RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
17 Aug 2014 17.08.2014 17:37
Ons en die onderwys 17 Augustus 2014
15 Aug 2014 14.08.2014 17:37
Johan van Lill gesels hoor wat die Weskus Onderwysdistrik alles aangepak het om wetenskap en wiskunde onder onderwysers, leerders en ouers te bevorder. Hy loer ook in by die HIP2B² Ithink-kompetisie en gesels met leerders en onderwysers oor hoe hulle oor Wetenskap en Wiskunde voel.
10 Aug 2014 10.08.2014 18:21
Ons en die onderwys 10 Augustus 2014
10 Aug 2014 09.08.2014 18:21
Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux oor leierskap en geluk. Hoe bring 'n mens leierskap en geluk bymekaar uit? Die fokus in skole is grotendeels op prestasie gerig, maar as jy vir ouers vra wat is die belangrikste vir hulle oor hul kinders se opvoeding dan word woorde soos geluk, vervulling en balans eerder genoem as akademiese prestasie.
3 Aug 2014 03.08.2014 20:54
Ons en die onderwys 3 Augustus 2014
3 Aug 2014 02.08.2014 20:54
Johan van Lill gesels met lede van die Principals Academy wat daarop fokus om skoolhoofde te ondersteun deur 'n mentorskapsprogram. Bruce Probyn en Anne van Zyl is afgetrede skoolhoofde wat hulle jarelange ervaring inspan om hoofde in hulle kantore by te staan met alledaagse bestuursprobleme. Anne van Zyl was die skoolhoof wat die Oprah Winfrey Leadership Academy weer op die suksespad bestuur het.
27 Jul 2014 27.07.2014 21:54
Ons en die onderwys 27 Julie 2014
27 Jul 2014 26.07.2014 21:54
Johan van Lill gesels met Elisa Fraser van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte Agentskap op Hermanus oor wat alles in hulle wetenskapsentrum gebeur en hulle mobiele eenheid wat skole besoek om praktiese wetenskapeksperimente uit te voer. Hulle beplan ook 'n hele paar aktiwiteite as deel van Nasionale Wetenskapweek en sy vertel meer daarvan.
20 Jul 2014 20.07.2014 23:32
Ons en die onderwys 20 Julie 2014
20 Jul 2014 19.07.2014 23:32
Johan van Lill gesels met Christina Watson, bestuurshoof van Via Afrika Uitgewers, oor hoe gereed Suid-Afrika se skole is vir e-leer na aanleiding van 'n verslag wat hulle onlangs gepubliseer het.
13 Jul 2014 13.07.2014 22:17
Ons en die onderwys 13 Julie 2014
13 Jul 2014 12.07.2014 22:17
Johan van Lill gesels met Truide Prekel oor kreatiewe probleemoplossing vir onderwysleiers. Hoe luister 'n mens vir idees wanneer ander mense praat en met 'n houding dat mense voorstelle met die beste bedoelings maak?
6 Jul 2014 06.07.2014 19:13
Ons en die onderwys 6 Julie 2014
6 Jul 2014 05.07.2014 19:13
Johan van Lill gesels met Wilna van Rooyen oor alles wat 'n onderwysleier in gedagte moet hou by die aanstel van 'n pre-primêre onderwyseres. Watter vrae kan tydens 'n onderhoud gebruik word en oor watter eienskappe en kennis moet so 'n persoon beskik?
29 Jun 2014 29.06.2014 22:12
Ons en die onderwys 29 Junie 2014
29 Jun 2014 28.06.2014 22:12
Johan van Lill gesels met dr. Anel Pepler en Mariana van Niekerk oor hoe Montessori-kleuterskole verskil van hoofstroomskole. Baie onderwysers ontvang jaarliks leerders in Graad 1 en Graad R wat in Montessori-skole was en om hierdie leerders se ontwikkeling te ondersteun is dit belangrik om nie net bietjie van die Montessori-filosofie te verstaan nie, maar ook om te weet wat die verskil is tussen...
22 Jun 2014 22.06.2014 22:37
Ons en die onderwys 22 Junie 2014
22 Jun 2014 21.06.2014 22:37
Leerders bly om baie redes van die skool af weg. Kobie Kitshoff, van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se Direktoraat: Beleidskoördinering, bespreek die nasionale beleid oor skoolbywoning, wat van toepassing is op alle openbare skole in Suid-Afrika.
15 Jun 2014 15.06.2014 23:35
Johan van Lill praat oor die verslag van die Wêreld Ekonomie Forum wat Suid-Afrika se wiskunde en wetenskaponderrig as die swakste uit 148 lande gegradeer het.
15 Jun 2014 15.06.2014 23:35
Ons en die onderwys 15 Junie 2014
13 Jun 2014 12.06.2014 23:35
Johan van Lill praat oor die verslag van die Wêreld Ekonomie Forum wat Suid-Afrika se wiskunde en wetenskaponderrig as die swakste uit 148 lande gegradeer het.
8 Jun 2014 08.06.2014 21:25
Johan van Lill praat oor 'n innoverende projek om hulpbronne aan skole te verskaf.
8 Jun 2014 08.06.2014 21:25
Ons en die onderwys 8 Junie 2014
1 Jun 2014 01.06.2014 21:38
Ons en die Onderwys 1 Junie 2014
1 Jun 2014 31.05.2014 21:38
As deel van Kinderbeskermingsweek, kyk ons na wanneer 'n skool nie meer net 'n plek van onderrig is nie, maar 'n veilige hawe vir leerders word. Twee onderwysers van Silverstream Hoër in Mannenberg, Gadija Angus en die waarnemende hoof, Lesley Pieters, vertel van die uitdagings om skool te hou in die middel van 'n bendegeteisterde area.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.