RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
14 May 13.05.2017 23:39
Johan van Lill kyk na die MathMoms-program in Elsiesrivier, waar werklose ouers kinders met wiskunde by die skool help.
7 May 06.05.2017 22:17
Johan van Lill kyk verder na tuisskoolonderwys, spesifiek die kurrikulumbehoeftes van tuisskolers.
30 Apr 29.04.2017 22:17
Johan van Lill kyk na die voor- en nadele van tuisskoolonderwys. Wat is die uitdagings waarmee mens gekonfronteer word wanneer jy op hierdie tipe onderwys vir jou kind(ers) besluit?
23 Apr 22.04.2017 20:35
Johan van Lill gesels met dr. Jurie Joubert, 'n skrywer en historikus, oor die gebruik van tegnologie in die Geskiedenisklaskamer.
16 Apr 15.04.2017 22:19
Johan van Lill kyk na sport in skole. Waarom is sport belangrik? Word dit korrek hanteer? Waarom word daar so baie keer vinger gewys na die moontlike oordrywing van sport by skole?
9 Apr 08.04.2017 21:32
Johan van Lill gesels met Petrus Jacobs, oud-onderwyser en motiveringspreker, oor die mag wat persepsie oor 'n mens het, en hoe onderwysleiers persepsie en ingesteldheid in skole kan bestuur.
2 Apr 01.04.2017 21:36
Johan van Lill kyk na outisme. Hy lê besoek af by die Outisme Wes-Kaap Vereniging. Janine Chester en Antoinette du Preez is betrokke by hierdie nie-regeringorganisasie wat onderwysers, ouers en versorgers help wanneer kinders met outisme gedagnoseer word.
26 Mar 25.03.2017 20:54
Johan van Lill gesels met arbeidsterapeut en skrywer, Lizanne du Plessis, oor hoe om introverte in die klaskamer te hanteer. Introverte is baie keer ook sensitiewe kinders wat erge sosiale angs in die klaskamer ervaar. Ons gee wenke oor hoe om interaksie in die klaskamer te vergemaklik.
19 Mar 18.03.2017 22:20
Johan van Lill en dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, het onlangs 'n kongres oor Learning and the Brain in San Francisco bygewoon. Hulle gesels oor die jongste debatte oor neurowetenskap en onderwys.
12 Mar 11.03.2017 20:03
Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, bekende skrywer en motiveringspreker, oor ONDERWYS MET PASSIE.
5 Mar 04.03.2017 21:10
Johan van Lill praat met dr Jurie Joubert, 'n historikus, skrywer en oud-onderwysdosent, oor geskiedenis, die waarheid, feite en menings. Hoe kan onderwysers onderskei tussen ken en verstaan?
26 Feb 25.02.2017 19:59
Johan van Lill gesels met dr. Andre Vermeulen oor die impak van neurowetenskap op die onderwys.
19 Feb 18.02.2017 20:53
Johan van Lill gesels met Cynthia Linde oor veiligheid in skole. En Susan Potgieter vertel ons meer van die Tygerberg Hospitaalskool.
12 Feb 11.02.2017 20:57
Johan van Lill gesels met dr. Andre Vermeulen van Neurolink oor toekomsvaardighede in die onderwys.
5 Feb 04.02.2017 22:30
Johan van Lill praat verder oor uitstappies vir leerders. Hy gee wenke oor waarheen jy jou leerders kan neem vir uistappies.
29 Jan 28.01.2017 21:38
Johan van Lill kyk na dinge wat onderwysers in gedagte moet hou wanneer leerders op 'n uitstappie gaan. Hy lê ook besoek af by die Sentrum vir Omgewingsbewaring in Wynberg, Kaapstad.
22 Jan 21.01.2017 20:17
Johan van Lill praat met drie skoolhoofde oor wat belangrik is om op te fokus aan die begin van die jaar. Ons gee ook wenke vir hoofde wat pas aangestel is as skoolhoofde.
15 Jan 14.01.2017 21:06
Johan van Lill gesels met twee onderwysleiers, Aminda Naude en Isak Ockhuis, oor hoe om voorbereid te wees vir 2017, en om die onderwysjaar van die begin af reg aan te pak.
8 Jan 07.01.2017 20:25
Johan van Lill gesels met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe belangrik dit vir skole is om ook op ontwikkeling te fokus en nie net op die onderrig van vakke nie.
1 Jan 31.12.2016 20:09
Johan van Lill gesels met skrywer en motiveringspreker dr. Jannie le Roux oor hoe om 2017 'n besondere onderwysjaar te maak. Hoe moet ek myself instel vir die jaar wat voorlê?
18 Dec 17.12.2016 17:55
Johan van Lill kyk na die gebruik van sosiale media in skole. Hy gesels ook met dr. Pedro Ferreira van die Laerskool Parow-Wes oor ouerbetrokkenheid by skole.
11 Dec 10.12.2016 20:34
Johan van Lill kyk na dissipline in skole. Hy besoek twee skole wat dissipline op 'n interessante manier toepas. Dr. Pedro Fereira van die Laerskool Parow-Wes en Abri du Plessis van die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes vertel hoe hulle dit by die skole maak werk.
4 Dec 03.12.2016 18:06
Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, skrywer en motiveringspreker, oor hoe mens die onderwysjaar op die regte manier kan afsluit.
27 Nov 26.11.2016 21:04
Johan van Lill lê besoek af by Elnor Primêr in Elsiesrivier, en gesels met die skoolhoof, Gregory Marais, oor hoe die skool, onderwysers en gemeenskap hande gevat het om die skool se probleme te oorkom.
20 Nov 19.11.2016 19:45
Johan van Lill gesels oor wat 'n mens in gedagte moet hou wanneer jy met skole kommunikeer, en wat belangrik is by skoolbesoeke.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.