RSG
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Motorrubriek 8 April 2023 08.04.2023 3:51
Wessel Pretorius toetsbestuur ’n bakkie.
Naweekaktueel 8 April 2023 08.04.2023 54:42
Die Departement van Justisie is woedend nadat die uitleweringsversoek aan die Verenigde Arabiese Emirate vir die Guptas afgekeur is. Dis Maandag 30 jaar ná die sluipmoord op die voormalige leier van die SAKP, Chris Hani.
Motorrubriek 1 April 2023 01.04.2023 3:47
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n Fransman.
Naweekaktueel 1 April 2023 01.04.2023 52:19
Die DA se federale konferensie is in volle swang waar 'n nuwe partyleierskap verkies sal word. Verskeie wetsontwerpe oor geldwassery en die finansiering van terreur word deur die Parlement goedgekeur. Stormweer eis nog lewens in Amerika.
Motorrubriek 25 Maart 2023 25.03.2023 4:20
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n Indiese sportnutsvoertuig.
Naweekaktueel 25 Maart 2023 25.03.2023 52:55
Finland kry steun van Turkye om lid van NAVO te word. ‘n Studie bevind dat minder as 1% van die wêreld se lug skoon is. TB bly die grootste oorsaak van natuurlike sterftes in Suid-Afrika.
Motorrubriek 18 Maart 2023 18.03.2023 3:54
Wessel Pretorius neem ’n dubbelkajuit-bakkie onder hande.
Naweekaktueel 18 Maart 2023 18.03.2023 50:13
Die Tshwane Metro bly leierloos - en die frustrasie is tasbaar. Dis 20 jaar ná die VSA se inval van Irak. ‘n Dreigende drywende massa van agtduisend kilometer lank is op pad Amerika toe.
Motorrubriek 11 Maart 2023 11.03.2023 5:22
Wessel Pretorius weeg twee hibriedevoertuie teen mekaar op.
Naweekaktueel 11 Maart 2023 11.03.2023 50:39
Die tragiese dood van 'n vierjarige meisie plaas die soeklig weer eens op die droewige stand van skoolinfrastruktuur. Ons vind uit hoekom die wêreld se insekbevolking kwyn. 'n Dieetkundige verduidelik hoe jou dieet nierfunksie kan verbeter.
Motorrubriek 4 Maart 2023 04.03.2023 2:44
Wessel Pretorius bekyk Februarie se motorverkope.
Naweekaktueel 4 Maart 2023 04.03.2023 54:37
Die stropery van Suid-Afrika se inheemse flora in Namakwaland het nou sulke afmetings aangeneem dat die polisie in die streek dit as ‘n groter probleem as renosterstropery beskryf. Op Wêreld Vetsugdag plaas ons die klem op die oplossings.
Motorrubriek 25 Februarie 2023 25.02.2023 2:49
Die wêreld se gewildste kar? In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.
Naweekaktueel 25 Februarie 2023 25.02.2023 49:40
Suid-Afrika is amptelik op die gryslys van die internasionale waghond, die Finansiële Aksie Taakgroep. Ons hoor hoe klein dorpies onafhanklik van Eskom kan wees. ’n Jaar nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, ondersoek ons die impak daarvan.
Motorrubriek 18 Februarie 2023 18.02.2023 4:43
Wessel Pretorius toets 'n Chinese sportnutsvoertuig.
Naweekaktueel 18 Februarie 2023 18.02.2023 53:06
Te midde van 'n stygende dodetal inTurkye en Sirië, werk reddingsorganisasies onverpoosd om slagoffers by te staan. Onwettige mynbou-aktiwiteit in Gauteng bedreig die energie-infrastruktuur. Die jongste misdaadstatistiek word ontleed.
Motorrubriek 11 Februarie 2023 11.02.2023 4:04
Wessel Pretorius toets 'n Suid-Koreaanse voertuig met sewe sitplekke.
Motorrubriek 4 Februarie 2023 04.02.2023 5:51
Wessel Pretorius beantwoord luisteraarsvrae.
Naweekaktueel 4 Februarie 2023 04.02.2023 56:44
Minstens 22 mense is die afgelope ses dae dood tydens massa-skietvoorvalle in die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal. Die verreikende gevolge van 'n vertraging in visvangregte is onder die soeklig. 'n Nuwe manier van dink oor kanker.
Naweekaktueel 28 Januarie 2023 28.01.2023 49:53
Johannesburg het weer 'n nuwe burgemeester - dié keer is dit Al Jama-ah se Thepelo Amad. Ons maak 'n draai in die Vrystaat waar die DA se provinsiale kongres plaasvind. Die Britte sukkel met 'n knaende probleem.
Motorrubriek 21 Januarie 2023 21.01.2023 5:14
Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsvraag.
Naweekaktueel 21 Januarie 2023 21.01.2023 54:44
'n Groep Suid-Afrikaners wil die regering hof toe sleep oor beurtkrag. 'n IPSOS-Markinor-peiling wys dat jong Suid-Afrikaners vertroue in demokrasie verloor. Argiefklank oor Suid-Afrika se grootste mynramp ooit op 21 Januarie 1960 wat die lewe van meer as 400 eis.
Naweekaktueel 14 Januarie 2023 14.01.2023 53:08
Ons bied jou ‘n gesprek tussen Adriaan Vlok en Frank Chikane as huldeblyk aan die oudminister wat onlangs dood is ná ‘n kort siekbed. Wat is die kanse dat Rusland vir Pole sal binneval? ‘n Kenner gee sy mening nadat Moskou herhaaldelik kla oor Warskou se ambisie om dele van Oekraïne terug te kry. ‘n Derde van Suid-Afrikaanse meisies tussen 15 en 19 raak jaarliks swanger - maar waar is die pa’s van...
Naweekaktueel 7 Januarie 2023 07.01.2023 54:35
Herstelwerk by die O.R Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg het nog nie begin nie. Honderde mense is dakloos gelaat ná die brand by die Phola Park informele nedersetting in Philippi. Meer oor die Nasionale Studente Hulpskema se nuwe riglyne vir vanjaar.
Naweekaktueel 31 Desember 2022 31.12.2022 54:53
Anita Visser kyk terug na die jaar se nuusgebeure soos dit in Naweekaktueel weerspieël is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.