Maroela Media

Nóú pra’ jy

News AF ↓ 69 episodes

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 30, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Chris Chameleon: Kom ons MAGA vir goud! 29.08.2024

Deur Chris Chameleon Ek wil my eerder hier bemoei met die meer tradisionele aspekte van die Olimpiese Spele en menslike uitnemendheid, asook die tanende belangstelling in atletiek. Die wêreld het MAGA (make athletics great again) nou nodiger as ooit.

Vind die Mandela in jou 07.08.2024

Deur Freek Robinson Minister McKenzie het met entoesiasme vertel hoe hy as bende-misdadiger tot “bekering” gekom het deur Nelson Mandela se boodskap van ubuntu en vergiffenis. So kan elkeen die Mandela in hulself vind en help bou aan ʼn verenigde nasie.

Chris Chameleon: ʼn Wonderwerkie 23.07.2024

Deur Chris Chameleon En so het dit gekom dat Gijs tydens sy drafsessie presies daar verby gedraf het, die beursie wat uit my sak geval het gesien, dit as myne herken het en... Wel, dankie God, en dankie Gijs.

Wanneer die inbraak nie ‘erg’ genoeg is nie 10.07.2024

Deur Freek Robinson Toe die polisie by ons huis aandoen, het hulle gou belangstelling verloor toe hulle hoor niemand is beseer nie en dat dit nie ʼn ernstige diefstal was nie.

Chris Chameleon: Die sprokie van die jagter en die waterdraer 01.07.2024

Deur Chris Chameleon Lank, lank gelede, was die mens baie eenvoudiger as nou. Hulle het so te sê kaalbas rondgeloop, in die grond gekrap om uintjies te kry en sprinkane gevreet vir kos.

Die Rooi Gevaar 06.06.2024

Deur Freek Robinson Vandag weet ons daar het niks gekom van die rooi gevaar of die totale aanslag nie. Op die ou einde is ons maar almal mense met dieselfde behoeftes en probleme, ongeag ideologie.

Chris Chameleon: Muilband FM  22.05.2024

Deur Chris Chameleon Daar het in die afgelope 30 jaar ʼn kultuur van selfsensuur langsamerhand die strop al nouer om die keel van wit omroepers getrek.

Oor almal wat uitgesluit word 03.05.2024

Deur Freek Robinson Een van die eerste hoë profiel mense wat kritiek teen die inisiatief uitgespreek het, was Christo van der Rheede – ʼn “bruinman” wat al diep spore in “Afrikaner”-instansies getrap het soos AgriSA en die Afrikaanse Handelsinstituut.

Chris Chameleon: Die misdaad van pornografie 25.04.2024

Deur Chris Chameleon As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.

Chris Chameleon: Pornografie onder die vergrootglas 02.04.2024

Deur Chris Chameleon Hierdie bedryf toon egter struktureel en organisatories meer ooreenkomste met misdaadkartels as met kuns, sport en vermaak.

Chris Chameleon: Kuns vir wins 26.02.2024

Deur Chris Chameleon Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.

Dis nie so maklik om te oordeel nie 22.02.2024

Deur Freek Robinson Veelvoudige rituele word toegepas internasionaal. Sommige heel onskuldig – soos sê nou maar ʼn universiteit se gradeplegtigheid tot die inisiasie van jong Xhosa-seuns wie se besnydenis dikwels lei tot die dood. Jy kan nie sommer sê wat is reg of verkeerd nie.

Goeie en slegte verwikkelinge 30.12.2023

Deur Freek Robinson In hierdie versoeningsmaand het van die allerverskriklikste voorvalle van rassisme plaasgevind. Tog was daar ook opbeurende nuus.

Chris Chameleon: Die etiket van gebed 04.12.2023

Deur Chris Chameleon Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te bid voor etes in restaurante.

Uitheemse bome, inheemse studentelewe 08.11.2023

Deur Louis Boshoff Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.

Chris Chameleon: Daar is baie dinge wat ek vir my kinders wil leer 02.11.2023

Deur Chris Chameleon Die uitdaging word met hoeveel uitnemendheid jy hierdie mensie van jou kan kweek in die gedaante van ʼn liefdevolle, meelewende, geïnteresseerde, entoesiastiese, billike, beleefde, beskaafde persoon.

Engele van welwillendheid 04.10.2023

Deur Freek Robinson Die inwoners van Worcester maak daarop aanspraak dat hulle dorp die hoofstad van welwillendheid in die land is. En dit kan heel moontlik die geval wees.

Chris Chameleon: Die skynbare kompleksiteit van menswees 03.10.2023

Die sondeval het vir ons sweet in ons aanskyn, moeite met geboorte en allerlei listigheid op ons hakke verseker.

Beurtkrag is nie ons enigste energieprobleem 06.09.2023

Deur Freek Robinson Suid-Afrika is een van die grootste sondaars in die wêreld wat die vrylating van koolsuurgas betref weens sy grootskaalse gebruik van steenkool vir die produksie van elektrisiteit.

Chris Chameleon: Die onafwendbare verbygang 04.09.2023

Deur Chris Chameleon Tyd is, bly, ʼn magtige, voortslepende, meesleurende onafwendbaarheid wat ons nooit kan tem nie. En dan is die beste tydvertraer nie grimering, plastiek-tieties, groen sap of vyftig opstote nie.

Chris Chameleon: Die onsigbare leed van Klara Majola en Racheltjie de Beer 15.08.2023

Deur Chris Chameleon Die gevoel wat ek vir hierdie kinders gehad het, was ʼn dieper leed as wat ek kon begryp, en dit sou dekades duur voor ek dit uiteindelik kon uitpluis.

Die nuwe era van koalisiepolitiek 08.08.2023

Deur Freek Robinson ʼn Nuwe politieke era is egter nou in wording. Dis ʼn era waarin ʼn klimaat van samewerking geskep moet word waarin van die begin af aanvaar moet word dat kompromis noodsaaklik is en dat opofferings gemaak sal moet word.

Singapoer se lesse en SANEDI se merietevoorbeeld 07.07.2023

Deur Freek Robinson By SANEDI blyk dit dat die kennerpersoneel in eie reg by die dinktenk aangestel is. Dis soos dit hoort en hopelik sal dit natuurlikerwys al hoe meer so ontwikkel. Want meriete is fundamenteel noodsaaklik vir ekonomiese sukses.

Waarheid anderkant die reënboog 03.07.2023

Deur Chris Chameleon Dit was weer Junie en vrolike reënboogkleure het gepryk in winkels, aanlyn, op klerasie en elders. Dit was ook weer Junie en die aanlyn oorloë, ʼn deurlopende stryd, het weer verskerp.

Die uitkontraktering van emosionele skuld 02.06.2023

Deur Chris Chameleon ʼn Meer bekende voorbeeld is waar ouers vanweë hul professionele spesialisasie die emosionele skuld, voortspruitend uit ʼn gebrek aan teenwoordigheid in hulle kinders se lewens, uitkontrakteer aan vermaaklikheidsdienste en versorgers.

Listen to the Nóú pra’ jy podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.