Maroela Media

Nóú pra’ jy

News AF ↓ Odcinki: 72

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: maroelamedia.co.za

Autor

Maroela Media

Kategoria

News

Strona podcastu

maroelamedia.co.za

Ostatni odcinek

19 lis 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android 10 mln+ pobrań · ocena 4,7+ iOS wkrótce

Odcinki

Chris Chameleon: Genoeg is genoeg  19.11.2026

Deur Chris Chameleon Dis tyd dat die gebruik daarvan verkleineer word aan die hand van intellektuele laksheid, linguistiese verarming en onderdanigheid tot subkulturele strominge.

Chris Chameleon: Een eier sonder ’n hen asseblief 30.09.2026

My versigtigheid begewe my en ek blaker dit uit: “Liewe land, dankie tog, ek voel al lankal so!”. Ek kry kopknikkende instemming in plaas van die ongemaklike verbasing wat ek verwag het. Wag ’n bietjie, miskien is hierdie Kapenaars nie so sleg nie. Kom ek voer dit verder!

Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël (deel twee) 31.07.2026

Deur Chris Chameleon Ansie voel hoe haar gemoed vol skiet. Sy verstaan nie wat oor haar kom nie. ʼn Snik, diep uit ʼn deel van haar bors waarin sy so lank gelede asem geteug het dat haar lyf al vrede gemaak het daarmee dat dit nie bestaan nie, betrap haar onverhoeds.

Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël 30.06.2026

Deur Chris Chameleon Hulle het in kroeë van hom gefluister en die meeste van hulle het hulle krae hoër opgetrek en met sonbrille by sy praktyk ingestap, nadat hulle eers ʼn keer links, en dan regs, en dan weer links oor hulle skouers gekyk het om te kyk of ander nie kyk nie.

Chris Chameleon: Die skoonheid van kommunisme 03.06.2026

Deur Chris Chameleon Wat is dit dan van ʼn oorgang na kommunisme wat die neiging tot geweld so pertinent vervat? Ek dink dis weens die skoonheid van kommunisme.

Chris Chamelen: Die dood van patriotisme 30.04.2026

Deur Chris Chameleon Terug by patriotisme – nie die soort patriotisme wat kunsmatig aangeblaas word deur die lang gekoesterde gedeelde religie van verwyt of kortstondige sportprestasies nie, maar die ware soort wat ontkiem het in die boesem van gedeelde waardes en deur vele geslagte van kulturele onderhoud versterk en ingewortel is.

Chris Chameleon: Hoekom vroue nie vry mag wees nie 27.03.2026

Deur Chris Chameleon Gevolglik, is die vryste, en daarmee ook die gevaarlikste vrou, die vrou wat deur haar man beskerm en onderhou word.

Chris Chameleon: Die vierde wens 24.02.2026

Deur Chris Chameleon Die oggendson breek deur my wimpers en die blonde krulleglans van twee pragtige dogtertjies wat oor die ontwakende lyf van my vrou by ons bed staan en ons wakker roep. Die kamer in goue gloed, my lewe in goue gloed. Ek het klaar my wens gekry.

Chris Chameleon: Die oorborrelende seepkissie 29.01.2026

Deur Chris Chameleon Die seepkissie het wel in sekere opsigte nie die kaf van die koring kon skei nie, in soverre diegene met goeie menings nie gehoor was as hulle nie goeie stemme gehad het nie, en diegene met goeie stemme en goeie idees nie kon opgang maak as hulle sosiaal verleë was nie. Vandag is dit anders.

Chris Chameleon: Jesus wen alweer 22.12.2025

Kersdag is dalk die belangrikste dag in die Christelike geloof. Sommige sal sê dis Paasfees, ander weer Hemelvaart. Dit maak nie so baie saak nie. Wat saak maak is dat almal genooi is.

Chris Chameleon: Waarom is kunstenaars so ‘woke’? 27.11.2025

Deur Chris Chameleon Hierdie toedrag van sake verlei kunstenaars dikwels tot die waan dat die wêreld ʼn meestal vriendelike plek is, waar vreemdelinge jou ken en liefhet, waar jy waardeer word en waarin jy spesiaal en gerekend is. Hoe kan jy dan verkeerd wees?

Chis Chameleon: Die koning 26.09.2025

Deur Chis Chameleon Want waar leiers voor die landbourewolusie deur die gemeenskap gekies is, het leiers sedert die landbourewolusie hulleself verkies.

Chris Chameleon: Kokaïne in die pap 26.08.2025

Deur Chris Chameleon Dis toe dat ek die regte vrae begin vra het, vrae wat die knoop tussen die baksteen en die voet losgemaak het en die waarheid soos ʼn lyk wat nie gevind moes word nie, na bo laat dryf het

Chis Chameleon: Om jou los te wikkel van ontwikkeling 30.07.2025

Deur Chris Chemeleon Uiteindelik stoom die ontwikkeling onverpoosd, onstuitbaar voort, of jy deelneem of nie. Maar jy kan jou vereenselwiging daarmee, dit wat jy daaruit neem en hoe jy dit aanwend beheer.

Chris Chameleon: Die wêreld brand en ek hoor ʼn gejuig 24.06.2025

Deur Chris Chameleon Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.

Prentjie-mooi Kasjmir deur konflik geteister 22.05.2025

Deur Freek Robinson Daar moet ʼn tyd kom wat honderde toeriste, aand na aand, die skemer-taferele van die meer met sy boothotelle kan beleef – en ʼn glasie klink op vrede.

Chris Chameleon: Die kompliment 08.05.2025

Deur Chris Chameleon Die gesprek swaai dan in die rigting van die vreemde draaie wat die lewe loop om ʼn mens op te saal met die lot van jou omstandighede…

Van Mandela na Trump 04.04.2025

Deur Freek Robinson Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.

Chris Chameleon: Die toets vir Afrikanerskap 28.03.2025

Deur Chris Chameleon In sommige opsigte is Afrikanerskap soos Christenskap – dis iets wat jy bloot bely. As jy sê jy’s een is dit al genoeg om deur die samelewing getel te word as een.

Mosambiek en die grondverskuiwing in Afrika-politiek 30.01.2025

Deur Freek Robinson Met die geweld wat bedaar het, wil gerugte dit hê dat Venancio Mondlane bereid sou wees om saam met Frelimo in ʼn regering van nasionale eenheid te dien. Hopelik sal die geknelde land voortaan ʼn tyd van vrede en ontwikkeling beleef.

Chris Chameleon: As alles verander, behalwe die nukke 27.01.2025

Deur Chris Chameleon Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom...

Chris Chameleon: ʼn Kersfees vir tant Poppie 11.12.2024

Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie. 

Chris Chameleon: Vir ewig joune 25.11.2024

Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking te wees.

Die absurditeit van oorlog 21.11.2024

Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take onderwerp.

Chris Chameleon: Wat maak dat ek 'n boek verder wil lees 30.10.2024

Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.

Słuchaj podcastu Nóú pra’ jy w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS