RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

14 Dec 2014 14.12.2014

Ons en die Onderwys 14 Desember 2014

14 Dec 2014 14.12.2014

Johan van Lill praat met dr Nicol Faasen, kurrikulumkenner en vryskutuitgewer, oor wat skole moet weet van taalontwikkeling, taalbeleide en die belangrikheid van moedertaalonderrig. Hoe moet skole dit hanteer wanneer ouers kinders kom inskryf wat nie die skool se onderrigtaal magtig is nie?

7 Dec 2014 07.12.2014

Ons en die onderwys 7 Desember 2014

7 Dec 2014 06.12.2014

Johan van Lill praat met verskeie rolspelers oor die Onderwysdepartement se onlangse voorstel dat slegs een boek per vak per graad voorgeskryf moet word.

30 Nov 2014 30.11.2014

Ons en die onderwys 30 November 2014

30 Nov 2014 29.11.2014

Johan van Lill kuier by die Paarlskool vir neuraalgestremdes. Hy gee ook inligting oor hoe onderwysers hulle leerders vir die Nasionale Toneelspelkompetisie kan inskryf. En die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting het onlangs 'n verslag vrygestel oor die implementering van die nuwe Wiskundekurrikulum in skole.

23 Nov 2014 23.11.2014

Ons en die onderwys 23 November 2014

23 Nov 2014 23.11.2014

Johan van Lill gesels met Elda de Waal van die Noordwes-Universiteit oor die bestuur van kubertreitering by openbare skole. Estelle Brettenny en Elsafie Wrantz van die organisasie, IACESA, vertel van 'n kongres oor kognitiewe ontwikkeling wat in 2015 vir onderwysers en terapeute gehou word.

31 Aug 2014 31.08.2014

Ons en die onderwys 31 Augustus 2014

31 Aug 2014 30.08.2014

Johan van Lill gesels met Christien Coetzee Klinger, 'n ma van 'n gestremde leerder, en Santie Terreblance van Cape Mental health oor die basiese reg tot onderwys vir kinders met ernstige intellektuele gestremdhede, soos bepaal in die Grondwet. Het die uitspraak wat in 2010 in die Hooggeregshof gegee is oor hierdie kinders se basiese reg op onderwys 'n verskil gemaak?

24 Aug 2014 24.08.2014

Ons en die onderwys 24 Augustus 2014

24 Aug 2014 23.08.2014

Johan van Lill gesels met dr. Melody de Jager oor kinderontwikkelingsvriendelike skole en hoe om die brein aan te skakel sodat leer kan plaasvind. Aspekte soos hoekom sukkel kinders om stil te sit by hulle banke, wat kan ek doen om kinders beter te laat konsentreer en waarom is kruisbeen sit so moeilik vir moderne kinders, word bespreek.

17 Aug 2014 17.08.2014

Ons en die onderwys 17 Augustus 2014

15 Aug 2014 14.08.2014

Johan van Lill gesels hoor wat die Weskus Onderwysdistrik alles aangepak het om wetenskap en wiskunde onder onderwysers, leerders en ouers te bevorder. Hy loer ook in by die HIP2B² Ithink-kompetisie en gesels met leerders en onderwysers oor hoe hulle oor Wetenskap en Wiskunde voel.

10 Aug 2014 10.08.2014

Ons en die onderwys 10 Augustus 2014

10 Aug 2014 09.08.2014

Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux oor leierskap en geluk. Hoe bring 'n mens leierskap en geluk bymekaar uit? Die fokus in skole is grotendeels op prestasie gerig, maar as jy vir ouers vra wat is die belangrikste vir hulle oor hul kinders se opvoeding dan word woorde soos geluk, vervulling en balans eerder genoem as akademiese prestasie.

3 Aug 2014 03.08.2014

Ons en die onderwys 3 Augustus 2014

3 Aug 2014 02.08.2014

Johan van Lill gesels met lede van die Principals Academy wat daarop fokus om skoolhoofde te ondersteun deur 'n mentorskapsprogram. Bruce Probyn en Anne van Zyl is afgetrede skoolhoofde wat hulle jarelange ervaring inspan om hoofde in hulle kantore by te staan met alledaagse bestuursprobleme. Anne van Zyl was die skoolhoof wat die Oprah Winfrey Leadership Academy weer op die suksespad bestuur het.

27 Jul 2014 27.07.2014

Ons en die onderwys 27 Julie 2014

27 Jul 2014 26.07.2014

Johan van Lill gesels met Elisa Fraser van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte Agentskap op Hermanus oor wat alles in hulle wetenskapsentrum gebeur en hulle mobiele eenheid wat skole besoek om praktiese wetenskapeksperimente uit te voer. Hulle beplan ook 'n hele paar aktiwiteite as deel van Nasionale Wetenskapweek en sy vertel meer daarvan.

20 Jul 2014 20.07.2014

Ons en die onderwys 20 Julie 2014

20 Jul 2014 19.07.2014

Johan van Lill gesels met Christina Watson, bestuurshoof van Via Afrika Uitgewers, oor hoe gereed Suid-Afrika se skole is vir e-leer na aanleiding van 'n verslag wat hulle onlangs gepubliseer het.

13 Jul 2014 13.07.2014

Ons en die onderwys 13 Julie 2014

13 Jul 2014 12.07.2014

Johan van Lill gesels met Truide Prekel oor kreatiewe probleemoplossing vir onderwysleiers. Hoe luister 'n mens vir idees wanneer ander mense praat en met 'n houding dat mense voorstelle met die beste bedoelings maak?

6 Jul 2014 06.07.2014

Ons en die onderwys 6 Julie 2014

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.