RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 04.11.2017 21:17
Johan van Lill kyk hoe om tegnologie in die Wiskunde-klaskamer te benut.
Ons en die onderwys 28.10.2017 18:41
Johan van Lill kyk hoe om tegnologie in die Rekeningkunde-klaskamer te benut.
Ons en die onderwys 21.10.2017 20:38
Johan van Lill praat met Esmarie Rohr, 'n Graad 1-onderwyseres van die Laerskool Skukuza in Mpumalanga, oor hoe die gebruik van tegnologie, spesifiek die elektroniese witbord, haar onderwysmetodologie verander het.
Ons en die onderwys 14.10.2017 23:53
Johan van Lill kyk na die rol wat skole kan speel om 'n aktiewe en gesonde leefstyl by leerders te ontwikkel.
Ons en die onderwys 07.10.2017 20:15
Johan van Lill kyk na kinderkinetika, en hoekom dit belangrik is vir leerders om genoegsaam te beweeg vir optimale breinontwikkeling.
Ons en die onderwys 30.09.2017 20:34
Johan van Lill kyk na die belangrikheid van patrone, en dat leerders ooreenkomste en verskille en verbande moet kan raaksien en identifiseer. Hy verduidelik ook hoe RSG se webtuiste as 'n hulpbron in die klaskamer ingespan kan word.
Ons en die onderwys 23.09.2017 23:24
Johan van Lill kyk na die rol wat erfenisterreine in die vak toerisme speel. Ons lê besoek af by die Distrik Ses-museum as 'n erfenisterrein, en gesels met kenners van die vak toerisme, dr. Ludwig Punt en Tessa Cloete, oor hoe onderwysers hierdie terreine in hulle vakke kan benut.
Ons en die onderwys 16.09.2017 20:31
Johan van Lill hoor hoe onderwysers waardeer kan word. Vanjaar fokus die Departement van Basiese Onderwys op die welsyn van onderwysers, en dr. Jannie le Roux verduidelik hoe mens onderwysers kan ondersteun.
Ons en die onderwys 09.09.2017 21:47
Johan van Lill kyk na die akademiese uitdagings wat onderwysers in die klaskamer ervaar.
Ons en die onderwys 02.09.2017 22:38
Johan van Lill praat met kenners oor hoe leerders se prestasie in Wiskunde verbeter kan word.
Ons en die onderwys 26.08.2017 21:01
Johan van Lill praat met sielkundige en traumaspesialis Johan Erasmus oor hoe skole trauma by onderwysers en leerders moet hanteer. Ons lees baie keer in die nuus dat leerders trauma-behandeling kry na 'n voorval by die skool, maar wat behels dit?
Ons en die onderwys 20 Augustus 2017 19.08.2017 20:53
Johan van Lill kyk na Graad R-onderwys, en waar dit inpas tussen die voorskoolse jare en Graad 1. Wat moet die fokus wees in 'n Graad R-klas, en wat wil met hierdie jaar bereik word?
13 Aug 12.08.2017 23:40
Johan van Lill kyk na die belangrikheid daarvan om die kurrikulum in totaliteit te dek, en ons vra die vraag of die fokus tans nie te veel is op die dek van die kurrikulum nie, in plaas daarvan dat leerders moet leer en vaardighede ontwikkel nie.
6 Aug 05.08.2017 22:23
Johan van Lill kyk na die rol van vroue in die onderwys.
30 Jul 29.07.2017 20:13
Johan van Lill praat met vier ouers oor hulle verwagtinge van 'n skool en die Departement van Basiese Onderwys.
23 Jul 22.07.2017 22:03
Johan van Lill gesels met twee kenners oor die professionele ontwikkeling van onderwysers, en ons vind meer uit van die werk wat by die Cape Teaching and Leadership Institute gedoen word.
16 Jul 15.07.2017 20:18
Johan van Lill gesels met twee kenners oor disleksie, en hoe onderwysers leerders wat met disleksie gediagnoseer word, kan hanteer.
9 Jul 08.07.2017 18:53
Johan van Lill gesels met dr. Louis Dey, 'n onderwyskundige, oor die rol wat onderwysleierskap speel in 'n waardegedrewe skool.
2 Jul 01.07.2017 20:46
Johan van Lill gesels met dr. Carel Krige, 'n opvoedkundige sielkundige en onderwyskonsultant, oor die rol wat waardes in dissipline by skole speel.
25 Jun 24.06.2017 19:45
Johan van Lill gesels oor die Kurrikulum en Assesserings-beleidsverklaring met die onderwyskenner, dr. Jeanette De Klerk-Luttig. Díe dokument is nou in skole geïmplementeer. Het dit dalk tyd geword dat onderwyskundiges oor die voordele en leemtes daarvan begin praat?
18 Jun 17.06.2017 21:02
Johan van Lill gesels oor skoolgebaseerde opleiding of internskappe as 'n manier waarop vele jongmense die onderwysprofessie betree.
11 Jun 10.06.2017 22:32
Johan van Lill gesels met onderwysers wat reeds 'n paar jaar in die beroep staan oor hulle gevoelens rondom hul opleiding en of hulle voel dat dit genoegsame voorbereiding vir toekomsgerigte onderwys is.
4 Jun 03.06.2017 22:42
Johan van Lill gesels met rolspelers uit die Overberg Onderwysdistrik in die Weskaap, wat verlede jaar as een van die toppresterende distrikte landswyd aangewys is.
28 May 27.05.2017 21:21
Johan van Lill gesels met onderwysers oor hoe om die onderwerp van ewolusie in die klaskamer aan te pak soos voorgeskryf in die nasionale kurrikulum.
21 May 20.05.2017 17:18
Johan van Lill gesels met prof. Jannie Feirreira oor visieprobleme. Baie kinders het visieprobleme wat uitvalle veroorsaak in skolesport en akademiese leer. Hoe moet onderwysers dit raaksien en hanteer? Watter opsies kan aan ouers voorgehou word om die probleem op te los. Is daar iets soos "lui" oë? Hoe gemaak met oë wat nie glad beweeg as kinders lees nie?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.