAS en 'n tegnologiekenner, oor selfone in skole, en die internasionale dryfkrag om kinders se toegang tot sosiale media te beperk. Hoe kan skole en ouers die gebruik van selfone reguleer tot voordeel van leerders?

Ons en die onderwys 22 Junie 2025 22.06.2025

Johan van Lill praat met dr. Pieter Snyman van die VCSV oor jeugleierskap buite die klaskamer. Hulle praat oor die krag van ervaringsleer – hoe jongmense groei wanneer hulle self begin lei, dikwels in ongemaklike of uitdagende omgewings. Wat gebeur wanneer leerders nie net oor leierskap leer nie, maar dit aktief moet leef? Hoe help struikel, spanwerk en stilte om karakter, selfbewustheid en roepin...

Ons en die onderwys 15 Junie 2025 15.06.2025

Johan van Lill praat met Josephine Jordaan van FEDSAS oor jeugleierskap in skole, en hoekom leierskap nie net ’n titel moet wees nie, maar ’n werklike geleentheid vir karaktervorming en diens. Wat gebeur wanneer leerders die kans kry om as leiers te ontwikkel? Hoe beïnvloed dit hulle selfvertroue, hulle plek in die skoolgemeenskap, en hulle toekoms as verantwoordelike volwassenes?

Ons en die onderwys 8 Junie 2025 08.06.2025

Johan van Lill praat met professor Johan Fourie oor die toekoms van leer aan universiteite en skole. Hulle praat oor hoe kunsmatige intelligensie besig is om die manier waarop ons leer en onderrig fundamenteel te verander. Wat beteken dit vir eksamens, opstelle en klasgee? Hoe leer ons kritiese denke en nuuskierigheid in ’n wêreld waar KI kitsantwoorde gee? En hoe verseker ons dat menslike kontak...

Ons en die onderwys 1 Junie 2025 01.06.2025

Johan van Lill praat met dr. Michael le Cordeur en dr. Zelda Barends oor leesbegrip. Hulle bespreek hoekom dit vir soveel leerders moeilik is om te verstaan wat hulle lees, en wat skole en ouers kan doen om kinders van vroeg af beter hiermee te help. Hoe maak ons seker dat kinders werklik sin maak uit wat hulle lees?

Ons en die onderwys 25 Mei 2025 25.05.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne oor die tema, Wen tyd met kunsmatige intelligensie. KI verander hoe onderwysers beplan, assesserings skep en leerders ondersteun. Watter waarde bied hierdie tegnologie vir onderrig en leer, en hoe kan dit gebruik word sonder om kritiese denke of menslike betrokkenheid prys te gee?

Ons en die onderwys 18 Mei 2025 18.05.2025

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor die krisis met SACE-registrasie en -sertifikate. SACE is die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders. Watter rol speel hierdie liggaam in onderwys en opvoeding, en hoekom is dit belangrik dat onderwysers by SACE geregistreer moet wees?

Ons en die onderwys 11 Mei 2025 11.05.2025

Johan van Lill poraat met onderwyskundige en historikus dr. Jurie Joubert oor multigraadonderrig. Dis ’n tema wat dikwels aan die kantlyn van onderwysdebatte staan, maar van kritieke belang is vir skole in kleiner en landelike gemeenskappe. Hulle bespreek waarom multigraadklasse nie bloot as ’n tydelike of goedkoop oplossing beskou moet word nie, maar as ’n volwaardige pedagogiese benadering met u...

Ons en die onderwys 4 Mei 2025 04.05.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Alta Greeff oor die rol van onderwys in die ontwikkeling van mense wat kan werk. Hulle ondersoek watter vaardighede vandag in die werksplek vereis word, en vra of skole en instellings leerders voldoende daarop voorberei.

Ons en die onderwys 27 April 2025 27.04.2025

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor hoe skole en ouers kinders se sosiale ontwikkeling in die digitale era kan ondersteun. Hulle praat oor wat virtuele vriendskappe behels, hoekom dit belangrik is om hierdie soort verhoudings ernstig op te neem ,en hoe aanlyninteraksie nie net sosiale vaardighede beïnvloed nie, maar ook die emosionele ontwikkeling van leer...

Ons en die onderwys 20 April 2025 20.04.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor hoe skole kan baat by lewensafrigting. Hulle verduidelik wat lewensafrigting is, hoekom dit in skole sin maak, en hoe dit nie net leierskap versterk nie, maar ook ’n positiewe impak op die hele skoolgemeenskap het.

Ons en die onderwys 13 April 2025 13.04.2025

Johan van Lill praat prof. Michael le Cordeur oor die toekoms van universiteite in Suid-Afrika. Michael was onlangs by die KKNK deel van ’n paneelgesprek, waar daar diep nagedink is oor hoe universiteite moet aanpas by ’n veranderende wêreld.

Ons en die onderwys 6 April 2025 06.04.2025

Johan van Lill praat met Magdeleen de Kock, projekbestuurder van Curro Esports, oor die opvoedkundige waarde van e-sport. Hulle bespreek temas soos leerderbetrokkenheid, tegnologie, die opvoedkundige waarde, en hoe e-sport toenemend deel word van die onderwyslandskap.

Ons en die onderwys 30 Maart 2025 30.03.2025

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die impak van kunsmatige intelligensie op leer en assessering. Hoe beïnvloed kunsmatige intelligensie die manier waarop ons vrae vra?

Ons en die onderwys 23 Maart 2025 23.03.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen, en skoolhoof Janetta van Niekerk oor die belangrikheid van graad R-onderwys, en die uitdagings daarvan.

Ons en die onderwys 16 Maart 2025 16.03.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die voordele van versies, stories en hardop lees. Hulle gesels oor hoe hierdie aktiwiteite sowel taalontwikkeling as emosionele en sosiale groei ondersteun en versterk.

Ons en die onderwys 9 Maart 2025 09.03.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, opvoedkundige konsultant en dosent, oor of die vak, robotika, kinders meer of minder sosiaal kan maak.

Ons en die onderwys 2 Maart 2025 02.03.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n opvoedkundige konsultant en dosent, oor of die vak robitika kinders se kreatiwiteit bevorder of beperk, want daar is ‘n algemene wanopvatting dat robotika net oor vaste reëls en streng instruksies gaan.

Ons en die onderwys 23 Februarie 2025 23.02.2025

Johan van Lill praat met spraakterapeut en skrywer Christien Neser oor geletterdheidsontwikkeling, die rol wat moedertaalonderrig hierin speel, en wat ouers kan doen om hulle kinders hiermee te help.

Ons en die onderwys 16 Februarie 2025 16.02.2025

Johan van Lill praat met Jaco Deacon, Riaan van den Bergh en Juane van der Merwe oor alle aspekte van beheerliggaamsposte. Hoekom is daar beheerliggaamsposte, en hoe werk die aanstellingsproses?

Ons en die onderwys 9 Februarie 2025 09.02.2025

Johan van Lill praat met Riaan van den Berg, adjunk-bestuurshoof van FEDSAS, oor 'n omvattende dataverslag - Onderwys in Syfers – wat in Desember bekendgestel is waarin hulle die Departement van Onderwys se data oor die afgelope 14 jaar ontleed en visueel voorstel.

Ons en die onderwys 2 Februarie 2025 02.02.2025

Johan van Lill praat met Michael le Cordeur oor dinge wat tans in die onderwys gebeur waarvan ons moet kennis neem. Hulle gesels oor die matriekuitslae, die BELA-wetgewing, die gaping tussen ryk en arm skole, en hoe gemaak as jy nie jou matriekeksamen deurgekom het, of jou uitslae was nie wat jy verwag het nie.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.