RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons en die onderwys 20.07.2019 21:47
Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum, oor hoe skole robotika en kodering kan aanpak. Hy vertel ook van slypskole wat in die Wes-Kaap en Gauteng hieroor gehou word.
Ons en die onderwys 13.07.2019 22:29
Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n kenner op die gebied van voorskoolse onderwys, oor die opleidingsbehoeftes van voorskoolse onderwysers.
Ons en die onderwys 06.07.2019 22:56
Johan van Lill praat met Pieter Cronje, 'n kommunikasiekundige, oor die impak wat tegnologie in die toekoms op skole gaan hê en ons praat ook oor die rol wat masjienleer hierin gaan speel.
Ons en die onderwys 29.06.2019 22:36
Johan van Lill praat met dr. Roxanne Baily oor 'n kongres oor selfgerigde leer wat later vanjaar deur die Noordwes Universiteit aangebied word.
Ons en die onderwys 22.06.2019 20:55
Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole-Ondersteuningsentrum, oor hoe gesindheid van mense 'n skool se gesondheid kan bepaal.
Ons en die onderwys 15.06.2019 22:56
Johan van Lill praat met Danie Brink van die Skole-ondersteuningsentrum oor 'n opname wat hulle gedoen het oor skoolveiligheid. Hy gaan lê ook besoek af by 'n STEAM-dag wat by Curro Durbanvallei aangebied is.
Ons en die onderwys 08.06.2019 22:33
Hierdie week praat Johan van Lill met Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum oor navorsing wat hierdie week bekendgemaak word oor hoe skoolhoofde hulle tyd spandeer. Ons gee ook raad oor hoe skoolhoofde beter met die tyd tot hulle beskikking kan werk.
Ons en die onderwys 01.06.2019 24:31
Johan van Lill praat met Melanie Buys oor die belangrikheid van onderwysers se liggaamstaal in die klaskamer, en Valentyn van der Merwe vertel hoe die klaskamer in die toekoms sal lyk.
Ons en die onderwys 25.05.2019 19:55
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die belangrikheid van moedertaalonderwys. Gesprekke hieroor is tans weer druk aan die gang en ons bespreek aspekte wat in ag geneem moet word wanneer hieroor gepraat word.
Ons en die onderwys 18.05.2019 22:14
Johan van Lill praat met Etienne Pienaar, die vakhoof Wiskunde by Curro Durbanville, oor die Gevorderde Program Wiskunde wat hulle by die skool aanbied om skrander wiskundeleerders te stimuleer.
Ons en die onderwys 11.05.2019 21:19
Johan van Lill praat met Carin de Beer van die Hoërskool Waterkloof en 'n paar leerders oor die waarde wat die deelname aan ekspo's en kompetisies inhou. Carin vertel ook hoe hulle by robotika met die leerders aanpak.
Ons en die onderwys 04.05.2019 19:23
Johan van Lill praat met Chris Deneyssen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, oor hoe hy motivering, hoop en uitreikaksies in die skoolomgewing bestuur.
Ons en die onderwys 27.04.2019 19:15
Johan van Lill praat met Johan van Breda oor e-sport. Dis wanneer leerders deelneem aan rekenaarspeletjies, individueel en/of in spanne, wat soos sportbyeenkomste bedryf word. Dit is iets wat al hoe meer by skole posvat, en word al as 'n volwaardige sport erken.
Ons en die onderwys 20.04.2019 21:43
Johan van Lill kyk na 'n aanlyn wiskundekompetisie vir laer- en hoërskoolleerders, en praat met twee onderwysers wat in Kanada gaan ondersoek instel het na onderwysmetodiek wat hulle tans met groot sukses toepas.
Ons en die onderwys 13.04.2019 22:31
Johan van Lill praat met dr. Lizzie Ebersohn, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe 'n onderwyser verby die oppervlak moet sien, om dieperliggend na leerders kyk.
Ons en die onderwys 06.04.2019 24:04
Johan van Lill praat met dr. Nicol Faasen oor die General Household Survey wat onderwys bekyk vanuit die oogpunt van huishoudings. DIt gee 'n baie interessante idee van hoe huishoudings onderwys in die algemeen in Suid-Afrika ervaar.
Ons en die onderwys 30.03.2019 20:33
Johan van Lill gesels met prof Michael le Cordeur oor waar en wanneer het wat verkeerd geloop met ons onderwystelsel? Het dit nie dalk weer tyd geword dat onderwysers eienaarskap neem van onderwys nie en wat word hiermee bedoel.
Ons en die onderwys 24.03.2019 26:16
Johan van Lill praat met onderwyskenner Cynthia Linde oor hoe om die daaglikse negatiwiteite te hanteer, wat onderwysers in die klaskamer en onderwys ervaar.
Ons en die onderwys 16.03.2019 22:34
Johan van Lill praat met onderwyskenner en oudskoolhoof, Cassie Carstens, oor hoe om te werk te gaan as jy die skoolhoof van 'n ander skool word. Wat is die slaggate, en hoe kan 'n mens dit vermy?
Ons en die onderwys 09.03.2019 24:02
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die voor- en nadele van fokusskole. Dr. Jurie Joubert vertel hoe onderwysers kleingroeponderwys in die klaskamer kan gebruik.
Ons en die onderwys 02.03.2019 22:53
Johan van Lill praat met onderwyskundige, Jaco de Kock, oor hoe onderwysers lief bly vir die vakke wat hulle aanbied, en hoe om altyd jou belangstelling in daardie vakke verder te ontwikkel.
Ons en die onderwys 23.02.2019 23:49
Johan van Lill kyk na 'n projek wat fokus op ondersteuning en ontwikkeling van skoolhoofde. Sedrico Husselman is pas terug van oorsee waar hy Engels gegee het. Hy deel sy ervarings, en gesels ook oor die Funda-bundel wat die SBA gratis aan skole versprei om lees- en leervaardighede te ontwikkel.
Ons en die onderwys 16.02.2019 22:06
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe onderwysers koelkop kan bly wanneer kinders hulle uittart en uitdagende gedrag toon. Tans word daar oor baie voorvalle in die media berig waar onderwysers reageer op maniere wat tot ontslag lei, omdat hulle nie in moeilike situasies gereguleerd kan optree nie.
Ons en die onderwys 09.02.2019 19:07
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous van Unisa oor hoe 'n onderwyser of onderwysleier die leerproses kan ondersteun en hulp kan verleen. Daar is baie metodes en tegnieke wat jou kan help om beter te leer en te onthou.
Ons en die onderwys 02.02.2019 22:06
Johan van Lill praat met Daan Potgieter oor die nuutgestigde Afrikaanse Onderwysnetwerk, en met Fiona van Kerwel oor wat die WOW-projek alles by vanjaar se Woordfees vir skole aanbied.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.