RSG

Naweekaktueel

Society AF ↓ 1135 episodes

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Motorrubriek 26 Desember 2020 26.12.2020

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid.

Naweekaktueel 19 Desember 2020 19.12.2020

'n Nuwe variant van die coronavirus versprei vinnig deur die land, en veral jong mense sonder onderliggende siektetoestande word hierdeur geraak. Die minister van polisie, Bheki Cele, kom onder skoot oor swaar gewapende polisielede op die Wes-Kaap se strande, en ons vra of hy die regte man vir die taak is. Op 'n ligter noot vra ons: As jy 'n by was, hoe sou jy jou nes beskerm teen aanvallende perd...

Motorrubriek 19 Desember 2020 19.12.2020

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid.

Naweekaktueel 12 Desember 2020 12.12.2020

Matrieks hoef nie twee uitgelekte vraestelle te herskryf nie. 'n Kenner ontleed die jongste studie oor neigings in internasionale wiskunde- en wetenskap-resultate. Gorrelskurwepaddas se liggaamsgrootte het binne 'n honderd jaar nadat hulle in Mauritius en Réunion vrygelaat is, met 'n derde gekrimp. Die Suid-Afrikaanse gruwelriller rolprent, "8", wen drie internasionale toekennings.

Motorrubriek 12 Desember 2020 12.12.2020

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid.

Naweekaktueel 5 Desember 2020 05.12.2020

Twee matriekvraestelle sal landwyd oorgeskryf word. China se derde onbemande sending na die maan kan moontlik bepaal of ertsminerale daar ontgin kan word. Die voorlaaste Formule Een Grand Prix van die seisoen word Sondag afgehandel.

Motorrubriek 5 Desember 2020 05.12.2020

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.

Naweekaktueel 28 November 2020 28.11.2020

Die Staatkapingskommissie gaan strafregtelike aanklagte lê teen die voormalige voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni. Mediakenners waarsku dat diegene wat die SAUK-raad wil ontbind, 'n politieke agenda het. Ons praat met die Jongboer van die Jaar. Die Engelse kraai koning teen die Proteas.

Motorrubriek 28 November 2020 28.11.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Renault.

Naweekaktueel 21 November 2020 21.11.2020

Die Verenigde Nasies vergader oor haatspraak teen minderhede. Die DA in die Wes-Kaap gaan voort met sy leierskapskongres te midde van bewerings van 'n komplot. Agt mense word in verband met openbare geweld gearresteer ná die EFF in die omgewing van die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad betoog het.

Motorrubriek 21 November 2020 21.11.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suzuki.

Naweekaktueel 14 November 2020 14.11.2020

Ons ontleed die jongste kwartaallikse misdaadsyfers. Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê slegs as die ANC-takke vir hom sê hy moet opsystaan, sal hy dit doen. Die Vryheidsfront Plus sê selfbeskikking is 'n politieke opsie vir die Wes-Kaap. Die Twee Oseane Akwarium vier sy 25ste bestaansjaar.

Motorrubriek 14 November 2020 14.11.2020

In ons weeklikse motorrubriek gee Wessel Pretorius raad oor hoe jy jou voertuig en sleepding vir die langpad moet voorberei.

Motorrubriek 7 November 2020 07.11.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford.

Naweekaktueel 7 November 2020 07.11.2020

Joe Biden se voorsprong vergroot. Die voormalige voorsitter van die SAL-direksie, Dudu Myeni, systap die Staatskapingskommissie. 'n Nuwe dramareeks bring hulde aan die jazzkultuur van die Kaapse vlakte.

Motorrubriek 31 Oktober 2020 31.10.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n vinnige hings.

Naweekaktueel 31 Oktober 2020 31.10.2020

Die DA se leierskapskonferensie begin met 'n paar interessante kaarte op die tafel. 'n Suid-Afrikaanse rolprent in die Wilde Weste-genre begin draai. Wessel Pretorius toets 'n ikoniese Amerikaanse hings.

Motorrubriek 24 Oktober 2020 24.10.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suzuki en 'n Volvo.

Naweekaktueel 24 Oktober 2020 24.10.2020

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê bykans 1-miljoen Suid-Afrikaners het ophou rook tydens die streng inperkingstyd. Pastoor Shepherd Bushiri en sy vrou bly in aanhouding tot Maandag. Die DA vra dat drie brandgeteisterde provinsies tot rampgebiede verklaar moet word. Die eerste Afrikaanse wetenskapfiksie-rolprent maak hierdie naweek sy buiging in fliekteaters.

Motorrubriek 17 Oktober 2020 17.10.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford-bakkie.

Naweekaktueel 17 Oktober 2020 17.10.2020

Verskeie organisasies en partye het gister in Senekal protes gelewer teen plaasmoorde en misdaad in die land - ons hoor by hulle wat hulle verder beplan. Die EFF het ook opgeruk na Senekal - 'n ontleder kyk na wat die party hiermee probeer bereik het. Eskom vra vir geduld terwyl hulle die kragreus probeer regruk. 'n Dag van danksegging word môre by die Theewaterskloofdam in die Wes-Kaap gehou.

Motorrubriek 10 Oktober 2020 10.10.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Land-Rover, en 'n luisteraarsbrief word beantwoord.

Naweekaktueel 10 Oktober 2020 10.10.2020

Inwoners van Senekal en Paul Roux in die Vrystaat praat uit oor landelike misdaad, betogings en geweld. Ons praat met die Wêreldvoedselprogram oor die Nobelprys vir vrede wat aan die organisasie vir sy soms gevaarlike werk toegeken is. In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Landrover.

Motorrubriek 3 Oktober 2020 03.10.2020

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volvo.

Naweekaktueel 3 Oktober 2020 03.10.2020

Kritiek dat die regering se landelike beveiligingsplan faal, ná nog 'n plaasmoord. Borskankertoetse word afgeskeep. En, die room van Suid-Afrikaanse rugby pak mekaar vanmiddag in 'n Groen teen Goud-wedstryd op Nuweland.

Listen to the Naweekaktueel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.