Maroela Media

Net nog enetjie

News AF ↓ 83 episodes

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom."Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Net nog enetjie | 'Debrief' oor die brief | Ep. 58 05.11.2025

In hierdie week se Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die voortgesette storm rondom die 42 Afrikaners se ope brief – en hoe dit vinnig van ’n verklaring tot ’n volslae oorlog onder Afrikaners ontwikkel het.

Net nog enetjie | Die (bes)ope brief al die pad uit ivoortorings | Ep. 57 28.10.2025

In hierdie week se Net nog enetjie kyk Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder na die ope brief van 40 Afrikaners wat onlangs reguit uit die ivoortorings gekom het – ʼn brief met ʼn alternatiewe “Afrikaner-mening”, maar nie noodwendig ʼn vreeslik gewilde een nie. Die span bespreek die inhoud, die toon en waarom dit soveel mense so verkeerd opgevryf het.

Net nog enetjie | Die DA kies SE-Nee bo SEB | Ep. 56 22.10.2025

Die party stel voor dat die bestaande stelsel van SEB vervang word met ekonomiese bemagtiging gebaseer op meriete eerder as ras. Want, sê hulle, stap een in ekonomiese groei is eenvoudig – hou op steel en doen spesifiek weg met beleid wat die steel moontlik maak.

Net nog enetjie | Vrede in die Midde-Ooste en vet kaders in Thembisa | Ep. 55 14.10.2025

Op eie bodem is die skelms sommer baie besig. Die beslaglegging van Thembisa-tenderpreneurs se luukshede maak ʼn mens sommer siek – net nie só siek dat jy na dié hospitaal toe hoef te gaan nie, want die kaders en korruptes het seker gemaak daar bly net mooi niks funksioneel oor nie. Die vermetelheid om nie net van arm nie, maar ook siek mense te steel. Luister na hierdie week se aflewering van Net...

Net nog enetjie | Die politieke sirkus op die dorp | Ep. 54 07.10.2025

Vandeesweek laat die politieke sirkus op die dorp ons met geen rus nie. Eerste is Julius Malema wat uiteindelik in ʼn hof skuldig bevind is aan iéts! Hy gaan nie sommer binnekort die binnekant van ʼn tronk sien nie, maar gaan wel moet hoes om sy skuldboete te betaal. Die hof het besluit sy sangloopbaan mag dalk “Kill the Boer” insluit, maar nie “Parapapa” van Snotkop met die byklanke van ʼn AK47 nie.

Net nog enetjie | Sê Ramaphosa VS-ja vir die Withuis se vereistes? | Ep. 53 30.09.2025

Net nog enetjie is terug met ʼn vyfde seisoen, net betyds om saam te gesels oor die Solidariteit Beweging se tweede besoek aan die VSA vanjaar. Met dié besoek wat aan die gang is, het die ANC natuurlik weer ou verraderlike koeie uit die sloot gaan grawe. Terwyl die Beweging met ope arms terug genooi word na die Withuis, stamp die ANC steeds koppe in Washington.

Net nog enetjie | Die ANC-berg het soos verwag ’n muis gebaar | Ep. 52 19.08.2025

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor die ANC-berg wat soos verwag, weereens ’n muis gebaar het. Verlede week se nasionale dialoog was op die ou end ’n baie duur, maar vrotterige windeier.

Net nog enetjie | Die ANC se nasionale monoloog | Ep. 51 12.08.2025

Waar daar eens sprake was van gesprek met inspraak van die mense was, voel dit al hoe meer soos ’n eenrigtingtoespraak waarin die ANC self al die vrae vra én die antwoorde verskaf.

Net nog enetjie | Tariewe, Kill the Boer en die handsak vol omkoopgeld | Ep. 50 07.08.2025

In hierdie week se episode van Net nog enetjie bespreek Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor ’n breë spektrum sake – van wêreldwye handelskrisisse en regeringsretoriek tot dapper joernalistiek wat korrupsie met ’n handsak vol omkoopgeld oor die kop slaan.

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49 31.07.2025

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor Trump se tassies – eerder as om een te kies, het die ANC blykbaar besluit om sommer ʼn ander speletji...

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48 22.07.2025

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl die brandstigters onaangeraak bly nie. Tot dít uitgesorteer is, is geen kommissie, herskikking of minister gepos regtig genoeg nie. Luister na Net n...

Net nog enetjie | Is die polisie gekoop, gekaap of net gegrief? | Ep. 47 08.07.2025

Net nog enetjie | Is die polisie gekoop, gekaap of net gegrief? | Ep. 47

Net nog enetjie | Staan die “D” in “DA” vir doen of dreig? | Ep. 46 03.07.2025

Die regering van nasionale eenheid (RNE) se fondasie is die afgelope week geskud met president Ramaphosa wat DA-adjunkminister, Andrew Whitfield, afgedank het. Groot drama het gevolg, maar op die ou end het die DA eintlik maar net gereageer met ʼn sterk bewoorde brief. Het die DA nog murg in hulle pype of staan die “D” in “DA” vir dreig eerder as doen?

Net nog enetjie | Op vrede in die Midde-Ooste en vryheid in Suid-Afrika | Ep. 45 26.06.2025

Net nog enetjie | Op vrede in die Midde-Ooste en vryheid in Suid-Afrika | Ep. 45

Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44 19.06.2025

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale konflik of is dit veilig om te sê dit is nie die derde wêreldoorlog elke keer wanneer iemand hulle wip nie – v...

Net nog enetjie | To BEE or not to BEE | Ep. 43 11.06.2025

President Ramaphosa het in sy nuusbrief hierdie week gal gebraak oor hoe belangrik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is, hoe verkeerd kritici van transformasie is en hoekom die regering gaan voortgaan met dié verwoestende beleid. In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen alles SEB. Sit harder, luister saam en sê vir ons in die kommen...

Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42 06.06.2025

Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of nié gebeur het nie – was die kool die sous werd of het voormalige opposisiepartye hulself eintlik net vir ’n lek...

Net nog enetjie | Bring BEE-lon binnekort Starlink vir SA? | Ep. 41 29.05.2025

Musk sê hy is net bereid om te kom as hy sy maatskappy op meriete mag bedryf. Die ANC sê hy mag net kom as hy aan hulle rasreëls voldoen. Intussen sit Suid-Afrika en wag om te sien of BEE-lon gaan seëvier? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie waarin Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor hierdie kwessies gesels. Sit harder, skink vir jou ook nog enetjie en kuier...

Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40 22.05.2025

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het. Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die VSA gaan stuur om sake met Trump te beredder. Die groot vraag op almal se lippe – het Trump vir Ramaphosa in...

Net nog enetjie | DA vir die eerste keer ooit sterker as die ANC | Ep. 39 16.04.2025

In hierdie episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor hoe ʼn mens die meningspeilings moet peil. ʼn Nuwe opname van die IRR wys dat die ANC vir die eerste keer ooit minder steun as die DA het. As Suid-Afrika vandag ʼn verkiesing sou hou, kon die DA met ander woorde dalk die ANC wen.

Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38 10.04.2025

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC om hulle uit te jaag – almal is ongelukkig, maar niemand is bereid om eerste te beweeg nie.

Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37 03.04.2025

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.

Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36 26.03.2025

Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om ʼn Afrikaner- of landbouleier aan te wys om gemoedere in die VSA te help afbestuur. Maar nou ja, van wannee...

Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35 18.03.2025

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer of die ANC tog bereid is om ʼn bietjie deur die VSA geboelie te word en net dalk die verandering...

Net nog enetjie | Suid-Afrika laaste, maar ANC eerste! | Ep. 34 11.03.2025

Net nog enetjie | Suid-Afrika laaste, maar ANC eerste! | Ep. 34

Listen to the Net nog enetjie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.