RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ons en die onderwys 05.05.2018

Johan van Lill en opvoedkundige sielkundige Fred Schouwink gee riglyne vir skole oor hoe om LGBTI-kwessies te hanteer.

Ons en die onderwys 28.04.2018

Johan van Lill hoor by ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager hoe onderwysers steeds deur hulle werk geïnspireer kan word.

Ons en die onderwys 21.04.2018

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges oor die impak van armoede op kinders, skole en onderwys.

Ons en die onderwys 14.04.2018

Johan van Lill praat met twee vakadviseurs oor hoe onderwysers kinders se begripleesvaardighede kan ontwikkel.

Ons en die onderwys 07.04.2018

Johan van Lill gesels met dr Michelle van der Merwe van die Departement Kurrikulumstudies by die Universiteit Stellenbosch oor die gebruik van woordeboeke in die klaskamer.

Ons en die onderwys 31.03.2018

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met twee onderwysers oor presies hoe hulle tegnologie in lesse gebruik. Ons gee wenke oor oulike hulpmiddels wat onderrig interessant deur die gebruik van tegnologie.

Ons en die onderwys 17.03.2018

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor hoe skole oor Menseregtedag kan dink, en dit herdenk.

Ons en die onderwys 10.03.2018

Johan van Lill praat met twee kenners oor die negatiewe impak wat oordadige gebruik van tegnologie in die klaskamer kan hê op leerders se ontwikkeling.

Ons en die onderwys 03.03.2018

Johan van Lill praat met twee skoolhoofde oor hoe tegnologie 'n verskil in hulle klaskamers gemaak het, en watter slaggate daar is met die implentering van tegnologie.

Ons en die onderwys 24.02.2018

In Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill verder met onderwyskundiges oor die skoolbeheerliggaamsverkiesing en spesifiek oor die rol wat leerders speel op die beheerliggaam en hoe lyk 'n laerskool se skoolbeheerliggaam.

Ons en die onderwys 17.02.2018

Johan van Lill kyk na die verkiesing van skoolbeheerliggame wat in Maart vanjaar plaasvind. Daar word bykans 300 000 mense landswyd verkies om in hierdie openbare poste aangestel te word, om as vrywilligers op beheerliggame te dien.

Ons en die onderwys 10.02.2018

Johan van Lill praat verder met onderwyskundiges oor wat die leesprobleem in skole regtig is, en stel ondersoek in na hoekom leerders baie keer vlot lees in die intermediêre fase, maar sonder begrip.

Ons en die onderwys 03.02.2018

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor wat die leesprobleem in skole regtig is, en watter rol ouers kan speel om onderwysers se hand te sterk in die ontwikkeling van hulle kinders se geletterdheid.

Ons en die onderwys 27.01.2018

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor hoe 'n mens potgooie in die klaskamer kan benut.

Ons en die onderwys 20.01.2018

Johan van Lill praat met drie skoolhoofde oor die uitdagings wat hulle vir 2018 voorsien, en hoe hulle beplan om dit te oorkom.

Ons en die onderwys 13.01.2018

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor die nuwe vak, Tegniese Wiskunde, wat vanjaar vir die eerste keer in die matriekeksamen geëksamineer sal word. Kundiges gee wenke vir onderwysers vir die uitdagings wat voorlê.

Ons en die onderwys 06.01.2018

Johan van Lill praat met skrywer en motiveringspreker dr Jannie le Roux oor die dinge waarop onderwysers en onderwysleiers vanjaar kan fokus om dit 'n besondere onderwysjaar te maak.

Ons en die onderwys 30.12.2017

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, prof. Elda de Waal en dr. Jaco Deacon, oor die hoogtepunte van die onderwysjaar wat verby is, en watter uitdagings in 2018 voorlê waarvan onderwysers moet kennis neem.

Ons en die onderwys 23.12.2017

Johan van Lill praat met twee onderwysers oor die belangrikheid van beplanning. Hulle gee wenke om jou beplanning vir die nuwe jaar deegliker te doen.

Ons en die onderwys 16.12.2017

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges en geletterdheidskenners, Andinda Vermaak en dr. Nicol Faasen, oor die onlangse PIRLS-verslag wat skokkende syfers oor Graad 4 leerders se geletterdheidsvlakke uitgewys het.

Ons en die onderwys 09.12.2017

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor die belangrikheid van beplanning, en hoe 'n mens vernuwing in jou skool daarby kan inwerk.

Ons en die onderwys 02.12.2017

Johan van Lill praat met skrywer en motiveringspreker dr. Jannie le Roux oor hoe onderwysers en onderwysleiers kan nadink oor die jaar wat verby is. Baie mense meet hulle jaar aan akademiese prestasies van die leerders, maar om oor jou jaar as 'n onderwyser na te dink is baie meer ingewikkeld as dit.

Ons en die onderwys 25.11.2017

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor die uitdagings vir 'n Graad R kind wanneer die skool begin.

Ons en die onderwys 18.11.2017

Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor hoe mens leerders kan help met die oorgang van Graad 7 na Graad 8.

Ons en die onderwys 11.11.2017

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, Albert Hoek en Cliffie Frolick, wat vanjaar afgetree het. Hulle reflekteer oor 'n onderwysloopbaan van langer as 40 jaar.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.