RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 27.10.2018 22:35
Johan van Lill hoor by Peregrine Joynt of onderwysers voorsiening moet maak in hulle lesse en aanbiedings vir die verskil tussen hoe seuns en dogters ontwikkel.
Ons en die onderwys 20.10.2018 18:10
Johan van Lill praat met dr. Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum oor 'n verslag wat hulle onlangs saamgestel het oor die gemoedstoestand van Afrikaanse onderwysers. Hoe verskil die algemene persepsie van die publiek van hoe onderwysers regtig voel oor hulle professie?
Ons en die onderwys 13.10.2018 20:18
Johan van Lill praat met Emilise Steenkamp, 'n neuro-onderwyskundige, oor hoe onderwysers 'n stresvrye omgewing in die klaskamer kan skep.
Ons en die onderwys 06.10.2018 23:19
Johan van Lill praat oor selfgerigte leer, vervlegde leer en verskillende leerstyle met prof. Josef de Beer en prof. Jaco Olivier van die Noordwes-Universiteit.
Ons en die onderwys 29.09.2018 19:06
Johan van Lill praat met Petrus Jacobs, 'n onderwyskundige, oor die “mental toughness” van onderwysers. Hoe kan onderwysers kritiek, uitdagings en druk in hulle beroep hanteer.
Ons en die onderwys 22.09.2018 22:13
Johan van Lill kyk na watter rol onderwysers en skole in Erfenisdag kan speel.
Ons en die onderwys 15.09.2018 20:24
Johan van Lill kyk na die lewenslange leer en ontwikkeling vir onderwysers, en lê besoek af by die Deeplearning Indaba op Stellenbosch.
Ons en die onderwys 08.09.2018 21:17
Johan van Lill praat met prof. Ruaan Maarman oor navorsing wat by UWK gedoen word oor klaskamerpraktyke. Johan van Lille lê ook besoek af by Paarlskool vir Neuraalgestremde leerders, wat vanjaar hulle 40ste bestaansjaar vier.
Ons en die onderwys 01.09.2018 19:48
Johan van Lill kyk na wetenskaponderrig en hoe om wanvoorstellings in die vak te vermy.
Ons en die onderwys 25.08.2018 21:38
Johan van Lill kyk na die uitdagings met wiskunde-onderwys in die hoërskool.
Ons en die onderwys 18.08.2018 23:46
Johan van Lill hoor hoekom sekere tradisionele onderrigmetodes nie meer in die wiskunde-klaskamer werk nie. Hy lê ook besoek af by Laerskool Totius in Bellville.
Ons en die onderwys 11.08.2018 21:25
Johan van Lill kyk na die professionele ontwikkeling van onderwysers om tegnologie in hulle klaskamers te gebruik, en hoe om oorlaaide en angstige kinders in die wiskundeklaskamer te hanteer.
Ons en die onderwys 04.08.2018 23:17
Johan van Lill kyk na die belangrikheid van liggaamlike opvoeding en fisieke ontwikkeling by skole. George Joubert vertel van 'n navorsingsprojek wat hy in hierdie verband vir sy doktorale studie gedoen het.
Ons en die onderwys 28.07.2018 22:45
Johan van Lill praat met Nico Venter van Hoërskool Hexvallei oor hoe skole vennootskappe met die privaatsektor kan sluit. Hy het ook gaan inloer by Curro Durbanville se 20ste verjaardag.
Ons en die onderwys 21.07.2018 21:56
Johan van Lill kyk na selfgerigte leer. Van 7 tot 9 November vind daar 'n konferensie plaas by die Noordwes-Universiteit waar onderwysers, opvoedkundiges, ouers en onderwysleiers meer oor hierdie benadering kan leer.
Ons en die onderwys 14.07.2018 22:04
Johan van Lill kyk na differensiasie in die klaskamer. Dis 'n tegniek waarmee onderwysers vir alle leerders se leerstyle en behoeftes kan voorsiening maak, en ook leerders wat op verskillende vlakke van ontwikkeling is, kan akkommodeer.
Ons en die onderwys 07.07.2018 22:19
Johan van Lill kyk na tegnologie-projekte wat deur die WNNR Meraka Instituut in plattelandse skole aangepak word, en na die gebruik van digitale handboeke in die klaskamer.
Ons en die onderwys 30.06.2018 18:14
Johan van Lill kyk na die uitdagings wat wetenskaponderwysers in die klaskamer moet hanteer.
Ons en die onderwys 23.06.2018 21:11
Johan van Lill praat met Gavin de Bruyn van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor die Deurlopende Professionele Onderwyser Ontwikkelingstelsel, wat daarop gerig is om onderwyserontwikkeling te stimuleer en reguleer.
Ons en die onderwys 16.06.2018 20:51
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill oor Jeugdag. Hoe moet dit in skole gevier word?
Ons en die onderwys 09.06.2018 21:38
Johan van Lill kyk na die opvoedkundige moontlikhede van museums. Hy verwys ook na wat onderwysers vir kinders kan aanbeveel om te doen by museums die komende vakansie.
Ons en die onderwys 02.06.2018 20:09
Johan van Lill kyk na wat die proses van bemeestering, of leer van inligting, behels. Is dit belangrik dat onderwysers ook studievaardighede op skool moet onderrig?
Ons en die onderwys 26.05.2018 18:51
Johan van Lill kyk na die relevansie van dit wat kinders in die skool geleer word. Hoe maak onderwysers dit wat in die kurrikulum staan, relevant vir kinders?
Ons en die onderwys 19.05.2018 22:06
Johan van Lill kyk na twee kongresse wat in Gauteng en Kaapstad gehou word vir onderwysleiers en skoolhoofde.
Ons en die onderwys 12.05.2018 21:45
Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen van die Noordwes-Universiteit, en Arno Blom, onderwyser by die Hoër Jongenskool in die Paarl, oor die uitdagings wat Geografie-onderwysers in die klaskamer ervaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.