Maroela Media
Nóú pra’ jy
Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël 30.06.2026 6:31
Deur Chris Chameleon Hulle het in kroeë van hom gefluister en die meeste van hulle het hulle krae hoër opgetrek en met sonbrille by sy praktyk ingestap, nadat hulle eers ʼn keer links, en dan regs, en dan weer links oor hulle skouers gekyk het om te kyk of ander nie kyk nie.
Chris Chameleon: Die skoonheid van kommunisme 03.06.2026 6:13
Deur Chris Chameleon Wat is dit dan van ʼn oorgang na kommunisme wat die neiging tot geweld so pertinent vervat? Ek dink dis weens die skoonheid van kommunisme.
Chris Chamelen: Die dood van patriotisme 30.04.2026 9:28
Deur Chris Chameleon Terug by patriotisme – nie die soort patriotisme wat kunsmatig aangeblaas word deur die lang gekoesterde gedeelde religie van verwyt of kortstondige sportprestasies nie, maar die ware soort wat ontkiem het in die boesem van gedeelde waardes en deur vele geslagte van kulturele onderhoud versterk en ingewortel is.
Chris Chameleon: Hoekom vroue nie vry mag wees nie 27.03.2026 7:34
Deur Chris Chameleon Gevolglik, is die vryste, en daarmee ook die gevaarlikste vrou, die vrou wat deur haar man beskerm en onderhou word.
Chris Chameleon: Die vierde wens 24.02.2026 6:48
Deur Chris Chameleon Die oggendson breek deur my wimpers en die blonde krulleglans van twee pragtige dogtertjies wat oor die ontwakende lyf van my vrou by ons bed staan en ons wakker roep. Die kamer in goue gloed, my lewe in goue gloed. Ek het klaar my wens gekry.
Chris Chameleon: Die oorborrelende seepkissie 29.01.2026 6:32
Deur Chris Chameleon Die seepkissie het wel in sekere opsigte nie die kaf van die koring kon skei nie, in soverre diegene met goeie menings nie gehoor was as hulle nie goeie stemme gehad het nie, en diegene met goeie stemme en goeie idees nie kon opgang maak as hulle sosiaal verleë was nie. Vandag is dit anders.
Chris Chameleon: Jesus wen alweer 22.12.2025 5:34
Kersdag is dalk die belangrikste dag in die Christelike geloof. Sommige sal sê dis Paasfees, ander weer Hemelvaart. Dit maak nie so baie saak nie. Wat saak maak is dat almal genooi is.
Chris Chameleon: Waarom is kunstenaars so ‘woke’? 27.11.2025 8:22
Deur Chris Chameleon Hierdie toedrag van sake verlei kunstenaars dikwels tot die waan dat die wêreld ʼn meestal vriendelike plek is, waar vreemdelinge jou ken en liefhet, waar jy waardeer word en waarin jy spesiaal en gerekend is. Hoe kan jy dan verkeerd wees?
Chis Chameleon: Die koning 26.09.2025 8:50
Deur Chis Chameleon Want waar leiers voor die landbourewolusie deur die gemeenskap gekies is, het leiers sedert die landbourewolusie hulleself verkies.
Chris Chameleon: Kokaïne in die pap 26.08.2025 7:10
Deur Chris Chameleon Dis toe dat ek die regte vrae begin vra het, vrae wat die knoop tussen die baksteen en die voet losgemaak het en die waarheid soos ʼn lyk wat nie gevind moes word nie, na bo laat dryf het
Chis Chameleon: Om jou los te wikkel van ontwikkeling 30.07.2025 7:07
Deur Chris Chemeleon Uiteindelik stoom die ontwikkeling onverpoosd, onstuitbaar voort, of jy deelneem of nie. Maar jy kan jou vereenselwiging daarmee, dit wat jy daaruit neem en hoe jy dit aanwend beheer.
Chris Chameleon: Die wêreld brand en ek hoor ʼn gejuig 24.06.2025 6:33
Deur Chris Chameleon Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.
Prentjie-mooi Kasjmir deur konflik geteister 22.05.2025 4:06
Deur Freek Robinson Daar moet ʼn tyd kom wat honderde toeriste, aand na aand, die skemer-taferele van die meer met sy boothotelle kan beleef – en ʼn glasie klink op vrede.
Chris Chameleon: Die kompliment 08.05.2025 7:38
Deur Chris Chameleon Die gesprek swaai dan in die rigting van die vreemde draaie wat die lewe loop om ʼn mens op te saal met die lot van jou omstandighede…
Van Mandela na Trump 04.04.2025 5:53
Deur Freek Robinson Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.
Chris Chameleon: Die toets vir Afrikanerskap 28.03.2025 6:12
Deur Chris Chameleon In sommige opsigte is Afrikanerskap soos Christenskap – dis iets wat jy bloot bely. As jy sê jy’s een is dit al genoeg om deur die samelewing getel te word as een.
Mosambiek en die grondverskuiwing in Afrika-politiek 30.01.2025 4:22
Deur Freek Robinson Met die geweld wat bedaar het, wil gerugte dit hê dat Venancio Mondlane bereid sou wees om saam met Frelimo in ʼn regering van nasionale eenheid te dien. Hopelik sal die geknelde land voortaan ʼn tyd van vrede en ontwikkeling beleef.
Chris Chameleon: As alles verander, behalwe die nukke 27.01.2025 6:39
Deur Chris Chameleon Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom...
Chris Chameleon: ʼn Kersfees vir tant Poppie 11.12.2024 10:44
Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie.
Chris Chameleon: Vir ewig joune 25.11.2024 6:03
Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking te wees.
Die absurditeit van oorlog 21.11.2024 8:50
Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take onderwerp.
Chris Chameleon: Wat maak dat ek 'n boek verder wil lees 30.10.2024 5:19
Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.
Kommer oor Trump 16.10.2024 6:00
Deur Freek Robinson Dit is te verwagte dat konserwatiewe groeperinge vir Trump sal stem, maar die middelklas en beroepslui is bekommerd oor die vervlakking van die politieke diskoers.
Chris Chameleon: Die vergestalting van my manlikheid 26.09.2024 6:35
Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.
In 'n staat van trauma 04.09.2024 4:38
Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.