RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 699 episodes

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

29 May 2016 28.05.2016

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Quinton Adams oor die uitdagings wat skole het met kinders wat uit informele nedersettings kom.

22 May 2016 21.05.2016

Johan van Lill praat met met Danie van Wyk, die bestuurder van Die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust oor die uitdagings wat armer skole te bowe moet kom.

15 May 2016 14.05.2016

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk Luttig en dr. Heinie Brand oor waardegedrewe dissipline in skole.

8 May 2016 07.05.2016

Johan van Lill gesels met die skoolhoof van Jan Krielskool op Kuilsrivier oor hulle prestasie om as die beste spesiale skool in die land aangewys te word. Hy hoor ook hoe Laerskool Eversdal tablette in die klaskamer benut.

1 May 2016 30.04.2016

Johan van Lill gesels met oogkundige Inge Loubser oor visieprobleme in die klaskamer. Sy gee wenke oor hoe onderwysers leerders met visieprobleme kan identifiseer.

24 Apr 2016 23.04.2016

Johan van Lill gesels met die skrywer, motiveringspreker en ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, oor wat onderwysers alles kan doen om die druk waaronder hulle verkeer, te oorleef.

17 Apr 2016 17.04.2016

Johan van Lill kyk na die gehalte van onderwysers wat die professie betree, en hoe om verskillende temperamente in die klaskamer te hanteer.

10 Apr 2016 10.04.2016

Johan van Lill praat met Karel Esterhuyse, medeprofessor in Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, oor lees en speltoetse om kinders se ontwikkelingvlakke te bepaal. Hoe werk hierdie toetse en hoe word dit opgestel?

3 Apr 2016 02.04.2016

Johan van Lill gesels oor lewensafrigtingsvaardighede vir onderwysers met Kim Ikel, 'n lewensafrigter en onderwyskundige.

27 Mar 2016 26.03.2016

Johan van Lill praat oor sport vir gestremdes. Jannie Putter verduidelik hoe skole oordrewe kompetering op sportgebied kan hanteer.

20 Mar 2016 19.03.2016

Johan van Lill praat met onderwyskundige, Dr. Andre Vermeulen oor verskillende leervoorkeure en die rol wat leerders se breindominansie in die klaskamers speel.

13 Mar 2016 12.03.2016

Johan van Lill gesels met regsonderwyskundiges, Cecile Eloff en Annamagriet de Wet van die Noordwes Universiteit, oor die hantering van rassisme in skole.

6 Mar 2016 05.03.2016

Johan van Lill gesels oor 'n projek wat die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans aangepak het om matriekleerders te help om by die eise van tersiëre opleiding aan te pas. Hulle noem dit die Brugbou-projek. Ons gaan loer ook in by die Woordfees se Woorde Open Wêrelde of beter bekend as die WOW-projek waar dit nou 'n miernes van bedrywigheid is vir al die aktiwiteite wat hierdie week voorlê.

28 Feb 2016 27.02.2016

Johan van Lill praat met Idilette van Deventer, 'n onderwyskundige, oor onderwysbestuursleierskap. En jy loer in by die Hands for a Bridge-projek by die Hoërskool Bellville.

21 Feb 2016 21.02.2016

Johan van Lill praat met Izelle Els van die Club 21 skool vir leerders met Downsindroom.

14 Feb 2016 13.02.2016

Johan van Lill praat met dr. Peter Beets, hoofdirekteur kurrikulumbestuur en onderwysontwikkeling by die Wes-Kaap Onderwysdepartement, oor die taal- en wiskundestrategie wat tans in skole geïmplementeer word. En Elacia Whittingham vertel van die SAALED-konferensie oor inklusiewe pedagogie wat volgende naweek in Johannesburg gehou word.

7 Feb 2016 06.02.2016

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk-Luttig van die Kantoor vir Morele Leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch oor wat die eienskappe van 'n goeie onderwyser is, en wat 'n onderwyser in staat stel om suksesvol te wees.

31 Jan 2016 30.01.2016

Johan van Lill gesels oor 'n paar inisiatiewe waarby onderwysers en leerders hierdie jaar kan inskakel: die SAASTA Wetenskapsdebatskompetisie, die ATKV Edu-Konferensie en die Nasionale Toneelspelkompetisie.

24 Jan 2016 23.01.2016

Johan van Lill gesels oor privaatskole. Ons fokus op hoekom ouers hulle kinders by 'n privaatskool inskryf, kyk na die kostes en gesels ook met 'n onderwyseres wat al by 'n staatskool en 'n privaatskool onderwys gegee het.

17 Jan 2016 16.01.2016

Johan van Lill gesels oor tuisonderwys met Leendert van Oostrum, 'n kenner op die gebied van tuisonderwys, en Yvonne Adams, 'n ma wat al etlike jare lank tuisonderwys met haar seun doen.

10 Jan 09.01.2016

Die onderwysers moet hierdie week terug skool toe en Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, motiveringspesialis, oor hoe om hierdie onderwysjaar met mening aan te pak.

3 Jan 02.01.2016

Johan van Lill gesels in Ons en die Onderwys met prof. Charl Cilliers oor hoe onderwysers leerders kan voorberei vir tersiëre onderrig.

27 Dec 2015 26.12.2015

Johan van Lill neem die afgelope onderwysjaar in oënskou. Sy gaste is Irma Eloff, die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria, Rika Joubert betrokke by die Inter-universitêre Sentrum vir Onderwysreg en Beleid en Paul Colditz van Fedsas.

13 Dec 2015 12.12.2015

Johan van Lill gesels met Paul Colditz, hoof van Fedsas, oor die staat se planne om die magte van skoolbeheerliggame in te kort, veral ten opsigte van die aanstellings van onderwysers, adjunkhoofde en skoolhoofde.

6 Dec 2015 05.12.2015

Johan van Lill gesels met onderwyskundige Petrus Jacobs oor hoe onderwysers hulself emosioneel gereed moet kry vir die uitdagings van 2016.

Listen to the Ons en die Onderwys podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.