RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 712 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

19 Feb 18.02.2017

Johan van Lill gesels met Cynthia Linde oor veiligheid in skole. En Susan Potgieter vertel ons meer van die Tygerberg Hospitaalskool.

12 Feb 11.02.2017

Johan van Lill gesels met dr. Andre Vermeulen van Neurolink oor toekomsvaardighede in die onderwys.

5 Feb 04.02.2017

Johan van Lill praat verder oor uitstappies vir leerders. Hy gee wenke oor waarheen jy jou leerders kan neem vir uistappies.

29 Jan 28.01.2017

Johan van Lill kyk na dinge wat onderwysers in gedagte moet hou wanneer leerders op 'n uitstappie gaan. Hy lê ook besoek af by die Sentrum vir Omgewingsbewaring in Wynberg, Kaapstad.

22 Jan 21.01.2017

Johan van Lill praat met drie skoolhoofde oor wat belangrik is om op te fokus aan die begin van die jaar. Ons gee ook wenke vir hoofde wat pas aangestel is as skoolhoofde.

15 Jan 14.01.2017

Johan van Lill gesels met twee onderwysleiers, Aminda Naude en Isak Ockhuis, oor hoe om voorbereid te wees vir 2017, en om die onderwysjaar van die begin af reg aan te pak.

8 Jan 07.01.2017

Johan van Lill gesels met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe belangrik dit vir skole is om ook op ontwikkeling te fokus en nie net op die onderrig van vakke nie.

1 Jan 31.12.2016

Johan van Lill gesels met skrywer en motiveringspreker dr. Jannie le Roux oor hoe om 2017 'n besondere onderwysjaar te maak. Hoe moet ek myself instel vir die jaar wat voorlê?

18 Dec 17.12.2016

Johan van Lill kyk na die gebruik van sosiale media in skole. Hy gesels ook met dr. Pedro Ferreira van die Laerskool Parow-Wes oor ouerbetrokkenheid by skole.

11 Dec 10.12.2016

Johan van Lill kyk na dissipline in skole. Hy besoek twee skole wat dissipline op 'n interessante manier toepas. Dr. Pedro Fereira van die Laerskool Parow-Wes en Abri du Plessis van die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes vertel hoe hulle dit by die skole maak werk.

4 Dec 03.12.2016

Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, skrywer en motiveringspreker, oor hoe mens die onderwysjaar op die regte manier kan afsluit.

27 Nov 26.11.2016

Johan van Lill lê besoek af by Elnor Primêr in Elsiesrivier, en gesels met die skoolhoof, Gregory Marais, oor hoe die skool, onderwysers en gemeenskap hande gevat het om die skool se probleme te oorkom.

20 Nov 19.11.2016

Johan van Lill gesels oor wat 'n mens in gedagte moet hou wanneer jy met skole kommunikeer, en wat belangrik is by skoolbesoeke.

13 Nov 12.11.2016

Johan van Lill gesels met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor die sprong van graad 3 na graad 4. Watter rol speel leergereedheid in die oorgaan van een fase na 'n volgende?

6 Nov 05.11.2016

Johan van Lill praat met prof. Johann Engelbrecht, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting, oor Wiskunde-onderrig en spesifiek oor die rol wat ekstra Wiskundeklasse speel. Karen Ferreira gee al vir amper 60 jaar ekstra Wiskundeklasse. Sy vertel wanneer kinders die meeste baat vind hierby.

30 Oct 29.10.2016

Johan van Lill kyk na tegnologie in die klaskamer. Hy loer in by die Hoërskool Hexvallei op De Doorns om te hoor hoe hulle dit maak werk.

23 Oct 23.10.2016

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, 'n motiveringspesialis, oor hoe onderwysers nie net die leerders nie, maar almal om hulle inspireer. Die meeste van ons onthou 'n besondere onderwyser wat 'n verskil in ons lewe gemaak het.

16 Oct 15.10.2016

Johan van Lill kyk na die deurvloei van matrieks na universiteit. Prof. Servaas van der Berg en dr. Hendrik van Broekhuizen, albei ekonome by die Universiteit Stellenbosch, het onlangs gekyk na statistiek oor matrieks en hoeveel van hulle later grade behaal.

9 Oct 2016 08.10.2016

Johan van Lill kyk na die vak Geskiedenis en die uitdagings wat daar is met die onderrig van die vak in die toekoms.

9 Oct 2016 08.10.2016

Johan van Lill kyk na die vak Geskiedenis en die uitdagings wat daar is met die onderrig van die vak in die toekoms.

2 Oct 2016 01.10.2016

Johan van Lill kyk na die befondsing van onderwysprojekte. Skole en onderwysorganisasies het baie keer ekstra geld nodig vir verdienstelike projekte. Francois Viviers, uitvoerende bemarkingsbestuurder by Capitec Bank, verduidelik hoe maatskappye na sulke aansoeke kyk. Dr. Niel le Roux en Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans verduidelik ook hoe so 'n borgskapaansoek moe...

25 Sep 2016 24.09.2016

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor die kommunikasie tussen onderwysers en ouers. En Fanie Kriel, 'n pastorale sielkundige, bespreek die rol van leerlingrade op laerskool.

18 Sep 2016 17.09.2016

Johan van Lill gesels met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor hoe mens leerders se breine kan “wakker maak” deur beweging, en hulle sodoende gereed kry om makliker aktiwiteite in die klaskamer te verrig.

11 Sep 2016 10.09.2016

Johan van Lill praat met Con Koegelenberg van die Weskusskool op Saldanha oor die voordele wat 'n vaardigheidskool vir leerders wat nie-akademiese aangelê is, inhou. Johan gesels ook met die geestesbreier, Gielie Hoffmann.

4 Sep 2016 03.09.2016

Johan van Lill praat met prof. Elda de Waal, onderwysregkenner aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoek-kampus, oor skoolmeisies wat ontevrede is met die reëls oor haarstyle by 'n paar skole. Wat sê die Skolewet oor haartsylreëls, en wat is die rol wat die gedragskode van 'n skool hierin speel.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.