RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 712 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 12 April 2026 12.04.2026

Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke van Fedsas oor skooldrag en die toenemende spanning tussen tradisie, skooltrots en bekostigbaarheid. Die gesprek fokus op die werklike uitdagings wat ouers ervaar, die rol van verskaffers, en waarom skole dalk weer moet dink oor hoe besluite oor skooldrag geneem word.

Ons en die onderwys 5 April 2026 05.04.2026

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, ‘n voltydse onderwyskonsultant, en dosent en kurrikulumontwikkelaar by Belgium Campus IT Versity, oor die rol van kunsmatige intelligensie in die klaskamer, en die risiko dat leerders kan agterbly as ons nie betyds aanpas nie. Die gesprek fokus op die huidige onsekerheid oor beleid, die gaping tussen beplanning en implementering, en waarom begeleiding...

Ons en die onderwys 29 Maart 2026 29.03.2026

Johan van Lill praat met Rudi Cooke, besigheidsmarkspesialis by UXI Artisan Development, oor die rol van maatskappye in vaardigheidsonderwys en -ontwikkeling. Die gesprek fokus op waarom besighede ’n aktiewe rol moet speel in die opleiding van ’n werksgereed arbeidsmag, veral in ’n konteks van hoë jeugwerkloosheid.

Ons en die onderwys 22 Maart 2026 22.03.2026

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor lees as die sleutel tot leer, en waarom dit so ’n kritiese rol speel in elke leerder se akademiese sukses. Die gesprek fokus op waarom lees steeds ’n groot uitdaging in Suid-Afrikaanse skole is, veral wanneer leerders na hoërskool beweeg, en hoe dit prestasie op alle vakke beïnvloed. Daar word ook gekyk na praktiese maniere waarop skole en ouers leesv...

Ons en die onderwys 15 Maart 2026 15.03.2026

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, oor hoe skoolkwintiele in Suid-Afrika werk, en waarom dit ’n groot rol speel in die befondsing van openbare skole. Die gesprek verduidelik hoe skole ingedeel word, hoe dit met skoolgeld en staatsubsidies skakel, en waarom hierdie onderwerp gereeld in die nuus verskyn.

Ons en die onderwys 8 Maart 2026 08.03.2026

Johan van Lill praat met onderwyskundige Gregory Marais oor leesontwikkeling in die intermediêre fase - die belangrike oorgang waar leerders beweeg van leer om te lees na lees om te leer. Die gesprek fokus op waarom baie leerders steeds met leesbegrip sukkel wanneer hulle reeds in graad 4, 5 en 6 is, en wat dit vir onderrig in alle vakke beteken.

Ons en die onderwys 1 Maart 2026 01.03.2026

Johan van Lill praat met Phillip Harmse, bestuurshoof van UXi Artisan Development, oor ’n kritieke vraag vir Suid-Afrika se toekoms: Kan ’n land funksioneer sonder sterk tegniese- en besigheidsvaardigheid-onderwys? Die gesprek fokus op die direkte verband tussen vaardigheidstekorte en dienslewering, ekonomiese groei en werksgeleenthede. Daar word gekyk na die waarde van beroeps- en vakmanskapsople...

Ons en die onderwys 22 Februarie 2026 22.02.2026

Johan van Lill met praat Elsie Harmse, uitvoerende hoof van UXi Artisan Development en medestigter van Africa Skills, oor ’n belangrike verskuiwing in ouerskap: Ouers as loopbaanvennote – nie toeskouers nie. Die gesprek fokus op hoe ouers tieners en jong volwassenes kan ondersteun in hulle loopbaankeuses deur ingeligte gesprekke, realistiese verwagtings en ’n beter begrip van opleidingspaaie en ar...

Ons en die onderwys 15 Februarie 2026 15.02.2026

Johan van Lill praat met dr. Annalie Roux, senior lektor in Wiskunde-onderwys aan die Noordwes-Universiteit, oor ’n dringende vraag in Suid-Afrikaanse onderwys: Hoekom neem so min leerders wiskunde tot matriek? Wat lê agter hierdie bekommernis? Die gesprek fokus op wiskunde-angs, vroeë leerervarings, onderrigmetodes, ouers se ingesteldheid, en die impak wat dit alles het op leerders se selfvertrou...

Ons en die onderwys 8 Februarie 2026 08.02.2026

Johan van Lill praat met professor Josef de Beer oor ’n kernvraag in moderne onderrig: Wat is aktiewe leer, en hoe help dit leerders om meer betrokke, selfstandig en begripsvas te leer? Die gesprek fokus op hoe aktiewe leer leerderbetrokkenheid, selfgerigte denke en betekenisvolle begrip kan bevorder.

Ons en die onderwys 1 Februarie 2026 01.02.2026

Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van professionele dienste by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oor die toenemende debat oor graadherhaling in die grondslagfase. In ’n tyd waarin daar weer gekyk word na ’n moontlike beperking op herhaling in Graad 1 tot 3, vra hierdie gesprek belangrike vrae oor wat werklik in die beste belang van kinders is.

Ons en die onderwys 25 Januarie 2026 25.01.2026

Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, hoof van besigheidsontwikkeling by UXi Artisan Development. In ’n tyd waarin universiteit steeds as die enigste maatstaf van sukses beskou word, bevraagteken dié gesprek ’n diepgewortelde aanname in Suid-Afrikaanse onderwys. Saam verken hulle waarom beroepsgerigte, geakkrediteerde en werksgeïntegreerde opleiding nie ’n tweede keuse is nie, maar vir baie jo...

Ons en die onderwys 18 Januarie 2026 18.01.2026

Johan van Lill praat met onderwyskundige Celeste Labuschagne oor hoe onderwysers die nuwe jaar met Kunsmatige Intelligensie reg kan begin. In ’n tyd waar KI vinnig deel word van beplanning, assessering en administrasie, fokus die gesprek op praktiese vaardighede wat onderwysers onmiddellik kan gebruik. Van goeie promptvaardigheid tot assesseringsontwerp, data-ontleding en lesbeplanning, wys die ge...

Ons en die onderwys 11 Januarie 2026 11.01.2026

Johan van Lill die nuwe onderwysjaar af saam met prof. Jannie le Roux, ‘n inspirasiespreker en akademikus in menslike hulpbronbestuur. In ’n tyd van druk, onsekerheid en vinnige verandering, fokus die gesprek op hoe onderwysers 2026 doelbewus kan binnegaan met vyf rigtinggewende waardes: om intensioneel te leef, met integriteit op te tree, inklusief te wees, innoverend te dink en inspi...

Ons en die onderwys 4 Januarie 2026 04.01.2026

Johan van Lill praat met Juane van der Merwe-Mocke, adjunk-uitvoerende hoof van FEDSAS, en Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oor wat die 2026-onderwysjaar vir skole en onderwysers inhou. Ons kyk vorentoe na geleenthede, moontlike knelpunte, en verskuiwings wat reeds sigbaar raak. Die fokus val op hoe skole doelbewus kan aanpas, prioriteite heroorweeg en met grot...

Ons en die onderwys 28 Desember 2025 28.12.2025

Johan van Lill kyk saam met Juane van der Merwe-Mocke, adjunk-uitvoerende hoof van FEDSAS, en Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, terug na die onderwysjaar van 2025. In ’n jaar gekenmerk deur druk, verandering en voortdurende aanpassing, reflekteer die gesprek op wat werklik gewerk het in skole en klaskamers, wat minder suksesvol was en watter oomblikke van insig...

Ons en die onderwys 21 Desember 2025 21.12.2025

Johan van Lill praat met Riaan van der Bergh, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor ’n onderwyslandskap onder groot druk, maar ook vol nuwe moontlikhede. Tussen matriekeksamens, befondsingsvraagstukke, toelatings en voortdurende beleidsdebatte kyk ons na hoe tegnologie en onderwysinnovasie nuwe denke bring. Ná internasionale blootstelling by GESS Dubai 2025, verken die gesprek hoe KI, digitale verand...

Ons en die onderwys 14 Desember 2025 14.12.2025

Ná ’n jaar van KI-ontwrigting, administratiewe druk, werkslading, befondsingsvraagstukke en nuwe wetlike debatte, kyk prof. Jannie le Roux terug op 2025, en vra of die onderwysmiernes einde ten laaste weer sy ritme gevind het. Hy vertel hoe klein dade van menslikheid en hoop in skole landswyd begin saamsmelt het tot betekenisvolle verandering, en hoe onderwysers se welwees, identiteit en rolheront...

Ons en die onderwys 7 Desember 2025 07.12.2025

Johan van Lill met praat met onderwyskundige Celeste Labuschagne. Die spanning tussen menslike intelligensie en kunsmatige intelligensie in die onderwysomgewing neem toe, en beïnvloed direk hoe assessering verstaan en toegepas word. Die gesprek verken hoe KI waardevolle ondersteuning kan bied, maar ook hoe dit die leerproses kan ontwrig wanneer dit menslike denke begin vervang, en waarom raamwerke...

Ons en die onderwys 30 November 2025 30.11.2025

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor die emosionele ontwikkeling van Graad R-leerders, en hoe dit ‘n direkte invloed het op die belangrike oorgang na Graad 1.

Ons en die onderwys 23 November 2025 23.11.2025

Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof en hoof van regsdienste by FEDSAS, oor die eerste jaar van die BELA-wet. Wat beteken die wet in die praktyk vir skole? Watter knelpunte het die afgelope jaar na vore gekom? Hoe het die nuwe regulasies oor taal, toelating en kapasiteit die werklikheid in klaskamers en beheerliggame beïnvloed?

Ons en die onderwys 16 November 2025 16.11.2025

Johan van Lill praat met Sonette Kotzé oor die belangrikheid daarvan om kinders gereed te maak vir formele leer, wat skoolgereedheid regtig beteken, en hoe vroeë, doelbewuste stimulasie ’n kind se latere skoolloopbaan en leesbegrip beïnvloed. Sy verduidelik hoekom soveel jong leerders sukkel om te lees met begrip, watter rol konstruktiewe stimulasie, herhaling, assosiasie en spel in hierdie proses...

Ons en die onderwys 9 November 2025 09.11.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige en historikus, oor aanpasbare onderrig in vandag se klaskamers. Wat is aanpasbare onderrig? Hoe verskil dit van gedifferensieerde onderrig? Waarom is dit so belangrik om leerervarings aan te pas by elke leerder se unieke behoeftes?

Ons en die onderwys 2 November 2025 02.11.2025

Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke, medeprofessor in Publiekreg aan die Universiteit van die Vrystaat, oor boeliegedrag in skole, en die tekortkominge in ons huidige hantering daarvan. Die gesprek ondersoek die wanpersepsies oor boelies, die diep emosionele en regsimplikasies vir slagoffers en omstanders. Ons vra of die regstelsel kinders werklik beskerm. Watter verantwoordelikheid dr...

Ons en die onderwys 26 Oktober 2025 26.10.2025

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor die grootste kwessies wat skole in Suid-Afrika tans ervaar. Die gesprek fokus op dringende onderwysuitdagings soos administratiewe verval, finansiële wanbestuur, die sny van subsidies by kwintiel 5-skole en die komende Graad R-uitdaging. Hoe raak hierdie faktore skole en gemeenskappe, en wat beteken dit vir...

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.